With so many Sprinboks away, do the Vodacom Blue Bulls have a realistic chance of winning this year's ABSA Currie Cup?
Yes, we did it in 2003
No, I don't believe in miracles
 


The Vodacom Bulls thank their fans for their great support during the 2007 Vodacom Super 14 season.

Die Vodacom Blou Bulle se Besigheidsbestuurder
Die Vodacom Blou Bulle se Besigheidsbestuurder Ian Schwartz is oor die algemeen tevrede met die Unie se onder 18-span se vertoning op die Cravenweek veral as hy in ag neem hoe goed die Cheetahs vanjaar was.

"Dit sou lekker gewees het indien ons die Cheetahs eers Donderdag kon speel, maar ons almal het voor die toernooi reeds geweet die span van Bloemfontein is die een wat vanjaar geklop moes word.

"Verlede jaar het die Bulle 'n ongelooflike span gehad en vanjaar was dit die Cheetahs se beurt."

Spelers uit die bulkraal wat Schwartz se oog gevang het was onder andere St Albans se slot Mlungise Bali, Waterkloof se baljagter Marnus Schoeman en Pretoria Boys High se vinnige losvoorspeler Tendayi Chikukwa.

Schwartz het die hoogste agting vir Waterkloof en die SA onder 19-span se losskakel Francois Brummer maar sę die feit dat hy reeds voor die aanvang van die toernooi met 'n bobeen-besering gesukkel het, het sy reputasie nie baie goed gedoen nie. Hy is egter glad nie bekommerd dat Brummer gou weer sy ou vorm sal bereik nie.

Affies se groot slot Cornell Hess het Schwartz ook beďndruk maar die feit dat dié jong kęrel die afgelope 18 maande bykans sonder 'n ruskans rugby speel het, het op Cravenweek gewys.

Hess was verlede jaar reeds 'n eerste span speler by Affies, hy is in die wintervakansie vir die Bulle se Cravenweekspan gekies en daarna het hy vir die Bulle se onder 19's puik spel opgedis.

Ná die nasionale onder 19-kompetisie het hy aan die SA onder 19-proewe begin deelneem en daarna is hy na die oefenkamp en die węreldbekertoernooi. Hy was pas terug van die węreldbeker of hy moes weer vir sy skool speel en daarna was dit Cravenweekproewe en provinsiale wedstryde. Hy is tans saam met die SA Skole-span in Kaapstad en die kans is goed dat hy weer by die Bulle se onder 19's betrek gaan word. Hy kry dus nooit 'n ruskans nie en dit kan nie goed wees vir 'n enige skoolseun se welstand nie.

Schwartz sę die Bulle se senters Yondela Stampu en Simphiwe Mtimkulu was "solid" op die toernooi maar hy glo albei moet voortaan hulself op binnesenter toespits.

In die agterste driehoek het Affies se heelagter Gerhard van den Heever in elke wedstryd verbeter en uiteindelik op die laaste dag 'n reuse rol in die Bulle se oorwinning oor die Sharks gespeel.

Boys High se vleuel Tom Marothodi, wat vir die SA Skole-span gekies is, was ook 'n groot uitblinker maar Schwartz sę daar sal hard aan sy en sy skoolmaat Chikukwa se kondisionering gewerk moet word.

Spelers in die Limpopo-span wat Schwartz se aandag getrek het was die flank Wimpie van der Walt, Meiring de Clercq (slot), Marnitz Boshoff (losskakel), Dian Helberg (vleuel) en die groot buitesenter Chris Botha.

Die Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen se regtervleuel Alec Mhlanga en die loskopstut Trevor Nyakane het die Bulle se talentsoekers opgewonde gemaak, die Olifante se SA-atleet Riaan Arendse was iets besonders en as Schwartz 'n Speler van die Toernooi kon kies sou 'n man soos die Cheetahs se binnesenter Robert Ebersohn en SWD se kaptein Christiaan Stander (agtsteman) se name op die tafel geplaas kon word.

"As ek globaal na die Cravenweek kyk dink ek dit was 'n baie goeie toernooi en ek dink die SA keurders het raakgevat met die kies van die SA Akademie- en SA Skole-spanne."



<< BackPrinter Friendly

Click here for the latest videos
Venue: Bosman Stadium, Brakpan
Date: 17 August Time: 19:10
Full fixtures

Sign in or register
Email
Password
Click here if you have forgotten your password.
 
TeamPldPts
Vodacom Free State Cheetahs734
The Sharks726
Golden Lions719
Vodacom Blue Bulls718
Wildeklawer Griquas716
Vodacom Western Province715
Boland Kavaliers711
Valke71
Full log

11 August
Free State Cheetahs 44 - 18 Blue Bulls
Boland 10 - 15 Lions
Griquas 25 - 30 Western Province
10 August
Valke 22 - 45 Sharks
4 August
Sharks 22 - 42 Free State Cheetahs
Lions 45 - 24 Griquas
Full results

All material © SuperSport Zone 2005: Should you have any queries regarding this website, please mail SuperSport at info@bluebull.co.za