Die Vodacom Blou Bulle is soos een groot, gelukkige rugbyfamilie en dis een van die hoofredes waarom die Springbokke Bakkies Botha, Bryan Habana en Wynand Olivier besluit het om vir die volgende klomp seisoene in Pretoria te bly.
Die Sharks het hard na dié drie Bokke gevry, maar die Bulle het Maandagaand kontrakte met Bakkies, Bryan en Wynand gesluit. Berigte oor die naweek het beweer dat die Sharks bereid was om vir Bakkies tot R2miljoen te betaal, terwyl die ander twee ook groot verhogings sou kry as hulle Durban toe sou gaan.
Al drie het blykbaar besluit om by die Bulle te bly vir minder geld as was die Sharks aangebied het, wat bewys dat Heyneke Meyer 'n wonderlike kultuur van lojaliteit by Loftus Versfeld geskep het.
Botha, wat Vrydag 27 word, het vir die volgende vyf jaar geteken, wat beteken dat hy tot 2011 by die Bulle sal bly. Olivier en Habana sal tot aan die einde van die 2009-seisoen in Pretoria speel.
Blue Bulls Blog
LLB
1 Guthro Steenkamp 2 Gary Botha 3 Richard Bands 4 Bakkies Botha 5 Victor Matfield 6 Pierre Spies 7 Hilton Lobberts 8 Pedrie Wannenburg 9 Fourie Du Preez 10 Derick Hougaard 11 Bryan Habanna 12 Wyanand Olivier 13 Jp Nel 14 Akona Ndungane 15 Johan Roets
Posted by min_gepla (Pretoria) on Tuesday, September 19, 2006 - 15:20
ek sien daar is lig aan die einde van tonnel geregtigheid......jp se voet is beseer.
Posted by min_gepla (Pretoria) on Tuesday, September 19, 2006 - 15:21
wat gaan hier aan
Posted by min_gepla (Pretoria) on Tuesday, September 19, 2006 - 15:23
Bakkies ek wil net dankie sę vir die goeie besluit wat jy geneem het.Jy sal nooit spyt wees nie, want die bulle bly net die beste..... Ja en jy's reg Nr. 4 bly net jou nommer en ons mis jou in daai trui, dit lyk goed aan jou. Glo wat jy wil, maar ek het Sondagaand baie hard gebid, dat jy die Sharks se aanbod van die hand sal wys. Baie trots op jou. Wens jou besering word nou beter, die rugbyveld is leeg sonder jou, en die ander bulle sukkel so bietjie sonder jou. Sterkte vir dit wat vir jou voorlę, ons kyk op na jou. Groete BLOU BUL BABA - Louis Trichardt (Limpopo)
Posted by LG Studioworks (Louis Trichardt) on Wednesday, September 20, 2006 - 13:10
Bulle na die naweek se game het julle ons weer baie trots gemaak op jull. Om die Haaie en Cheethas op eie bodem te klop is voorwaar 'n prestasie praat nie eers van die karakter wat julle gewys het teen die Haaie. Pote, Heyneke julle is voorwaar seker twee van die beste afrigters wat Blou Bulland nog opgelewer het. Baie dankie aan die Bestuurspan van die Blou Bulle wat soveel doen vir hulle spelers en ondersteuners. Ek is trots om te sę al verloor ons my bloed bly blou. Bakkies, Bryan, Wynand dankie vir julle besluit om Blou Bulle te bly. Trotse Bul ondersteuner.
Posted by BlouRiana (Pretoria) on Thursday, September 21, 2006 - 10:28