You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
Login  |  Register
Several Springboks will play against Lions


The coach of the Vodacom Bulls, Frans Ludeke, confirmed on Monday morning that quite a few of the team's Springboks will play against the Lions at Wits on Saturday afternoon.

Guys like Bryan Habana, Akona Ndungane, Bakkies Botha and Danie Rossouw will get game time, but the majority of the senior Boks will only be used in one of the other warm-up matches.

It is expected that Rossouw will start at lock at the side of Wilhelm Steenkamp, while Botha, Habana and Ndungane will be unleashed in the second half.

Chiliboy Ralepelle will also get valuable game time in the number 2 jersey, whereas it is accepted that Wayne Julies will start at inside centre.

The new recruit Dries van Schalkwyk will get his first chance to impress the Bulls' supporters and there is an outside chance that someone like the under 20 flyer, Gerhard van den Heever, will make his debut on the wing against the Lions. The Bulls' first friendly will be against the Lions on Saturday and thereafter they will play against the Cheetahs in Polokwane followed by a match against the Sharks.



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. Soos die Bulle!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Monday, January 19, 2009 - 06:47
2. GOEIE MORE EDELE BLOU VOLK!!

Mens, maar ons BULspan lyk reg! Hoop daar is nie ernstige beserings in hierdie "warm-up" games nie?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, January 19, 2009 - 07:21
3. Hartlike goeie more Bulle.
Mag vandag n heerlike wees vir almal !!!!!
Moet nie vergeet van die S14 op Superbru nie.

Enjoy !!!!
Posted by AK (Keep the passion !!!!) Monday, January 19, 2009 - 07:25
4. hallo almal

Sjoe maar die pre season bug raak al hoe woeliger in my maag. ek sien Heyneke voorspel ons gaan goeie Super 14 hê. Veral in die lig van die Leeu toer, sal die ouens hul hande wil opsteek. Dit so great wees om Heyneke ok sommer in die bulkraal te kon terugwen. Daarby is daar ook sprake van CJ vd Linde en ek hoop regtig dit is waar dat ons met hom onderhandel.

Interressant dat Heyneke noem dat ons verlede jaar swakker vertoon het agv die wêreldbekerbabbelaas. Miskien was dit die groot rede waarom die Bulls so stadig uit die blokke was.

Wat my egter so bietjie onrustig maak is die feit dat almal in die Bulls kamp en buite die bulls kamp verwys na Victor Matfield wat terug is en daarom sal ons beter vaar. Ek stem saam. wat my onrustig stem is die feit dat daar nie werklik 'n opvolg kaptein vir Victor is nie en dat ons te veel en te swaar op Victor steun, amper soos in die Naas era. Beserings in die super 14 is deel van elke span se make up. Ek weet Fourie is briljante strateeg, maar as kaptein het ek ernstige vrae. Indien Chilliboy sy plek oopspeel in die span (wat ek glo die Bok afrigter sal verkies) beteken dit dat Kuun as die onderkaptein ook uitgeskakel word. Ek wonder hoe ons span hieroor dink?

Ons sal maar die brug bou as ons daar uitkom, of hoe?
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, January 19, 2009 - 08:09
5. Daar is 'n gesegde: cmeth the hour cometh the man. Dewald Potgieter byvoorbeeld was kaptein van baie spanne gewees
Posted by Stapper (Pretoria) Monday, January 19, 2009 - 09:02
6. CJ van der Linde sal een van di grootste aanwinste vi di BULLE wees as ons hom kan kontrakteer, hy is defnitief een van di beste stutte op di oomblik in wereld rugby en dit lyk asof Ryno Gerber ook oppad frankryk toe is...
Posted by pierre_spies FaN (Pretoria) Monday, January 19, 2009 - 09:06
7.
Goeie more aan al die Bul-ondersteuners..!!

News24.com - Heyneke's future to be decided

JJ Harmse - Pretoria – Heyneke Meyer’s future as head coach of English club Leicester will be sorted out this week.

However, the chances are good that he will not return to the team and stay in South Africa permanently.

Meyer, who coached the Blue Bulls and Bulls with huge success, is back in South Africa on compassionate leave. However, that came to an end on Sunday.

It was given to him due to his in-laws being ill. Both his wife’s parents have cancer.

Meyer did not want to give any indication what his decision would be.

“I told Peter Wheeler (Leicester chief executive) that we should talk about my decision on Monday and then we’ll see what happens from there,” said Meyer.

The fact that he is still in the country, however, is an indication that the chances are slim that he will return to Leicester.

His children have apparently already been enrolled into a local primary school.

Former Springbok flyhalf Derick Hougaard, who followed Meyer to Leicester, was recently quoted as saying that he doubted Meyer would return to England.

“The dogs that the children bought here have already been given back,” he said.

Bulls defence coach John McFarland also recently returned from Leicester.

Hougaard said McFarland’s return was the first indication that Meyer had similar plans.

Meyer is in huge demand in South Africa and has been linked to the new Eastern Cape franchise. It is also a possibility that he could act as technical advisor to the Bulls for the rest of the season.
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Monday, January 19, 2009 - 09:26
8. Hi Blou Buddies - hope 2009 is our year to share them all who rules the rugby roost!!!!!

Does anyone know if we can go and watch the warm up match on Saturday, where do we get tickets and what time is it. Do they televise these matches - I don't think so.

Hope you all have a great big blue bulls year
Posted by Bulls r best (Johannesburg) Monday, January 19, 2009 - 10:41
9. Not share them all but show them all
Posted by Bulls r best (Johannesburg) Monday, January 19, 2009 - 10:41
10. The matches will be taking place on Saturday, 24 January 2009 at the Wits University Rugby Fields. Entrance is just R20 per person and children under 12 will be free of charge. Refreshments will be available.
Posted by Wiper (Durbanville) Monday, January 19, 2009 - 10:50
11. More, more my mede rugby vriende. Ek volg jul skrywe nou vir n geruime tyd en het besluit om mee te doen. Vir ons span het ek baie hoop om rede ons uiteindelik n goeie senter kombinasie het. Moet eers weer gaan klas gee. Hoogagtend Die uwe
Posted by Prof. Slim Jan (Die Aardbol) Monday, January 19, 2009 - 11:22
12.
Die kans is baie goed dat die voormalige Affies-blits, Gerhard van den Heever, Saterdag in Johannesburg sy buiging vir die Bulls gaan maak wanneer hulle teen die Lions op Wits se velde gaan speel.

Van den Heever was in 2007 een van die groot helde van Affies en nadat hy in 2008 as 18-jarige vir Tuks se Varsity-span op vleuel gekook het, het hy op senter vir die Bulle se onder 19’s diens gedoen.

Hy het soveel spoed soos wat mens van ‘n Super 14-vleuel verwag en omrede manne soos John Mametsa-hulle nie juis spoedvrate is nie, is dit te verstane dat die keurders hom in aksie wil sien.

Behalwe vir Van den Heever wil Frans Ludeke ‘n hele paar van sy ander tweede keuse-spelers kans gee wat beteken dat manne soos Jaco Engels, Jacques Burger, Dries van Schalkwyk en Burton Francis kan begin.

Bokke soos Bryan Habana, Akona Ndungane en Bakkies Botha gaan tien teen een van die bank af opgestuur word, maar dit sal nie verbaas as Danie Rossouw en Chiliboy Ralepelle op onderskeidelik slot en haker begin nie.

Die Bulls se groot name, manne soos Victor Matfield, Pierre Spies, Fourie du Preez en Morné Steyn behoort egter nie teen die Lions te speel nie en sal eers teen die Cheetahs op Polokwane losgelaat word.

Posted by Blou Karnallie Monday, January 19, 2009 - 11:38
13. Thanks Wiper - think I'll go along and support our boys. Am so rugby starved at the moment - can't wait for the season to start.
Posted by Bulls r best (Johannesburg) Monday, January 19, 2009 - 11:39
14. Ek kan nie verstaan hoekom ons nie ons beste span van die begin af kans gee nie. Ons sukkel altyd in die begin van die super 14, en speel eers later beter wanneer die manne n paar wedstryde saam gespeel het.
Posted by Blou Karnallie Monday, January 19, 2009 - 11:41
15. ek weet nie of julle al Burger Geldenhuys se up close en personal gelees het nie, maar dis nogal baie nice.

Kyk bietjie wat hy dink van ons huidige lostrio en lees die gedeelte oor roomys!

Dan moet ek met hom saamstem. Die beste finaal wat ek nog beleef het was in 1980 teen die WP. Dit was my eerste wedstryd wat ek ooit op Loftus gaan kyk het en wat 'n game!


Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Monday, January 19, 2009 - 13:10
16. BurgerGeldenhuys se nie regtig iets nuuts nie.

Daar is drie opwarmingswedstryde. Die eerste twee wil jy proefnemings maak en eers by die derde jou beste span kies. As jy vanaf die eerste wedstryd jou beste span kies, wanneer wil jy dan nuwe spelers ;n kans gee?
Posted by Stapper (Pretoria) Monday, January 19, 2009 - 13:27
17. Middag almal

Weet enige van julle wat die kaartjies gaan kos vir die eerste game teen die Reds? Ek moet finansiele beplanning begin doen.Dink julle die truie gaan so effe verander die jaar?

Hou by die Blou!!!
Posted by Blou-is-Baas (Bulls is Baas!!!) Monday, January 19, 2009 - 13:47
18. Goeie Middag Bloues
As ek dit reg het, speel 'n oorwegend B en C span Saterdag teen die Welpe en 'n oorwegend A span teen die Tjieters in Pietersburg, gevolg deur 'n span bestaande uit A- aanspaakmakers wat voel hulle kort ekstra speeltyd en die bestes uit die twee Leeu wedstryde. Dit word gedoen om die A span honger en skerp te kry vir die Reds. As ek in die kristalbal kyk glo ek die span teen die Reds sal nie veel van die volgende verskil nie:
1. Guthro Steenkamp
2. Chilliboy
3. Rayno Gerber
4. Bakkies Botha
5. Victor Matfield (K)
6. Steggies
7. Pottie
8. Spies
9. FdP
10. Morne Steyn
11. Habana
12. Wynand Olivier
13. Jaco Pretorius
14. Akona Ndungane
15. Zane Kirchner
16. Kuun (2,6,7,8)
17. Francois Hougard (9, 13)
18. Tiger ( 11,12,13,14, 15)
19. Pakslae (4,5,7,8)
20. Jacques Burger (6,7,8)
21. Werner Kruger (1,3)
22. Burton Francis (10,12,15)
Posted by bloutokkelosie (Pretoria) Monday, January 19, 2009 - 19:05
19. 16. Stapper ek hoor wat jy se oor die proefnemings maar ek stem nie saam nie. Die span oefen nou al vir oor n maand saam en ek dink Ludeke het al klaar sy eerste span op papier vasgepen. As jy wil proefnemings doen moet jy proewe hou of teen n plaaslike span bv (Polisie, Tukkies oefen) As ons in die sogenaamde proefwedstryd teen die Leeus, Cheetas, en die Chokers verloor het ons niks geleer uit die proefneming nie, en het ons n sielkundige agterstand. Ons moet van die begin af ons voet op die petrol hou en hulle in die grond in speel.
Posted by Blou Karnallie Monday, January 19, 2009 - 19:10
20. 18. n Baie goeie span bloutokkelosie.
Posted by Blou Karnallie Monday, January 19, 2009 - 19:12
21. Persoonlik dink ek een van die sleutels tot sukses vir die Bulle hierdie jaar le daarin hoe suksesvol hulle Derek Kuun gaan aanwend hierdie jaar as impak speler.

Ek glo ons moet die spel so vinnig as moontlik maak, wat geweldig druk op iemand soos Steggies gaan plaas. Ek sou wou sien dat een van hy of Kuun om die beurt uit en uit moet baljag vir 50/60 minute, met met die ander wat dan opkom en oorneem. Hulle is soortgelyke spelers wat beteken dat hulle mekaar naatloos kan aflos binne die Bulle se patroon, en sodoende druk by die afbreekpunte uitoefen. Met Jacques Burger ook op die bank en ook 'n soortgelyke speler, kan laasgenoemde opkom as impak 6 indien Kuun vir Chilli moet vervang igv 'n besering. Dit is die ideale posisie om in te wees.

Alhoewel ek steeds volhou dat Pottie die mees kompleet 8 in SA is, wil dit voorkom of die lot op hom gaan val om Wikus se rol oor te neem. Hy is slim en effektief as baldraer en kom selde indien ooit nie oor die voordeel lyn nie, en beste van als, hy verloor nooit die bal in kontak nie. Sy vermoee as skakel tussen voor en agterspelers maak hom by uitstek geskik as 7 en dan verdedig hy nog soos 'n besetene ook. Ek voorsien vir hom 'n groot jaar en dat hy uitstekend met al drie bogenoemdes sal kan skakel om as 'n paar te jag.

As Piere Spies dan as sekondere baldraer van hom af kan speel dink ek ons sal weer 'n lostal he wat gesag kan afdwing en goeie bal vir ons agterlyn kan opsit.

Ek dink rerig dit sal teenproduktief wees om Kuun op haker te laat spesialiseer. Hy is soveel meer as dit en groter as om in 'n katgeveg met Chilli vir die 2 trui betrokke te raak.

Met Pakslae op die bank glo ek dat ons die speltempo hierdie jaar kan manipuleer om ons te pas, veral deur vet te gee met 20 minute oor.

Posted by bloutokkelosie (Pretoria) Monday, January 19, 2009 - 20:27
22. 'n Proefneming tussen spanne van Tuks/Polisie teen die Bulle is betekenloos. Daar sal te min druk op die proefspeler geplaas word.

Proefnemings tussen 'n Bulle A en B span lewer selde antwoorde aangesien die spelers mekaar te goed ken.

Die enigste tyd wanneer 'n speler werklik getoets word is onder druk situasies en dit gebeur in volwaardige wedstryde teen goeie teenstand
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, January 20, 2009 - 07:25
23. wens die seisoen wil nou begin!!! hou by die blou!!
Posted by blou dino jnr (witbank) Tuesday, January 20, 2009 - 07:39
24. Blou Tokkelos

Ek stem saam met jou teorie oor Kuun. Hy en Steggies is geweldig vinnig en kompeterend op die grond. Ek dink egter nie dis die einde van P3 Wannenburg se loopbaan nie en ek dink hy gaan self sterk op die voorgrond tree. Watter kombinasie jy waar en hoe gaan kies gaan afhang teen wie jy speel. Dis 'n lekker probleem by die bulls op lostrio en ek wonder hoe die trio daar gaan lyk.

Die ander deurslaggewende faktor by die Bulle vir my is of Morne Steyn se taktiese skopwerk gaan groei of stagneer. Die ELV's het juis ook meegebring dat jy takties slim en ver moet kan skop.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Tuesday, January 20, 2009 - 07:42
25. bloutokkelosie

hoekom is daar geen plek vi Danie HARDER AS "N BAKSTEEN Rossouw in jou span ni... hy is een van di HARDSTE manne in wereld rugby en ook 'n baja veelsydige speler wat mens ni kan bekostig om uit di span te laat ni...
Posted by pierre_spies FaN (Pretoria) Tuesday, January 20, 2009 - 08:26
26.
Beeld - Morris Gilbert - Die Bulls-senter Jaco Pretorius sal nie Saterdag in Johannesburg teen sy ou spanmaats in ’n Super14-opwarmwedstryd in aksie wees nie.

Die Bulls se dokter, Org Strauss, sê Pretorius is een van net twee spelers wat weens beserings nie teen die Lions sal speel nie.

“Jaco sukkel al ’n geruime tyd met ’n pyn in sy been en boud. Ons het vroeër vandag (gister) ’n skandering van sy rug laat doen en daar is bevind dat daar ’n drukking op die senuwee is en dit veroorsaak die pyn in sy been.

“Dit is moeilik om in dié stadium ’n voorspelling oor sy beskikbaarheid vir die wedstryd teen die Cheetahs (op 30 Januarie in Polokwane) te waag.

“As hy na wens op behandeling reageer, behoort hy nie langer as twee weke lank buite aksie te wees nie,” sê Strauss.

Die ander speler wat weens ’n besering nie teen die Lions speel nie, is die senter/vleuel Stefan Dippenaar. Hy het las van ’n bobeenbesering en kan tot tien dae lank langs die kantlyn wees.

’n Maagvirus wat die losvoorspelers Pedrie Wannenburg, Dries van Schalkwyk, asook die stut Ruan Vermeulen die naweek platgetrek het, kan hulle tot môre in die bed hou.

Strauss verwag al drie sal vir die twee opwarmwedstryde teen die Lions oorweeg kan word.

Danie Rossouw, een van die min eerstekeuse-spelers wat teen die Lions aangewend sal word, sal eers Donderdag die eerste keer kan oefen. Hy het sy toon gesny.

Die ander groot name wat teen die Lions behoort te speel, is die vleuels Bryan Habana, Akona Ndungane en slot Bakkies Botha.

As dit waar is dat Habana dié seisoen met ’n C-kontrak van die SA Rugby-unie (Saru) tevrede moet wees, sal hy die nasionale rugby-owerhede uit die staanspoor van die teendeel wil oortuig.

Dit sal interessant wees om te sien hoe die Saru-kontrak ’n besluit van Habana oor sy toekoms beïnvloed.

Habana se kontrak met die Blou Bulle-Maatskappy (BBM) verstryk in Oktober.

Dit is reeds algemene kennis dat dié vleuel in groot aanvraag by die ryk Britse en Franse klubs is.

) Die BBM het intussen by monde van sy mediawoordvoerder, Ian Schwartz, gesê daar sal streng by die reëls gehou word in enige moontlike onderhandelings met die gewese Bulls-afrigter Heyneke Meyer en Bok-stut CJ van der Linde.

“Tot tyd en wyl hulle wettige kontrakte met ander instansies het, kan en mag ons nie met hulle praat nie,” het Schwartz gesê.
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Tuesday, January 20, 2009 - 08:46
27. Die Stormers, met ‘n sensasionele Joe Pietersen op losskakel en Ralph Koster op vleuel, het die Ikeys Saterdag by Alan Zondagh se akademie weggeblaas en altesame 18 drieë gedruk.

Dit is wat gebeur as 'n klubspan teen 'n Super 14 span speel. Wat beteken 'n proefneming in so 'n wedstryd?
Posted by Stapper (Pretoria) Tuesday, January 20, 2009 - 09:39
28. Die voormalige hoofafrigter van Korrektiewe Dienste Naas Steyn gaan vanjaar die leisels by die Naka Bulle vat en dit lyk of heelparty van die klub se senior spelers weer in die geeltrui gaan speel.

Steyn (foto) het in sy jong dae op senter vir Noord-Transvaal diens gedoen en was die afrigter van die Likkewane toe hulle die Carltonbeker verower het.

Hy sal die eerste span saam met Jacques Muller brei en die tweede span sal deur Tian Kritzinger, Tollie Timmer en Wentzel Coetzer afgerig word.

Gert Nel sal die stokke by die Naka Soltech Derdes vat en Adam Barnard met Warren Pretorius aan sy regterhand sal na die onder 21’s omsien.

Naka se klubbestuurder, Buks Burger, sê hul haker Birtie Powell gaan vanjaar vir Polisie speel, maar dit is nog onseker of ysters soos Stefan Smit, André Botha en Zappie Sanderson ook groener weivelde gaan soek.

Die ander klubs bied Naka se spelers goeie kontrakte aan, maar dit is nog ver van ‘n uitgemaakte saak dat Smit-hulle nie vir Naka gaan uitdraf nie.

Die Naka Bulle is reeds besig om te oefen en belangstellendes wat graag vir die klub wil speel kan Buks by 082 925 7206 kontak.
Posted by Blou Karnallie Tuesday, January 20, 2009 - 09:55
29. More,more die Blou,en ander gediertes.

Sien Habana gaan game time kry,moet se hy het dit nodig,persoonlik dink ek sy spel het afgeneem a.g.v die grootkop sindroom.

Hoop julle gaan almal n great dag he!!!!!
Posted by Blou Dino (Witbank) Tuesday, January 20, 2009 - 10:12
30. Stapper,

Was die game teen Ikeys nie 'n geslote game nie - so hoe sensasioneel was Pietersen en in wie se opinie? - plus dit sê vir my niks as hulle a) teen 'n klubspan gespeel het en b) met spelers wat waarskynlik nie in daardie posisies as "begin"-keuse is nie.

Wat ek wel hierdie jaar sien is dat SA 3 spanne het (Bulle, Twinkles en Chokers) wat lus klink - ek kan nie sê lyk nie... ons moet eers wag en sien - om tussen die top4 spanne te eindig - ek weet dit word elke jaar gesê, maar iets voel vir my anders hierdie jaar - ek dink minstens 2 gaan dit maak.

Belangrik vir die Bulle gaan hulle begin wees - ons moet nie weer van die begin af catchup rugby speel deur die eerste paar games te sukkel nie. Ons moet die Reds klap (ons kon nie vir 'n vriendeliker begin gevra het nie - die swakste span tussen die Aussies), dan wag 'n taai game teen die Blues (maar hulle is ook nie meer wat hulle was nie) gevolg deur die Lions (as jy teen die Lions verloor gaan jy in elkgeval nie die S14 wen nie - al is dit 'n weg game) en dan week4 teen die Stormers (tuiswedstryd, uitstekende span - maar hulle bly twinkels en ek dink steeds hulle vaste 5 is te eina om die beker te wen - so hierdie tuiswedstryd moet ons wen) - 16 tot 18 punte uit die eerste 4 games is 'n MOET!!!
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, January 20, 2009 - 11:19
31. Blou Dino, @29

Ja, noudat Bryan Habana se swak spelpeil aan sy sak begin vat (C - kontrak, Bokke), behoort hy beter te begin speel.

Hy moet net oppas dat hy nie groter as die Spel begin raak nie....
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Tuesday, January 20, 2009 - 11:30
32. Die seisoen moet so lyk:

Fase1: 4 games in SA (18punte)
Fase2: 5 games oorsee (10punte)
Fase3: 4 games in SA (16punte)

44 punte behoort genoeg te wees vir die top4 (2008 was 41 net-net genoeg) - nog 'n bonuspunt hier en daar en ons kan selfs 'n tuiswedstryd in die playoffs hê)

Val ons vroeg vas gaan ons sukkel later in die seisoen om in te haal. Die begin van die seisoen is beslis makliker as die einde.

Belangrike games gaan wees:
Fase1: Reds en Stormers (alhoewel ons beslis al 4 moet wen)
Fase2: Highlanders en Brumbies moet geklop word
Fase3: Chiefs (omdat ons dan net terugkom van oorsee) en Chokers - die verloorder van hierdie game kan dalk net-net tekort skiet.
Posted by zet (Pretoria) Tuesday, January 20, 2009 - 11:35
33. Hello al my Bloubul pelle en mense...
Ek hoop ek sien al julle mense op Wits se veld saterdag wan ons Blou Ysters die leeus gan wys wie is baas....
Lekker aand vir almal
HOU BY DIE BLOU...
Posted by Bloubulhoringkoning (PTA) Tuesday, January 20, 2009 - 17:38
34. Yes Bloubulhoringkoning!

Dankie vir jou getroue ondersteuning vir die Bulle, voorspoed met jou reise in 2009!

BULLE BO!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Wednesday, January 21, 2009 - 01:46
35. Goeie dag al die blou bloggers

Ek sien HM loop rond by Loftus. Voorspel dit dalk iets?
Posted by Rustig (Centurion) Wednesday, January 21, 2009 - 07:13
36.
Spoedvraat teen Lions

Beeld - Morris Gilbert - Die Bulls sal nie Saterdag in Johannesburg op volle sterkte in die Super14-opwarmwedstryd teen die Lions wees nie, maar die teenwoordigheid van vier Wêreldbeker-rugbyhelde sal nietemin die aanslag uit die Noorde versterk.

Frans Ludeke, afrigter van die Bulls, het gisteraand bevestig dat hy ná oorlegpleging met die bestuurspan en die betrokke spelers besluit het dat die vleuels Bryan Habana en Akona Ndungane, asook die slotte Bakkies Botha en Danie Rossouw, almal in die Jukskeirivier-derby betrokke sal wees.

Dit lyk of Rossouw die enigste Springbok in die beginspan sal wees, maar al die aanduidings is dat hy, Botha, Habana en Ndungane nie een langer as 20 minute sal speel nie.

Soos die Bulls gister geoefen het, lyk dit of die opwindende Tukkie-spoedvraat Gerhard van der Heever een van die vleuels in die beginspan kan wees.

Van der Heever, wat ook baie tuis op heelagter is, het reeds verlede seisoen kennis opgedoen oor hoeveel rou potensiaal hy het.

Ludeke sê hy is opgewonde oor hoe Van der Heever reeds in ’n kort tydjie gevorder het en dat sy vaart en ook krag groot troefkaarte kan wees.

Van der Heever is een van ’n paar spelers wat teen die Lions ’n groot regmerkie in Ludeke en sy afrigtingspan se boekies kan kry. Dries van Schalkwyk, wat verlede jaar nog vir die Kavaliers gespeel het, maak sy buiging vir die Bulls op agtsteman. Pierre Spies is die eerste keuse vir dié posisie, wat beteken dat Van Schalkwyk se heil dalk eerder op flank sal lê.

Die moontlike beginspan vir die hoofwedstryd is:

Tiger Mangweni; John Mametsa/Akona Ndungane, Marius Delport, Wayne Julies, Gerhard van der Heever/ Bryan Habana; Burton Francis, Francois Hougaard; Dries van Schalkwyk, Pedrie Wannenburg, Jacques Burger, Wilhelm Steenkamp, Danie Rossouw, Werner Kruger, Chiliboy Ralepelle, Jaco Engels.

) Heyneke Meyer, ’n gewese hoofafrigter van die Bulls en Blou Bulle, het gisteroggend by die oefening kom oë wys. Hy is met menslikheidsverlof in Suid-Afrika, wat gister deur sy huidige werknemer, die Engelse Premierliga-klub Leicester, verleng is. Die Blou Bulle-Maatskappy (BBM) het soos die spreekwoordelike graf geswyg oor enige pogings om Meyer weer aan die hoek te kry. Al wat Barend van Graan, uitvoerende hoof van die BBM, hieroor wou sê, was “nee”.

Volgens die Leicester Mercury sal Meyer se toekoms by die klub aanstaande week op die spits gedryf word. Die Tigers speel in die naweek teen die Ospreys in ’n Heinekenbeker-wedstryd met Richard Cockerill weer in beheer.
Posted by BLOU OSSE (WITBANK) Wednesday, January 21, 2009 - 08:49
37. Ek wonder wat gaan aan by die Bulle dat almal se mage so seer is?
Posted by Rustig (Centurion) Wednesday, January 21, 2009 - 10:34
38. Ek sal nou eintlik graag wil weet wat bedoel Barend van Graan met "nee".
Posted by Bloudonner (Pretoria) Wednesday, January 21, 2009 - 11:53
39. Goeiedag almal,

'n Bron baie naby aan die Meyer-familie het my vanoggend verseker Heyneke gaan NIE terug na die Eiland toe nie. Hy is glo permanent terug in Suid-Afrika. Dit lyk my hier broei tog iets...

JJ Harmse het Sondag in Rapport geskryf dat Heyneke se kinders reeds plaaslik by 'n skool ingeskryf is. Dít nadat sy vrou en kinders einde verlede jaar sak en pak agter hom aan is Eiland toe.

Sal dit nie wonderlik wees as die Ringkoppe op Loftus tog maar besluit het om, ter wille van die Unie se toekoms, daardie Direkteur van Afrigting-possie vir Heyneke te skep nie...
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Wednesday, January 21, 2009 - 12:16
40. Suid-Afrika se Craig Joubert sal die eerste Super 14-stryd op plaaslike bodem hanteer wanneer die Leeus en Cheetahs mekaar op 13 Februarie op Ellispark aandurf.

Die Aussie Matt Goddard het die eer om in beheer van die eerste Super-wedstryd van die seisoen tussen die Highlanders en Brumbies in Dunedin te wees.

Mark Lawrence sal die Saterdag in beheer van die Stormers en Sharks wees en Marius Jonker ‘n rukkie later wanneer die Bulls en Reds in Pretoria kragte meet.

‘n Week later, op 10 Februarie, speel die Cheetahs in Perth teen die Force met ‘n plaaslike skeidsregter, James Leckie, as die 31e man.

Die Kiwi Chris Pollock is later dieselfde dag die skeidsregter tussen die Stormers en die Reds.

Die Saterdag kom die Bulls met Mark Lawrence in beheer teen die Blues te staan en Jonathan Kaplan is die skeidsregter wanneer die Leeus en Sharks mekaar in Durban aandurf.

Die beste skeidsregters, en nie noodwendig neutral skeidsregters nie, sal die seisoen aan die stuur van sake wees.

Die Meriete-paneel: Stuart Dickinson (Australië), Matt Goddard (Australië), Marius Jonker (SA), Craig Joubert (SA), Jonathan Kaplan (SA), Bryce Lawrence (NS), Mark Lawrence (SA), James Leckie (Australië), Steve Walsh (NS)*.

Skadu-paneel:Paul Marks (Australië), Chris Pollock (NS), Ian Smith (Australië).

Reserwe-paneel: Phillip Bosch (SA), Keith Brown (NS), Vinny Munro (NS), Nathan Pearce (Australië).
Posted by Blou Karnallie Wednesday, January 21, 2009 - 12:22
41. Nou jaaaaaa

Dit is lekker om almal weer terug te sien op die blog. Ek het Pieter Rosssouw se kommentaar geniet en die vrae was goed.

ek is ook bly oor Gerhard vd Heever. Hy het baie potensiaal. As sy kop op sy lyf bly gaan hy 'n wonderlike veelsydige speler word.

Dis great om te hoor Heyneke wys darem nog sy gesig daar by Loftus. Ek dink die situasie in Engeland met 'n kontrak is baie sensitief so enige aanduidings van onderhandeling kan alles in die kiem smoor.
Posted by mosselbaaibul (mossel Bay) Wednesday, January 21, 2009 - 14:19