Vodacom Bulls coach Frans Ludeke will look at his next generation Vodacom Bulls players to deliver the goods in the Vodacom Super Rugby season after he named a youthful looking side to face the Cell C Sharks in the season’s opener in Durban on Saturday.
Regular captain Pierre Spies will lead a team on the field with a number of players on debut and a number of others with only a handful of caps, but will also have the luxury of Victor Matfield on the bench.
Matfield will join former Sharks AJ Venter and John Smit in becoming the most capped South African Vodacom Super Rugby players and will play in his 125th match at this level.
Deon Stegmann (groin) failed a fitness test on Wednesday and was not considered, which will give Jono Ross a starting opportunity in the number 6 jersey. His fellow flanker, Jacques du Plessis, will play in the number seven jersey for the first time after an appearance at lock in his Super Rugby debut in 2013.
Springbok scrumhalf Piet van Zyl, who joined from the Toyota Cheetahs, will play off the bench, as will Jacques Engelbrecht, who joined from the Southern Kings.
Ludeke was confident that he picked the right combinations for the opening match.
“We have identified certain areas where we will have to dominate and I think we have the right combinations in place to achieve that. This is going to be a typical South African derby with a lot of focus on the breakdown and to dominate the advantage line,” he predicted.
“We respect the Sharks, but if we are accurate and play our rugby in the right areas of the field, we should get some reward for that. Our focus will be to execute and to make sure that we protect our ball, as the Sharks will be keen to counter whenever we turn over possession.”
On Matfield’s inclusion, Ludeke said: “We all know what Victor is capable of. He showed in training and our friendly match that he is still right up there amongst the best and I am confident that he will make a telling contribution when called upon.”
Vodacom Bulls captain Pierre Spies said his side does not mind the ‘underdog’ status in Durban.
“The Sharks should be one of the pre-tournament favourites. They have a lot of Springboks in their team, have loads of experience in the decision-making positions and will be playing in front of a very passionate crowd. This is exactly the type of challenges we like as a team and will go to Durban with a lot of determination and motivation.
“We have some goals to achieve and worked hard to make sure we are ready to compete against any team at any venue. The younger guys in our team bring a lot of energy to our effort and I am pretty pleased to have them in my side, rather than playing against them,” Spies said.
The Vodacom Bulls team to play the Cell C Sharks (with Super Rugby caps) is:
Jurgen Visser (11), Akona Ndungane (96), JJ Engelbrecht (33), Jan Serfontein (12), Bjorn Basson (55), Louis Fouchè (21), Francois Hougaard (56), Pierre Spies (c, 102), Jacques du Plessis (1), Jono Ross (4), Flip van der Merwe (63), Paul Willemse (5), Werner Kruger (92), Callie Visagie (23), Dean Greyling (38). Replacements: Bongi Mbonambi (2), Frik Kirsten (31), Marcel van der Merwe (3), Victor Matfield (124), Jacques Engelbrecht (14), Piet van Zyl (32), Handrè Pollard (0), Ulrich Beyers (0).
Notes:
•If they take to the field, Handrè Pollard, Piet van Zyl, Jacques Engelbrecht, Ulrich Beyers and Marcel van der Merwe will all make their Vodacom Bulls debuts. Van Zyl (Cheetahs, 32 caps), Van der Merwe (Cheetahs, 3 caps) and Engelbrecht (Kings, 14 caps) have played for other franchises.
•If he takes to the field, Victor Matfield will become the second most capped Bulls player in VSR history (117 matches), only behind Mornè Steyn (123). He will also equal John Smit and AJ Venter (125 matches) as the most experienced South African player in VSR (117 Bulls, 8 Cats).
•Francois Hougaard is one try away from 100 VSR points.
•Coach Frans Ludeke (116 matches) will extend his record as the most experienced South African Super Rugby coach. He will also be the most experienced coach in the competition across all franchises.
Jeug en ervaring vir Vodacom Bulls in openingswedstryd
Die Vodacom Bulls se afrigter, Frans Ludeke, het sy troewe in die hande van verskeie opkomende Vodacom Bulls sterre geplaas toe hy sy span vir hul openingswedstryd in die Vodacom Super Rugby kompetisie komende Saterdag in Durban teen die Cell C Sharks gekies het.
Die gereelde kaptein en agtsteman, Pierre Spies, sal ‘n span op die veld lei met verskeie spelers wat hul debuut vir die Bulls gaan maak of slegs ‘n handvol wedstryde op die vlak gespeel het.
Spies het darem die luukse van Victor Matfield as plaasvervanger. Matfield kan hom by AJ Venter en John Smit aansluit as die land se mees ervare Super Rugby speler sou hy in sy 125ste wedstryd uitdraf.
Deon Stegmann is weens ‘n liesbesering nie oorweeg nie en Jono Ross sal die belangrike nommersestrui dra, terwyl sy mede-kantman, Jacques du Plessis, vir die eerste keer die nommersewe op die rug gaan hê. Du Plessis het verlede seisoen sy Super Rugby debuut op slot gemaak.
Die Springbok-skrumskakel Piet van Zyl, wat van die Toyota Cheetahs aangesluit het, sal van die plaasvervangerbank af speel, soos Jacques Engelbrecht, wat verlede seisoen vir die Southern Kings in die kompetisie uitgedraf het.
Ludeke meen hulle het die regte kombinasies gekies vir die wedstryd.
“Ons het sekere aspekte van die spel uitgeken waar ons wil domineer en ek meen ons het die regte kombinasies gekies om dit reg te kry. Dit gaan ‘n tipiese Suid-Afrikaanse derbystryd wees met fisieke konfrontasies en ‘n fel stryd rondom die afbreekpunt en die voordeellyn,” glo hy.
“Ons het baie respek vir die Sharks, maar as ons akkuraat is en die regte rugby in die regte areas van die veld kan speel, is daar nie ‘n rede waarom ons nie suksesvol kan wees nie. Ons fokus sal beslis op goeie balbehoud moet wees, want die Sharks gaan daarop uit wees om van omgekeerde besit aan te val.”
Hy meen Matfield se insluiting was ‘n gegewe. “Ons almal weet waartoe hy in staat is en hy het in die oefensessies en in ons opwarmingswedstryd gewys die vaardighede is nog daar.”
Die Vodacom Bulls kaptein, Pierre Spies, meen dit pas sy span dat die Sharks as gunstelinge beskou word.
“Hulle kan met reg as een van die toernooi-gunstelinge beskryf word. Daar is ‘n klomp ervare Springbokke in hul span, hulle het baie goeie spelers in die besluitnemingsposisies en sal voor ‘n toegewyde skare speel. Dit is egter juis sulke tipe uitdagings wat ons as ‘n Bulls-span wil aangryp en bemeester,” het hy gesê.
“Ons het sekere doelwitte wat ons wil bereik en het hard gewerk om seker te maak ons kan kompetered wees teen enige span op enige veld. Die jonger spelers in die span bring ongelooflike energie en dit spoor almal aan. Ek is bly ek speel saam met hulle, eerder as teen hulle.”
Die Vodacom Bulls span is (met getal Super Rugby-wedstryde):
Jurgen Visser (11), Akona Ndungane (96), JJ Engelbrecht (33), Jan Serfontein (12), Bjorn Basson (55), Louis Fouchè (21), Francois Hougaard (56), Pierre Spies (k, 102), Jacques du Plessis (1), Jono Ross (4), Flip van der Merwe (63), Paul Willemse (5), Werner Kruger (92), Callie Visagie (23), Dean Greyling (38). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi (2), Frik Kirsten (31), Marcel van der Merwe (3), Victor Matfield (124), Jacques Engelbrecht (14), Piet van Zyl (32), Handrè Pollard (0), Ulrich Beyers (0).
Notas:
•As hulle speelkans kry, sal Handrè Pollard, Piet van Zyl, Jacques Engelbrecht, Ulrich Beyers en Marcel van der Merwe hul Super Rugby-debuut vir die Vodacom Bulls maak. Van Zyl (Cheetahs, 32 wedstryde), Van der Merwe (Cheetahs, 3) en Engelbrecht (Kings, 14) het vir ander spanne in die toernooi gespeel.
•As hy opdraf sal Victor Matfield die Vodacom Bulls se tweede mees ervare speler in Super Rugby word. Dit sal sy 117de wedstryd wees, met slegs Mornè Steyn (123) wat meer gespeel het. Matfield kan hom by AJ Venter en John Smit aansluit as die land se mees ervare Super Rugby speler sou hy in sy 125ste wedstryd (117 Bulls, 8 Cats) uitdraf.
•Francois Hougaard is een drie weg van 100 Vodacom Super Rugby punte.
•Afrigter Frans Ludeke (116 wedstryde) sal die rekord as mees ervare Suid-Afrikaanse afrigter in Super Rugby verbeter. Hy is ook die mees ervare van die 15 afrigters in die kompetisie.
It's not how you start but it's how you finish the match that determines the result....our bench isn't all that bad we have quality to put up a fight against the guppies.
I am especially pleased for Du Plessis.....Bongi.....Willemse...Beyers...Pollard...Bongi and Marcel I believe they will make a massive difference this season.
Yes....I am not a Jono Ross fan BUT FL went for more bulk in the loose trio...pity Steggies is out injured....Louis Fouche is time to make a name for yourself lad hopefully you can prove me wrong this season.
Hou By Die Blou!!!!
Die res vand die span is solid, maar daar is baie ouens wat gan moet step-up. Paul Willemse het BAIE om te bewys, ek sou eerder Matfield en Flip op sy actual 4 posisie start.
Good luck
Die seisoen het nog nie begin nie en Steggiies is klaar beseer.
As my voorspelling hierbo nie reg is nie sal ek Maandag op die blog verskoning vra.
Jan and JJ...show them boys! Fouche...territory and penalties...thats all we want from you. Bjorn and Akona...chase those kicks and compete compete compete.
Werner and Dean...scrum boys!
GO BULLS
Soos Frans self se, numbers at the breakdowns. as die laaste CC game teen die cheetahs 'n maatstaf moet wees, moet Ross sy sokkies optrek.
excecution: wat basies beteken die baldraer kan ook nie geisoleerd wees teen 'n Bok trio nie en ook nie so regop soos 'n liniaal nie. Ek hoop Jacques du Plessis is goed gecoach in die afseisoen.
Skrumtyd teen die Bok voorry gaan yslik wees. ek is verheug oor die subs voorry. as ons die laaste 20 minute nog in die game gaan wees kan dit in ons guns tel.
ons wil in regte gebiede speel: Louis Fouche se skopwerk sal op die tiekie moet bly en sy kanse pale toe benut. Maar jy kan net in die regte gebiede speel as jy voorlangs domineer of jou opponente soveel foute maak dat jy hulle onder druk kan hou.
verdediging agter die gain line: die sharks hou ook van in contact charges. Ons manne gaan hul tackles moet ken om hierdie ouens agter die voordeellyn te keer.
balhantering in humiditeit: ons rekord op Kingspark in die laaste 5 games lyk heel skaflik. maar hierdie game word vroeg in Februarie gespeel. John Plumtree het opgemerk dat dit beter vir die Sharks is om vroeg te toer agv Durban se sweterige weer. dit kan die speeelveld dalk net gelyk maak.
Overall een helse challenge vir paar jong ouens om hulself te meet teen die Bestes. Hulle speel immers teen die betse pak in die reeks. hopleik sal die lynstane ons kan help om die Sharks te klop. Ons het verlede jaar beide games teen die Sharks net-net gewen oor twee redes:
Lynstane en dryfmale wat hulle konstant onder druk geplaas het;
Morne Steyn se akkurate skopvoet.
Kom ek volstaan maar net met die raad dat ons nie ons verwagtinge te hoog moet stel hierdie jaar nie, manne.
Heeltemal te veel Vodacom Beker vlak spelers, en te min Internasionale Bok gehalte spelers in hierdie groep.
Manne teen seuns is wat Saterdag vir ons wag. En ek hoop julle het genoeg realisme om te besef wie is die manne en wie is die seuns in hierdie vergelyking.
Welcome back.Lets not be blindly loyal nor excessively optimistic.
One positive: Its early season so the Sharks juggernaut may not be fine-tuned yet. Maybe we catch them when they are overconfident?
Pity that our two first choice loosies are already out of action.
I do get irritated how everyone picks on Jono. The man does not pick himself. How must his confidence be when he reads this? Its not his fault that Steggies is injured. Who else is there to play fetcher?
Die agterlyn laat my effens beter voel maar kan jy kan ook nie driee drul as jy die bal het. JS en JJ gaan saterdag tackle tackle tackle.
Bewys my verkeerd. Asseblief!!
Kortliks opgesom het die Bulle lank vooruit geweet dat ons 2007 sterre geleidelik sou begin uittree, maar sedert die verlies van ons kontrakterings guru aan die Bokke, het ons kontrakterings strategie eenvoudig in duie gestort.
Die eindresultaat is dat ons met n uiters onervare en ondergemiddelde Bul groep sit in vergelyking met enige seisoen sedert 2003/4.
Dis n tragedie dat die huidige stand van sake toegelaat is om te ontwikkel, veral as in ag geneem word watter platform die 2007-2010 goue era vir ons geskep het.
n Mens kan maar net jou kop skud in moedeloosheid, en wonder hoe op dees aarde ons in hierdie posisie beland het. Dit terwyl die Sharks net vooruit boer met helfte van die huidige Bok span in hulle geledere.
Ja swaer.
Jake White moet pasop, hy sal nog so mediteer oor ‘n sogenaamde Chinese militaris dan stamp die Bulle hom en sy spannetjie plat. Daar in die Sharktenk boonop waar meer trane as sjampein nog ooit gevloei het…
Hou by die Blou my Volk.., jy ook Shannow! Nitronic en Suidkaapbul try julle bes ook asseblief.
nie werk nie, is daar altyd 'n B of 'n C. So enige span sal sukkel om hulle hierdie jaar te
klop. Die bulle se span is nog jonk, die bestuur het Helse foute begaan deur al daardie
senior spelers te laat gaan, en nie toepaslike plaasvervangers te kry nie. Die spankeuses
lyk ook of dit weereens deur PYN in die g*t pienaar gemaak is. Maar nou ja, wat kan ek
se'. Sharks gan saterdag die wedstryd met gemak wen. Sharks by 16+.
Jy is inderdaad die "Ewige Optimis", en ek respekteer jou daarvoor.
Die punt wat ek maak, is dat die voorspelbare weeklikse geween en gekners van tande, en die holrug refrein: 'Ons het die spelers, so waar is die problem?", regtig onkundig is.
Die feit waarmee heelwat van die ondersteuners moet vrede maak is dat ons inderdaad NIE die spelers het nie. Dis nie die afrigter wat swak is nie. Daardie afrigter het 2 Super Rugby titels agter sy naam. Dis die kontrakteringsbeleid wat nie op standaard is nie.
Gee vir Frans Ludeke spelers soos Bismark en Jannie du Plessis, Beast Mtawarira, Willem Alberts, Marcel Coetzee, Frans Steyn, Lambie (noudat ons vir Morne verloor het), etc. etc. en hy vee almal voor hom plat.
Die rekordboeke sal wys dat Super Rugby kampioenspanne topgehalte spelers in gemeen het. Die kwaliteit speler is baie belangriker as die kwaliteit afrigter.
So om te verwag dat Frans n haas uit sy hoed moet pluk en spanne propvol huidige Bokke met n groep groentjies moet platvee is onsinnig.
Die manne wat meer verwag, en dan weekliks kop krap oor waar alles nou weer verkeerd geloop het, hierdie raad is vir julle.
Pas jou verwagtinge by die omstandighede aan, en probeer eerder regmaak wat verkeerd geloop het. Naamlik die kontrakterings strategie.
Dink ons kort n goeie skoonmaak aksie soos wat die Haaie gedoen het. Al Heyneke se harde werk v 2002/3 - 2007 word nou ongedaan gemaak!
I watched him a few years ago for the SA U20's and he looked like a really good flanker....
Big, strong and good fetching skills too.
How come he's not even in the big group of players????
I'm absolutely dumb fouded.....
Ek weet maar net hoe die spanne op papier vergelyk en kan daarvolgens op n logiese basis my persoonlike verwagtinge formuleer.
Stem 100% saam met Le Blues se kommentaar.
Wta dink jy gaan Saterdag gebeur?
Ek het ng altyd jou opinie respekteer. Keep on posting.
Dis vir my ook frustrasie gewees om die ooglopende bloopers met kontraktering te sien. Jy kan ngelukkig nie diesuper 15 ingaan sonder genoeg diepte nie. Ons moet weet die krisis was hoog in die feit dat victor terug is. Die spel is so vinnig en hard deesdae dat ons grootste vrees is nie diepunteleer nie maar beserings. Ek dink die voorste linie Bulle sal hulself kan laat geld, maar daarna is ek bekommerd, veral in die lostrio posisie. Ek sien hierdie super 15 ongelukkig soos verlede jaar se curriebeker: 'n leerskool. Maar dan wil ek byse dat ek nie wil he die leerskool moet ontaard in 'n dom getjommel nie. Dit was uiters frustrerend om die Bulle se Curriebeker veldtg te aanskou.
Ek dink op loftus sal ons kompeterend bly en mag selfs alons games daar wen. Weg vd huis af gaan ek baie versigtig enige voorpsellings waag.
4638365 112
Ek was op Loftus met meeste Curriebeker wedstryde en het die pyn eerstehands ervaar. Ek het die verslae Bulle ondersteuners gesien toe die Leeus besluit om die krane oop te maak in die tweede helfte en toe die Stormers met 14 man die span vol gate hardloop. So ek is een wat nogal lugtig is om sommer oorhemels positief te raak oor hierdie Super Rugby seisoen.
Daar is egter 'n paar dinge wat my versigtig optimisties maak, en ek wil dit net deel so uit my eie klein wereldjie.
1. Die verskil tussen CB en Super Rugby is in die ervaring om jou
Die Bulle het meestal maar 'undercooked' gelyk in die CB, en gebrek aan ervaring het goed uitgestaan. Die 'jonges' moes maar self die spit afbyt en het soms lelik tweede gekom - ten spyte van talent en potensiaal. Ons het egter nou 'n klomp spelers terug wat ervaring kan gee aan die jong klomp, en wat die algemene spelpeil van die span heelwat lig. Ek dink nie ons moet die kans om nou skielik tussen veel beter spelers te kan speel onderskat nie. Die jonges se spel gaan verseker lig. Of dit egter genoeg gaan lig om die finale verskil te maak op die uitslae sal ons maar moet sien.
2. Die ondersteuning-span is beter
Daar was een of ander stadium 'n artikel wat gegaan het oor die absolute sinergie tussen Heyneke Meyer, Frans Ludeke en Ian Swartz. Dit het vertel hoe die drie saam 'n ongelooflike gdugte span gevorm het. Ons het wel HM en IS verloor, maar ek reken ons het steeds HM erens in die agtergrond (nou wel met 'n oorhoofse hoed aan) wat sy insette vir FL gee. En ons moet nie die tyd wat FL gehad het om die patrone uit die 2013 seisoen te analiseer onderskat nie. Tyd sal wel leer of hy genoeg geleer en reg voorberei het. Die grootste vraagteken is seker steeds hoe sterk en hoe reg die topbestuur is om hierdie skip steeds op die regte pad te lei.
3. Voorbereiding was goed
In verskeie onderhoude het dit wel uitgekom dat die spelers lank laas so fiks en voorbereid was soos nou. Van die Springbok skrum afrigter se sessies met die Bulle tot die kondisionering en so meer was daar groot klem op voorbereiding gewees. Dit lyk wel asof HM vir al die spanne aangehits het om hulle kondisionering te verskerp, so ons sal sien of dit wel 'n bonus vir ons sal wees. En so ook die ander voorbereiding: was al die werk goed genoeg?
4. Die harte van die spelers
Om goed te doen moet jou self-geloof reg wees. My ervaring van die CB toernooi 2013 was dat die jong manne se self-geloof so effens gekwyn het. Wel, sover klink dit anders met die Super groep, maar die seisoen is nog lank en die grootste uitdaging gaan wees as die Bulle terugkom van Durban af met 'n verloor in hulle sakke of hulle dit kan wegsit en vorentoe kyk sonder dat dit hulle uitkyk beinvloed. Die Super groep van 2013 se self-geloof was goed, maar individue soos Francois Hougaard het gesukkel met dinge buite die spel, en dit kon gesien word op die veld. Hierdie jaar het hy nuwe liefde, nuwe motivering om sy plek in die Bokspan terug te kry, so dit kan net die res positief beinvloed.
5. Underdog is nooit te versmaai nie
Die Bulle het net die vermoe om teenstand postief te draai. Die 2007 seisoen was 'n goeie voorbeeld. Verloor teen die Haaie in Durban, speel die eindstryd weer daar en het 'n groot uitdaging gehad om daar te kom. En dan in die laaste sekondes druk ons die wen deur. Hierdie, saam met die vorige punt, kan 'n uitmuntende positiewe reaksie meebring as reg bestuur word. Selfs die meerderheid van die ondersteuners wat negatief is oor die voouruitsigte kan slegs positiewe energie in die span veroorsaak.
Wel, dis maar 'n paar punte wat ek as leek sien van my enige perspektief, en ek weet verseker nie alles nie. Wat ek wel weet is dat alhoewel my Superbru die naweek nie my span bo het nie, skryf ek hulle verseker nie af nie, en ek sien regtig uit na die seisoen, want enige iets is moontlik. Ons het die talent, ons het 'n paar sterre, ons het 'n kans. Verseker gaan ek trots my blou bloed uitleef in hierdie seisoen, want ons eet nie van die grond af nie. Maak nie saak hoe sleg dinge lyk nie.
GEE DIT HORINGS BULLE!!!!!!!!
Bulle bly die beste..