Wikus van Heerden is een van elf Vodacom Blou Bulle wat vir Suid-Afrika se Węreldbekerspan gekies is.
Die ander Bulle in die span is Gurthrö Steenkamp, Gary Botha, Victor Matfield, Bakkies Botha, Danie Rossouw, Pierre Spies, Fourie du Preez, Wynand Olivier, Akona Ndungane en Bryan Habana.
Die Bokafrigter Jake White sę hy is tevrede dat die keurders die beste beskikbare spelers gekies het en dit is duidelik dat hy vertroue in dié manne het.
"Baie van dié spelers speel reeds saam vandat ek begin afrig het en hulle sal Suid-Afrika se vlag gedurende die węreldbeker met trots dra."
SARU se President Oregin Hoskins sę die span verlaat Suid-Afrika met sy beste wense en hy het hulle aangemoedig om net hul heel beste in Frankryk te doen.
"Dit is 'n trotse oomblik, nie net vir die spelers en hul families nie, maar ook vir al ons ondersteuners, dié in Suid-Afrika en dié in die buiteland."