You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Van der Walt help u.19’s to win over French


Vodacom Blue Bulls u.19 full back, Pieter van der Walt, scored 15 points as his side beat a French regional outfit in a friendly match at Konka, near Rustenburg on Sunday.

Van der Walt scored a try, kicked two conversions and two penalties in the 20-10 win.

Flyhalf Tony Jantjies scored the other points with a try.



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. Soos die Bulle!
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Monday, March 29, 2010 - 11:58
2. Well, Computicket has the worst website in the world. Finally after 4 hours of trying, I finally get my seats for 15 May. Not the best but at least something. Anybody else going to be there?
Posted by DarrinH (Cape Town) Monday, March 29, 2010 - 13:47
3. Goeiemôre al my blou vrinne

Lanklaas regtig gesels.

Wat 'n wedstryd Saterdag. Die telling weerspieël myns insiens nie die ware stand van die wedstryd nie. Die Force het bloot met baie passie gekeer dat die Bulle 'n wegholoorwinning behaal. Die Bulle het self ook bygedra daartoe, deur swak opsies op stadiums, maar dat ons in staat was om soveel druk toe te pas in die omstandighede, is verblydend. Onoorwonne, bo aan die punteleer, en ons het nog nie 80 minute se 100% rugby van die Bulle gesien nie. As ek die ander spanne was, sou my broek gebewe het. Dink net wat gaan gebeur die dag as die Bulle vir 80 minute 100 % rugby speel.

Guthro Stieenkaaamp was my speler van die wedstryd, met die heer Spieeeees, 'n kort kop agter. Daarenteen het Mornè en Wynand hul swakste wedstryde van die jaar gehad. Nou is dit ook agter die rug en uit die sisteem.

Ek het verlede jaar in die CB al gesê die ouens hier moet ophou kerm oor Werner Kruger, en hy wys dit in elke wedstryd meer en meer. HY IS 'n YSTER !!! Kom Wicus Blaaw....ek dink Werner het ietsie om vir jou te wys !!!!
Werner se werkverrigting is ongeleeflik en hy het nog nie tweede viool gespeel teen enige loskop in die kometisie tot op hede nie.

Ons sal net takties bietjie slimmer moet dink. Die aanhoudende binne-aangee na Wynand toe werk nie, en die ander spanne lees dit. Hulle maak heeltyd net die gate toe waarheen Wynand beweeg. Hy is op sy beste met 'n klein bietjie spasie, waar hy redelik maklik die buite gapings vat. Hy het Saterdag
omtrent nooit die bal uitgegee in die eerste helfte nie. heeltyd binne toe gebreek./ niemand kan so lief wees vir geduik word nie. Victor se opsies met die pale toe skoppery in die tweede helfte was ook verkeerd. Op die stadium toe Mornè so misgeskop het, was die Force net 14 cman, en het ons al die momentum gehad. Ons moet in die opponente se kwartgebied kom en daar druk toepas.

Dit gesê moet ek weereens vra WAAR krap SANZAR hierdie ape met die fluitjies uit. Mnr. Pearce het skynbaar geen idee wat vyf meter is nie. Toe Fourie 'n vinnige tikskop vat vyf tree van die doellyn af, het hy nie eens 'n tree beweeg voor 'n Force hom geduik het nie. NOOIT eers probeer om agter die doellyn te kom nie. Siniese professionele oortreding vyf tree vd doellyn, nadat hulle al paar keer daar gestraf is......strafdrie !!!!......in werklikheid ...nie eens 'n strafskop nie. Sy interpretasie van Nathan Sharpe se aanhoudende onkantspel in die losgemaal is verstommend. EK GAAN NIE EENS PRAAT VAN DIE AFBREEKPUNTE NIE !!!!! Daar was hy sonder enige idee !!! Wens net die Bulle kan een wedstryd 'n skeidsregter kry wat weet wat hy doen, en dit dan reg doen.

Die Bulle se taktiese verandering in wedstrydplan, was te wagte. Wegwedstryde moes gewen word. Mooi rugby speel jy by die huis, waar alles soveel meer in jou guns is. Die feit dat die Force nooit regtig gelyk het of hulle 'n drie kan druk nie, spreek boekdele vir die Bulle se verdediging. Dit mak jou opponent naderhand paniekerig as hulle bly aanval en nie kan deurkom nie. daarby moet mens ook sê die Bulle was darem baie ongelukkig op ten minste drie geleenthede. Werner wat or die doellyn dryf, en daar is net nie 'n regte kamerahoek om te sien nie...die simpel ovaal bal wat net verkeerd hop vir Spieeeeees vyf tree van die doellyn af ..... en Wynand wiese arms tien sentimeter te kort was om te rek vir die doellyn.

Ek is opgewonde oor die span se toewyding en benadering op die toer...ek voel 'n ding kom, maar kom ons wag maar vir Saterdag. Gelukkig speel die Blues 'n baie meer positiewe soort spel as die negatiewe Force. Behoort 'n baie meer aanskoulike wedstryd te wees.

Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Monday, March 29, 2010 - 13:49
4. Judge, jy praat die waarheid broer!! Wicus Blaaw gaan kreun die jaar. Ek is ook baie opgewonde oor die bulle. Kyk ek kry die span jammer teen wie ons speel as ons vir 80 min click!! Eina (ek hoop dit is die stormers op Nuweland)

Sien Mnr Botha is weer besig met Toulon. Wel, Bakkie. dankie vir alles, maar gaan teken nou die kontrak en kry klaar!!

Flip van der Merwe is maar 24 jr oud en reeds 'n yster, as hy op die veld kom gebeur daar dinge. En Juandré Kruger is oppad terug en moenie van Fudge Mabeta vergeet nie, hy steel links en regs balle in die lynstaan, nee wat Bakkies, sal jammer wees om jou te verloor en ons almal weet na 2011 se wêreldbeker gaan baie senior spelers die pad vat, so oefen maar jou Frans en sal okay wees met die youngsters.

Ek hoop net hy volg Fourie se voorbeeld en laat weet die BBRU en trek nie 'n Habana op hom en ontken dit weer nie.

Go die BLOU!!!
Posted by Bulletjies Bo (Pretoria) Monday, March 29, 2010 - 14:25
Happy birthday to:
8 April - Ettienne Botha (Oorlede)
8 April - Dirk de Vos
9 April - Tjaart Coetzee
9 April - Kerneels Erasmus
9 April - Charles Rossouw
9 April - Bennie van Huyssteen
10 April- Rudi Röhrs
11 April - Piet Kruger
11 April - Johan Schoeman
11 April - Senithemba Zweni