Derick Hougaard is ingesluit op die Vodacom Blou Bulle se bank vir Saterdag se belangrike Absa Curriebeker-wedstryd teen Griekwas in Kimberley in een van sewe veranderinge aan die 22-tal wat die Sharks geklop het.
Hougaard, wat 20 van die Bulle se 50 punte teen die Sharks geskop het, sukkel met 'n ligte liesbesering en kry 'n blaaskans. He is saam met die veterane Hottie Louw en Warren Brosnihan, wat nie saam was Durban toe nie, op die bank. Morné Steyn speel Saterdag losskakel.
Die ander veranderinge aan die beginspan is op agtsteman, flank en slot. Derick Kuün neem oor by die beseerde Pedrie Wannenburg, Danie Rossouw skuif van slot na flank in Pierre Spies se plek en Adriaan Fondse word van die bank af bevorder om in Rossouw se plek slot te speel.
Vodacom Blou Bulle
15 Johan Roets
14 Akona Ndungane
13 JP Nel
12 Wynand Olivier
11 Marius Delport
10 Morné Steyn
9 Heini Adams
8 Derick Kuün
7 Hilton Lobberts
6 Danie Rossouw
5 Francois van Schouwenburg
4 Adriaan Fondse
3 Rayno Gerber
2 Gary Botha (k)
1 Jaco Engels