What do you think will the result be in Saturday's Absa Currie Cup match between the Vodacom Blue Bulls and the Vodacom Cheetahs at Loftus Versfeld?
Bulls by more than eight points.
Bulls by between one and seven points.
Draw.
Cheetahs by between one and seven points.
Cheetahs by more than eight points.
 


Die Lynstaankoning Victor Matfield
Konstante puik vertonings het al so sinoniem met die naam Victor Matfield geword dat sy vaardighede skaars die waardering geniet wat dit verdien.

Nie net het Matfield die reputasie verdien as die beste lynstaanspeler in die wêreld nie, maar hy staan deesdae ook bekend as ‘n speler wat sy man in die vaste los kan staan. Matfield sê dat dit alles aan die wedstrydplan te danke is.

“Heyneke Meyer verwag van al sy spelers om bal toe te speel,” verduidelik Matfield. “In die nasionale span, met Jake White, word die voorspelers wyer gebruik en bly ons in spesifieke kanale. Ek geniet dit om volgens altwee planne te speel omdat ek verskillende vaardighede vir die verskillende benaderings moes ontwikkel.”

Matfield beskik oor ‘n ysere wil om die beste in die wêreld te wees, veral in die lynstane. “Om bo te kom en bo te bly verg toewyding en harde werk. Enige slot is net so goed soos sy haker en stutte en hul moet ‘n verstandhouding opbou om ‘n eenheid te word. By die Bulls is ons geseënd met talle puik voorspelers wat die werk kan doen.

“Teen die Crusaders het Bakkies Botha vroeg ‘n bal gesteel en skielik het hulle nie geweet waar om die bal in te gooi nie en ons het eindelik tien balle by hulle gesteel omdat ons kalm gebly het terwyl hulle paniekerig geraak het. Die eerste paar lynstane in die wedstryd is van kardinale belang vir die span se selfvertroue.”

Matfield is die Bulls se “kaptein” van die lynstane en hy spandeer ure om die teenstand te analiseer en sy span se benadering te organiseer. Hy beskou Nathan Sharpe en die twee Ierse slotte as sy mees gedugte teenstand.

Matfield sê dat Super 12-rugby baie taaier en ongenaakbaarder is as Curriebeker-rugby en dat enige speler wat dink dat hy op dieselfde vlak kan meeding en sukses behaal, vinnig sy plek sal verloor. “Jy moet jou spelpeil lig.” As die speler met die meeste Super 12-ervaring in die span het Matfield ook die verantwoordelikheid om die span kalm te hou en die kaptein by te staan om die groep gefokus te hou.

Soos soveel ander spelers voor hom, praat Matfield met die grootste lof van die prestasies van Meyer met die span. “Met Heyneke as afrigter gaan dit nie net om die ontwikkeling van die individu se rugbytalent nie, maar die opbou van sy karakter as mens. Asy karakter het van die veld af, sal dit op die veld ook na vore kom, soos die Bulls en Blou Bulle al gewys het elke keer as ons afgeskryf is.

“Die spelers het nou drie Curriebeker-oorwinnings op die kerfstok en ons glo in dit wat ons doen, want dit het al in die verlede vrugte afgewerp. Daar is niks verkeerd met ons wedstrydplan nie en dit kan op Springbok-vlak ook werk.

“Selfs toe ons nie goed gespeel het nie, het ons nooit in die wedstydplan getwyfel nie en ons het bewys dat as ons dit uitvoer met die korrekte intensiteit en houding, sal dit werk. Om druk te handhaaf is die mees belangrike komponent van enige wedstrydplan.”

Soos mens kan verwag, sluit Matfield se loopbaan vele hoogtepunte in. Dit sluit al drie die Curriebeker-oorwinnings in, die Drienasies-wen en die oomblik toe hy ‘n Bok geword het.

Met rugby wat so ‘n groot gedeelte van sy lewe in beslag neem, kry Victor nie naastenby genoeg tyd om op homself te spandeer nie, maar wanneer hy die geleentheid kry, speel hy ‘n skafbare potjie golf vanaf ‘n elf voorgee. Hy is ook ‘n entoesiastiese wildjagter.

Matfield het reeds genoem dat hy nog sy rugby in Suid-Afrika wil speel wanneer die Britse Leeus hier kom toer in 2009 en daar is min twyfel dat hy nog vir jare sy teenstanders in die lynstane sal terroriseer.


Other articles by Jou Helde
  • Rayno Gerber en Hottie Louw
  • Opwindende nuwelinge by die Bulls
  • Heinie Adams
  • Fourie du Preez
  • Johan “Mnr Veilige Hande” Roets



  • << BackPrinter Friendly

    Venue: Loftus Versfeld
    Date: 30 September Time: 17:00
    Full fixtures

    Sign in or register
    Email
    Password
    Click here if you have forgotten your password.
     
    TeamPldPts
    Vodacom Free State Cheetahs1349
    Vodacom Blue Bulls1345
    Vodacom Western Province1344
    The Sharks1343
    Lions1341
    Wildeklawer Griquas1325
    Medicover Valke1317
    @lantic Pumas134
    Full log

    23 September
    Lions 42 - 36 Western Province
    Cheetahs 37 - 35 The Sharks
    Griquas 22 - 60 Blue Bulls
    22 September
    Valke 64 - 41 Pumas
    16 September
    The Sharks 32 - 50 Blue Bulls
    Western Province 66 - 13 Valke
    Full results

    All material © SuperSport Zone 2005: Should you have any queries regarding this website, please mail SuperSport at info@bluebull.co.za