What do you think will the result be in Saturday's Absa Currie Cup match between the Vodacom Blue Bulls and the Vodacom Cheetahs at Loftus Versfeld?
Bulls by more than eight points.
Bulls by between one and seven points.
Draw.
Cheetahs by between one and seven points.
Cheetahs by more than eight points.
 


Opwindende nuwelinge by die Bulls
Oor die afgelope seisoene het die Vodacom Bulls n basis van briljante spelers gevestig wat die franchise na nuwe hoogtes geneem het. Soos gereeld die geval is met sterk spanne, is dit soms moeilik vir nuwelinge om kleim af te steek in so n span, maar die Bulls het n paar opwindende nuwelinge na Pretoria gelok.

Hierdie nuwe spelers sal nie slegs die huidige spelers onder druk plaas vir speelplek nie, maar soos die onlangse beserings getoon het, is die deur altyd oop.

Die veranderinge is veral merkbaar in die voorry, waar Danie Thiart en Jaco Engels vanjaar reeds speeltyd geniet het met die beserings aan Andries Human, Richard Bands en Gurthr Steenkamp.

Thiart het tot dusver sy buiging vir die SWD Arende en Bulldogs gemaak en spog reeds met 77 provinsiale wedstryde agter sy naam. Op 25 kon die tydsberekening van sy skuif na die Blou Bulle nie beter gewees het nie. Danie is een van daardie rare stutte wat ewe gemaklik is aan die loskop- en vaskopkant, wat veral nou met die lang beseringslys van onskatbare waarde vir die Bulls sal wees.

Jaco Engels het ook reeds meer as 50 provinsiale wedstryde op sy kerfstok en aangesien hy net so oud soos Thiart is, is hy ook slaggereed om die volgende tree in sy loopbaan te gee. Engels is ongelooflik beweeglik vir n stut en het die Luiperds se Cravenweek-span op senter verteenwoordig voor hy ook vir die seniorspan uitgedraf het. Verlede jaar was hy deel van die Kavaliers se suksesvolle span wat vir die Curriebeker se Top 8 gekwalifiseer het en ook met WP afgereken het.

Die oud-Leeus-senter, Rudi Coetzee, is besig om sy loopbaan by die Bulls te herbou. Coetzee het vroeg in sy loopbaan reeds belofte getoon toe hy reeds op 20-jarige ouderdom Super 12-rugby gespeel het, maar onlangs is ander spelers bo hom verkies. Hy is die enigste senter by die Blou Bulle wat as veelsydig genoeg deur die afrigter, Heyneke Meyer, beskou word om sowel binne- as buitesenter te speel. Sy spelpeil tot dusver is genoegsame bewys van sy vasberadenheid om weer bo uit te kom.

Groot Dries Scholtz is geen vreemdeling tot die hoofstad nie en sy direkte spelstyl pas puik in by die Bulls se patroon. N hy die Curriebeker met die span gewen het in 2002 het Scholtz na sy familieplaas teruggekeer en Griekwas verteenwoordig, waar hy steeds enige speler seergemaak het wat sy 100kg-stormlopies probeer stuit het. Met die plaas nou veilig in familiehande kan Scholtz nou weer uitsluitlik op rugby fokus. Hoewel Scholtz ook n puik buitesenter is, het Meyer aangedui dat hy hom op binnesenter verkies.

Neil Powell het reeds Super 12-ervaring agter die blad met die Cats. Soos Scholtz het hy vanaf Griekwas oorgeloop en hy sal hoop om Fourie du Preez en Heinie Adams onder druk te plaas vir n plek in die groep. As die lang aard van die Super 14 en Du Preez se onlangse besering in ag geneem word, is dit waarskynlik dat Powell nog speeltyd sal geniet.

Die laaste seniorspeler wat na die Bulls geskuif het, is Trompie Nontshinga. Hierdie man beskik oor ware spoed en dit maak van hom n puik afronder, hoewel beserings hom weerhou het om te bou op die belofte wat hy as n junior getoon het. Destyds het hy n vleuelkombinasie met die ewe vinnige Tonderai Chavhanga gevorm vir die Cheetahs se onder 21-span en meer drie as sy vleuelmaat gedruk. Solank beserings wegbly, kan 2006 Nontshinga se jaar word.


Other articles by Jou Helde
  • Rayno Gerber en Hottie Louw
  • Heinie Adams
  • Die Lynstaankoning Victor Matfield
  • Fourie du Preez
  • Johan Mnr Veilige Hande Roets



  • << BackPrinter Friendly

    Venue: Loftus Versfeld
    Date: 30 September Time: 17:00
    Full fixtures

    Sign in or register
    Email
    Password
    Click here if you have forgotten your password.
     
    TeamPldPts
    Vodacom Free State Cheetahs1349
    Vodacom Blue Bulls1345
    Vodacom Western Province1344
    The Sharks1343
    Lions1341
    Wildeklawer Griquas1325
    Medicover Valke1317
    @lantic Pumas134
    Full log

    23 September
    Lions 42 - 36 Western Province
    Cheetahs 37 - 35 The Sharks
    Griquas 22 - 60 Blue Bulls
    22 September
    Valke 64 - 41 Pumas
    16 September
    The Sharks 32 - 50 Blue Bulls
    Western Province 66 - 13 Valke
    Full results

    All material © SuperSport Zone 2005: Should you have any queries regarding this website, please mail SuperSport at info@bluebull.co.za