You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
Login  |  Register
Live chat: Pieter Rossouw


The Vodacom Bulls' backline coach Pieter Rossouw will be available on Tuesday from 12:00 – 12:30 for a live chat.

You are invited to ask Rossouw all sorts of rugby related questions but please keep your inquiries as crisp and clear as possible in order for him to answer all the questions.





Print


Question & Answers
Andre Joubert asked:
Hello Pieter,
Ek sien Rassie Erasmus gaan gebruik maak van makro vleuels (100kg +) in die super 14. Dit is 'n resep wat die Kiwi's en Aussies met groot welslae volg. Dink jy dis die toekoms van vleuel spel? Om GROOT en vinnig te wees?

Sterkte vir die seisoen.

Andre
Pieter Rossouw answered:
Jy het beslis 'n voordeel deur groot en vinnige vleuels te speel. Vleuels word al hoe meer as "strike runners" gebruik en hulle moet goed in die lug wees (hoëskoppe) en dit is hoekom dit voordelig is om groot te wees.
Manfred asked:
Hi Pieter.

Hoe gaan dit nog?Sien jy van waar ek is?Jou tuisdorp.Ek werk dalk met 'n vriend van jou.

Dankie vir die skitterende diens wat jy vir die Blou Bulle doen.Die agterlyn het dramaties meer aanvallend geword. Ek wil net vra, hoekom was Habana nog nie op buitesenter probeer nie?

En jy moet vir die ouens leer om geduldig te wees op die aanval,maar met teenaanvalle moet hulle hul instink vertrou en vinniger besluit.

Sterkte vir die jaar!!
Pieter Rossouw answered:
Hi Manfred, Darling het `n baie sagte plekkie in my hart en dis lekker om te sien daar is steeds mense daar wat net so passievol soos ek is oor die game.
Ek dink Bryan Habana was 2jaar gelede die beste vleuel in die wêreld. Mens probeer altyd om jou beste speler in sy beste posisie te speel en Bryan is meer `n "strike runner" as `n balverspreider.

Ek hou daarvan dat my senters beide balverspreiders en strikers is.

Shannow asked:
Hi Pieter

Tot so 3 jaar gelede het die Bulle se pak voorspelers alle teenstanders laat verkrummel. Duidelik is die nuwe filosofie dat ons 'n meer aanvallende spelstyl wil volg. Maar skep dit nie die gevaar dat ons van 'n ongeewenaarde voorspelerspan na 'n gemiddelde aanvallende span gaan verander nie?

Kan ons werklik kompiteer met die Stormers, Brumbies en Crusaders wat aanvallende, kreatiewe rugby betref? Moet mens nie maar bly by wat jy goed is nie? Dankie.
Pieter Rossouw answered:
Die idee is nie om soos die die Brumbies of Stormers te speel nie, ons wil eerder ons voorspelerspel waarmee ons sukses behaal het, aanvul deur meer kreatief en slimmer te wees op die aanval.
Dit is ook belangrik om nie van die sterkpunte van die Bulls weg te beweeg nie.

Dit is belangrik om in ag te neem dat die reëls verander het - ons kan nie meer (glad nie) dryfdrieë druk nie en daarom moes ons aanpas.
Ons was duidelik suksesvol met ons aanvallende rugby omrede ons die meeste drieë in die Curriebeker gedruk het. Geen van dié drieë was dryfdrieë.
Zakkie asked:
Hallo

Hoe gaan JP en Jaco aangewend word en hoelank gaan hulle vir ons beskikbaar wees. Sterkte vir 2009 en hou by die BLOU en hou ons TROTS !
Pieter Rossouw answered:
JP Nel is net vir die S14 beskikbaar en is tans nog in Japan.
Jaco het `n 3-jaar kontrak.
Op dié stadium is Jaco in die binnebaan om in die nommer 13-trui te begin.
Johan Reichel asked:
Hello Pieter,

Hoop die voorbereiding vir die nuwe seisoen gaan goed. Hoe voel die manne oor die seisoen wat voorle?
Pieter Rossouw answered:
Ons afseisoen was baie goed en al ons voorbereiding het goed gegaan. Ons kan nie wag om te begin speel nie.
Zet asked:
Hi Pieter,

Sterkte vir die seisoen - niks minder as die playoffs is goed genoeg nie.

Brian Habana se spelpeil was laas jaar ver onder standaard (ek glo ook sy eie verwagting) Ek wil graag weet wat word gedoen om sy verdediging, hantering en vangskote onder die hoë bal te verbeter. Almal weet al hy gaan vir die onderskep (ek weet nie of jy iets daarmee tedoen het nie - jy was juis 'n meester van die onderskepdrie).... maar sekerlik moet iemand hom vertel hy kom in van sy vleuel af en gaan e gereeld vir die onderskep - die opponente weet dit almal en buit dit uit.
Pieter Rossouw answered:
Bryan weet hy het nie `n goeie jaar gehad nie en hy is baie gedetermineerd om vanjaar weer sy ou vorm te herwin.
Tov sy vaardighede: ons werk die afgelope jaar baie hard aan al die agterspelers se vaardighede.
Onderskep: dit is belangrik dat Bryan nie moet gaan vir `n onderskep nie, dit moet `n natuurlike proses wees - die situasie moet homself voordoen.
Werner asked:
Hi Pieter
Het julle al more or less n idee van hoe gaan die agterlyn lyk en waarop gaan die agterlyn sterk wees die jaar en is daar iets besonders wat julle gaan probeer.
Pieter Rossouw answered:
Die idee is om voort te bou op verlede jaar se spel en almal in die kamp weet wie nommer 1 en 2 in hul posisies is.
Stapper asked:
Wat is die huidige stand van jou kontrak met die Bulle
Pieter Rossouw answered:
Ek het `n kontrak tot einde Oktober 2009
Jaco B asked:
Pieter,

Ek voel dat ons span in die verlede die bal te veel weg geskop het met "up-and-unders", wat nie voldoende opgevolg is nie. Ek verstaan dat verdedigingslyne taai is om te breek, maar kan ons hierdie jaar meer slim skoppe verwag soos "grubbers" of soos Dan Carter wat die bal in die agterlyn afskop na sy senters of vleuels?

Verder voel ek dat as ons ondersteuning van die baldaer beter is en opvolgwerk beter is, geen span teen ons 'n kans sal staan nie. Hoe voel jy daaroor?

Sterkte vir die seisoen, gee dit horings!
Pieter Rossouw answered:
Jaco jy is 100% korrek.
Die kicking game is baie belangrik in vandag se spel, ons werk hard daaraan om wanneer ons up-and-unders skop, jy of self die bal moet vang of die teenstanders in besit te betrap.

Ons besef ook dat ons lang- en hoëskoptaktiek baie goed is, maar ons skoppe 'in spasie in', kan nog baie verbeter. Ons het vir John Callard op die George-kamp gehad om ons spesifiek te help om daai aspek aan te spreek.
Die spelers werk hard daaraan en hopelik kan ons al in die S14 die vrugte pluk.
Shannow asked:
Pieter

Die reserwebank het deesdae 'n kritiese impak op 'n wedstryd. Dink jy ons het die diepte om met die Sharks te kompeteer, wat 4 of 5 Springbokke op hulle bank het op 'n gemiddelde dag? Dit kan dalk net die verskil beteken tussen 'n Curriebeker titel en tweede plek, as mens na laas jaar terugdink.
Pieter Rossouw answered:
Ons het vanjaar baie goeie diepte en dit is ongelooflik belangrik as jy suksesvol wil wees in die S14.
Zakkie asked:
Is ek reg as ek sê dat Jaco ook curriebeker gaan speel
Pieter Rossouw answered:
Jaco Pretorius het 'n 3-jaar kontrak
Johan asked:
Hallo Pieter,

Sterkte met die 2009 seisoen.

Vraag: Is Jaco van der Westhuizen beskikbaar vir die Super 14, en indien wel waar beplan julle om hom te speel?
Pieter Rossouw answered:
Hou die pers dop.
Jaco is al in die verlede met vrug op losskakel, heelagter en vleuel gebruik.
Zet asked:
Hi Pieter,

Watter game sou jy sê gaan 'n MOET-WEN game wees hierdie jaar - ek weet almal moet gewen word, maar waar gaan die Bulle se seisoen gemaak of gebreek word?
Pieter Rossouw answered:
Dit is altyd baie belangrik om goed te begin en omrede dit twee tuiswedstryde is, sal dit veroorsaak dat ons lekker momentum het.
Pieter asked:
Pieter,

Hoe lyk die Bulle se trui hierdie jaar - enige groot veranderings van laas jaar?
Pieter Rossouw answered:
Basies dieselfde as verlede jaar
Conrad asked:
Hi Pieter
Dankie vir jou bydrae, ons kon die verskil al in die Currie Beker sien.
Is dit vir jou moeilik om teen die Stormers/WP te moet werk?
Hoop jy vir 'n draw as ons teen hulle speel?
Pieter Rossouw answered:
Ek sal altyd 'n sagte plekkie vir die WP hê, maar as ek afrig, wil ek wen!


Post a question
Name
Email
City / Town
Question