Die belowende vleuel Marius Delport het homself onttrek aan die Vodacom Blou Bulle se Absa Curriebeker-kragmeting in Kimberley Saturdag weens 'n skouerbesering.
Delport, een van die Bulle se beste jong spelers vanjaar, word deur die blitsige Springbok-sewesster Stefan Basson vervang. Basson se plek op die bank gaan aan die klipharde voormalige Griekwa-senter, Dries Scholtz.
Basson en Delport het saam reeds agt Curriebeker-drieë gedruk vanjaar, met vier elk.
Aangepaste Vodacom Blou Bulle-span:
15 Johan Roets
14 Akona Ndungane
13 JP Nel
12 Wynand Olivier
11 Stefan Basson
10 Morné Steyn
9 Heini Adams
8 Derick Kuün
7 Hilton Lobberts
6 Danie Rossouw
5 Francois van Schouwenburg
4 Adriaan Fondse
3 Rayno Gerber 2 Gary Botha (k)
1 Jaco Engels