You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Moolman back for semifinal clash against Sharks


The Vodacom Blue Bulls u.19’s midfield ace, Bradley Moolman, has been declared fit and will play for his team in Friday’s Absa u.19 Cup semifinal match against the Sharks in Pretoria.

Moolman missed a couple of matches due to a shoulder injury, but will play in this knock-out match against the visiting East Coast side.

Courtnall Skosan moves to the wing to accommodate the former SA Schools player.

The Vodacom Blue Bulls u.19-side to play the Sharks on Friday October 15th at Loftus Versfeld, Pretoria at 15h00 is:

Pieter van der Walt, Courtnall Skosan, Bradley Moolman, Franco Maritz, Mauritz Lombaard, Tony Jantjies, Lohan Jacobs, Arno Botha (c) , JP Le Grange, Lean Schwartz, José Julies, Schalk van Heerden, Stephanus Pretorius, Jaques Momberg, Juan Schoeman.

Replacements: Bongi Mbonambi, Dandré van der Westhuizen, JJ Breet, GF Bondesio, Rudi van Rooyen, Pieter Oosthuizen, Craig Pheiffer.



Print


Login Email adress Password


Click here to view the rules and regulations
Blog
1. Tellings vir Saterdag:

BULLE 22 - 19 sjaaks - LB
BULLE 29 - 18 sjaaks - bloubulbilling
BULLE 28 - 21 sjaaks - Bloumens
BULLE 29 - 24 sjaaks - Anti Province
BULLE 34 - 24 sjaaks - BullsRBest
BULLE 32 - 24 sjaaks - BlousteBlou
BULLE 28 - 25 sjaaks - Jou_Ma
BULLE 33 - 21 sjaaks - phillip
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, October 13, 2010 - 15:05
2. Bulle 33
Sharks 28
Posted by aggrobul (joburg) Wednesday, October 13, 2010 - 15:19
3. Tellings vir Saterdag:

BULLE 22 - 19 sjaaks - LB
BULLE 29 - 18 sjaaks - bloubulbilling
BULLE 28 - 21 sjaaks - Bloumens
BULLE 29 - 24 sjaaks - Anti Province
BULLE 34 - 24 sjaaks - BullsRBest
BULLE 32 - 24 sjaaks - BlousteBlou
BULLE 28 - 25 sjaaks - Jou_Ma
BULLE 33 - 21 sjaaks - phillip
BULLE 33 - 28 sjaaks - aggrobul
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Wednesday, October 13, 2010 - 16:09
4. 1. Ek was erg teleurgesteld toe ek na hierdie span van ons gaan kyk het toe hul teen die WP gespeel het 2 weke gelede. Voor dit het ek net gehoor hoe goed hul was, maar toe ek hul die eerste keer sien speel in lewende lywe, was dit 'n groot teleurstelling. Dit het gelyk of daar geen afrigting was nie, en elke bal is omtrent weggeskop. Hoop dit was net hul afdag gewees, want hul gaan nie die Sharks of WP klop as hul weer so speel nie.

Mense, ek vra weer, gaan iemand vrydag middag die tellings vir ons hier deurgee van die junior spanne ? As Webbie dit nie amptelik gaan doen nie, kan iemand wat 'n selfoon het (met internet toegang) en by die wedstryd gaan wees, die tellings vir ons aanstuur. Dankie !
Posted by bendiebul Wednesday, October 13, 2010 - 16:21
5. Bendiebul my ou maat,ons het seker nie dieselfde BUL-WP game dan gekyk nie.Glo my as die Sharks speel soos teen die WP gaan ons hulle verpletter
Posted by Anti Province (Velddrif) Wednesday, October 13, 2010 - 16:51
6. 5: AP, ek het verwys na die 0/19's, nie die senior span nie. Die 0/21's het baie goed gespeel, en kon gewen het, maar die WP 0/21's was ook goed op die dag. My bekommernis is met die 0/19's, nie ons 0/21's of senior span nie.
Posted by bendiebul Wednesday, October 13, 2010 - 17:20
7. Mag ek darem nog scores kom opsit?????
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Wednesday, October 13, 2010 - 17:47
8. Julle raak nou verveeld met julle selfsugtigheid. Kla oor WEER Probeer konsuis grootmond en arrogant is; wat is die wegjagery. Gee hulle ook plekkie in die son en hitte. (Ek is nou al heel week in Bellville en smag na warmte - gaan darem Vrydag terug mooi weer/beskawing toe) Laat hulle maar ook bietjie droom op 'n ordentlike blog.
Posted by NETBLOU (Centurion) Wednesday, October 13, 2010 - 18:29
9. Nee NETBLOU, dit is nie selfsugtig nie. Die mense kom en val ons persoonlik aan. As hulle aangevat word oor hulle swak gedrag dan is ons Bul Ondesteuners die varke in die verhaal. Hulle is dan onskuldig en word verkeerd verstaan. Nee wat ek se hou hulle hier weg as hulle nie ordentlik in ander mense se huise kan wees nie.
Posted by Bl@de Runner (Krugersdorp) Wednesday, October 13, 2010 - 18:41
10. Korrek, Netblou. Dis erg genoeg dat mens as Bul-ondersteuner so dikwels beledigings "daar buite" moet ervaar - , maar moet ons dit op ons eie webblad ook doen. Ek, en ek glo die meeste mede-bloggers, het nie n probleem met ordentlike rugby-opinies, selfs die waarmee ons nie saamstem nie, asook n gesonde gekskeerdery (banter) nie, maar vind dit irriterend waneer mense net hier kom gal braak en dan onskuld pleit.
Posted by Little Blue Bull ((2011 - die jaar van die BUL)) Wednesday, October 13, 2010 - 18:59
11. #12 LBB
ek stem 100% saam met jou. Enige iemand van enige span is welkom om te se hulle span gaan wen en ook hoekom. Dit is nie nodig om die mense wat hier blog en bietjie gekseer sleg te maak nie. Hoekom het hulle spanne se Websites nie Blogs nie? Hierdie is die enigste ordentelike blog beskikbaar en nou wil hulle dit bederf.
Posted by blou.sakkie (Springs) Wednesday, October 13, 2010 - 20:29
12. Bl@de Runner #8 en #10. Stem 100% met jou saam. Dit gaan nie net oor irritasie en beledigings nie, maar ook oor taalgebruik. (Hoekom moet ons dit aanvaar as ander spanne se ondersteuners op ons webbladsy kom vloek?)Ek gaan nooit op die wp of sharks webbladsye nie want ek het niks daar verloor nie. Ek het wel vriende wat shark of wp ondersteuners is en het geen probleem met hulle nie. Maar, ek vra weer, wat moet ek op 'n ander span se webbladsy gaan maak?
Wat Bullrkomin aan betref, sy/haar naam sê reeds alles, en dan kan hy/sy ook nie eers engels praat nie.
'n Laaste punt, en ek bedoel dit werklik goed. Anti Province kry vir jou 'n ander naam, 'n mens is positief of pro iets, nie negatief of anti nie. Mens geniet tog iets waarvan jy hou of as jy wen, nie wanneer iemand seerkry of verloor nie. (Moet erken ek geniet dit as die wp of die sharks verloor, maar ek geniet dit meer as die Bulle wen). Jammer Anti Province, ek hoop jy aanvaar die in die gees waarin ek dit sê.
Posted by Rifrug (Hartbeespoort.) Wednesday, October 13, 2010 - 20:49
13. blou.sakkie, jealousy makes you nasty…
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Wednesday, October 13, 2010 - 20:52
14. Ja Jimmy,
Dis nogal so. Eendag in die verre toekoms sal hulle besef dat hulle eintlik vir die Bulle wil skree.
Posted by blou.sakkie (Springs) Wednesday, October 13, 2010 - 21:04
15. SA is verdeel tussen 2 groepe mense: die wat 'vir' die Bulle skree, en die wat 'op' die Bulle skree.
Posted by bendiebul Wednesday, October 13, 2010 - 21:19
16. 19: naand Bergbok, vertel my bietjie wie gaan wen saterdag en hoekom ?
Posted by bendiebul Wednesday, October 13, 2010 - 21:41
17. Naand bendiebul,mag ek jou maar antwoord?????
Wel ,ek het benoude boude vir WP.WP se vaste 5 het my nogal verbaas teen die Sharks Saterdag,maar ek dink dit is omdat die Sharks se Voorie lanklaas westryde gespeel het.Saterdag sal dit beter gaan met hulle teen die Bulle.WP se agterlyn is hulle angel en daarom moet die WP soveel as moontlik balle na hulle laat loop.Wat die Bulle betref,dink ek dat dit baie gelykop in die skrums gaan verloop ,maar dat de Bulle goeie lynstaanbesit sal kry.Ek dink ons onderskat die Bulle se agterlyn,hulle het n paar mooi bewegings teen GW gehad.
Ek dink(??)) die tellings behoort soos volg te wees:
WP 29 - Vrystaat 21
BULLE 28 - Sharks 24
Net my opinie
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Wednesday, October 13, 2010 - 22:07
18. Tellings vir Saterdag:

BULLE 22 - 19 sjaaks - LB
BULLE 29 - 18 sjaaks - bloubulbilling
BULLE 28 - 21 sjaaks - Bloumens
BULLE 29 - 24 sjaaks - Anti Province
BULLE 34 - 24 sjaaks - BullsRBest
BULLE 32 - 24 sjaaks - BlousteBlou
BULLE 28 - 25 sjaaks - Jou_Ma
BULLE 33 - 21 sjaaks - phillip
BULLE 33 - 28 sjaaks - aggrobul
BULLE 28 - 24 sjaaks - Bergbok
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Wednesday, October 13, 2010 - 22:40
19. Tellings vir Saterdag:

BULLE 22 - 19 sjaaks - LB
BULLE 29 - 18 sjaaks - bloubulbilling
BULLE 28 - 21 sjaaks - Bloumens
BULLE 29 - 24 sjaaks - Anti Province
BULLE 34 - 24 sjaaks - BullsRBest
BULLE 32 - 24 sjaaks - BlousteBlou
BULLE 28 - 25 sjaaks - Jou_Ma
BULLE 33 - 21 sjaaks - phillip
BULLE 33 - 28 sjaaks - aggrobul
BULLE 28 - 24 sjaaks - Bergbok
BULLE 35 - 17 sjaaks - Bluedog
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Wednesday, October 13, 2010 - 22:53
20. Iets heeltemal op 'n ander noot:

As ek die datum reg onthou begin die Bees Roux saak vandag, 14 Okt.
Posted by Stapper (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 03:14
21. 'n Baie amusante berig in Beeld. Met Bees Roux se saak wat vangag moontlik begin laat hierdie geval 'n mens net wonder.

Twee metropolisielede van Tshwane is Woensdagmiddag in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van ‘n Zimbabwiese tiener wat verlede maand in aanhouding was, het die Gautengse polisie gesê.

Dit lyk amper bekend.
Posted by Stapper (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 07:10
22. Stapper, is dit nie more nie?
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, October 14, 2010 - 08:05
23. Net oor die reaksie op my #8. Julle praat van ander ondersteuners vloek, raak persoonlik en beledigend. Ek het dalk so gewoond geraak aan my eie woordeskat dat ek vloekwoorde nie meer raaklees nie, maar kan nie vloekwoorde onthou nie. As daar persoonlike aanvalle is, is dit juis op veral twee WP ondersteuners, wat die blog gereeld ondersteun/benut, vanaf stoere BB ondersteuners. Kom ons speel die bal.

So van kom ons speel die die bal gepraat - my grootste frustrasie met Bulle is dat hulle die opponente in die grond in wil vermorsel ipv om die bal te "tackle". Die laaste ou wat dit goed kon doen was Chester W, maar ek weet nie van so ou by BB nie. Ek praat nie van wanneer die bal staties is en daar dan om die bal gestoei word nie, maar die gevalle waar bal beweeg en 'n tackle uitgevoer word.
Posted by NETBLOU (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 08:06
24. Jimmy, dit kan die 15 de wees, maar dit is seker een van die twee dae.
Posted by Stapper (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 08:12
25. Tellings vir Saterdag:

BULLE 22 - 19 sjaaks - LB
BULLE 29 - 18 sjaaks - bloubulbilling
BULLE 28 - 21 sjaaks - Bloumens
BULLE 29 - 24 sjaaks - Anti Province
BULLE 34 - 24 sjaaks - BullsRBest
BULLE 32 - 24 sjaaks - BlousteBlou
BULLE 28 - 25 sjaaks - Jou_Ma
BULLE 33 - 21 sjaaks - phillip
BULLE 33 - 28 sjaaks - aggrobul
BULLE 24 - 18 sjaaks - Koeks
Posted by Koeks (Hou by die Blou !!!!!!!!!) Thursday, October 14, 2010 - 08:36
26. NETBLOU #23

Gaan kyk bietjie na wedstryde van Joost vd Westhuizen. Hy was meester met daardie duikslae. Sy een arm hat dadelik om die bal gegaan en die speler verhoed om aan te gee en ook om die bal terug te wen.

Deesdae is dit moeilik met die reelveranderinge, omrede die die speler wat die duikslag uitvoer dadelik die man en bal moet los, voor hy weer betrokke mag raak en die bal speel
Posted by Blou seisoen (PTA) Thursday, October 14, 2010 - 09:12
27. Johannesburg - Die Blou Bulle-haker Bandise Maku is die Leeus se eerste aanwins vir die 2011-seisoen en sal die Ligbloues ná die Curriebeker-reeks groet.

Maku (24), wat verlede jaar ’n lid van die Springbok-toergroep na Europa was, het ’n kontrak van twee jaar met die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) onderteken en sluit hom op 1 November by die Leeus aan.

Hy het by die Bulle maar min gespeel en Gary Botha en Chiliboy Ralepelle is meestal bo Maku verkies.
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 09:19
28. HOEKOM MOET ONS HIERVAN OP 'N ANDER PLEK LEES!!???!?!?!?!??

EN HOEKOM!? Bandise Maku is so so waardevolle speler!
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 09:20
29. sakkie6yster

Dit is eenvoudig. Die BBRU glo in die ontwikkelling van spelers. As huidige strukture gaan veroorsaak dat 'n speler veel minder speel kans kry as wat nodig is vir hom om verder te ontwikkel dan word hulle vry gestel om by ander unies aan te sluit.

Die enigste speler onlangs wat wel gesê is om eerder nie so skuif te maak nie was Jaques Louis Potgieter. Die BBRU het hom wel aangeraai om nie te skuif nie maar hulle het sy besluit respekteer en hom laat gaan.

Bitter min unies kan getuig dat hulle na die belange van 'n speler as 'n individueel kyk soos wat die BBRU doen.

Dink die BBRU doen hulle deel vir spelers en SA Rugby in geheel en moet geprys word vir hulle pogings.

Sal maar nie die selfsugtige unies noem wat blatant spelers steel by ander unies nie.
Posted by unbeata"BULL" (Choker Hunter) Thursday, October 14, 2010 - 09:47
30. 28: Bulle moes seker kies tussen Chile enn Maku, en omdat Chile verseker is van die bokbank vir die res van sy lewe, het hul hom gekies. Chile speel goed deesdae, so ek het nie probleme met hom nie.

Wie is nou ons nr.3 haker ? Wat van Dean Greyling 'n haker maak, of gaan Kuun weer haker toe skuif ? ;-)
Posted by bendiebul Thursday, October 14, 2010 - 09:48
31. Dit is jammer dat ons Maku verloor. Dit is vir my nog seerder om vir Jaco Engels te verloor. Ek dink hy verdien dit om op die bank te gewees het Saterdag. Ek dink ook dat Jaco 'n goeie en sterk haker kon uitmaak. Hy het ten minste senter gespeel op sy dag. Voorspoed aan my geliefde span. Ek weet julle gaan dit doen.
Posted by Bul van die Kaap (Kuilsrivier) Thursday, October 14, 2010 - 09:58
32. Ek stem saam daar is beslis 'n goeie rede vir als, dis maar net dat ek wonder wat die rede is. Ek voel ook ons moet ten minste 3 goeie hakers het, veral met in die lig dat een 'n springbok is en dus gaan ons hom nie altyd hê nie... ek wonder maar net of dit 'n geval is soos met JLP waar die speler oppad is na 'n ander unie omdat hy nou al super rugby wil speel en of dit die BBU is wat besluit het ons het 'n "up and coming" 3e haker wat eerder speeltyd gaan kry en Maku beter af by die Leeus gaan wees?
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 10:14
33. @ Biendebul do not worry !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!Bandise is good BUT not bettter than chilliboy Ralepele.

The next hooker in line is the nuggety talented former grey college pupil Zane Botha.I heard they rate him highly in pretoria.

I watched him in the vodacom cup he was immense,very fast and mobile hooker.The grey bloem coaches rate him as a better prospect than bismark du plessis.Henri Bandjies is another possible option.................
Posted by Muzi (Johannesburg) Thursday, October 14, 2010 - 10:18
34. Dit maak my bekommerd die manne wat die Unie verlaat. Met Maku weg het ons net twee hakers en met Chillie se beserings rekord gaan ons op 'n staduim op eindig met net Gary. Ian Swartz het nou die dag niks gesê van Maku. Glo my dit is nie die laaste wat gaan waai. Hier waai manne wat ek nie kan glo die Unie laat gaan. JPL, Maku, Pedrie ens. Ek weet dit gaan oor game time, maar volgende jaar is daar meer rugby as die jaar en sal die squad groot en met ondervinding wees. Ek sê weer daar gaan in die volgende weke nog Bulle wees wat waai, Die Leeus met die dik beursie gaan nog manne vat
Posted by bijler (Vanderbijlpark) Thursday, October 14, 2010 - 10:21
35. Die BBRU is immers 'n besigheid en dit is oor en oor bewys die goedkoopste manier om topspelers te verkry, is eie ontwikkeling.
Sou hy dan deur 'n ander provinsie/klub aangekoop word teen 'n prys wat vir topspelers betaal word, het die BBRU maksimum finansiele voordeel getrek uit die ontwikkeling. Hulle moet die boeke laar klop wat in sport soms BAIE moeilik is- vra maar vir Liverpool en Man United. Lg het hulle, ten spyte van goeie resultate, brankrot gekoop en ly nou rekord verliese.
Nee wat, ek glo HM en die res weet presies wat hulle doen.
Behalwe die spelers reeds genoem is daar ook nog Henry Bantjes, of is ek verkeerd?
Posted by Bloubosvelder (Bosveld) Thursday, October 14, 2010 - 10:36
36. Tellings vir Saterdag:

BULLE 22 - 19 sjaaks - LB
BULLE 29 - 18 sjaaks - bloubulbilling
BULLE 28 - 21 sjaaks - Bloumens
BULLE 29 - 24 sjaaks - Anti Province
BULLE 34 - 24 sjaaks - BullsRBest
BULLE 32 - 24 sjaaks - BlousteBlou
BULLE 28 - 25 sjaaks - Jou_Ma
BULLE 33 - 21 sjaaks - phillip
BULLE 33 - 28 sjaaks - aggrobul
BULLE 24 - 18 sjaaks - Koeks
BULLE 28 - 15 sjaaks - CC

Posted by CC (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 11:04
37. Bendiebul #4, ek gaan moremiddag LOFTUS toe om die jong spelers te gaan ondersteun. E-mail my jou selfoonnommer en ek SMS die tellings aan jou wanneer daar iets gebeur. regs@wrc.org.za
Posted by Boetie (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 11:08
38. Ek gaan ook more middag Loftus toe - maar ek sien hulle vorrspel reën... weet iemand definitief of die games of Loftus self gespeel word - of dalk op een van die sy-velde?
Posted by zet (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 11:23
39. Daai lopie van bakkies saterdag was darem maar mooi,het my skoon regop in my stoel laat sit,sou nice gewees het as hy daar kon weghardloop en score.bakkies het hard ingeklim ,maar hom mooi beheer.die man is terug met n bang,gee hom nog n game of 2.
Posted by bloubulbilling (cape town) Thursday, October 14, 2010 - 11:26
40. Post 37: Dankie Boetie. Bendiebul, kan jy dit dan vir ons hier plaas?
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, October 14, 2010 - 11:56
41. 37/40: ek kan ongelukkig nie waarborg dat ek heeltyd by my rekenaar gaan wees nie, so Jimmy as dit reg is met jou, dalk moet jy vir Boetie kontak en dan vir ons die tellings deurgee ?
Posted by bendiebul Thursday, October 14, 2010 - 12:02
42. Dis reg bendiebul, ek sal so maak.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, October 14, 2010 - 12:40
43. Nr 39 - op 'n stadium naby die einde van die wedtryd was daar 'n Griekwa-man wat so uit sy pad uit gegaan het om onder Bakkies se vel te probeer inkom, dat hy die skeidsregter se aandag getrek het. Dié het met 'n behoorlike vies-gesig vir die man vertel om sy nonsens te laat staan. Ek vermoed die skeidsregters gaan bietjie op die uitkyk wees vir opposisie wat oorboord sal gaan om vir Bakkies kwaad te probeer kry.
Posted by BlousteBlou (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 12:45
44. BlousteBlou,

Juwele lyk maar altyd so - vies-gesig. Daar is nie 'n manier wat skydregters Bakkies gaan beskerm nie; hulle kan nie wag om Bakkies te Geel/Rooi nie.
Posted by NETBLOU (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 12:54
45. The Sharks:
15. Louis Ludik
14. JP Pietersen
13. Stefan Terblanche (Captain)
12. Andries Strauss
11. Lwazi Mvovo
10. Patrick Lambie
9. Charl McLeod
8. Ryan Kankowski
7. Willem Alberts
6. Keegan Daniel
5. Alistair Hargreaves
4. Steven Sykes
3. Jannie du Plessis
2. Bismarck du Plessis
1.Tendai Mtawarira

Replacements
16. Craig Burden
17. Eugene van Staden
18. Anton Bresler
19. Jacques Botes
20. Rory Kockott
21. Andre Pretorius
22. Odwa Ndungane
Posted by Little Blue Bull ((2011 - die jaar van die BUL)) Thursday, October 14, 2010 - 12:59
46. Die rede waarom daar tot dusver geen kommentaar van die BBM is nie:

He admitted the signing of Maku was leaked prematurely, as they wanted to make a more formal announcement, but added that the one-Test Bok had signed with the Lions this week.
Posted by Stapper (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 13:04
47. Tellings vir Saterdag:

BULLE 22 - 19 sjaaks - LB
BULLE 29 - 18 sjaaks - bloubulbilling
BULLE 28 - 21 sjaaks - Bloumens
BULLE 29 - 24 sjaaks - Anti Province
BULLE 34 - 24 sjaaks - BullsRBest
BULLE 32 - 24 sjaaks - BlousteBlou
BULLE 28 - 25 sjaaks - Jou_Ma
BULLE 33 - 21 sjaaks - phillip
BULLE 33 - 28 sjaaks - aggrobul
BULLE 28 - 24 sjaaks - Bergbok
BULLE 35 - 17 sjaaks - Bluedog
BULLE 24 - 18 sjaaks - Koeks
BULLE 28 - 15 sjaaks - CC
Posted by Ligblou Baron (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 13:05
48. 42: dankie Jimmy !
Posted by bendiebul Thursday, October 14, 2010 - 13:21
49. Stapper, dankie vir die inligting. Het gewonder hoekom ons nog niks daarvan geweet het nie.... Wie is "He" waarna hier verwys word? Ek wonder wat die gevoel was oor hierdie "singing"...
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 13:42
50. Baie goeie Sharks span! Dit wil vir my meer en meer te blyk asof hulle wel af Kaapstad toe is met die plan om van hul spelers nog rus kans te gee met die oog op die semi-finaal.

Dit gaan beslis NIE maklik wees om die guppies te klop NIE....
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 13:44
51. Walk in the park sakkie6yster, walk in the park.

Nee ek spot sommer - beslis nie 'n maklike een nie. Die jaar was geen wedstryd vir die Bulle nog maklik nie.
Posted by NETBLOU (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 13:49
52. Ek sien daar is 'n opskrif "Newlands defeat a "good thing" for Province" op die Supersport site... die artikel gaan natuurlik oor 'n vorige keer wat Vrystaat hulle geklop het hierdie jaar. Maar ek kan nie anders as om te dink dit sal weer 'n "good thing" wees vir hulle as hulle hierdie naweek ook kan verloor nie... Dit sal immers help om die WP manne weer af aarde toe te bring, dit sal hulle help om weer beskeie en nederig te wees, dit sal hulle al die mooi dinge in die lewe leer en vir hulle help om weer goeie mense te word...

Dalk kan Gavin Rich hieroor skryf (hopenlik kan hy hieroor skryf) aan die einde van die wedstryd Saterdag.... "Newlands defeat a "good thing" for Province"...
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 13:50
53. "singing" = "signing" (oops)
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 13:52
54. Goeiedag Bloubul Bloggers,

Bendiebul #30: Stadig nou oor die klippe om van Greyling 'n haker te wil maak. Hy gaan nog Springbok word op loskop. Onthou, dis nou maar sy eerste vol seisoen in die Curriebeker en hy is maar 24. Hy het dus nog maklik 10 seisoene van sy loopbaan oor! Hy het die potensiaal om 'n legende op loskop te word. Hulle sê mos voorrye bereik eers hul top vorm teen hul laat twintigs.

As Maku loop sal Henry Bantjes ons nuwe no. 3 haker wees. Hy is nou 22 en in sy eerste senior jaar. So ver ek weet het hy nog 'n Bloubul kontrak, al het hy vanjaar hoofsaaklik vir Tuks gespeel ná aflop van die Vodacombeker. Ek weet ook dat daar ander provinsies is wat in hom belangstel, maar so ver my kennis strek is hy steeds 'n Bul..

In hul o.21 dae is Bantjes deur die meeste kenners as beter as Maku beskou. Persoonlik dink ek hy is goed genoeg om ná Gary ons nommer 2 te wees. Bantjes is natuurlik ook 'n voortreflike leier en Heyneke Meyer het nog altyd gesê hoe meer leiers in jou span, hoe beter.

Na Bantjies is daar nog jongelinge soos AJ le Roux (o.21), Robbie Coetzee (0.21) en die baie belowende Zane Botha, wat ook een van die mees gerespekteerde jong leiers by die Bulle is.

Daar is dus geen rede om bekommerd te wees oor ons diepte op haker nie.

Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 13:56
55. 15. Louis Ludik vs Zane Kirchner
14. JP Pietersen vs Gerhard vd Heever
13. Stefan Terblanche (Captain) vs Jaco Pretorius
12. Andries Strauss vs Wynand Olivier
11. Lwazi Mvovo vs Jaco vd Westhyzen
10. Patrick Lambie vs Morne Steyn
9. Charl McLeod vs Francois Steyn
8. Ryan Kankowski vs Danie Rossouw
7. Willem Alberts vs Dewald Potgieter
6. Keegan Daniel vs Derick Kuun
5. Alistair Hargreaves vs Victor Matfield (Captain fantastic)
4. Steven Sykes vs Bakkies Botha
3. Jannie du Plessis vs Werner Kruger
2. Bismarck du Plessis vs Chilliboy Ralepele
1.Tendai Mtawarira vs Dean Greyling

Man vir man lyk ons vir my sterker as hulle... en as ek dink aan die "skietgoed" wat op die reserwe bankie sit en wag, dan moet 'n mens
"versigtig" optimisties wees oor ons kanse kom Saterdag middag!

Baie baie sterkte Bulle!!!

Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 14:01
56. post 55.
nommer 9 ..hougaard.maar ons weet jy bedoel so.ek stem heeltemal saam jou
Posted by bloubulbilling (cape town) Thursday, October 14, 2010 - 14:04
57. Thanx vir die brokkie nuus Sooi Brandt... is vir my lekker om te hoor julle ken ons jong spelers so goed. Ek sal beslis moet werk aan my kennis wat die o.19's en o.21's aanbetref...
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 14:04
58. lol@francois steyn... hehehe... 'n goeie begrip...
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 14:05
59.
15. Louis Ludik vs Zane Kirchner
14. JP Pietersen vs Gerhard vd Heever
13. Stefan Terblanche (Captain) vs Jaco Pretorius
12. Andries Strauss vs Wynand Olivier
11. Lwazi Mvovo vs Jaco vd Westhyzen
10. Patrick Lambie vs Morne Steyn
9. Charl McLeod vs Francois Houghaard

8. Ryan Kankowski vs Danie Rossouw
7. Willem Alberts vs Dewald Potgieter
6. Keegan Daniel vs Derick Kuun
5. Alistair Hargreaves vs Victor Matfield (Captain fantastic)
4. Steven Sykes vs Bakkies Botha
3. Jannie du Plessis vs Werner Kruger
2. Bismarck du Plessis vs Chilliboy Ralepele
1.Tendai Mtawarira vs Dean Greyling

Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 14:07
60. Sakkie6yster #55, 59 en 60. Jy sê "man vir man" is ons beter. Ek weet darem nie. Ek is 'n groot Bul-ondersteuner, maar 'n mens moet darem ook eerlik wees, anders kan die ontnugtering dalk groot wees.

Op huidige spelpeil (2010-seisoen) dink ek nie ons is beter as hulle op 15, 11, 6, 3 en 2 nie.

15) Hoewel Ludick nog nie vanjaar die wêreld aan die brand gespeel het nie, kan dieselfde van Kirchner gesê word. En op potensiaal gereken is Ludick by verre ons land se beste heelagter.

11) Almal weet ek het aand ie begin van die CB-seisoen reeds gewaarsku teen die paalklimmer! Hy is eenvoudig net nie my soort rugbyspeler nie en sy verdediging was nog altyd verdag. As jy die vorige twee wedstryde deeglik ontleed sal jy sien dat ons teenstanders ook weet dat hy 'n swakplek in ons mondering is. WP en Griekwas het albei gereeld sy kanaal aangeval en WP se een drie was die direkte gevolg van sy onbeholpenheid.

6) Ek dink Kuun speel al hoe beter en ek verpes Daniel se arrogansie wat soms deurkom op die veld. Maar as ek eerlik moet wees, speel dié vent vanjaar skitterende rugby. Sy invloed op die veld is groter as dié van Kuun.

3) Werner het 'n goeie Super 14 gehad en hy is bestendig in die CB, maar Jannie beleef 'n puik seisoen. Hy is op die oomblik beslis die beter een vand ie twee.

2) Bismark op sy beste is die beste in die wêreld, finish en klaar.

Dit laat ons darem nog met 'n 66% meerderheid van beter spelers op die veld, na my mening. En ek dink daar is ander faktore wat ons die oorhand gaan gee. Soos Frans se aanwending van Spies en Steggies, byvoorbeeld. Of die vraag wie die sterkste tussen die ore gaan wees!

Hierdie Bulspan is nog lank nie klaar nie...
Posted by Sooi Brandt (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 14:26
61. Ek dink Plumtree is besig om 'n rat voor ons oë te draai. Of hy het niks geleer uit die 2009 super 14 game teen Bulle. Geen Botes? Swakkerige voorry (al is al drie Bokke) 4/3 split of die bank? Ek is maar skepties
Posted by BlueIQ (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 14:34
62. sakkie6yster

Stem saam op papier lyk ons beter as die guppies,maar ongelukkig word die game nie op papier gewen nie.Glo ons gaan dit doen,maar nie so maklik soos wat sommige van ons ondersteuners dink nie.

My grootste kopseer gaan oor geniepsige spel.Kyk hoe warm maak ou Daniels en die Du plessis ons onder die krae.Dink net hoe voel n Bakkies,Dean en Kuun.Moeilik om hulle nie n klap te gee nie.n geel kaart kan ons dalk net n eindstryd kos.
Posted by Lekkerblou (Durbanville) Thursday, October 14, 2010 - 14:41
63. Ek waardeer en respekteer jou opinie Sooi Brandt, ek het myself eintlik nie reg uit gedruk nie (weet nie wat met my aangaan vandag nie), maar het bedoel as ek die manne so man vir man vergelyk het ons die oorhand. Nie noodwendig elke man vir man (soos jy dit duidelik) uit wys nie.

Ek verskil egter met jou oor sekere van jou stellinge, maar ons is mos elkeen geregtig op sy/haar eie opinie. En soos ek sê, respekteer ek joune. Ek sou byvoorbeeld nie 100% met jou saam stem oor Kirchner nie, ek sou seker tot baie onlangs nog met jou saamstem, maar hy het my begin verkeerd bewys die laaste twee wedstryde en glo en vertrou ek hy gaan daarop voortbou. In die games teen beide die WP en Griekwas het hy aansienlik verbeter, is vir my asof hy baie meer met die bal wil hardloop. Ek hoop hy hou hiermee voort. Mvovo vs Jaco (beslis Mvovo beter, maar Jaco het wel aspekte in sy game (oa sy skop skoen) wat hom waardevol maak). Kuun vs Daniel, Kuun se hart maak hom vir my die beter speler (my beskeie opinie). Met Jannie stem ek met jou saam, maar ek is nie oortuig Bismark is die beste in die wêreld nie. Ek dink jou "op sy beste" kan daai stelling van jou dalk soortvan waarde gee, maar 'n mens moet darem na 'n haker en na "op sy beste" in perspektief neem. Baie spelers "op hul beste" is heelwaarskynlik die beste in die wêreld, ek glo Chilliboy "op sy beste" kan ook moontlik as die beste in die wêreld gesien word nie waar nie?
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 14:47
64. Jy is reg Lekkerblou, die game word ongelukkig nooit op papier gespeel nie, die laaste wedstryd tussen die Bulle en WP was 'n mooi voorbeeld hiervan: volgens my en ek glo baie ander was die WP baie beter as ons "op papier" voor daai wedstryd af geskop het....
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 14:48
65. Sakkie 6yster ,ek sal graag jou kommentaar wil hoor oor hoekom jy se die Bulle is man vir man beter as die Sharks???
(Sjoe,nou gaan ek seker weer "GESTENIG" word????) POOR ME!!!
Jy sit 2 Spanne teen oormekaar,maar jy gee geen redes hoekom die BULLS beter is nie???
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Thursday, October 14, 2010 - 14:52
66. Sharks team: Louis Ludik, JP Pietersen, Stefan Terblanche (captain), Andries Strauss, Lwazi Mvovo, Patrick Lambie, Charl McLeod, Ryan Kankowski, Willem Alberts, Keegan Daniel, Alistair Hargreaves, Steven Sykes, Jannie du Plessis, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira. Reserves: Craig Burden, Eugene van Staden, Anton Bresler, Jacques Botes, Rory Kockott, Andre Pretorius, Odwa Ndungane.
Hierdie span lyk beter as wat teen WP gespeel het ??
So,as WP Saterdag teen die Cheetahs verloor.....gaan ek eers op julle Site kom POST????
HIE HIE!!!!
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Thursday, October 14, 2010 - 15:22
67. #65 Bergbok - want hulle speel in BLOU en hierdie is 'n BLOU Bul website - enough said!!!




LOL - spot net oom Bergbobbejaan - die een-teen-een matchups het nog nooit vir my gewerk nie, dit gaan hoe goed die span as 'n span saam speel - nie hoe goed die individue is nie. Vra maar vir Chelsea, Real Madrid en daai spanne met die groot name - as die ouens nie as 'n span speel nie help dit niks.

Ek vat baie eerder 'n gemiddelde groep spelers wat vir mekaar speel as 'n klomp sterre wat soos individue speel. As Vic die bal in die lynstaan vang help dit niks as Werner dit in die losgemaal laat val nie. As Wynand deur T'Blance en Strauss hardloop help dit niks as Jaco die bal voor die doellyn aanslaan nie.

Hoekom gaan die Bulle wen? Want hulle speel vir mekaar - dit sien ons al die laaste paar jaar. Hoekom speel Wynand nie goed as 'n Bok nie? Want hy voel altyd soos 'n "outsider" wat net so nou en dan 'n kans gegee word... by die Bulle is hy deel van die familie... Hoekom sukkel Habana hierdie jaar - want hy is nie deel van die WP familie nie...

DIS die verskil tussen die sharks en die Bulle!!!... en DIS hoekom die Bulle gaan wen Saterdag...
Posted by zet (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 15:23
68. Hemel Bergbok, het jy 63. gelees?
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 15:23
69. Goed gestel zet!!!
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 15:25
70. Ek stem volkome saam oor die "man vir man" vergelyking wat nie veel beteken nie, maar dit bly interessant om hulle so teenoor mekaar op te weeg en speler vir speler te vergelyk. Jy is 100% reg, dit gaan oor hoe die span saam speel. Tog help dit om spelers te hê met ondervinding onder die belt, spelers met leiers eienskap en natuurlik "gamebreakers" en "play makers".

Ek dink dit is juis om hierdie rede dat die Bulle met spelers soos Victor Matfield, Bakkies Botha, Fourie du Preez, Morne Steyn, Wynand Olivier, Guthro Steenkamp, Pierre Spies en Bryan Habana baie sukses behaal het.
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 15:33
71. Ek sal graag wil hoor wat is Jimmy se gevoel oor Saterdag se game??
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 15:34
72. Bergbok,

hoekom is die Blou Bulle man vir man sterker as die Sharks, die WP, die Vrystaat, die Lions, die Griekwas.... die All Blacks!?

Hoekom is die lug blou? Hoekom is die gras groen? Hoekom is jy 'n WP ondersteuner? Almal BAIE goeie vrae...ek dink ons kan boeke hieroor skryf en vir dae, maande en heelwaarskynlik jare hieroor debateer en argumenteer... of ... ons kan vrede hiermee maak en dit bloot net aanvaar... want die waarheid is, dit is maar net so... dit is almal maar net so....
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 15:42
73. Ek hoop net vir 'n goeie begin, baie belangrik. Indien die Sharks egter kans gegun word om goed in die wedstryd te kom, gaan hul vertroue groei en die geloof om die Bulle te klop. So ons sal vroeg en hard moet slaan, soos ons in die S14 se semi en finaal gedoen het. In die semi's is daar nie 'n tweede kans nie, jy moet jou eerste kans ten volle gebruik.
Posted by bendiebul Thursday, October 14, 2010 - 15:50
74. Dit sal baie help vir ons gemoed ne bendiebul, maar jong, as daar een span is wat kan terug kom van 'n agterstand, dan is dit beslis die Bulle... meer as een keer in beide die Super14 en Currie Cup gebeur hierdie jaar. So moenie dat dit jou teveel onderkry as dit die geval Saterdag is nie.
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 15:54
75. It is sure difficult to rate players man on man. After the first phase the centres turn into loose forwards and the props into centres and the locks into wingers.

Tough call. As a unit, I'll give the Sharks a thumbs up in te loose trio department. The back three are very much equal, in the midfield and halfbacks it's the Bulls, the locks are the Bulls game, but in the front row I'll give it to the Sharks just. As a pack, I'll give it to the Bulls because Flip vd Merwe and Pierre spies and Steggies will come from the bench. excellent.
Posted by bloukreef (bloubergstrand) Thursday, October 14, 2010 - 15:59
76. #75. SO,die Media Turbinaal is nog nie aanvaar nie??So,ek kan nog kom skrywe wat ek wil??

Jy skryf nog altyd net wat jy wil? Wat probeer jy sê?

Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 15:59
77. Geez

I cannot decide if this Bergbok guy is actually a like-able dude.
Posted by bloukreef (bloubergstrand) Thursday, October 14, 2010 - 16:05
78. #75. Nee ou Bergie... maar ons Bulle se vestandhouding is soos Wynand en Jaco sin, of soos Chillie en Vic, of soos Pottie en Steggies... die een dink al wat die ander een dink nog voordat hy gedink het om daaraan te dink....

Ek moet toegee - die WP-spelers en hulle ondersteuners het ook 'n goeie verstandhouding - die vraag is net wie het die verstand en wie het die houding?
Posted by zet (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 16:09
79. 77: bergbok is so bietjie van 'n jackal-hyde figuur: op en dan weer af. Seker maar die stres wat hom vang vir Saterdag se laaste wedstryd wat sy span speel vir die jaar.
Posted by bendiebul Thursday, October 14, 2010 - 16:18
80. 68. Hemel Bergbok, het jy 63. gelees?
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 15:23
Sjoe,dis n mooi Opstel daai!!
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Thursday, October 14, 2010 - 16:19
81. Dankie Dankie!!
Posted by sakkie6yster (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 16:29
82. Ja pasop!!
Posted by hammer01 (Suid Gauteng) Thursday, October 14, 2010 - 16:47
83. Ja, ou Webbie is ons kant.
Posted by blou.sakkie (Springs) Thursday, October 14, 2010 - 16:57
84. Hier kruip nou sommer 'n spul Weer Probeer's uit hul gate. Wag tot die Bulle afteken dan praat hulle mekaar moed in. opskrifte in Rapport Sondag.
Bul trap onskuldige Guppie se vistenk plat - Natallers in rou.
Cheetah vreet bergbok lewendig - Natuurbewaring se hulp ingeroep.
Posted by NETBLOU (Centurion) Thursday, October 14, 2010 - 17:15
85. My senuwees doen nou reeds snaakse goed - ek soek oral vir antwoorde oor wat Sat gaan gebeur en het op die volgende "poem" afgekom - ek deel dit met julle, want dis vir my mooi en ek hoop dis hoe ons Blou Kampioene die ding gaan doen -


I'll tell you when we put the pressure on
they had no answer to that .

It was like magic today,
you kept on pulling tricks out of a hat .

In the air or on the ground
you took the game to them and played to win .

You kept cool and pushed the ball around
until their heads were in a spin .

You jumped for the ball today
as if you had some rockets on your feet .

I never once had cause to worry about
the team facing defeat ..

On the wings you swerved and passed them by
along the thin unbroken line ,

Then sending the ball into the center
where strikers just took their time .

Talent will always win out in the end
and you all showed that today .

No one could ever ask for more .
You're just magic ,

well done

You're ok .

By Paul Mc Cann
Posted by Little Blue Bull ((2011 - die jaar van die BUL)) Thursday, October 14, 2010 - 17:23
86. Geen Cheetah sal vir Bergbok eet nie, sy vleis is so taai soos rubber van die ouderdom.
Posted by Jimmy (Altyd Blou) Thursday, October 14, 2010 - 20:32
87. Ja,maar as jy daaI Bergbok vir so 2 dae Ryp Maak..en dan daarna in n lekker sousie laat le...en dan braai jy hom op die kole....en jy sprinkel hom met lekker geurmiddels...Verder se ek niks!!
Posted by Bergbok (Suid-Afrika vir altyd) Thursday, October 14, 2010 - 21:17
88. As iemand Bergbok vir twee dae rypmaak sal daardie vleis so stink dat selfs brommers die hasepad sal kies.
Posted by Stapper (Pretoria) Thursday, October 14, 2010 - 21:45
89. Hoe nader aan die dag hoe meer knaag die senuwees. Dit gaan defnitief nie maklik wees nie Net een ding wat my pla Dink julle dit is reg om net met een reserwe voorry teen die sharks te begin Dit is hulle sterk punt!!!!

Maar hoe ook al Saterdag is durban BLOU!!!! Sterkte Bulle
Posted by petoors (port elizabeth) Friday, October 15, 2010 - 06:32
90. Ek dink nie ons moet nou worry oor wat kon of sou of moes nie, ons moet dink aan wat sal beslis gaan gebeur!!!! As ons môre wil wen, dan geld presies dieselfde as wat Stapper voor die WP game gesê het... die span wat die hongerste is, gaan hom vat.... ons moet honger wees kom Saterdag!
Posted by sakkie6yster (Centurion) Friday, October 15, 2010 - 07:22
91. Wat 'n groot naweek van rugby wat voorlê!! Ek sien met groot opwagting uit na albei wedstryde,!!
Posted by sakkie6yster (Centurion) Friday, October 15, 2010 - 07:26
92. More almal!

Hoor nou oor OFM dat die Cheetahs volgens statistiek die mees sukselvolle CC span van die afgelope dekade is....!?

Dis nou volgens die aantal kere wat hulle in semi-finale en finale gespeel het.

Kan iemand asb vir my verduidelik hoe hulle by daai slotsom gekom het??
Of is dit nou ek wat iets miskyk hier??

Posted by Bulversie (Potchefstroom) Friday, October 15, 2010 - 07:33
93. Ek sien Webbie het Bergbok se ongevraagde kommentaar teenoor my en my sogenaamde haat vir renosters verwyder; goed so Webbie.
@Bergbok. Het jy dalk gesien dat ek vir julle Weer Probeer's opgekom het die week, maar het met daai verrotte renoster aanmerking van jou nou besef waaroor die ander BB bloggers praat. So gaan huil jou huile elders as jy persoonlik wil raak.
Posted by NETBLOU (Centurion) Friday, October 15, 2010 - 07:45
94. Tellings vir Saterdag:

BULLE 22 - 19 sjaaks - LB
BULLE 29 - 18 sjaaks - bloubulbilling
BULLE 28 - 21 sjaaks - Bloumens
BULLE 29 - 24 sjaaks - Anti Province
BULLE 34 - 24 sjaaks - BullsRBest
BULLE 32 - 24 sjaaks - BlousteBlou
BULLE 28 - 25 sjaaks - Jou_Ma
BULLE 33 - 21 sjaaks - phillip
BULLE 33 - 28 sjaaks - aggrobul
BULLE 28 - 24 sjaaks - Bergbok
BULLE 35 - 17 sjaaks - Bluedog
BULLE 24 - 18 sjaaks - Koeks
BULLE 28 - 15 sjaaks - CC
BULLE 32 - 25 sjaaks - Zet
Posted by zet (Pretoria) Friday, October 15, 2010 - 08:17
95. Netblou.

Ja ek is bly jy sien nou hoekom die bloggers nie "sulke" mense kan hanteer nie.
Die groep wat al baie langer hier blog sal mense soos MJ en Bite-me onthou. Hulle het ons al so keelvol gemaak dat die kleinste dingetjie wat ons daaraan herrinner ons boos maak.
Posted by unbeata"BULL" (Choker Hunter) Friday, October 15, 2010 - 08:22
96. @ Netblou - sommige van ons ken die bok reeds vir n lang tyd en het hom aanvanklik verdedig (soos dit vriendelike Bulle betaam), maar mens se geduld raak op en dan is dit tyd om halt te roep. Jammer, maar dis hoe dit is!
Posted by Little Blue Bull ((2011 - die jaar van die BUL)) Friday, October 15, 2010 - 08:25
97. Hi Ubs - SNAP (amper). Hoe voel jy oor more?
Posted by Little Blue Bull ((2011 - die jaar van die BUL)) Friday, October 15, 2010 - 08:26
98. BULLE, sterkte, ons weet julle kan.
Posted by Bloumens Friday, October 15, 2010 - 08:55
99. LBB

Ek persoonlik dink die Shark ondersteuners het die sjampers weer te gou uit die kas uit gaan haal.

Speis en Stegman gaan ysters wees wanneer hulle op die veld draf. Bakkies het laas week weer gewys wat hy kan doen, alhoewel hy nog steeds nie op sy beste was nie. Hougie sal sy game effe moet lig, word nou te veel met die bal agter die skrum gevang. Met Kaptein Matfield op die veld... wel enough said. Meisiekind was ook weer kookwater, hy moet eerder weg bly by die bokke, vir een of ander rede werk dit net nie uit vir hom daar nie. Paar spelers het hulle hande opgesteek laas week en ek dink die span is baie gemotiveerd op die oomblik.

Die Sharks aan die ander kant sit met 'n probleem. Hulle het nog die stigma van laas jaar se verloor in Durban teen die Cheetahs. Baie meer druk op hulle om die een te wen. Ander probleem vir hulle is dat hulle nog nie in die CC teen 'n "amper" vol sterkte Bulls span gespeel het nie.

So dit kan wel enige kant toe gaan maar ek dink die balans hang effe in die Bulle se guns. Dissipliene gaan 'n groot impak op die uitslag he. Gelukkig het ons die beter skopper in Morne. Lambie het keer op keer bewys dat hy 'n goeie speler is maar dat hy glad nie onder druk kan skop nie.

So my voorspelling is Bulle 26 - Sharks 21.
Posted by unbeata"BULL" (Choker Hunter) Friday, October 15, 2010 - 09:05
100. Soveel mense dink Spiieess en Steggies is swakplekke in ons mondering - ek stem saam met jou - watch & learn / die manne gaan dit doen. Ek is "quietly optimistic", en soos Jimmy (dink ek) gese het hierdie is n game wat die chokers nie gaan wen nie - dis daar vir die Bulle om te verloor.
Posted by Little Blue Bull ((2011 - die jaar van die BUL)) Friday, October 15, 2010 - 09:13
101. Nee wat Spies gaan stukke beter wees as wat hy in die Tri Nations was. Die Bokke was almal moeg. Sover het meeste Bokke wat terug gekom het na hulle "blaaskansie" weer top rugby gespeel (Dit is nou net die wat al ooit top rugby kon speel). Steggies gaan dinge kan moeilk maak vir die Sharks. Maar ek sal afhangende van die kondisies hom al dalk so vroeg soos die begin van 2de helfde op stuur met Spies wat die laaste 30 minute speel.

Morne moet net oppas as dit reen. Skoppe gaan dalk dan die bepalende faktor wees en ek sal dit nie verby die Sharks sit om hom te merk en dalk te probeer seer maak nie. Hulle weet JLP is useless want hulle het hom seker 'n lekker bonus belowe as hy soos sy dinges skop. Ek sou hom nie eers laat speel het nie. Dink selfs "Man from Japan" se skopwerk sal beter wees.

Posted by unbeata"BULL" (Choker Hunter) Friday, October 15, 2010 - 09:23
102. Unbeatable Bull,

Stem nie saam met jou nie. JLP nie so useless nie - in teendeel; as dit nie vir sy skopwerk pale toe die jaar was nie, was ons nie in 4de plek nie, maar laer. Hy het ook vir Cheetahs gespeel in finaal voor hy weer BB geword het en het hy toe hulle uitverkoop teen ons? - ek dink nie so nie. Daar is tog geen gevoelens hier nie. As dit nou Mampoer was wat gedwing word om Cheetah te speel en hy speel teen Shardiens, ja dan kan ek dit sien gebeur.
Posted by NETBLOU (Centurion) Friday, October 15, 2010 - 09:51
103. NETBLOU.

Jammer maar gaan met jou stry. As JLP nie 'n hele paar "sitters" mis geskop het nie was ons nou nommer een op die log 3 games waar hy "sitters" geskop het. As daai skoppe oor was het ons daai 3 games gewen (die Pumas game nie ingesluit nie want Brummer was meer pateties alhoewel JLP ook een sitter mis geskop het daar). Sit 9 punte vir ons by op die log (siende dat ons reeds 3 bonus punte gekry het vir die verloor binne 7 punte) En waar was ons dan??? Ek gee nie om as jy moeilike skoppe mis skop nie. Maar om sitters mis te skop en sodoende games te verloor???
Posted by unbeata"BULL" (Choker Hunter) Friday, October 15, 2010 - 09:58
104. Bulversie....

Dekade = 10 jaar?

Laaste 10 jaar begin in 2000 reg?

Bulle het in 7 finale gespeel en 4 gewen, Cheeters het in 5 gespeel en 3 gewen. Bulle speel ook Saterdag in hul 9e agtereenvolgende semi-finaal... ek kan nie sien hoe die Cheeters dus beter as ons kan wees nie?
7/10 finale en 9/10 semi-finale glo ek is beslis beter as enige ander provinsie in die CC.
Posted by sakkie6yster (Centurion) Friday, October 15, 2010 - 10:02
105. #104. Ek sien ek het 'n fout gemaak, die Bulle het 5/7 gewen. Mos met die Cheeters gedeel in 2006.

Bulls = 7/10 (5 gewen)
Cheeters = 5/10 (3 gewen)
WP = 2/10 finale (2 gewen)
Natal = 4/10 finale (1 gewen)
Lions = 2/10 finale (0 gewen)

Posted by sakkie6yster (Centurion) Friday, October 15, 2010 - 10:12
106. So in die laaste 10 jaar het die Bulle n 70% slaag syfer in "finaal behaal", die Cheeters 50% (net-net deur), Natal 40% en WP gelyk met Lions op 20% van die Currie Bekers gespeel in die finaal opgeeindig.... Laaste keer wat WP finaal gespeel het was in 2001! Siestog...
Posted by sakkie6yster (Centurion) Friday, October 15, 2010 - 10:19
107. @103
Hoe sê hulle: lies, lies and statistics. Jy is sekerlik reg. Ek het nie die statistiek ontleed nie. JLP het nogal baie pak gekry op die blog die CB seisoen. En ek persoonlik het gedink dit is onregverdig. Hy was in elk geval ons beste sonder Morne - Brummer het nie die mas opgekom nie al het almal gekla hy kry nie speelkans nie. Toe kom Pumas (veronderstel maklike wedstryd te wees) en hy verbrou dit heeltemal. JLP nou daar gelaat.

Ek sê BB wen met 10 punte, maar dan moet hulle speel soos in S14 finaal en nie soft tries, soos teen Griekwas, afstaan nie. Haaie gaan ons byt as dit weer gebeur.
Posted by NETBLOU (Centurion) Friday, October 15, 2010 - 10:33
108. NETBLOU

Stem saam dat al wat ons dalk in die steek kan laat is ons verdediging. Bulle was maar baie swak wat dit aanbetref met sommige wedstryde.
Posted by unbeata"BULL" (Choker Hunter) Friday, October 15, 2010 - 10:37
You need to upgrade your Flash Player
Happy birthday to:
18 Nov. - Peet Snyman
18 Nov. – Adriaan Strauss
18 Nov. - Frans van Heerden
19 Nov. - Stanley Raubenheimer
20 Nov. - Cliffie Milton
20 Nov. - George Mostert (Jnr)
20 Nov. - Anton Pitout
22 Nov. - Johan Fechter
22 Nov. - Stephan le Roux
22 Nov. - Naas Rossouw
23 Nov. - Izak Beneke
23 Nov. - Juandré Prinsloo
23 Nov. - Burger vd Merwe
24 Nov. - Chivago Breda
24 Nov. - Johan Rainsford
26 Nov. - Gerhard Laufs
28 Nov. - Billy Anderson
28 Nov. - Frik du Preez
29 Nov. - Dewald Pretorius
30 Nov. - Donovan Fredericks