You need to upgrade your Flash Player
Choose your Blue Bulls Edition
My Profile  |  Logout
Live chat: Serfontein and Anthony


The coaches of the Vodacom Blue Bulls u.21 and u.19 teams, Nico Serfontein and Paul Anthony, will be available for a live chat on the site from 09h30 onwards on Wednesday 27 October.

The coaches will answer questions on their team selections for the Absa u.21 and Absa u.19 finals against Western Province in Durban on Saturday and talk about their chances to bring more trophies to Loftus Versfeld. Feel free to join in and post questions.



Print


Question & Answers
Jakkals asked:
Dagsê manne,
Geluk dat julle in die finaal is. Is julle bekommerd omdat die WP julle al twee keer geklop het?
Paul answered:
Glad nie bekommerd nie. In die eerste wedstryd weg van die huis het ons drie drieë teen twee gedruk en op ons tuisveld het ons drie keer oor die doellyn gegaan, maar die drieë is nie toegeken nie. Op 'n neutrale veld in die finaal, met TMO's kan dinge anders loop.
Stapper asked:
Goeie more. My vrae is:

1) Is Zane Botha beseer en is hy vir volgende jaar gekotrakteer?
2) Dit het op 'n stadium gelyk of Branco du Preez as skrumskakel gebruik word?
3) Moes G vd Heever nie 'n aantal wedstryde vir die O-21 gespeel het nie om vir die finaal te kan deelneem?
Nico answered:
Môre Stapper,
Ja, Zane is vir volgende jaar gekontrakteer en het herstel van sy kniebesering. Hy sal van volgende maand af voluit kan oefen.
Branco du Preez sien ek as `n moontlike puik skrumskakel as gevolg van sy vermoë om die spel te lees, skopvoet en vaardighede. Hy is tans by Paul Treu se sewesgroep betrokke.
Gerhard hoef geen wedstryde te gespeel het nie, aangesien dit `n onder ouderdomskompetisie is. Vodacom en Super 14 spelersreëls verskil uiteraard omdat altwee senior professionele kompetisies is.
Jakkals asked:
Gaan die twee senters regtig so 'n groot verskil maak? Is jy tevrede dat jou lynstane beter sal wees?
Paul answered:
Francois Venter was die SA o.20-senter en Bradley Moolman was SA Skole, so hulle is baie goed. Francois se besluitneming is goed en Bradley is baie fisiek en speel puik van Francois se skouer af. In die lynstane het ons baie harde werk ingesit en dit meer eenvoudig gemaak. Met Schalk van Heerden daar wat 'n natuurlike slot is, gaan dinge heelwat beter. Jacques Momberg se selfvertroue het ook baie toegeneem met die ingooie.
Lightningduck asked:
More Coach Nico en Coach Paul
Baie sterkte vir die Finaal.
Ons weet julle het alles om die trofee loftus toe te bring.
Sterkte ons dink aan julle!!!

paul answered:
Baie dankie vir die mooi woorde. Ons wil dit graag vir julle doen. Ons sal ons bes gee.
dave asked:
Is dit regverdig om spelers vir die finaal uit te laat (peet vorster, deon helberg) wat die hele seisoen hul bydrae gelewer het, ter wille van spelers wat Curriebeker gespeel het soos rossouw de klerk en gerhard van den heever?
Nico answered:
Dave,
Dit is seker die moeilikste ding in 'n afrigter se beroep om soms staatmakers soos Peet en Deon uit te laat vir belangrike wedstryde. Die afrigter bly egter verantwoordelik vir die prestasies van die span. In 2007 se o.21-finaal is Dewald Potgieter en Deon Stegmann nie oorweeg nie, al was hulle beskikbaar. Ons het toe besluit om hulle nie te kies nie, want hulle was by die senior span betrokke, Ons het daardie finaal verloor.
Die besluit is met Deon en Peet bespreek en vir hulle gaan dit ook oor die wen. Hulle ondersteun die besluit, al is dit moeilik.
Netblou asked:
Het nie 'n vraag nie. Wil net sê sterkte en vertrou ons hou daai bekers weg van Weer Probeer trofeekas.
Nico en Paul answered:
Dankie! Die spelers en bestuur voel presies dieselfde.
Jakkals asked:
Wie is julle skeidsregters en hoeveel invloed gaan hulle hê? Paul praat juis van die baie skoppe wat die verskil in hulle games was?
Nico answered:
Die o.21-wedstryd se skeidsregter is Tiaan Jonker. Hy verdien die finaal want hy was die mees konstante van al die skeidsregter. Hy is konsekwent en ek dink albei spanne voel dieselfde.
Paul:
Die skeidsregter is Jason Japtha. Hy is baie goed en sal beslis 'n verskil maak, want hy is baie goed by die afbreekpunt en ons dissipline daar is baie goed. Hy laat die spel vloei en dit pas ons. Hy is streng op die onkantlyn.
Netblou asked:
Ek neem aan O Kruger is by sewes?
Nico answered:
Okkie is `n senior en nie meer by die o.21`s nie.
Fish asked:
Coaches
Well done - ons is Saterdag daar om die jnrs te ondersteun. Ons glo in hulle.

Hoeveel en watter hakers is daar volgende jaar gekontrakteer? Daar is huidiglik baie talent
Nico en Paul answered:
Seniors: Gary, Chiliboy, Henri Bantjes en Zane Botha.
Daar is opwindende juniors wat deurkom soos AJ le Roux en Robbie Coetzee.
Daar kom drie provinsiale hakers by die o.19's. Hulle name sal later bekend gemaak word.
Henri Vermeulen asked:
Sterkte vir Saterdag manne. Dit is goed om te sien ons Junior spanne lyk goed en is vol talent!
Paul answered:
Dankie, ons wil julle nie teleurstel nie.
laagvat lingenfelder asked:
1. Paul & Nico, eerstens baie geluk met julle spanne wat die finale gehaal het. Dit is vir ons as Bul ondersteuners ‘n riem onder die hart, dat ons junior spanne so goed doen.
Daar is ‘n goeie kans vir reën saterdag. Hoe beinvloed dit jou span se voorbereiding, en julle wedstrydplan?
Paul answered:
Ons het voorberei vir reen, so dit is net 'n switch wat ons moet maak, want die patroon sal bietjie verander.
Deon asked:
Ek hou Vincent Koch al dop van o/12 dae af , hy het al die "skills" om dit ver te bring , my mening is dat julle hom mors . hy het stadig geword en word nie genoeg aangewend veral as baldraer nie. Elke keer wat hy as plaasvervanger opgekom het het julle skrums beter gelyk. Hy is egter Loskop nie vaskop nie.
Paul answered:
We know he is a loose head, he is still u.20 and gaining massive exposure, we have every intention in using him in the future. He has not lost his speed, in fact we believe him to be quick enough to play 1, 2 and 3. We have no doubt that he will come to the fore next year as a fully fledged u.21
bloubulblog asked:
Paul & Nico, wie dink jy is die sleutelspelers vir jou span?
Paul answered:
It will be a team effort, but we will bank on every individuals effort to make our effort a success
Louis Boshoff asked:
Sterkte coach Nico en bring die koppie huis toe!!
groete daar
Nico answered:
Baie dankie! Ons gaan ons bes doen.Goed om van jou te hoor.
bloubulblog asked:
Paul, jou span het by verre die meeste drieë gedruk in die ligafase. Gaan julle so aanvallend bly speel in die finaal, of gaan julle eerder meer konserwatief wees?
Paul answered:
The fact that we are down in Durban where the air is heavier, makes for an attacking game, because you can't get distance on your kicks. We will be looking for counter-attacks, because we have genuine pace in the backs. At the same time, our goal will be to play in their end of the field as they are defensively very strong.
We would like to play in behind them.
I have told the players to attack the space, no matter where on the field and that is the reason why we scored so many tries.
Ulrich asked:
More Nico em Paul

Wat het fout gegaan met ons O21 en O19 spanne teen die WP
Webbie answered:
Jammer ouens, die coaches moes hardloop om te gaan afrig. Baie dankie vir al die vrae en jammer vir almal wat nie antwoorde gekry het nie.


Post a question
Name
Email
City / Town
Question
You need to upgrade your Flash Player
Happy birthday to:
18 Nov. - Peet Snyman
18 Nov. – Adriaan Strauss
18 Nov. - Frans van Heerden
19 Nov. - Stanley Raubenheimer
20 Nov. - Cliffie Milton
20 Nov. - George Mostert (Jnr)
20 Nov. - Anton Pitout
22 Nov. - Johan Fechter
22 Nov. - Stephan le Roux
22 Nov. - Naas Rossouw
23 Nov. - Izak Beneke
23 Nov. - Juandré Prinsloo
23 Nov. - Burger vd Merwe
24 Nov. - Chivago Breda
24 Nov. - Johan Rainsford
26 Nov. - Gerhard Laufs
28 Nov. - Billy Anderson
28 Nov. - Frik du Preez
29 Nov. - Dewald Pretorius
30 Nov. - Donovan Fredericks