Onder-19's sluit liga met goeie sege af

articles.comments (0)

Die Vodacom Onder-19 span het sy laaste ligawedstryd van die Absa Onder-19 Provinsiale Kampioenskap goed afgesluit deur die Toyota Vrystaat met 45-14 te klop.Carlo Engelbrecht, Christiaan de Bruin, Dean Moolman, Jacques Rossouw, Lwandile Sompontsha, Roelof Smit en Vian Riekert het almal agter die pale gaan kuier. Rossouw was ook suksesvol met vyf doelskoppe.

Die Blou Bulle was 22-7 voor met rustyd.

Die span het tweede op die punteleer klaargemaak met 47 punte. Hulle speel nou volgende naweek in die halfeindstryd teen KwaZulu-Natal, wat derde klaargemaak het (38 punte). WP (50 punte) is bo-aan die punteleer en speel teen die Goue Leeus (34 punte).

Die wenners van die twee wedstryde speel dan in die finaal op die veld waar die Absa Curriebeker-finaal plaasvind.

Pin It

Oct 13, 2012
blue bulls U-19, Absa Under-19 Provincial Championship, Toyota Free State

(0) Onder-19's sluit liga met goeie sege af

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *