What do you think will the result be in Saturday's Absa Currie Cup match between the Vodacom Blue Bulls and the Vodacom Cheetahs at Loftus Versfeld?
Bulls by more than eight points.
Bulls by between one and seven points.
Draw.
Cheetahs by between one and seven points.
Cheetahs by more than eight points.
 


Johan “Mnr Veilige Hande” Roets
In ‘n era waar spelers altyd vir ‘n kortpad na sukses soek, is Johan Roets ‘n sprekende voorbeeld van die gesegde dat geduld lonend is.

“Roetsie” is nie jou gemiddelde rugbyster nie en hy het nooit Cravenweek-rugby gespeel nie. Trouens, hy kon op ‘n kol net-net die Affies onder 15 C-span haal.

Toe hy sy studies by Tukkies begin het, was rugby nie die eerste ding in sy gedagtes nie en was Johan meer as bereid om sosiale rugby vir sy koshuis te speel. Gelukkig het sy spel een van die universiteitsafrigters se oog gevang en is hy vir die onder-19 span gekies. Van toe af het dit aansienlik beter met sy rugby gegaan.

Ná hy ook vir die Tuks onder 21-span gespeel het, is hy gekies vir die Blou Bulle se onder 21’s. Hy het ‘n goeie seisoen met sy provinsiale span beleef en is selfs gekies vir die SA onder 21-span. Later is Johan ook vir die SA onder 23’s gekies op sy pad om ‘n gereelde lid van die Blou Bulle se seniorspan te word. Roets voel dat hy stadig gevorder het tot seniorrugby en dit het hom gehelp om voor te berei en gereed te wees toe die geleentheid aanbreek.

Johan geniet tans sy rugby en hy is net bly dat hy beseringsvry is en deel is van die Blou Bulle se veldtog om dit drie Curriebekers in ‘n ry te maak. “Die span het nog nie heeltemal sy ritme gevind nie,” sê Roets. “Dit is ‘n goeie span maar alles verloop nog nie vlot nie. Ons is egter steeds bo-aan die punteleer en dit is ‘n baie goeie posisie vir ‘n span wat weet dat hy nog kan verbeter.”

Roets het vanjaar veral die oog gevang met sy vermoë om sy eie skoppe weer uit die lug te vang. Vir Johan is dit iets wat nog altyd natuurlik gekom het. “Geo Cronjé en Victor Matfield oefen nooit om afskoppe te vang nie omdat hulle soveel natuurlike talent het. Ek voel dieselfde oor lugskoppe. Ek het nog altyd in myself geglo as ek vir ‘n hoë bal kompeteer,” verduidelik Roetsie. “Dit het baie te doen met jou houding en selfvertroue en as jy tydsberekening hierby voeg, sal jy meeste van die tyd sukses behaal.”

Die Blou Bulle se agterste driehoek het onlangs kritiek ervaar as die span se swak kol op die verdediging, maar Roets waarsku die Bulle se toekomstige teenstanders dat deurkomkans min sal wees. “Ons het hard gewerk aan ons swakhede en spanne sal agterkom dat ons nie sommer punte op ‘n skinkbord weggee nie.”

Roets wil ook meer betrokke raak op die aanval. “Ons het onlangs ‘n meer konserwatiewe patroon gevolg omdat ons te veel balle by die afbreekpunte verloor het. Daardie probleem is nou iets van die verlede en hopelik kan die agterspelers in die toekoms die bal meer lug gee.”

As die Blou Bulle ‘n bietjie meer avontuurlustig raak, kan dit dal Roetsie die kans bied om sy droom van die Groen en Goud te verwesentlik. “Enige provinsiale speler mik om de volgende tree te gee, naamlik om vir die Springbokke te speel. As ons die bal ‘n paar keer wyd kan neem en ek kan my eie spelpeil lig, kan ek wys wat ek kan doen en dan is daar altyd ‘n kans. Op die oomblik fokus ek egter net daarop om die Blou Bulle te help om die Curriebeker te verdedig. Dit is ons eerste verantwoordelikheid en enige iets anders is ‘n bonus.”

Roets is een van die min spelers wat tans by die Blou Bulle betrokke is wat al vir die span gespeel het voor die aankoms van die huidige afrigter, Heyneke Meyer, en volgens die heelagter het daar baie verander.

“Omtrent alles het verander. “Coach” het al die strukture verander en met sy eie vervang, veral wat die benadering tot vaardighede, aanvals- en verdedigingspatrone en ons fisieke kondisionering betref. Almal, tot die juniors, word op dieselfde manier afgerig.

“In die verlede was daar ook ‘n groot onderskeid tussen junior en senior spelers in die groep, maar nou is almal gelyk en die spangees is soveel beter.”

Roetsie se raad aan jong spelers is om, soos hy, nie jou loopbaan te forseer nie. “Jong spelers vra my gereeld wat hulle moet doen om ‘n provinsiale deurbraak te maak, selfs al is hulle nog net onder 19. Daar is spesiale spelers soos Derick Hougaard wat gereed is om met die hardebaarde te speel, maar hulle is die uitsondering eerder as die reel. My raad is om nie daarop te fokus om die span ten alle koste te haal nie, maar eerder om rugby tot die beste van jou vermoë te speel en dit te geniet.”


Other articles by Jou Helde
  • Rayno Gerber en Hottie Louw
  • Opwindende nuwelinge by die Bulls
  • Heinie Adams
  • Die Lynstaankoning Victor Matfield
  • Fourie du Preez



  • << BackPrinter Friendly

    Venue: Loftus Versfeld
    Date: 30 September Time: 17:00
    Full fixtures

    Sign in or register
    Email
    Password
    Click here if you have forgotten your password.
     
    TeamPldPts
    Vodacom Free State Cheetahs1349
    Vodacom Blue Bulls1345
    Vodacom Western Province1344
    The Sharks1343
    Lions1341
    Wildeklawer Griquas1325
    Medicover Valke1317
    @lantic Pumas134
    Full log

    23 September
    Lions 42 - 36 Western Province
    Cheetahs 37 - 35 The Sharks
    Griquas 22 - 60 Blue Bulls
    22 September
    Valke 64 - 41 Pumas
    16 September
    The Sharks 32 - 50 Blue Bulls
    Western Province 66 - 13 Valke
    Full results

    All material © SuperSport Zone 2005: Should you have any queries regarding this website, please mail SuperSport at info@bluebull.co.za