You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Mabeta will miss first part of Vodacom Cup


The Vodacom Blue Bulls' lock, Fudge Mabeta, will miss the first part of the Vodacom Cup following the shoulder operation he had during the off season.

The team doctor, Ewoudt van der Linde, confirmed on Thursday that Mabeta injured his AC-joint and as a result of this he will be on the sideline for at least another two months.

Mabeta's under 21 teammate, the SA under 20 prop Corne Fourie, is struggling with a groin injury and will be out of action for another three to four weeks while the flanker Pieter Meyer will in all probability miss the Vodacom Cup.

Meyer captained the Vodacom Cup team in the first few rounds in 2008 but a serious knee injury against the Boland Cavaliers ended his season. He is however making steady progress with his rehabilitation and he hopes that he will be able to play before the winter.

"My knee is doing fine and I am getting stronger in the gym but at the moment my hamstring is bothering me because they removed some of the muscles at the back of my leg in order to heal my knee. But my rehab is going well and I am optimistic that I will be able to play some time soon."

The majority of the guys that are going to play in the Vodacom Cup are still training with the Super 14 players but as the Super 14 tournaments draws closer coach Nico Serfontein and his assitants, Denzil Frans and Ricardo Loubscher, will be able to get their side together in order to start preparing for another onslaught on the Vodacom Cup.



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. 1ste Soos die Bulle
Posted by Wiper (Durbanville) Friday, January 09, 2009 - 13:22
2. Wat het van Mabeta se dgga rokery geword? Dit sou in elk geval 'n ligte skorsings gewees het
Posted by Stapper (Pretoria) Friday, January 09, 2009 - 15:21
3. Hierdie spelers is rolmodelle ek hoop die Unie vat die spelers vas oor dagga rook of enige soort dwelm gebruik.
Posted by Wes-Transvaal Blou Bul (Noordwes) Friday, January 09, 2009 - 21:12
4. H Meyer is die pos as Direkteur van rugby by Spears aangebied. As hy die pos aanvaar kan ons dalk n paar spelers verloor.
Posted by Blou Karnallie Saturday, January 10, 2009 - 16:25
5. Die Spears is 'n fantasie wêreld wat geskep is om die politieke wêreld gelukkig te hou. Heyneke Meyer is weg oor politiek in die rugby in Pretoria.
Dit is ook 'n fantasie wêreld vir al die nie Bul ondersteuners. Kyk maar na die komentaar na die gerug geplaas is.
Posted by Wes-Transvaal Blou Bul (Noordwes) Saturday, January 10, 2009 - 16:59
6. Pretoria Polisie is in die wolke nadat David King se enkels sodanig herstel het dat hy vanjaar weer vir die Bobbies sal kan uitdraf.

Die klub se Direkteur Afrigting, Johan Kluyts, sê King was die afgelope paar jaar Polisie se voorste flank, maar ongelukkig het beserings veroorsaak dat hy nie so dikwels kon speel soos hy graag wou nie.

"David het die laaste paar jaar bad luck gehad, maar ons het ’n goeie gesprek gehad en hy is oorgehaal om weer vir Polisie te speel.

"Hy is by verre een van die beste game breakers wat ons nog gehad het en ek is baie opgewonde om hom weer in die eerste span-trui te sien."

Ander goeie nuus by Polisie is dat die veteraan slot Nico Luus ook sy rugby vir die Bobbies gaan speel. Luus het in meer as 100 wedstryde vir die Valke uitgedraf en sy ervaring sal goud werd vir Polisie wees.

Polisie se slotte soos Berend Botha en Willem Serfontein is deel van die Bulle se onder 21-span en juis omrede hul Blou Bul-verpligtinge is dit ideaal om ’n yster soos Luus by die eerste span te hê.

Jan Cloete, wat voorheen vir die Valke en die Bulle gespeel het, gaan ook vanjaar vir die Bobbies speel en om die braaivleisvure word gegons oor nog ’n paar groot Carlton-name wat by Polisie gaan aansluit, maar niks is nog amptelik nie.

Polisie se sukses lê grootliks daarin dat hulle sover as moontlik die hele klub –seniors sowel as juniors – gesond wil hou en om dié rede is daar groot makietie gehou toe Naas Rossouw verlede jaar as die Blou Bulle se Onder 21-Afrigter van die Jaar aangewys is.

Rossouw se onder 21-span was onoorwonne in die liga en Kluyts kan nie ophou praat oor die goeie werk wat Rossouw met Polisie se juniors verrig nie.

Die Bobbies gaan vanjaar onder die wakenede oog van Kluyts deur Piet Allen en Andre Kies afgerig word en hul eerste wedstryd is in die Gilbert-reeks op 14 Februarie
Posted by Blou Karnallie Saturday, January 10, 2009 - 18:37
7. Heyneke Meyer is nie die pos by die Spears aangebied nie. Daardie is slegs spekulasie indien hy sy kontrak by Leicester sou beeindig.
Posted by Stapper (Pretoria) Sunday, January 11, 2009 - 23:33
8. Korreksie: Heyneke Meyer het nog nie die pos aanvaar nie
Posted by Stapper (Pretoria) Sunday, January 11, 2009 - 23:51
9. Johan van Graan, voorspeler-afrigter van die Bulls se Super14-rugbyspan, is aansienlik beter toegerus nadat hy verlede maand besoeke aan drie Engel-se Premierliga-klubs gebring het.

“Dit was ’n leersame agt dae waarin ek my kon verge-wis van al die nuwe tendense en idees wat daar ten opsigte van voorspelerspel in die Noordelike Halfrond is,” sê Van Graan.

Hy het drie dae by Harle-quins, vier dae by Saracens en’n middag by Northampton deurgebring.

“In Suid-Afrika is daar min geleenthede vir afrigters om persoonlik te groei en te ontwik-kel.

“Dit was dus ’n voorreg om by van die bestes ter wêreld (Dean Richard en John King-ston by Harlequins en Eddie Jones en Cobus Visagie by Sa-racens) te gaan kers opsteek,” sê hy.

Een van die vernaamste doelwitte wat Van Graan vanjaar vir die Bulls se agttal het, is om weer ’n gevreesde eenheid te word wat 80 minute lank fisiek kan intimideer.

“Cobus was in dié opsig ’n ongelooflike bron van inligting omdat hy sonder twyfel tussen die drie kundigste vaskopstutte in wêreldrugby tel.

“Anders as in die Suidelike Halfrond, plaas klubs in Brittanje, Ierland en Europa baie meer klem op die vaste skrum as ’n middel tot ’n doel,” sê Van Graan.

Hy verskil van ander kenners wat verlede jaar dikwels hul bedenkings oor die Bulls en Blou Bulle se skrumvermoë aan veral die vaskopkant uitgespreek het.

“Ons het die volste vertroue in die stutte wat tot ons beskikking is.

“’n Mens moet ook onthou dat vaskopstutte verlede seisoen in die meeste gevalle die spit afgebyt het wanneer oortredings in die skrums gestraf is.

“Waarmee ek wel sal saamstem, is dat ons dié seisoen uit die staanspoor só moet skrum dat dit ons teenstanders onrustig sal laat voel.”

Volgens hom moet die Bulls nie net vanjaar in die vaste skrums die pas aangee nie, maar ook in die lynstane die beste toegerus wees.

“Hier is die een groot verskil met verlede seisoen dat Victor (Matfield) terug by die Bulls is.

“Sy blote teenwoordigheid laat al die spelers om hom soveel meer aan hulself glo.

“En dan praat ek nie eens van sy waarde as kaptein nie,” sê Van Graan.

Hy meen die Bulls is in elke posisie goed genoeg toegerus, hoewel hulle die die staatma-ker-flank Wikus van Heerden sal mis.

Dié Springbok speel nou vir Saracens.

Daar is ’n hele paar spelers wat tou staan om Van Heerden aan die kant van die skrum te vervang, onder wie Pedrie Wannenburg, Dewald Potgieter en die aanwins uit die Boland, Dries van Schalkwyk.

Posted by Blou Karnallie Monday, January 12, 2009 - 06:15
10. En GOEIE MORE EDELE BLOU BUL BLOGGERS!!

Uit n bewolkte Petoorsdorp.. lekker reen gehad; P2 kon darem grassny, LMGA!

Kan nie wag vir S/14 en die BLOU BUL groep aankondiging nie; lg. kan dalk n paar verassings oplewer?

AK gaan jy die uitnodigings vir Superbru maak?

Lekker week almal...
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, January 12, 2009 - 07:17
11. Goeie môre Blou Bulle, Bullinne & Bergbok.

'n Baie voorspoedige jaar word julle toegewens. Mag al die goeie dinge van 2008 net die slegte dinge wees vir 2009.

Whoza S14.
Posted by Bulletjie 1 (Voorstad van BULLAND) Monday, January 12, 2009 - 07:38
12. Good morning Bulls !!!!
Lekker dag verder vir almal !!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, January 12, 2009 - 07:51
13. Dag aan al jul Blou Bulle....
Mag julle almal n lekker nat dag he.....soos hier in die Weste van Pretoria
Die Bulle oefen seker vandag in die GYM????
7Maart?????????
Posted by Bergbok (Stormers) Monday, January 12, 2009 - 11:14
14. Goeiedag Blou Karnallie,

Die berigte wat jy plaas is baie interessant. Waar kry jy dit vandaan? Ek lees Beeld, maar het nog nie dié berigte gesien nie.

Terloops, ek hoor Birtie Powel, die Blou Bulle se amateurspan se haker (wat na my mening nie 'n tree terugstaan vir enige van die drie top professionele hakers nie!) het ook van Naka Bulle na Polisie geskuif. Het Polisie dan geld om manne te koop? Birtie het vroeër vir die Griffons in Welkom gespeel.

Wat Heyneke betref: Ek dink die hele rumoer om hom is suiwer koerantstories. Ek dink sodra sy familiesituasie verander, is hy terug op Die Eiland. Wie wil nou met die Oos Kaap se politiek verstrengel raak as jy op Die Eiland by die Tigers NET op rugby kan konsentreer en boonop in ponde betaal word?
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Monday, January 12, 2009 - 12:20
15. Sooi Brandt,

Ek stem saam.

Ek kan nie dink dat Heyneke Meyer by die Southern Spears en Cheeky Watson (President) betrokke sal wil raak nie......(huh)

Ag nee wat....!!
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, January 12, 2009 - 13:21
16.
Behalwe vir Derick Kuün lyk dit of al die Bulls se topspelers in aksie gaan wees vir hul eerste vriendskaplike wedstryd wat oor twee weke by Wits teen die Lions gaan plaasvind.

Kuün het verlede Donderdag sy kuit tydens ‘n skrumsessie besering, maar gelukkig het die skandering gewys dat sy spier net getrek en nie geskeur is nie en dit beteken hy sal net vir ‘n week of twee op die krukkerlys wees.

Die ander hakers soos Chiliboy Ralepelle (rib) en Bandise Maku (bobeen) herstel goed en albei van hulle sal betyds herstel om teen die Lions se Willie Wepener te skrum.

Aan hul linkerkant sal Gurthrö Steenkamp ook op sy pos wees nadat ‘n enkel hom vir ‘n paar weke gepla het en Akona Ndungane se “shin splints” reageer goed op behandeling en hy behoort ook in aksie teen die Lions te wees.

In die Vodacomgroep sal Fudge Mabeta vir nog twee tot drie maande op die krukkerlys wees nadat sy skouer (AC-gewrig) vroeg in November gesny is, maar die Blou Bulle behoort nie te veel probleme op slot te hê nie aangesien Victor Matfield, Bakkies Botha en Danie Rossouw die Super 14-span se tweede ry sal volmaak.

Mabeta was voor die vakansie in die moeilikheid oor die gebruik van dagga maar daar is op dié stadium nog geen uitsluitsel oor wat met hom in dié verband gaan gebeur nie.

Ander Vodacomspelers wat tans onder rehabilitasie is, is die kranige SA onder 20-loskopatut Corné Fourie wat las het van ‘n seer lies, maar hy sal binne ‘n maand weer op die speelveld kan wees.
Posted by Blou Karnallie Monday, January 12, 2009 - 14:04
17. 14. Dankie Sooi Brandt. Jy kan die meeste berigte kry by www.suparugby.com. Hulle dekking van klub rugby is nogal goed.
Posted by Blou Karnallie Monday, January 12, 2009 - 14:08
18. Goeie more aan al die Bul-ondersteuners...!

Beeld - Morris Gilbert - Pedrie kan leemte vul

Tough love is dikwels die beste medisyne om die bogemiddelde rugbyspeler tot indringende selfondersoek te dwing.

Daarom verbaas dit nie dat die half vergete Pedrie Wannenburg na die vroeë voorloper lyk om Wikus van Heerden as flank in die Bulls se Super14-beginspan te vervang.

Van Heerden was verlede jaar een van die Bulls en Blou Bulle se steunpilare, maar hy speel nou vir die Engelse Premierliga-klub Saracens.

Hoewel daar nog drie opwarmwedstryde voorlê voordat die afrigter, Frans Ludeke, besluit aan wie hy in die Van Heerden-trui voorkeur gee, is daar ’n nuwe positiewe gesindheid by Wannenburg te bespeur sedert die Bulls verlede week begin oefen het.

Dit volg nadat Wannenburg in Oktober vanweë ’n kwynende spelpeil in onguns verval en nie die Bulle se 22-tal vir die Curriebeker-eindronde en -halfeindstryd gehaal het nie.

Vir Wannenburg moes dit ’n bitter pil gewees het om te sluk, maar ook een wat hom hard aan die dink gesit het oor wat hom te doen staan as hy ’n toekoms in die Ligblou-trui wil hê.

Toe die Bulls gisteroggend soms in gietende reën geoefen het, was dit opmerklik dat Wannenburg die een flank in die skadu-agttal se oefening teen die skrummasjien was.

Ludeke wou ná die oefening nie oor Van Heerden se opvolgers bespiegel nie, behalwe om te bevestig dat Wannenburg, Dewald Potgieter en Danie Rossouw die drie top-aanspraakmakers kan wees.

“Ons het nog nie naastenby besluit hoe die spanne gaan lyk wat aanstaande Saterdag (24 Januarie) in Johannesburg in die opwarmwedstryde teen die Leeus daar gaan uitsien nie.

Ons sal byvoorbeeld eers aanstaande week weet of Heini Adams, Derick Kuün en Akona Ndungane van hul beserings herstel het,” sê Ludeke.

JP Nel is steeds in Japan en dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat Jaco Preto?rius, ’n aanwins van die Lions, in die een span die sentermaat van Wynand Olivier sal wees.

Hoewel Pretorius nie langer die onvoorspelbaarheid van die jeug aan sy kant het nie, bly hy ’n buitesenter met wie daar rekening gehou moet word en kan hy ’n gedugte kombinasie saam met Olivier uitmaak.

Olivier het verlede seisoen skitterende spel in die Curriebeker-reeks gelewer nadat hy volgens sy eie bekentenis nie na sy potensiaal in die Super14-reeks gepresteer het nie.

Dit moes die groot beweegrede gewees het waarom hy sy plek in die Springbok-span verbeur het.

Dit sal interessant wees om te sien waar en hoe Nel en die ander leenproduk uit Japan, die veelsydige Jaco van der Westhuyzen, in Ludeke se planne inpas.

Nel is ’n Super14-veteraan en Van der Westhuyzen ’n dinamiese en energieke speler.
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Tuesday, January 13, 2009 - 07:54
19. Ek het geen bevestiging gesien dat Jaco vd Westhuyzen Super14 gaan speel nie. Was daar so iets?
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, January 13, 2009 - 09:58
20. More almal

die blog is maar stil...

Ek sien op die spelersprofile wat onlags geplaas is vir die super 14, is daar 2 spelers oor wie ek vrae het:

1. Jako vd Westhuyzen? Kom hy nog? Is daar onsekerheid oor hom. JP Nel is deel van die profiele maar Jako is nie daar nie.

2. Frik Kirsten. Waarom is Ruan Vermeulen daar maar Frik nie? Ruan speel al sedert 2001 vir ons (net 4 superrugby games agter sy naam, 2 meer as Dean Greyling wat in 2006 debuut gemaak het), en het maar middelmatig vertoon as skrumwerker op stut.

Maar net vragies. Hoop om antwoorde te vind
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, January 13, 2009 - 11:35
21. Ek het nog glad nie eens die Titans gelukgewens met daai great semi final nie!

Go vir die Blou!

Dis jammer ons kan nie teen die Dolphins speel nie.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, January 13, 2009 - 11:41
22. Schalk Brits believes the Stormers’ “toughest pre-season ever” will stand the team in good stead as they aim to win the Super 14 title for the first time.

Kan iemand my sê hoeveel keer in die geskiedenis van die Stormers het ons al hierdie profetiese woorde moes hoor?
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, January 13, 2009 - 11:44
23. The Stormers hooker concurred with AJ Venter’s sentiment and added the levels of fitness will benefit the team in their bid to improve on last year’s fifth-place log finish.

“I agree with AJ’s views - you can see how good he looks with a shirt off as a 35-year-old to see how the training has helped,” quipped Brits

Showponies van Gay Town
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, January 13, 2009 - 11:51
24. Elke jaar dieselfde:

Leeus: "Ons het 'n jong span"

Cheetahs: "Ons is vol hoop dat ons onder die top 4 kan eindig"

Stormers: "Dit was die hardste voorbereiding wat ons nog gehad het. Osn weet ons gaan die super 14 wen. Die manne is reg. Hierdie jaar is die Kaap se jaar."

Bulls: "Ons is net bly ons het geen beserings nie."

Sharks: "Nothing to display."
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, January 13, 2009 - 11:54
25. Tx vir die chat almal!
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, January 13, 2009 - 11:54
26. Middag almal.Skuus ou Mosselbaaibul, maar die werk is baie en tyd min.

Ek sien nou op beeld se telbord die ausies looi ons al weer...Hul kort 11 runs van 13 balle. Se my gou, wie is die Wayne Parnell?

Wil ook baie geluk se aan Titans, nou vir die Vrystaters.

Lekker dag
Posted by Blou-is-Baas (Bulls is Baas!!!) Tuesday, January 13, 2009 - 13:41
27. Helloooooooooo BLOUES

Ag dankie tog dis amper weer rugby tyd en superbru , kom nou fluitjie blaas vir daardie eerste wedstryd se afskop ek trippel al rond ek hoop ons kan die opwarm wedstryde op tv kyk.

2009 jaar van die BUL

Posted by blouheks (100%BLOUBUL) Tuesday, January 13, 2009 - 15:30
28. Môre al die Blou bloggers

Kan weer asemhaal, dit is nie meer die 13de nie.
Posted by Rustig (Centurion) Wednesday, January 14, 2009 - 08:35
29. Dag al my Blou vriende!

Rustig, is jy seker jy het vanoggend jou aandele behoorlik ge-check?
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Wednesday, January 14, 2009 - 09:12
30. Jimmy, nee wat, ek vermy daai website totdat die markte gestabiliseer het. Jaag net my bloeddruk op.
Posted by Rustig (Centurion) Wednesday, January 14, 2009 - 13:01
31. Hi Bulle en vrinne
Sterkte vir die Blou die jaar..hoop als loop great met die voorberyding...stormers, sharks, lions en cheaters altyd grootbek ma nou ja...kom ons kyk wat gebeur in die eerste 4 games...Is Jaco VDW nou terug by ons,,kan iemand tog net JA andwoord....
Posted by FREAK1 ((PRETORIA - BULLS VAT GOUE BEKER - 2009)) Wednesday, January 14, 2009 - 16:07