You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
Login  |  Register
Vodacom Blue Bulls fall short in Bloemfontein


The Vodacom Blue Bulls came up short in their Absa Currie Cup clash against the Free State Cheetahs in Bloemfontein on Saturday.

Despite leading 11-10 at the break, the never really recovered from a Cheetahs try in the opening 30 seconds of the match, eventually losing 20-14 in a match that had all the drama associated with clashes between these two sides.

After the early try, with Jongi Nokwe’s pace too much for the Blue Bulls defense, the visitors scored a well worked try through Jaco van der Westhuyzen, but had to rely on the boot of Jacques-Louis Potgieter for the rest of their points in a match that was played at a high tempo, but also a high error rate.

Both sides were also guilty of poor handling and Blue Bulls captain, Derick Kuün, afterwards admitted that they did not use their opportunities.

“The reality is that we did not use our chances. Well done to the Cheetahs, they deserve this win. We need to go back to the drawing board, as the Lions are waiting for us next week,” Kuün said.

The Blue Bulls, who has only won once on the road this year, have again dropped out of the top four, but face two of the teams above them on the log, the Lions and Western Province, at Loftus Versfeld in the next couple of weeks.

Scorers:

Free State Cheetahs 20 (10). Tries: Philip van der Walt, Hendro Scholtz. Conversions: Louis Strydom (2). Penalties: Strydom (2).

Vodacom Blue Bulls 14 (11). Try: Jaco van der Westhuyzen. Penalties: Jacques-Louis Potgieter (3).



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. Jammer blue bulls i was again left hurt and dissapointed by the boys today.Look i said it before the bulls are in transition for the next couple of years to say the least.!!!!!!!!!!It will take us a few years to start dominating SA rugby again.Alot of youngsters like dippernaar,watermeyer,brummer,van velze and stander still loack the right BMT and experience needed to win the currie cup!!!!!!!!!!!!!!!!

Our problems today imo were:

JLP.......guys please can some one tell Brummer to fix his head up again...........we need him like the way he performed last year against western province at loftus JLP is rubbish.Boshoff i heard also has a problem with his kicking like brummer..... vlokkie has his work cut out i tell you.
JLP was passing 50/50 passess.....shocking

Watermeyer oh seuntjie he was exposed very badly today no wonder he went off injured......

Jaco Pretorius oh boy.... i give up with this guy DID YOUM SEE WHEN DIPPENAAR CAME ON ATLEAT OUR BACHLIKE BECAME POTENT!!!!!!!!!!!!

Guys i am worried about van velze cj stander just stilll 20 even looks better than the 23 year old van velze.........

As good as the lions are playing THEY WILL NOT BEAT US AT LOFTUS NEXT WEK!
Posted by Muzi (Johannesburg) Saturday, September 11, 2010 - 20:37
2. Lyk my ons span is op 'n 'bonus' jaar ?

Ons het dubbel soveel bonuspunte as wenne !

Geluk !

Sien nog 'n glip ons by die agterdeur in met die 'bonus punt' wedstrydplan van ons.

Bietjie ernstiger:

Ons het groot probleme agterlangs as MS en WO nie daar is nie. HM jy sal moet koop, ten minste 3 goeie spelers, want wat ons huidiglik het, is nie nou goed genoeg nie, en lyk ook nie goed genoeg vir die toekoms. Jammer manne, maar dit is feite.

Ons mis 7 bokke in ons pak, en tog is hulle tops en speel hul harte uit, maar sodra die bal verby Hougaard is, gaan daar verder niks aan nie.
'n Mens sou gedink het ons voorspelers sou sukkel, maar ons sukkel erg daar agter.

Ons het nou 'n goeie kans verspeel om in 'n goeie posisie te kom vir 'n moontlike tuissemi. Nou sal ons moet veg vir 'n 3de of 4de plek. Een geluk is dat ons nog teen die 2 spanne moet speel wat ons moontlik uit 'n 4de plek kan hou: Leeus en Kwasse.

Regtig gedink die seisoen het gedraai laas saterdag. Hy het toe nie heeltemal nie. Die bokke wat teruggekom het, het toe ook nie 'n baie groot verskil gemaak nie.

Hopelik is Steggies saterdag terug, en kry ons die wen momentum terug.

Feit is egter, die jong manne het dit nog nie om weg grotes te wen nie. Ons sal al ons bokke vanaf die laaste rondte moet inspan, en hoop hul kliek gou. Hopelik is Ludeke en kie slim en rif solank 2 spanne af, die een wat nou speel tot en met die laaste rondte, en die A span wat vanaf die Kwasse wedstryd oorvat.

Wel, 'n ligpunt is ten minste dat ons jongspan nooit verneder word nie en die bonuspunte insamel.

Sterkte Bulle !
Posted by bendiebul Saturday, September 11, 2010 - 20:55
3. 2: rif = rig
Posted by bendiebul Saturday, September 11, 2010 - 20:57
4. Eerstens, ek is 'n baie swak verloorder. Die Bulle het gespeel asof hulle Bloem toe gestap het en besef het het hulle moet nog terug stap ook. Ek was bekommerd dat hulle na die goeie wen teen die Haaie nie op dieselfde hoogte sou wees nie. Hulle was nie skerp nie.

Zane, een van die seniors in die span, was pateties. Vd Heever sukkel steeds om homself te commit en betrokke te raak by die spel. Suid Afrika het nie senters nie en die Bulle ook nie. Of Watermeyer en Dippenaar ooit sal ontwikkel, sal die tyd leer. Oor Pretorius en sy commitment is al baie geskryf. Potgieter het vandag baie swak gespeel en hy gee ook nie om nie. Hy weet sy seisoen is verby sodra Morne op 6 Oktober terug is. Ek kan nie sien dat Brummer nou die oplossing is nie. Miskien moet Jaco vdW losskakel speel en JLP binne senter met Dippenaar buite senter. Die agterlyn was vandag soos 'n klomp St 6 meisies - onbeholpe en in mekaar se pad.

Flip vd Merwe gee baie strafskoppe af, maar ons het hom nodig. Juandre het hard probeer. Dankie tog, hopelik is Stegmann nou terug. Stander is nog baie jonk en onervare. Van Velzen se hande het gate in. Met Dewald nou beseer, is die geliefde Bul ernstig gekwes.

Ek stry teen die verloor, maar dis duidelik dat die Bul vanjaar moeilikheid het. FL moes weer gedink het voor spelers soos Pedrie net laat gaan is.

Laastens, die wat kan, gaan kyk na die laaste 2 min van die game, voor die pale le 'n Cheater op sy rug en klap die bal uit Hougaard se hande, maar die skeidsregter sien dit nie raak nie, net soos hy nie kon sien hoe onkant die spul heeltyd speel nie.

Die Leeus se spel maak my bekommerd. Hulle speel wel hoe risiko rugby, maar wie gee om as hulle weekliks 40 punte aanteken? Hulle speel nou soos die Bulls aanvanklik in die S14 gespeel het - en dit voorspel trane, blou trane..........
Posted by JB 007 (Centurion) Saturday, September 11, 2010 - 21:09
5. Ek stem saam met 007. V d Heever lyk of hy nie regtimg betrokke will raak nie. Jaco Pretorius moet maar retire. Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom bly ons besit weg skop Saterdag na Saterdag. Die ander spanne hardloop dan en ons moet ons sukkel om te verdedig . Dit tap jou energie. Ons kan nie een game goed speel en dan die volgende een weer swak nie. Ek dink die Leeus gaan ons klop Saterdag.
Posted by Bull perd (Johannesburg) Saturday, September 11, 2010 - 21:23
6. Kyk, die manne probeer moedig, daarmee kan jy nie stry nie. Maar hierdie is nou maar net 'n moeilike jaar vir ons.

Ons het nog nie een wedstryd met meer as 7 punte verloor nie, so ons is kompeterend in elke wedtryd. Die gebrek aan ster spelers en ervaring kom duidelik na vore in ons naby verlore.

'n Tweede punt is dat Naka se klaery oor die Bokke wat nie mag speel nie vir die Bulle die wedstryd gekos het. Ons het Wynand Olivier baie gemis, aangesien ons hele aanvallende gameplan op hom gebaseer is in die eerste fase. Wynand neem die bal op en bring ons oor die voordeellyn, en dan lanseer ons verdere aanvalle van daar af. Ongelukkig het die nr12 vanaand nie dieselfde vermoens gehad nie.

My derde en laaste punt is dat ons baie goeie diepte in die voorspelers het, maar ons het groot gebreke agterlangs. Ons speel basies met ons S14 agterlyn, maar het geen slaankrag nie. Kan dit wees dat 90% van die aanvallende vermoe van ons agterlyn van du Preez, Steyn en Olivier afkomstig is?

Na my mening het die Bulle geen kwaliteit senters na Wynand nie, en geen vleuels na vd Heever nie - en selfs Gerhard gaan deur 'n effense "slump" in sy vorm op die oomblik.

Die Bulle moet 'n paar aankope maak. Ons kan kompterend bly met wat ons het, maar ons gaan nie sommer ander spanne domineer sonder om 'n Bjorn Basson en 'n dodelike buitesenter aan te skaf nie.

In elk geval, die manne maak my steeds trots. En as dit ons "bou jaar" is, dan is dit nie so sleg nie. WP en die Leeus gaan nou al vir 10 jaar deur 'n sogenaamde boufase sonder om 'n enkele trofee in te palm.

Om op te som: Ons kort 'n ster vleuel en a dodelike senter. En 'n ander loskakel as backup vir Morne. Verder lyk die toekoms piekfyn.
Posted by Shannow Saturday, September 11, 2010 - 21:30
7. Bullperd jy is reg, toe die 2de helfte begin, en die eerste bal wat ons kry, skop ons weer, toe weet ek ons gaan verloor. Van daar af het die Ctahs die bal behou en ons begin ore aansit. Daar is nog net 2 spanne wat skoprugby speel in die wereld, die bokke en bulle, en raai watter 2 spanne sukkel nou ?

Ek is nie bekommerd oor ons voorspeler diepte nie, daar is oorgenoeg. Dink ons moet maar vir Spies en Matfield wat so goed kan skop en systap, in die agterlyn sit as hul terugkom, want dit is waar al ons probleme lê.
Posted by bendiebul Saturday, September 11, 2010 - 21:30
8. bad luck bulls ek glo ons sal saterdag weer wen ? en aan hou wen soos dit hoord by Blou bull rugby !!! ons is net een wen weg van die ander spanne wat tweede le en sal maklik n wen teen die luiperds en die Griqaus optel wat ons in die top 4 sal laat eindig? is steggies al herstel van sy besering ons mis hom beslis!!
Posted by bullsjumbo (port elizabeth) Saturday, September 11, 2010 - 21:33
9. Onthou kêrels, 'n mens wen nie die CB in September nie. Ons het al so baie bekers gewen, gee die ander spanne darem ook so 'n bietjie iets om te geniet, maar ook net tot met die semi's, dan is dit weer "no more Mr. Nice Guy" ;-)

Stem saam met Shannow, nog goeie losskakel, senter en vleuel, dan is ons reg vir die volgende dekade.
Posted by bendiebul Saturday, September 11, 2010 - 21:49
10. Swak, weer eens, kannie twee taai games wen na mekaar nie, ek sal liewer stil bly want ek is teleurgesteld, lyk my die manne gaan nie eers daar wees om hul title te verdedig nie, Mr Jafta jy sal nie met die vertooning ref van die week wees nie, lyk my jy is onfiks en mens kan sien jy het nog baie om te leer
Posted by Barrybul (Klerksdorp) Saturday, September 11, 2010 - 22:04
11. Jammer Bulle wat is verkeerd dit lyk of v/d Heever nie meer wil speel nie van dat hy seer gekry het en terug gekom het is hy net nie meer die selfde man nie.Die Bulle kan sonder die Bokke wen hulle het dit al verskeie kere bewys hulle moet net weer skouer aan die wiel sit hulle koppe skoon kry en besluit wat is vir hulle belangrik vir wie speel hulle .Hoe lank gaan Steggies,John Mametsa hulle uit wees ons kry geen terug voering van die beseerde manne nie en hoelank hulle nog uit gaan wees nie .Sterkte vir die volgende wedstryd
Posted by blueband (Pretoria) Saturday, September 11, 2010 - 22:16
12. Wat dink julle van jlp se skop wat oor was ! Sorry dit was nie raak gesien deur die 4 blinde refs nie ? Selfs nie eers in slow motion nie..... Die bulls sal saterdag weer regmaak teen die welpies.
Posted by bullsjumbo (port elizabeth) Saturday, September 11, 2010 - 22:36
13. ag nee Bulle, julle steek ons in die skande en laat julself in die steek.

As jou span na 10 rondtes nog steeds elementere aanslane maak vedien jy nie om in top 4 te wees nie. Dit kos ons geleenthede. Jaco, JLP, Hougaard en Kruger verloor almal die bal 5m vd doellyn af. Die voorspelers skep geleenthde maar ons raak somewhere verlore op die aanval.

Teen 'n span wat so goed verdedig help dit nie jy probeer stampkar nie, dan moet jy hul patroon ontwrig deur die bal oor hul koppe te skop of up and unders. Ons het geen momentum sonder Fourie du Preez nie.

Bulle beskerm nog steeds nie die bal by die rucks goed genoeg nie. Ek weet eerlik nie waarheen ons mik nie, maar as ons vLgde Sa verloor, is dit bye bye Bulle. Bmt word nie oornag gebore nie en ek dink hierdie seisoen was ook goed om te besef die Bulle het nie al die Nodige personeel nie. Shopping manne, shopping, ek dink die huidige manne het nie regtig kompetisie in hul posisies nie en die motivering op kritieke tye om wakker en vurig te wees ontbreek, veral agterlangs.

Ag nou ja. As is verbrande hout.

Posted by mossel (Hout Bay) Saturday, September 11, 2010 - 22:56
14. In die skande steek?

Mossel, jou negatiewe kommentaar begin my stadig maar seker dik maak. Om die een of ander duistere rede is jou kommentaar nie meer objektief nie en dit is jammer…

Gelukkig is daar nog mense soos Shannow en ander wat die inbors het wat van ‘n ware ondersteuner verwag word.

Volgens die log is die Bulle tans in die 5de plek een punt agter die Lions. Al verloor die Bulle volgende week teen die Lions maar hulle verdien ‘n bonuspunt, gaan hulle die daaropvolgende week die Lions verby steek. Die Lions sal nie die Sharks wen nie en die Bulle behoort 5 punte teen die Luiperde te verdien. Om die waarheid te se, met nog 4 rondtes oor en baie van die voorste spanne wat nog teen mekaar moet speel is dinge nog wawyd oop.

“Put your money where your mouth is Mossel, gaan die Bulle die CB 2010 wen of nie?”

Nee, dit is nie ‘n retoriese vraag nie…
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, September 12, 2010 - 00:47
15. jimmy

Ek weet nie of die bulle gaan wen in 2010 nie. It's not up to me you know.

Dit help nie jy raak vies vir my nie! En natuurlik verloor ek nie geloof in my team nie, anders was ek nie hier nie en het ek nie tot in laaste minuut rugby gekyk nie. ek voel soos Derick Kuun gisteraand gelyk het na die tyd en vat die verloor swaar op die kennebak. maar ek face dit ten minste en moet realisties wees oor waar die Bulle tans is en watse tipe rugby ons tans speel. As dit ons beste is en die span is eerlik met hulself dan het niemand rede om te krities te wees nie.

Ek sien jy het nie gisteraand liedjies gepost nie. Miskien voel jy bietjie die blues. Jy mag maar hoor! Ek verstaan.
Posted by mossel (Hout Bay) Sunday, September 12, 2010 - 05:59
16. ek kan nie onthou wanneer ek die blog gejoin het nie, dink dit was 2006 somewhere, en dit was nie altyd 'n smooth ride nie. wat ek die meeste gemis het is om self op Loftus te kon sit en alles te beleef. Daarom is en was die blog vir my 'n klein Loftus waar ek met like minded Blou mense oor rugby te kan gesels. Ek dink dis meer as die game, dit gaan oor my roots en my konneksies ook. Dis anders om 'n Bul te wees in die suide as om in Pretoria te woon, veral as jy 15 min van Nuweland af woon.!

ek dink egter ek gaan dit nou eers halt roep hier en se dankie vir al die mense hier wat my baie glimlagte en stof tot nadenke verskaf het. Ek is bly oor die nuwe gesigte hier en keep on living the Blue!
Wees geduldig met die negatiewes en irriterendes en word verryk deur die positiewes. yster slyp yster.
En dan natuurlik - rugbyspelers bly maar mense en sal nooi iets anders kan wees as mense nie, al wil ek soms glo hulle is gladiators. Dis wreed.

Blessings
en hou die bloed blou.





Posted by mossel (Hout Bay) Sunday, September 12, 2010 - 08:26
17. More al die bulle ondersteuners. Ja wat se n mens, daar doen die Bulle dit toe weer. Een op en een af. Ek weet en verstaan dat daar baie jong manne in die span is wat nog nie op die vlak getoets is nie.

Maar kom ons is eerlik met mekaar, verlede naweek se tweede helfte teen die sharks het die jong manne gewys wat in hulle steek en met GUTS en GLORY gespeel. Dit het gelyk of hulle die blou trui wou dra en dat dit n trots is. Ek dink hierdie klomp jong manne moet hande vat mekaar in die oe kyk en vir mekaar se ons speel vir die trui. En dan vir die ondersteuners.

As die trots nie daar is om vir die trui en vir mekaar te speel nie dan moet hulle nou al stop en begin dink aan volgende jaar.

Kom Bulle staan op en kry die trots vir daardie Blou trui terug. Maak ons trots julle jong manne is ons toekoms. En dan net n laaste punt. Iemand sal drasties n besluit moet neem en n loskaket te gaan koop. JLP jy kan nou maar al Sharks toe gaan.

Maak ons trots Saterdag teen die Leeus. Ek wil en was nog altyd n trotse Bul supporter en sal altyd wees. Saterdag wil ons as ondersteuners n ander span sien opraf. N span wat trots is op daai blou trui want dit is nie n reg om vir daai trui te speel nie maar n voorreg.
Posted by klaasie (Somerset Wes) Sunday, September 12, 2010 - 10:37
18. More,

Teleur gestel is ons almal wat die Bulle ondersteun, ek nie n kenner nie maar het n passie vir rugby!!
Ons flanke verdedig nie, daar geen verdedigings patroon nie, die een weet nie wat die ander doen nie, dek verdediging is min of niks. Indien die bal gewen word by die loskrum, staan die voorspelers nie kom met spoed in die bal en probeer op die verdediger se skouer hardloop nie, om so doende 2 manne te trek en dan n ander speler in die "gap" te sit.
Die agterlyn is stadig, vlak. Ons senters moet vinniger die bal laat loop tot by die vleuls, een van die bestes in SA Rugby (v.d heever), Pretoruis moet uit skuif vleul toe want ons soek spoed op die punte.

Man op man verdediging is uiters swak, en die dat ons dink ons speel skole rugby en probeer oor n ander speler hardloop nie meer in vandag se sport nie.

Vra net hoe sien ons as ondersteuners al die dinge raak, en die afrigting span nie. Kom Meyer jy is goed in wat jy doen kry die afrigting spanne by mekaar want die probleem is by die O/19, O/21 en senior span!!!

Ons kan nie altyd staat maak op ons Bokke nie, ek wonder of die supporters se menings ooit hier gelees word!

Bie bloed is Blou, maar die boude ook van al die pakslae die jaar!!!
Posted by bulletjie007700 (marquard) Sunday, September 12, 2010 - 10:41
19. Ek is van kleintyd af geleer dat mens eerder stil bly wanneer mens nie iets goeds van iets kan se nie, ek is jammer Mossel ek het daardie les vergeet. Basta daarmee dat jy nou hier wil quit, soos dit is is die Bulle in die moeilikheid en is ons dit aan mekaar verskuldig dat ons sal saamstaan.

Altyd Blou.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Sunday, September 12, 2010 - 11:31
20. Ek dnk baie van die negatiewe kommentaar is gebore uit die vyandigheid wat meeste Bul ondersteuners vanaf ondersteuners van ander provincies ervaar.

Elke ou wat 'n Cheetah pel, of kollega of familielid het, gaan nou weer Maandag deurloop onder die snedige aanmerkings - as dit nie alreeds via SMS of foonoproep deurgekom het nie.

So die angstigheid om daardie situasie te vermy lei dan tot die negatiewe uitbarstings en woede wat die arme Bul ondersteuner dan op die blog kom uistort.

Ek self ly partymaal daaronder. Maar in die geval van die Cheetahs steur ek my maar min. Hulle het 1 wen teen ons A span behaal in die hele 21ste eeu - en dit was die 2005 finaal, weens 'n lucky bounce.

Na dit was dit eenrigting verkeer vir ons. Dis net as die Bokke weg is wat hierdie klomp 'n kans staan, en dan wil hulle breebors vir ons kom vertel hulle kan saam met die groot honde hardloop.

Nee wat, die Cheetahs pla my maar min. Ek sal veel eerder die WP of Sharks wen.

Kom semifinaal, dan steel Victor weer al die Cheetahs se lynstane, Morne skop hulle stukkend en Gurthro dreun hulle op in die los.

Intussen moet ons maar vasbyt en hoop ons jong manne kan die stappie boontoe na hierdie vlak suksevol afhandel.
Posted by Shannow Sunday, September 12, 2010 - 11:39
21. Hey Mossel,

Jou post (16)

Kom nou, moet nou nie wil quit nie omdat Jimmy jou so 'n bietjie aangevat het.

Ons moet daarem ook so 'n bietjie robuste kritiek kan verduur op hierdie site.

Ek vir een, gaan jou heavy mis as jy waai. Jy is een van die "gravitas" bloggers op hierdie site en jou tegniese ontledings oor die game is altyd een van die eerstes wat ek op 'n Sondagoggend lees, nog voor ek op ander sites en in die koerante gaan lees.

Jimmy het jou mos nou op sy manier om veskoning gevra. Julle is mos albei al legendes op die site.
Posted by BlueIQ (Pretoria) Sunday, September 12, 2010 - 13:01
22. Mossel: NEE, NEE, NEE!!!! Jou bedanking word nie aanvaar nie! Sterk persoonlikhede verloor nie sommer so "pose" nie!? Ek sien uit na jou kommentaar in die toekoms........ Ek weet jy is n baie besige man, maar om so nu en dan n paar lyntjies te tik is goeie afleiding, broeder.
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Sunday, September 12, 2010 - 13:49
23. Dit sou vir my vrek lekker gewees het as ons die uitklop hou in die laaaaaaaaste sekondes kon plant.

Verloor maak ons weer nederig.

Go Bulls!!
Posted by hammer01 (Suid Gauteng) Sunday, September 12, 2010 - 14:34
24. Dit was 'n harde game maar die volgende negatiewe het sy kop uitgesteek.
1. Die hantering was swak. Ek kan nie glo profesionele spelers hanteer so sleg nie.
2. Ons skop up en unders en hoop die ander span maak 'n fout. Word wakker, die game het verander mens moet die bal probeer hou. HOU OP SKOP, veral op Daniller wat soos 'n rots is onder die hoe bal.
3. Ons "create" niks nie. Soos die bokke probeer ons oor die teenstanders hardloop eerder as om te probeer om verby hulle te hardloop, iemand in 'n gat in te pass of iets kreatiefs te doen. Almal gym deesdae so die kanse dat jy oor iemand gaan hardloop is min. Komaan Pieter Rossouw leer die ouens om die bal die werk te laat doen.

Wat spelers aan betref. Die spelers wat ons het vanaf 10 tot 15 is nie wereldgehalte nie. Die bulle sal moet investeer in 'n goeie vleuel soos Bjorn Basson, sal moet kyk om senters aan te skaf. Ek rate glad nie vir Dippenaar nie. Hy was maar pateties in die S14. Watermeyer dink ek is ook nie intellegent genoeg vir binnesenter nie. As ons iemand wil he wat heeltyd crashball kan ons een van die stutte op binnesenter kies.
Kyk bietjie hoe maak die Lions se agterspelers spasie. Daai ouens is goed afgerig.

Ek dink nogsteeds ons kan die Curriebeker wen as ons die uitspeel rondtes haal met die grootname terug, maar die krake begin wys!
Posted by Bomskok (Prince Albert) Sunday, September 12, 2010 - 14:34
25. Kloof die hare. Statistieke vertel n verhaal. Punte: Bulle 290 en 257 teen hulle. Driee 30 en 27 teen hulle. Hulle kon net 1 uit 5 weg wedstryde wen. Dankie tog vir die bonuspunte wat ons so gereeld kry anders was ons al reeds weg. Die kanse is goed dat ons vanjaar meer punte teen ons gaan he as aangeteken en meer driee teen ons as aangeteken. Wat n prestasie van die Blou Bulle wat so spog oor hul diepte. Maak nie saak wat gese word op hierdie blog nie die feite is dat die span nie goed afgerig word tans nie. FL en Slaptjips kan dit seker aan ons verduidelik. My vraag is kan n speler wat nie deur die strukture van O/19 en O/21 kom nie vir die bulle speel? Is daar in die hele Carlton liga nie n senter of vleuel wat sy man in die CB kan staan nie. Hoekom moet ons wag dat ons bokke terug is om te kan juig oor ons span. Waar is ons diepte? 3/4 maal S14 kampioen en ons kan nie eers n ordentlike span vir die CB in die veld stoot nie. Wat n verhaal is dit. Spelers moet mos toustaan om vir die bulle te wil speel maar eerder vat hulle hul goed om vir die Sharks en OP Kings te gaan speel. Gebrek aan lojaliteit is ons ondergang. JLP se mind is reeds by die Sharks en hy gee nie n duit om vir die bulle nie. Laat hom gaan en sommer nou. Waar is Heynecke Meyer, sien hy nie wat aangaan nie en mag hy nie intree nie. Swak besluite, hantering en flanke wat nie weet hoe om die losbal te jaag nie en swak verdediging is ons ondergang. FL gaan kyk na Tukkies se twee senter Gertjie Smit en Gerhard van der Merwe. Kon hulle nie dalk n verskil in ons agterlyn gemaak het nie? Daar is ander ook. Ek vra maar net. Marius Weber en die heelagter Shaun Davids. Nee, bulle ons is n trotse bond en ons staajn agter julle game vir game, maar as mens voorspellings teen jou eie span begin maak skort iets. Ons het 4 wedstryde oor en n moontlike 3/4 verlore indien daar nie iets drasties gebeur nou nie. Wie weet dalk kry ons bokke nog langer ruskans.
Posted by Bluedog (Cape town) Sunday, September 12, 2010 - 14:34
26. Ai tog, verloor is nie lekker nie, maar my bloed bly blou en sien uit na die naweek wat kom teen die Leeus. Kan daar nie iets gedoen word teen die 4 blinde manne wat nie gesien het daai bal was deur die pale nie? Ek sou veel eerder vir Hougaard in GvdH se plek gespeel het met Ruan op no9, GvdH is op die oomblik GLAD NIE lus vir speel nie man, nee wat haal hom af, asb asb asb. Laat hy eers weer op standaard kom, in daai geval seker almal hier van no 10 af. Ek verstaan een ding nie, hoekom verloor ons die bal terwyl ons op die aanval is. 'n laaste gedagte: Ek kan nie glo die ref en die 2 manne op die lyn kon nie sien hoe onkant die Cheetas was nie, genade no 8 speel amper in ons agterlyn!!!! Dan is hy nog man of the match? Hulle was seker meer as 10x onkant, indien nie meer nie.
Ons kon hierdie een gewen het, sonder twyfel, maar daar kort iets, VERAL in die agterlyn, daar is groot fout daar. Voorlangs dink ek het die manne baie goed gedoen in die skrum en tackles, alhoewel die 2de helfte se skrums begin sukkel het.
Posted by bulkalfi (Pretoria) Sunday, September 12, 2010 - 17:37
27. ek gaan nou in op die profiles van die ouens in die CC. Wat gaan daar aan, daar is ouens wat laaaaaaaaaaaankal nie meer met ons is nie. Wie doen die werk? Nee man, kry die goed bietjie op datum. Dankie dit sal lekker wees
Posted by bulkalfi (Pretoria) Sunday, September 12, 2010 - 17:40
28. Hello alle Bloues. Ja, ons bloei en dis nie lekker nie.

Wil Heyneke nie asb vir ons 'n senter in Japan gaan haal nie? Sy naam is JP en hy't seker al genoeg rou vis geeet! Kry vir ons nog 'n senter / vleuel daar uit die Suidsee Eilande, een wat groot en sterk is met goeie hande. Ons weet die Bok-keurders sal hulle uitlos en dan is ons reg.

Ek hoop Dean Greyling lees hier. Hou so aan Dean, jy gaan 'n meneer word en sien jou by Wereldbeker 2015. Mark my words.....
Posted by JB 007 (Centurion) Sunday, September 12, 2010 - 20:08
29. Kan iemand asseblief vir my 'n definisie van ONDERSTEUNER gee? Op hierdie blog lyk dit my dit beteken ons is positief en bly as ons wen, maar as ons verloor wil ons alles en almal wegjaag. Hierdie bittere negatiwiteit gaan ons nog hierdie blog kos. Die Sharks het dieselfde begin doen, en hul Unie het die blog gestop.

Almal wat die afrigters so kritiseer.....stuur asseblief julle CV's na die Blou Bulle toe en laat ons kyk. Kritiseer is baie maklik as jy op die kantlyn sit. Hierdie ouens werk hard om suksesvol te probeer wees. Al hierdie gepratery oor die trots en passie wat nie in die span is nie, is sommer snert. Niemand, nie eens JLP wat waai, draf op die veld met die doel om minder as sy beste te gee nie. Dit is inherent deel van enige mens om sy beste te gee, omdat ons almal die drang het om te wen. Soms werk dinge net nie uit nie.

Hierdie blog was 'n wonderlike plek so vier, vyf jaar terug, maar al hierdie negatiwiteit as alles nie perfek verloop nie, het die meerderheid van die bloggers verjaag.

Dit is 'n lewensrealiteit. Dinge werk nie altyd perfek uit nie. Maak nie saak hoe hard jy probeer of voorberei nie. Nog meer so in omstandighede waarin jy self nie altyd volle beheer het nie.

Raak 'n bietjie positief of raak weg.
Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Sunday, September 12, 2010 - 20:20
30. Ek sit met 'n probleem. Die ouens by die kerk sê hul sien my net as die Bul verloor, noe sê hul ek maak 'n oorlas van myself (sic)

Ek dink oom Div sit met 'n groter probleem. Die springbokke wat nie mag speel nie!

Die kans is nou amper 50/50 dat die Bulle dit miskien nie gaan maak na die uitspeel wedstryde nie, en die helfde van die gekontrakteerde springbokke is Bulle. Lekker, 'n springboktoer met spelers wat geen wedstydoefening het nie!! hehehehehe

Sterkte Bulle, en wys tog die japsnoete waar Dawid die wortels begrawe het!!!
Posted by Frik (Boksburg) Sunday, September 12, 2010 - 20:38
31. Nou oor die rugby.

Kom ons kry net 'n bietjie perspektief. Dat die Bulle baie diepte in talent het is voorwaar so. Maar moenie talent met ervaring verwar nie. Dat spelers soos CJ Stander, Stefan Watermeyer, Stefan Dippenaar, G-J v Veldze, Ruan Snyman, Frik Kirsten Rossouw de Klerk en Gerhard vd Heever uiters talentvol is, kan nie betwis word nie. maar laat ons nie vergeet dat hulle in senior provinsiale rugby nog 'laaties' is nie. Hierdie ouens was almal verlede jaar O/21. Twee van hulle is nog steeds O/21.

Enige een wat onder enige illusies was oor hoe moeilik hierdie CB seisoen sou wees, was uiters naief. Ons verloor 'n magdom spelers na die Springbokke toe, wat beteken dat die afrigters met 'n klomp nuwe spelers 'n nuwe span moet begin bou.

Moet verder nie vergeet dat ons met tye met ons 6de en 7de slotte, ons 3de haker, 3de en 4de vaskopstutte en 3de agtsteman moes speel nie.

As gevolg van al die beserings wat ons so sporadies gehad het, en die ontwrigting van spelers in die Springbokgroep, spelers uit die Springbokgroep, was daar weinig kontinuiteit sover dit spanbou en afrigting aanbetref. Die afgelope paar weke het die afrigters elke week eers teen Dinsdagmiddag geweet wie is beskikbaar. Hierdie gebrek aan kontinuiteit het geen GOEIE invloed op samespel nie. Die spelers is jonk en ken mekaar nog nie. Om dan nog elke tweede wedstryd saammet iemand anders te speel help ook beslis nie.

Die feit dat die Bulle tot dusver in elke wedstryd 'n bonuspunt kon verdien is getuienis van die passie en talent wat in hierdie span is. Al het ons vyf wedstryde verloor, is ons nog nie in een wedstryd totaal verneder nie. Die wedstryd teen die Pumas was 'n absolute frats. Om oppad Nelspruit toe te hoor jou vriend en spanmaat is gearresteer vir moord op 'n polisieman, sal nie fokus en kalmte uit enige iemand ruk.

Laat ons ten einde laaste nie die effek van skeidsregters vergeet nie. Ek is 'n groot aanhanger van Jason Jafta. Maar Saterdag het hy die bus verpas. Twee strafskoppe(6 punte) teen die Bulle moes nooit toegeken gewees het nie. Dat hy in die laaste twee minute nie etlike strafskoppe en selfs 'n geelkaart of twee uitgedeel het teen die Vrystaat nie, het my verstom. Ek het half die indruk gekry dat hy totaal oorbluf was daardie laaste paar minute. Die ontkantspel by die afbreekpunte in daardie laaste minute was verstommend. Die skrum nadat J vd W op die hoekvlag uitgeduik is, is ver meer as 90 grade geswaai, maar hy het nie die skrum vir die Bulle gegee nie. Dit het drie keer in die wedstryd gebeur. Die Cheetahs is nooit gestraf omdat hulle begin skrum het voor die bal isgegooi is nie. Coenie Oosthuizen mag blykbaar teen die reels skuins en opskrum.

Enige wedstryd wat die Bulle speel en deur Stuart berry hanteer word, sal ons nie wen nie. Tensy ons ses onderskepdriee druk. Sy toepassing is skokkend. Waar SARU al hierdie 'assistent-skeidsregters' uitkrap om belangrike wedstryde te hanteer is onverklaarbaar. Hulle weet blykbaar nie wat onkantspel en hoogvatte is nie. CJ Stander het in die afgelope drie wedstryde meer duikslae om sy nek gehad as wat meeste spelers in hul hele loopbane kry. Net 1 strafskop daarvoor. Op hom alleen het ek vyf getel teen die Sharks en vier teen die Cheetahs.

Die onkantspel TEEN die Bulle is verstommend. DIe Cheetah wedstryd op Loftus was die ergste. Robert Eberson was soms al tussen ons senters voor die bal by die losskakel verby is. Niemand sal my oortuig dat Ashley Johnson vanuit 'n aankant posisie, vinnig genoeg is om G J v Veldze tien meter agter die voordeellyn, bal en al te vang nie. Nie eens die vinnigste losvoorspeler in internasionale rugby kry dit reg nie.

As gevolg van hierdie onkantspel, kry die Bulle geen momentum agter nie. meestal na die tweede aangee moet ons al weer fase besit afdwing, omdar die agterlyn geen beweegruimte het nie. Netsoos die Bokke probeer die Bulle hierin by die reels hou, maar ander spanne speel knaend onkant en kom weg daarmee. Dit is hoekom dit lyk of ons agterlyn nie aan die gang kan kom nie. Tewis de Bruin was soms al verby Hougaard voordat Hougie die bal kon optel agter die skrum. Dit was een van die groot redes waarom die Cheetahs skielik so goed lyk. Hulle het met dieselfde moord weggekom teen die WP.

Totdat die skeidsregters se kwaliteit nie optel nie, sal spanne soos die Bulle swaarkry.

Dit egter gese.......sal die Bulle twee aspekte van hulle taktiese benadering drasties moet verander. Eerstens werk die diep afskoppe nie. Buiten dat dit te ver is vir selfs 'n sneller soos G vd H, blok die opponente hom heeltyd met die afskop, en RAAI RAAI...kom die hele tyd weg daarmee.

Tweedens sal ons op die aanval baie meer van kort rolskoppies moet gebruik maak. Dit sal die agterlyn gevaarlike aanvalsgeleenthede gee, en sal ook die opponente twee keer laat dink oor onkantspel.

Ek glo ook die Bulle moet met tye meer persentasie rugby speel. As die regte aanvalsgeleentheid nie daar is nie, skop die bal in die opponente se hoeke uit en gaan plaas druk daar op hulle. Dit het perfek gewerk in die Super 14...hoekom nie nou ook nie.

Net 'n bietjie stel hier, aanpas daar, en hierdie span gaan baie goed word.

Ek geen nie moed op nie. My bloed was, is en sal altyd BLOU wees. Noem my SMURF !!!!!!!!!!!

I am not black and white, orange, red or striped,
I will always stay true
to the only BLUE !!!!!!!!

Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Sunday, September 12, 2010 - 21:03
32. Vir al die erge kritici....

Ietsie om aan te herkou. Lees dit eers mooi, dink daaroor voor julle in my keel afspring.

The Man in the Arena is the title of a speech given by Teddy Roosevelt at the Sorbonne in Paris, France on April 23, 1910. It was subsequently re-printed in his book Citizenship in a Republic.

"It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, who comes short again and again, because there is no effort without error and shortcoming; but who does actually strive to do the deeds; who knows great enthusiasms, the great devotions; who spends himself in a worthy cause; who at the best knows in the end the triumph of high achievement, and who at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly, so that his place shall never be with those cold and timid souls who neither know victory nor defeat."

Posted by Judge (Middelburg Mpumalanga) Sunday, September 12, 2010 - 21:11
33. Judge jy kan mense aanhaal en jou storie inkleur soos jy wil, n verloor bly egter n verloor. Dit is egter geen rede om polse te sny nie al is dit nie nie lekker om te verloor nie. Ons jong mannetjies is in die diep kant ingegooi en hulle kan swem. Gee hulle die voordeel van tyd. Jimmy ek is op hierdie Sondag aand besig om deur my musiek van die tagtiger jare te gaan. Wanneer jy weer lus is om musiek te maak speel asb vir my Live To Tell van Madonna. Wat n goeie melodie.
Posted by Blou Karnallie Sunday, September 12, 2010 - 23:15
34. Hie, hie.... altyd moeilik om teen reduksioniste te debatteer?
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Monday, September 13, 2010 - 06:34
35. Sal so maak Blou Karnallie.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Monday, September 13, 2010 - 06:58
36. Wat is julle manne se opinie oor daai skop? Ek het dit 'n paar keer gesien en hy was volgens my oor! As ons net 1 van die penalties teen die einde gevat het kon ons gelykop gespeel het!

In 2007 het dieselfde gebeur, ook teen die Cheetahs. Ons het 11 vs 6 verloor in die semi. Hulle het toe die 2 lynregters geskors vir 3 maande!
Posted by FRANNABUL (Centurion) Monday, September 13, 2010 - 08:00
37. Glo nie ons moet nou op moedverloor se vlakte sit nie. Ons moet nog teen 2 van die spanne bo ons speel en kan dus nog ons posisie verbeter. Verder sal dit nou goed vir ons Bulle wees as die Sharks aan hou wen, teen Cheaters en Province en teen Lions!
Posted by FRANNABUL (Centurion) Monday, September 13, 2010 - 08:04
38. Jammer oor die verloor maar die lug is steeds BLOU en die seisoen is nog nie verby. Ja ons verdediging het ons in die steek gelaat en stampkar rugby hoort in die "scrap yard" daar is nog hoop.......
Posted by Marico Bul (Bloemfontein) Monday, September 13, 2010 - 08:05
39. Marico Bul , neem aan jy kom van Groot Marico. Waar was jy op skool? Zeerust?
Posted by FRANNABUL (Centurion) Monday, September 13, 2010 - 08:09
40. Ek dink nie dit was 'n sleg game vir die Bulle nie, maar almal in die span was nie op peil nie. Ek dink nie ons senter paar het afgekom nie, JLP was nie goed nie, die los voorspelers was swak met bal in die hand om die minste te se. Daar was oomblikke van briljantheid, oomblikke wat ons goed gedoen het, maar as ons in die semi final wil speel sal ons vinger moet trek.

Eerstens sal ons ons attitude tot die spel vir 80 min moet reg he. Tweedens sal Frans en Pieter die sweep moet klap en ons spel vinniger moet maak, ons moet begin afsien van ons ou spelpatroon. Ons wissel glad nie ons spel genoeg nie, en ons het soveel jong talent wat die spel vinniger kan maak dat ek nie kan verstaan hoekom ons dit nie doen nie.

Daar is 4 games oor Leeus, Luiperds, WP en Griquas. As ons in die semi final wil wees is 5 punte per wedstryd nie meer onderhandelbaar nie. As ons een slip is ons in die moeilikheid. Die Cheetahs, WP en Sharks se paadjie lyk nie meer so steil nie. Die buite perd - Leeus - moet nie buite rekening gelaat word nie, so as ons daar wil wees sal ons 20 punte in die volgende 4 wedstryde moet kry.

Gee die week bietjie aandag, werk harder, en klop die leeus die naweek goed.

Bulle bo!!!!!
Posted by LB (Ceres) Monday, September 13, 2010 - 08:42
41. Another let down !! What can I say - except once a Blue Bulls supporter ALWAYS a Blue Bulls supporter.
Posted by BullsRbest (Randburg) Monday, September 13, 2010 - 09:07
42. Mossel, ek is ook al gekritiseer deur die`originals` op hierdie blog. Maar as daar fout by die span is en ons is tog maar net te bly om heuningkwas uit te haal is daar iets met ons fout.
Ek vra weer wat Slaptjips hier maak, ons het nie `n heelagter wat in die lyn kom of vleuels wat werk skep op `n ander plek nie. Stampkar rugby soos in MacCintosh se dae skep nie spasies nie.Ons het seker van die beste agterlyn spelers in die Currycup maar hulle speel platvoets en nooit op spoed!
Die Lions wys nou hoe `n bal lewendig gehou word en die resultate spreek vanself. Maar wie rig hulle af???
Posted by Bully (Pretoria) Monday, September 13, 2010 - 09:12
43. Dit is vir my duidelik, dat ons Bulle hul spel patroon moet wysig. Ek lees dat elke provinsie se Afrigter sê ons weet wat om te verwag van die Bulle. Dus daar is geen afwisseling. Naka sê ek het geweet hoe hulle speel en verdedig en daarvolgens ons planne gemaak. Die res is geskiedenis. Ons het net een plan en werk hy nie is daar niks. Dit kom nou al 'n tyd dat daar leemtes in die span is en daar word niks gedoen. Manne is nie op vorm, ander kom nie die mas op, maar ons bly volhard met hulle. Soos Shannow gesê het ons kort dringend vir nou en die toekoms vleuels en 'n senter. Ons huidige lostrio kom ook nie die mas op, geen bal draer en JLP se skop werk is skokkend. Ek wonder net hoe kan almal op die Web sien wat is fout, maar die afrigter en die Unie kyk dit mis. Dit maak my bekommerd, iemand mis 'n goeie reeks
Posted by bijler (Vanderbijlpark) Monday, September 13, 2010 - 09:15
44. FRANNABUL,

Nee ek was baie jare gelede op die ou Rodeon Hoerskool in Swartruggens, Kom jy van daai wereld? Het nog 'n stukkie grond naby Marico maar is in die proses om te verkoop.
Posted by Marico Bul (Bloemfontein) Monday, September 13, 2010 - 09:17
45. Dit raak moeilik hier in die Kaap met die klomp WP spogters. Ek het nou die dag vir hulle gese hulle moet sielkundige hulp kry omdat hulle behep is met die Blou Bulle se verloordery.
Daar is wel n paar probleme wat ons moet aanspreek, ons het n probleem op losskakel sonder M Steyn, is Derrick Hougaard op standaard om terug te lok.
Dan die senters is n probleem (WO uitgesluit), ons kort spoed buite, ek was nog nooit n groot fan van Jaco (senter) nie, Sy hande laat hom in die steek op kritieke tye en dippenaar is te stadig. Jaco vdW is ook verby sy beste. Ons kort spoed op linker vleuel, ek dink Bjorn Basson sal n goeie koop wees en ook op heelagter instaan. Dit lyk net of die spel vinnig raak en ons agterlyn kom net nie by nie. Die in die gesig verdediging vd Cheetahs kan net werk met vinnige hande en spoed buite. Ek is bang vir die Leeus Saterdag hulle is goed. Ek hoop steggie en Dewald is terug ons het hulle ook gemis Saterdag om balle te steel.
Groot asseblief, die WP monde kort n kous.
Posted by fpsp@telkomsa.net (Durbanville) Monday, September 13, 2010 - 09:21
46. 31 Judge,
Jy som alles mooi op en ek stem volkome saam met jou. Ek was daar en wat jy se is so waar, dankie.
Posted by Marico Bul (Bloemfontein) Monday, September 13, 2010 - 09:23
47. More manne.nes jul is ek ook maar teleurgestel,maar tog nie te bekommerd nie.ek dink hoekom almal so half sat is omdat almal weet wat die bulle kan doen,maar nog nie doen nie.volgens my sien ek baie guts by die bulle,baie hart.en moet se net n paar verstellings hier en daar en die manne is weer oppad finaal toe.forwards doen al die werk en dan kom die backs en ons sukkel so bietjie,moet ook se ons het nog nie 2 games met die selfde backline gespeel nie,veral nie op senter kombinasie nie.hoe goed soos wat jy is ,benadeel n klomp veranderings jou defenitief.tenminste as die res van die ander bokke terugkom ,sal dit JA weer veranderings wees maar die bokke wat dan kom is die ervare manne en hulle sal dadelik n versil maak,maar nou moet ons net daar uitkom,ek glo die naweek sal ons weer mooi maak,ons het die sharks se winning streak gekantel en ons sal die naweek die leeus sin kantel.daarna is dit all the way. die leeus hou daarvan om ons op loftus te verras.so manne die wat kan ,gaan en gaan pak daai loftus vol.miskien wen ek die quiz en dan vlieg ek maar deur vanaf die kaap..gepraat van quiz ek sien nie dat die wenners van die quiz aangekonding word nie..webbie asb,gee updates oor beserings en manne wat terugkeer asb..
Posted by bloubulbilling (cape town) Monday, September 13, 2010 - 09:28
48. Marico Bul , was self in Rodeon op skool. 1981 daar matriek gemaak. Watter jare was jy daar?

Posted by FRANNABUL (Centurion) Monday, September 13, 2010 - 09:31
49. More almal

Almal maak goeie punte.Die feit bly staan.Ons is vyfde op die log.En voor van die manne hart pyne kry.Niemand van ons wat ons beskeie mening gee is nou ewe skielik nou nie meer lojale BUL ondersteuners nie.Die feit bly staan ons sukkel om twee goeie vertonings in n ry te vermag.En die as Fourie of morne of die Springbokke raak nou flou verskonings.

Taktiek is skokkend.Hoekom skok ons diep af van die afskop.Al die spanne insluitend Pumas en Luiperds skop nie meer die bal terug nie.Hulle probeer ons van ons voete af te hardloop.Hoeveel spanne het nou al die jaar in die eerste 3 min n drie teen ons gedruk.Selfs in Super 14.Die waratahs en brumbies het dit gedoen .Op Loftus.

Spankeuses en vorm van spelers.V/D Heever het talent,maar moet miskien een of twee o/21 games gaan speel om selfvertroue terug te kry.Jaco v/d West.Te stadig vir vleuel.Watermeyer.Daar is ander opsies as crashball.JLP hoe minder gese hoe beter.Van Velze?Stander goeie speler,maar hoekom so regop hardloop?

Kies die naweek Wilhelm saam met Flippie op slot .Met Juandre op sewe,steggies op ses en Stander op 8.Gary weer kaptein.
Posted by Lekkerblou (Durbanville) Monday, September 13, 2010 - 09:41
50. Hallo almal,

Hierdie "thread" was nou weer vir my lekker leesstof. Ou vriende soos Mossel en Judge (en natuurlik al die ander) het almal goeie punte gemaak - en ek is een van daai ouens wat glo dat al verskil jou opinie van my opinie, sal ek jou reg om dit te lug, tot die dood toe verdedig.

Ek stem saam met Judge dat daar versagtende omstandighede is - ons het regtig geen kontinuiteit gehad nie - elke game 'n ander senterpaar, skakelpaar, lostrio en so aan. En ons o/21 spanne van die laaste 2,3 jaar was kookwater en hulle moet nou deurkom, en sukkel met die "step-up".

Maar ek stem saam met Mossel dat ek ook moeg is om games net-net te verloor - ons moet daai games nou begin wen. Veel eerder 'n amper verloor as 'n amper wen. En as ons nie kan kla oor ons span op hierdie blog nie, waar moet ons dit doen? Eerder hier as dislojaal wees in die pers of op Supersport blogs tussen al die vyandige Anti-Bul idiote.

Die spelers is almal talentvol en ek is seker die 22 wat ons Saterdag in die veld gestoot het, verdien baie meer as die 22 van die Cheetahs - en hule moet nou begin wys hulle is dit werd. Dieselfde vir die afrigters.

Maar dit is duidelik dat ons 'n paar spesiale spelers in die agterlyn kort - ons het dalk te veel redelike goeie spelers en te min werklike goeies. Maar ek is ook seker die BB bestuur besef dit alte goed - HM is nie 'n pampoen nie, en as hulle kon sou ons al vir Mapoe en Basson gehad het. Miskien moet hulle ook na Elgar Watts van die Pumas kyk, hy kan losskakel en 12 speel en is 'n "voetballler".

Maar vir nou moet die afrigspan en die spelers bietjie selfondersoek doen en besluit of hulle die CB wil wen, en wat hul moet doen om dit reg te kry. Hulle sal moet werk aan die "gameplan" en totale "commitment" tot die tackles en afbreekpunte moet kry.
Hierdie is 'n regte 50/50 seisoen - soos ons wenratio sover - ons kan die semis mis, of daar uitval, of die CB selfs wen. Dis in die span se hande.
Posted by Blyblou (Middelburg) Monday, September 13, 2010 - 10:39
51. more almal, wil maar nie kommentaar lewer oor sat , moet net die hele wedstryd speel soos in die laaste 10min van n wedstryd, leeus staan goeie kans om die bulle sat te wen, soos hulle nou speel,
Posted by phillip (STRAND) Monday, September 13, 2010 - 11:43
52. ons het defnitief 'n spelbreker nodig. Iemand met x-factor wat 'n game kan draai. Klein Hougaard is so persoon maar het saterdag teen die Vrystaat ongelukkig nie sy beste game gehad nie.

Ons kort 'n vleuel soos die ou Habanna, 'n senter soos Ettienne Botha en 'n heelagter soos Johann Heunis.

ek stem saam met iemand hierbo wat genoem het dat Dean Greyling nog bok gaan word.
Daai 2 slotte wat saterdag begin het gaan nog diep spore trap by die bulle en die bokke.
ek is nie te veel gepla oor die forwards nie. Ons is bietjie dun op losvoorspeler, maar ons werklike probleme le agter langs
Posted by Bomskok (Prince Albert) Monday, September 13, 2010 - 11:58
53. AggeneewaT BLOUGETROUES slaap rustig

Is die fan vol bol
Kom die Blouspan op 'n rol


Wie is lus om ietsie by te sit of te las.....

Posted by bloubefoeterd (Pretoria) Monday, September 13, 2010 - 12:02
54. Is die fan vol bol
Kom die Blouspan op 'n rol
Ons trofeekas is nog vol
en die res het gerol

Posted by bloubefoeterd (Pretoria) Monday, September 13, 2010 - 12:05
55. 54. Is die fan vol bol
Kom die Blouspan op 'n rol
Ons trofeekas is nog vol
en die res het gerol

Hulle het nog zip gewen nie
want die Blouspan gaan nie le nie
en in die finaal
sal ons die kerriekop gaan haal
Posted by bloubefoeterd (Pretoria) Monday, September 13, 2010 - 12:07
56. Ek het na vanoggend gou weer na die fixtures gaan kyk, as ons in die volgende 4 games net 18 punte kan kry, maw 5 punte elk teen Leeus en Luiperds en 4 punte elk teen WP een Griquas, dan kan ons met bietjie geluk dalk 2 de op die Log eindig.

WP moet nog Pumas en Bulle weg speel, asook Griquas en Sharks tuis, ek dink nie hulle gaan meer as 13 liga punte bykry nie, so hulle behoort 3de te eindig met 46 op log.

Die Leeus se pad is opdraend, Bulle, Sharks, Cheetas en Pumas. Die

Cheetahs is bietjie beter met Sharks weg en Leeus weg, Pumas en Luiperds tuis. Ek skat max 46 punte op log vir hulle.

Die Sharks moet nog Cheetahs, Leeus, Luiperds en WP Speel, ek dink hulle sal bo eindig.

So die log behoort so te lyk as ons al 4 games kan wen. 1 Sharks 2 Bulle 3 WP en 4 Cheetahs. Ons sal dan die Final weer aanbied, ek glo in my hart dat dit die pad gaan wees.

Stem julle Blou Bul Bloggers saam?
Posted by LB (Ceres) Monday, September 13, 2010 - 12:08
57. 56. AMEN
Posted by bloubulbilling (cape town) Monday, September 13, 2010 - 12:19
58. dream on bomskok
Posted by baby bull (garsfontein) Monday, September 13, 2010 - 12:36
59. 48 FRANNABUL
So 'n hele paar jaar voor jou 1973....maar is altyd goed om 'n ou Alma mater raak te loop..
Posted by Marico Bul (Bloemfontein) Monday, September 13, 2010 - 12:46
60. Wat van die span vir Saterdag
15. Kirchner
14. VD Heever
13. Jaco Pretorius
12. F Hougaard
11. Mametsa/Groupies
10. JLP
9. Snyman
8. Potgieter
7. Kruger Jandre
6. Steggie/Kuhn
5. Steenkamp
4. Flip
3. Werner
2. Botha
1. Greyling
Reserwes: Ralapele, Engels, Van Veltze, CJ, Junka, Watermeyer, Vd Westhuizen
Dit los 'n paar opsies in die game, Kruger kan terug skuif slot toe en CJ kan oor vat, Hougaard terug na 9 en Watermeyer op.
Posted by bijler (Vanderbijlpark) Monday, September 13, 2010 - 12:57
61. Ek sien (Jinka) het alweer n goeie game gehad !
Posted by scout (pta) Monday, September 13, 2010 - 13:38
62. Dewald Potgieter is vir tenminste nog 3 weke buite aksie.
Posted by Stapper (Pretoria) Monday, September 13, 2010 - 13:46
63. Vrinne,
Wat gaan met Gerhard aan?, Is hy Bang of nie intereseerd in die spel nie?. Het al hoeveel keer gelees hoe vinnig hy is maar het Saterdag soos 'n donkie gelyk. "Man from Japan" magtig jy kan baie beter speel, Jaco P wanner gaan jy vir ons 'n drie druk? J-LP dink jy al klaar na jou vet inkomste by die Haaie? Zane jy was Saterdag pateties. Jammer om so tekere te gaan maar julle het almal gelyk asof julle nie omgee nie,: maak julle staat op die dag dat ons Bokke terug is, julle moet NOU die kar deur die drif trek. Kom In Rat menere .
Posted by Thurlow (Pretoria) Monday, September 13, 2010 - 13:47
64. Dag vrinne .

Genade mense ek haat dit ook as my geliefde bluoes verloor, maar mens moet bietjie kyk na die groter prentjie, ons meeste seniors is op welverdiende ruskans , ander soos Bakkies en Wynand moet noodgedwonge Gym en oefen vir Mr Universe. Praat nie eens van Steggies, Potgieter en Akona wat beseer is nie, veral stegman word myns insiens erg gemis. Gary het nou ook eers begin laas naweek...
As ons nie die semis haal nie, is dit ons eie skuld en jammer om dit weer op te haal maar daai game teen die Pumas moes ons nooit verloor het nie. Ons was swak op die dag en ek het later ophou tel hoeveel skoppe ons gemis het pale toe...

Die nuwe ouens wat nou kans kry het ons ondersteuning nodig, daar is 'n paar van die jong manne wat nog groot rugby gaan speel :
CJ , Greyling ,vsn Velze, Juandre , Flippie , Hougaards , Watermeyer, Dippenaar, vd Heever ... dan is ouens soos Werner, Bandise, Stegman , Kuun ook nog aan die jong kant.

Ek hou steeds duimvas dat ons die semis maak , en as dit dan nie so uitwerk nie ... is daar altyd volgende jaar. Ons moes een of ander tyd die ouer spelers begin vervang met nuwes, geen span is altyd bo nie. Jy vang so dip so nou en dan... Gelukkig herhaal die geskiedenis hom altyd, en as bul ondersteuner is dit 'n goeie ding: Dink net hoevell curriebekers, super 14 bekers en selfs vodacom bekers on net in die laaste 10 jaar gewen het.
Dan praat ek nie eens van vorige jare nie...hehehe

Kyk maar hoe liries raak ons mededingers as hulle ons jong spannetjie , sonder sy seniors klop... heng ek kry hulle amper jammer.

Nee wat maters BULLE BO , heel bo soos die blou hemel.

Lekker dag

Posted by Aiken Drum (Pretoria) Monday, September 13, 2010 - 16:56
65. Wat 'n swart naweek - moet dalk die ligblou trui na swart verander tot ons weer rugby begin speel
Bijler @ 60. Jou span. Sien my kommentaar langsaan

15. Kirchner - dan moet hy ophou alles wegskop. Net een patroon up&under;
14. VD Heever
13. Jaco Pretorius - Dippenaar
12. F Hougaard - Watermeyer
11. Mametsa/Groupies - Mametsa of een vd o21 - Helberg - gaan vir broke
10. JLP
9. Snyman - Nooit. Moet Hougaard wees
8. Potgieter
7. Kruger Jandre - Kuun
6. Steggie/Kuhn Stegman
5. Steenkamp - Kruger
4. Flip
3. Werner
2. Botha
1. Greyling - Engels skrum baie beter
Posted by NETBLOU (Centurion) Monday, September 13, 2010 - 17:19
66. Mossel

Moet asseblief nie ophou kommentaar lewer nie. ek is een van daardie ouens wat meer lees as blog. ek geniet jou weeklikse insigte en het selde van jou verskil. Tussen jou en my ou vriend JB007 se gereelde kommentaar baat ek persoonlik baie. Ons moet nou saam staan boeta. die dowwe cheetahs se blydskap oor 'n mindere oorwinning walg my. ons moet nou raak vat, want daar is 'n paar ouens wat nie aan die verwagting voldoen nie.
Posted by Platbergbul (pretoria) Monday, September 13, 2010 - 19:07
67. EK GLO NIE KUUN IS DIE REGTE KAPTEIN VIR DIE SPAN NIE EN MABETA MOET MEER LYF KRY.

ONS HET OOK REGTIG `N PROBLEEM OP SLAANKRAG IN DIE AGTERLYN EN DIPPENAAR EN WATERMEYER IS NIE DIE OPLOSSING NIE.

VAN DER HEEVER MOET NIE SOOS HABANA RAAK WAT NET WIL AANVAL EN NIE VERDEDIG NIE, HY HET `N GOEIE TOEKOMS!

VAN VELZE SUKKEL MAAR GEE HOM OOK KANS OM TE GROEI EK DINK IN ELKE GEVAL DAT DIT GOED IS OM DIE JONG MANNE NOU BLOOTSTELLING TE GEE VERAL MET VOLGENDE JAAR SE SUPER 15!!

HOU MAAR DIE O/19 SPAN DOP DAAR IS BAIE TALENT DAAR!!
Posted by OOPKOP (MOKOPANE) Tuesday, September 14, 2010 - 08:06
68. Bloubul vriende

Ons agtelyn sukkel erg. Die voorries het baie goed gedoen en namy mening gedomineer. Man vir man agterlangs was die Vrystaat beter. Hougaard en Kirschner het shockers gehad. Watermeyer was ok maar pretorius power.
Ons mis Steggies baie .
Juandre Kruger was skitterend en verbeter met elke wedstryd. Hoekom speel Flip nie 'n volle game nie ... het hy al 'n volle game gespeel... Ek sien juandre kruger kry seer en hy speel elke keer aan ... dis guts.. en dit lyk my hy het BMT
Van Velze maak teveel foute, CJ Stander is puik maar te lig ...
En W Steenkamp het alweer botter vingers gehad..
Nietemin doen ons baie goed met on s jongmanne... ek wonder net of die Leeus ons nie die naweek gaan klop nie ... dan is dit neusie verby...
Posted by Blou Bul Kaapstad (Cape Town) Tuesday, September 14, 2010 - 21:47
69. Mossel dit was nie kruger wat die bal voor die doellyn verloor het nie dit was Steenkamp

Ons sukkel op losskakel .. verkeerde opsies

Ons hardloop te skuins


Ons kort nog 'n vleul

Ons senters sukkel

Maar dis positief dat ons met 'n jong ervare span steeds baie kompeterend is..

En wat die game aanbetref, die skop WAS oor maar die televisie skeidsregter is beinvloed deur die WP en oud Vrystaater wat kommentaar gelewer het nl Toks vd Linda

Die ref was baie swak en moes die Cheetahs meer gestraf het in die skrums..

My Span
JL Potgieter
Jaco
Watermeyer
Dippenaar
Vd Heever
Brummer
Hougaard
Van Velz/Kuhn
gStmaFipkGyEsO sal nou met iets spesiaals vorendag moet kom
Posted by Blou Bul Kaapstad (Cape Town) Tuesday, September 14, 2010 - 22:08
70. Iets het verkeerd gegaan

My Span : JL Potgieter ,Jaco, Watermeyer, Dippenaar, Vd Heever, Brummer, Hougaard, Kuhn, Steggies, Juandre Kruger, Flip, W Steenkamp, W Kruger, Gary, Dean Greyling/Engels
Posted by Blou Bul Kaapstad (Cape Town) Tuesday, September 14, 2010 - 22:11
71. Hoekom net soos ons goed lyk met die bal en selfvertroue kry, wyk ons in die volgende beweging af en skop die bal weg?
Posted by BlouWet (PE) Tuesday, September 14, 2010 - 22:31
72. Dit is vir my onverklaarbaar dat selfs Andre Watson reken die skop was oor. Sy rede, "Indien die bal bo oor die regop paal gaan is dit mis. Het die stommeling n TV? Indien hy een het moet hy dalk die pause knoppie gebruik om te sien dat die bal voor die vlaggie op die paal verby beweeg, nie bo oor of agter nie. Swak Andre! Dit is net nog n bewys dat skeidsregters nie neutraal is nie, en dat dink hulle die publiek is onnosel. Julle doen julle eie kredietwaardigheid geen guns deur sulke swak stellings te maak nie, erken julle fout en gaan aan met die lewe, ons sal verstaan.
Posted by Kaapse Blou Bul (Kaapstad) Wednesday, September 15, 2010 - 08:50
You need to upgrade your Flash Player
Happy birthday to:
22 Sept. - Bakkies Botha
22 Sept. - Chris Solomons
23 Sept. - Lodie Britz
23 Sept. - Johan Janssen
23 Sept. - Zillen Roos
23 Sept. - Ruan Vermeulen
23 Sept - Hans Weber (Oorlede)