The Vodacom Bulls and Springbok lock Bakkies Botha will be available on Tuesday from 15:00 - 16:00 to answer supporters' questions on bluebulls.co.za.
Botha picked up an ankle injury in the Springboks' last test of the year against Wales but the team doctor Tommie Smook is confident that the huge enforcer will be able to start playing early in March.
Brief biography:
John Philip Botha was born on 22 September 1979 in Newcastle (Natal) and attended Goedehoop Primary School as well as HTS Vereeniging. In his matric year he played Craven Week rugby for the Falcons and was also selected for the SA Schools team.
He joined the Blue Bulls in 2001 and made his Springbok debut at the end of the 2002 season. He established himself as the Boks' first-choice lock in the 2003 season and
has since cemented his place in the national side.
A former SA under-19 and under-23 player, he was chosen for the SA 'A' team that toured Europe at the end of 2001.
"Bakkies" has played in 61 Super Rugby matches for the Bulls scoring nine tries and has already represented South Africa on 45 occasions.
Blue Bulls Questions and Answers Blog
Question asked by : Franco
Waar kom jou bynaam "Bakkies" vandaan?
Answer
Toe ek ek klein was het ek bak bene gehad! maar gelukkig nie meer nie Player Name - Bakkies Botha
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 14:56
Question asked by : Franco
Hoe baie chirp die ouens mekaar op die veld en wat is die beste een wat jy al gehoor het?
Answer
Die ouens tjirp mekaar nogal baie... Een keer het Nico Luus vir Luke Watson so bietjie laat getêkkel... Luke vra toe vir Nico "wie dink jy is jy??" Toe sê Nico "Ek is Nico Luus, not even Jake White knows who you are." Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:00
Question asked by : Bulletjie 1
Middag Bakkies. Baie dankie vir al die lekker rugby wat jy speel op 'n 100% vlak. Hoe lyk die besering waaraan jy herstel? Gaan jy reg wees vir die Super 14?
Answer
Ek het gister so stadig begin draf, maar kyk nog hoe gaan die enkel reageer. Op die stadium is daar nog geen vaste terugkeer datums nie. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:01
Question asked by : Deon
Hi Bakkies Hoe is die gemoed by die bulle noudat Heyneke Meyer uit die land is ,Sal Frans die span bymekaar kan hou of gaan als uitmekaar spat noudat daar sprake is van ouens wat wil uit wyk ,en wat is jou situasie.
Answer
Ek is tans nog gekontrakteer deur die Bulle. Die energie is hoog hier in die Bulkamp agv die nuwe insette van die jong spelers. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:05
Question asked by : Sharkie
Don't you miss Victor?
Answer
Ja ek mis hom, maar die lewe en die nuwe uitdagings gaan aan Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:06
Question asked by : Danie
Bakkies wanneer gaan jy in die Kaap draai maak om bietjie groot rugby te speel?
Answer
Groot rugby is relatief Waar is die Kaap? Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:09
Question asked by : Deon
Noudat Victor weg is gaan julle verander aan die lynstane?
Answer
Nee, ons gaan bly by die wenresep wat die afgelope paar jaar vir ons gewerk het Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:10
Question asked by : Selwyn Theunissen
Bakkies wat gaan van Heyneke Meyer word gaan hy weer by die bulle betrokke word?
Answer
Ons weet self nog nie Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:11
Question asked by : Melane
Het julle enige planne om uit Florauna uit te trek, dit is lekker om te weet dat jy amper my buurman is en hoop dit sal so bly.
Answer
Nee, glad nie, sal nooit my huis daar verkoop nie. Dis die rustigste plek in Pretoria Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:12
Question asked by : Shannow
Hi Bakkies. Wat maak die Bulle anders as al die ander spanne? Is daar inderdaad 'n unieke kultuur by Loftus?
Terloops, jou "skoonmaaksessie" by die losskrum in die Wereldbeker finaal, wat die Engelsman 5 tree deur die lug laat vlieg het was my oomblik van die toernooi. Sterkte en sien ek hoop ons sien jou spoedig weer in die Blou trui!
Answer
Dit gee my hoendervleis om 'n Engelsman deur die lug te sien trek!
Die Bulle is soos familie, die naaste wat ek daaraan gekom het was by die Wêreldbeker toe dit by die Bokke ook so was.
Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:16
Question asked by : Franco
Spot die ouens jou nie oor jou advertensie bord vir ettiene lewis nie?
Answer
Nee, aan die begin wel, maar nie meer nie, die stoel sit baie gemaklik Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:17
Question asked by : Bulletjie 1
Hoe voel jy gaan die jong slotte vaar en is jy by oefening om raad te gee?
Answer
Ja ek is by oefeninge, die jong manne kort nog baie ervaring maar ons almal begin daar. Ek glo hulle sal dit maak. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:19
Question asked by : Selwyn
Bakkies hier is groot Bulle ondersteuners in die laeveld wanneer kan ons julle hier sien?
Answer
Ons sal maar 'n friendly moet reël. Hoe lyk Laeveld se span vanjaar? As ons in Rustenburg kan speel, kan ons seker daar ook speel. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:20
Question asked by : Rozetta
ek wil net weet hoe gaan dit met jou besering? Ek het jou verskriklik Saterdag gemis in Wellington en hoe lyk dit kom jou maatjie Victor vir ons speel in die S14
Answer
Die gaan goed met my besering, dankie. Die ouens hier by die Bulle is hard agter die skerms besig om te kyk wat hulle met Victor se situasie kan uitrig. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:22
Question asked by : Deon
Speel jy net hard of is daar 'n mate van aggresie in jou spel?
Answer
Ietsie van als is nodig vir vandag se rugby. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:23
Question asked by : Blouril
Middag,Bakkies. wie is die ou wat jou al die meeste opdraende gegee het in die lynstane? hoe pas die manne aan met die nuwe reels en hoe gaan dit jou game beinvloed?
Answer
Nie eintlik nie, want die beste lynstaanslot is in my span! Die nuwe reëls gaan my nie veel beïnvloed nie... beacuse the guy that inflicts the pain, hasn't got rules! Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:25
Question asked by : Niekie
Hi Bakkies, ek is tans besig met Jake White se biografie. Wat was die houding van die ouer spelers in die kamp nadat Luke Watson "ingedruk" is in die Bokspan?
Answer
Ek was beseer in daai tyd en was nie betrokke by die span nie.
Daai stukkie in Jake se boek.... ek het gevloek... maar nie so herhaaldelik en baie nie! Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:27
Question asked by : Mike
Is die senior Bokke in die Bulspan nog net so honger om vir die Bokke te speel na julle WB sukses? Wat motiveer julle nog en wat is die gevoel oor P de Villiers?
Answer
My honger is nogsteeds dieselfde soos die dag toe ek die eerste keer die Boktrui oor my kop getrek het. Ons moet nog in NZ wen om selfvetroue op te bou vir 2011. Dit motiveer ons senior manne baie. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:30
Question asked by : Niekie
Haha, ja sien dat Jake dit nogal pertinent noem dat jy so gevloek het. Tot wanneer is jou kontrak by die Bulle en wat lê vd Bothas voor na Blou Bul-rugby?
Answer
Op dié stadium is ek nog gekontrakteer by die Bulle. Sal later oor my toekoms besluit. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:32
Question asked by : Blou Bok
Jis Bakkies dankie vir daai mooi finaaal teen die en Engelse jy weet nie wat dit vir ons beteken het hier in london nie ek is opad huis toe en ek hoop julle maak die jaar weer so.Wat dink jy van die nuwe bok afrigter?sien jy kans om saam met hom te werk of sou jy eerder vir Heyneke wou gehad het as afrigter
Answer
Ek sien kans vir baie in die lewe. As professionele sportman respekteer ek hom. Hy het 'n werk om te doen en ek het 'n werk om te doen. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:34
Question asked by : Bakkies
who is the best enforcer you have ever played with/against?
Answer
To be an enforcer you can't admire another enforcer.
Deesdae moet jy baie slim & ervare wees om 'n enforcer te wees, want daar is omtrent 10-12 kameras om die veld, citing is stresvol plus geel/rooikaarte kos 'n man geld. Player Name - Richard
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:39
Question asked by : Deon
Teen wie sou jy die graagste wou speel(span) in W C Final as jy kon kies en waarom ?
Answer
Die All Blacks. Want ek glo vas as ons teen hulle gespeel het, sou ons hulle ook gewen het. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:41
Question asked by : Tienie
Hey Bakkies.. Iets wat seker alle oud Rooies wil weet. Het jy jou rugby op Middelburg Tegnies, of HTS Vereniging geleer? Dankie vir great rugby!
Answer
By albei, maar by HTS Vereniging het ek groter geleenthede gekry om rugby my beroep te maak. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:43
Question asked by : Mike
Na watter rugbyspeler het jy opgekyk toe jy jonger was? Wie was die grootste invloed op jou loopbaan?
Answer
Mark Andrews was my held. My vrou (Carien), kinders en ouers, Ria en John. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:48
Question asked by : Jannes
Hey Bakkies, ek het gewonder as jy my kan vertel is daar dalk planne dat die bulle friendlies in die UK gaan speel teen uk clubs?
Answer
Daar was sprake, maar dit het deur die mat geval. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:50
Question asked by : Raymond
Vir watter speler in die Bulls groep het jy die meeste respek en hoekom?
Answer
Pierre Spies, omrede hy op so jong ouderdom so 'n ongelooflike verhouding met die Here het. Dit maak my bly vir die toekoms. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:51
Question asked by : Blou Bok
een laaste vraag Bakkies en ek soek n eerlike aantwoord asb,Dink jy nie Johan Roets is ingedoen om nie sy Springbok kleure te verdien nie?wel ek voel hy was die beste laas jaar en dis vir my hard om te aanvaar dat hy nie sy kleure gekry het nie
Answer
Dinge het nie sy kant toe gegaan nie. Hy is 'n groot vriend van my, dit gaan baie goed met hom en hy word oor 'n paar maande ook pa. Player Name - Bakkies
Posted on Tuesday, January 29, 2008 - 15:52
Question asked by : Administrator
Baie dankie vir jou tyd. Enige laaste woorde aan die ondersteuners?
Answer
Dankie vir al die ondersteuning deur die jare. Ons gaan ons allerbes gee om weer vreugde te bring vir julle. Sien julle op Loftus, God bless. Player Name - Bakkies