Spies nie tevrede na Durban slae

articles.comments (65)

Die Vodacom Bulls-kaptein, Pierre Spies, het sy span se onvermoë om hulle kanse te benut, as een van die groot knelpunte in hul 31-16 nederlaag teen die Cell C Sharks in Durban uitgelig.
Die besoekers het verskeie aanvallende lynstane afgedwing, maar kon eers in die 72ste minuut vir die eerste keer die Sharks se doellyn oorsteek. Die tuisspan se pak was weens Jean Deysel se geelkaart een speler minder op daardie stadium.
Jono Ross is oorgedryf vir die Bulls se enigste drie.
"Ons het doodeenvoudig nie goed genoeg gespeel om te wen nie. Dit is nooit maklik om hier in Durban te kom wen nie, maar jy moet die Sharks krediet gee. Hulle het ons tot 'n klomp foute gedwing," het Spies gesê.
"Ons kon nie vanaand die druk wat ons opgebou het in punte omskep nie. Dit was 'n slegte dag vir ons," het hy erken.
Die speeltoestande was boonop nie die beste nie.
"Dit is altyd baie bedompig die tyd van die jaar, so jy moet seker maak jy speel jou rugby in die regte gebiede. Ons het dit nie gedoen nie."
Spies was tevrede met die vertonings van die jonger spelers.
"Daar is wel 'n nuwe generasie wat deurkom en ons is besig om iets goeds te bou. Daar is heelwat spelers wat deurkom. Dit is die uitdaging van Super Rugby, jy moet jou spelers blootstel sodat hulle ondervinding kan opdoen."
Hy meen Victor Matfield se terugkeer gaan die span baie baat.
"Victor se ervaring en bydraes sal ons baie help vanjaar," glo hy.
Matfield het Paul Willemse in die tweede helfte vervang. Hy was deurentyd betrokke by die spel en het min van sy vaardighede verloor. Hy het wel 'n strafskop of twee afgestaan.
Die Bulls reis volgende week Bloemfontein toe, waar hulle Vrydagaand teen die Toyota Cheetahs speel.
"Ons sal terug wees.Ons sal moet teruggaan, hergroepeer en seker maak ons is volgende week beter," het Spies volgende week se doelwitte uitgespel.

 

Pin It

Feb 16, 2014
P

(65) Spies nie tevrede na Durban slae

  1. bluedog says:
    Wyse woorde deur Spies. Sy eie spel laat veel tewense oor. Ons moet egter positief bly en kyk hoe die seisoen vorder. Die sards het ook probleme. Ek dink van hul ervare spelers begin die games voel in die bene. Hul probleem egter. Feite is ons het drie driee op n skinkbord weggegee. Twee na speeltyd verby was in elke helfte. Iets om oor te herkou. Die vories was great. Spies moet egter bykom en vir eers van die bank af speel. Vleis op nr 8. Hougaardt moet gaan. Van Zyl op nr 9 en Pollard op 10. Steggues moet so gou moontlik terugkom of n ander nr 6 moet gekry word. Ross is nie die antwoord nie. Ons gaan swaar kry met al die spelers wat agter die pond en euro aan is. Was dit egter vir geld of steek daar meer agter dit. Winde van verandering moet egter begin waai by die bulle. Dalk moet ons kyk na n nuwe franchise met die leeus sonder enige verbintenis met die naam bulle of leeus soos australia tans beplan vir 2016. Tweedens moet bb23 en kie begin aanskuif vanuit hul gemaksones en plek maak vir iemand met nuwe idees en visie. Ek het egter hoop vir die bulle. Bietjie skaafwerk om die Pine gemors van die vorige drie jaar uit hul gestel te kry en siedaar. Sterkte vrydag met die cheetahs bulle. Ons hou julle dop. Altyd n blou bul.
  2. gravatar deon says:
    Ja wat,dalk moet Naas kom speel.Ons het mos laas jaar die rooi ligte gesien,maar ou Barend is mos slim.Vat die bestuur se pay en koop spelers,hulle doen elk geval niks.
  3. Dawid says:
    Ek is jammer dit is die afrigting wat 'n oneffektiewe oer wedstrydplan op ons ouens afdwing. Ons het baie talentvolle spelers in die agterlyn wat maar moet gelukkig wees oor ons afrigters net aan mauls werk gedurende die week. Wanneer punte daar is vat hulle, dit gee momentum. Ek is keelvol vir Bulle wat kantlyn toe skop en jy weet dit gaan 1 uit 100 keer actually op 'n drie uitloop. DIs 'n regtige swak opsie. Ju verloor niks om in die eerste halfte elke punt moontlik te vat nie. Frans Ludeke en die afrigting span die verloor is op julle. JJ en Jan kan baie meer doen as verdedig, en regtig speel eerder vir jong Pollard en se vir hom om nie willy nilly balle weg te skop soos ou Fouche nie.
  4. Vervang Hougaard en Fouche met Van Zyl en Pollard en sit vir JL Potgieter op die bank. Fouche bied ons niks nie, soos ons alreeds in 2012 se Curriebekerreeks gesien het. Die voorspelers was nie sleg nie, maar ons kort 'n "fetcher". 'n Behoorlike "fetcher" sou gekeer het dat die Sharks hulle vierdie gekry het. Ons moes net een bal afneem het in 4 min, maar ons kon nie. Stegman is alewig beseer. Die Bulle moet weer na Liebenberg kyk of hulle moet hulle trots in hulle sak steek en vir Schoeman gaan haal by die Griekwas.
  5. gravatar passdiebal says:
    Spies het hom doodgeskrik toe hy n turnover bewerkstellig het - hy het sommer die bal vir Reinch terugggee!. Van almal in die voospelers doen hy die minste. Solank FL hom gaan kies - as speler en kaptein draf ons met 14 man op die veld. Almal sien die behalwe BB bestuur en FL.
    kom ons kyk hoe lyk dit Vrydagaand teen die afkophoenders - of te wel die Cheetahs. Hulle was die slegste ooit.
  6. Homer says:
    We need a rethink of how we do things, if we have some ofvthe most exciting young backs in the country we need to use & utilise them! We need to strike the balance of using a strong structured pack with an exciting backline.
  7. Sharko says:
    Die Sharks het eintlik nogal swak gespeel in my opinie. Teen hierdie Bul span het ek ten minste 50 tot 60 punte verwag, of meer. Ek is nie heeltemal gelukkig met die Sharks nie. Pat Lambie het ook na die game gese hulle het swak gespeel. Ek is bly ons het die 4de drie gedruk - dankie Bulls, maar ek dink ons kon 7 of 8 gekry het.
  8. Sharko says:
    Homer, it doesn't help young exciting backs when they are getting smashed right out of their jerseys :-)
  9. Loftus says:
    Bulle julle was ongelukkig baie swak.Die skrum het gehou dankie maar daar is nie diepte om Botha en Steggies te vervang nie en met 3 losvoorspelers wat so min inpak op n game het sal ons nie n enkele game wen nie.Dit is ongelukkig die bestuur se skuld wat toegelaat het dat soveel spelers loop .Ek sien mense blameer steeds v Pine (en sal later ook v FL) maar hoe moet enige afrigter so groot verlies te bowe kom oornag? Dit gese hulle speel met n spelpatroon wat 3 jaar gelede gewerk het met FdP en Morne wat dit kon maak werk ,nie n laslappie span met minimale ervaring nie.
  10. Ek wil 'n klip in die bos gooi: Matfield is deel van die probeem by die Bulle! Die manier hoe hy vanaf die kantlyn met sy mede-spelers gepraat het wys my daar is nie dissipline nie. Hy ondermyn FL se gesag en hy was geen verbetering op Paul Willemse nie.

  11. bluedog says:
    Fl het goed gedoen met n groep spelers wat deur hm gewerf was as afrigter. Sy afrigtingsrekord by die leeus was baie swak. Sedert 2011 kon fl niks by die bulle vermag het nie. Geen trofees sedert 2010 nie. Hoeveel spelers het sedert 2011 die bulle verlaat en speel nou nog top rugby in europa. Spelers wat ons nog steeds n krag in die s15 sou maak. Hoekom is die spelers weg by ons? Wat laat n speler n top franchise wat die S15 oorheers het vir twee jaar sommer net loop. My antwoord is fl en pp. Die afrigters wat nie op standaard is nie. Bb23 en sy bestuur wat nie spelers wil behou nie omrede hulle glo in die blou strukture. Wat dit ookal beteken. Huidiglik vra ek wie is die afrigtingspan van die bulle saam met fl. Pine Pienaar en Pieter Rossouw. Dooie hout. Geen nuwe idees en spel patrone nie. Dalk moet die bulle begin kyk na afrigters uit NZ. Iemand wat spelers na die bulle sal terug lok soos hm in 2002. Ons is in n professionele era so die bulle moet professioneel raak. Super rugby 2014 is aan die gang en ons moet maar tevrede wees met ons tweederangse afrigters. Daar moet definitief veranderings kom vir 2015 en die maklikste manier om dit te sê is met n lëe Loftus Versfeld teen die leeus oor twee weke tensy die bulle hulself regruk. Spelers en afrigters moet besluit wat hulle wil doen. Geld is vir my n bysaak. As ek swak werk word ek gefire dit moet geld vir fl en kie ook. Hulle het nou genoeg kanse gehad om hulle self te bewys. I rest my case.
  12. gravatar Bluedog says:
    My Super team vir hierdie jaar is;
    Visser
    Engelbrecht
    Wss
    Js
    Basson
    Pollard
    Van Zyl
    Vleis
    Du plessis
    Stegman of liebenberg
    Van der merwe
    Willemse
    Van der merwe
    Visagie
    Greyling
    Reserwes.
    Mbonambi
    Kirsten
    Kruger
    Matfield
    Spies
    Hiugaardt
    Beyers
    Fouche.
  13. nitronic says:
    Spies kan maar praat maar hy was een van die wat niks passie gee vir die Bulle. Asb Toulon of wie ookal, koop hom nou. Dis tyd vir nuwe jong bloed wat ten minste wil speel.

    Ou FL hou voort met sy patetiese game plan. Ons kan nie Hougaard blameer as hy heeltyd moet skop nie, dieselfde geld vir die res van die agterlyn. Fouche is nog al die jare Vodacom CUp at best.

    Serfontein beter vining leer tackle. Visser was ok maar bied niks spesiaal nie. Akona was ok maar ook niks spesiaal nie.
  14. gravatar suidwester says:
    Ek lees in die beeld FL se Victor het groot inpak in die lynstane gebring. Dit is snert
    Willemse het goed gedoen beter as Victor.
  15. gravatar Lekkerblou says:
    My ratings vir die span.

    Visser-4/10(Hoe aan om skool kinder foute te maak.Drie voor half tyd sy skuld)
    Akona-6/10(Gee darem altyd 100%)
    JJ-5/10-(Kry nie kanse nie,maar lyk verdag op defence.Gaan te hoog in)
    Jan-5/10-(Kry ook nie kanse,maar sal spel moet lig)
    Fouche-2/10(hoe minder gese hoe beter)
    Basson-4/10(Kry nie kanse nie,maar sy werkverrigting is skokkend)
    Hougaard-2/10(Wat n teleurstelling)
    Spies-3/10(Kaptein lei van voor?)
    Du Plessis-8/10(Beste speler van die dag)
    Ross-1/10(Fetcher?)
    Flip-7/10(Doen sy ding)
    Willemse-6/10(Doen sy werk)
    Kruger-5/10(Beter geskrum,maar is die genoeg?)
    Callie-7/10(Behalwe vir die skewe ingooi.Baie goed gedoen.Dink hy vrek sterk skrummer)
    Dean-5/10(Nie te sleg nie,maar lyk oorgewig?)

    Reserwes

    Marcel-6/10(Baie woelig gewees)
    Bongi-6/10(Niks verkeerd gedoen nie.Net daai afstamp van Beast)
    Frik-5/10(Stillerig gewees.)
    Matfield-5/10(twee strafskoppe afgegee na mekaar.Goeie tackles ingesit)
    Vleis-7/10(Hoekom nie met hom begin nie????)
    Piet-7/10(Het n spark gebring)
    Pollard-5/10(Verdien n start bo Fouche)

    Komaan manne.Staan op!Go Bulls!!!!!
  16. gravatar Carel says:
    Well well well.. Ons het verwag dat die Shark moet wen maar ons het nie verwag dat die sharks op ons foute gan wen nie. Eerstens moet ek baie geluk se aan ons voor ry wat hulle man gestaan het teen die beste in die land. Julle was puik. Tweedens ons lynstanne was maar nog avarage maar kan sien daar is baie hoop vir die vaste 5. Ons los trio was nie in die game nie. Ons 19 Jarige flank wat einlik ook n slot kan wees was die beste van die 3. Ons vleuls het geen balle gesien nie en hougard was alweer op die beach in plaas van op die veld.

    Dan laastens.. Pierre. Lead by example boeta.. Jy moet jou game optel ook..
  17. gravatar zanbul says:
    Eerstens baie geluk sharks en aan jou Sharko(weet nie wat jy heeltyd op ons site maak nie) - maar soos jy se ons het beter gehou as wat die meesste van julle gedink het.
    Tweedens 'n skoonmaak is definitief nodig - maar dit sal duidelik nie die seisoen gebeur nie - so kom ons staan nou agter ons span asseblief.
    Derdens vra ek ons afrigter en bestuurspan om hulle koppe te laat lees. Ons probleem Saterdag dink ek was nommers 8, 9 en 10. En ek wonder hoekom? Miskien is dit dat hulle al 3 ten minste 8 tot 10 maande laas rugby gespeel het. En dan kry hulle 1 opwarming wedstryd om al daai stof af te skud. Ek weet hulle sal beter raak ma ek sou Saterdag met Veis Pieter en Handre begin het. Dink dis uiters swak beplanning aan afrigtingspan se kant.
    Kom ons hoop vir beter!
  18. gravatar BLOULAND says:
    Terug na die tekenbord vir Ludeke en keurders.

    Stap 1: kry 'n baie groot swartbord
    Stap 2: Kry baie kryt
    Stap 3: Staan almal langs mekaar in 'n ry
    Stap 4: En skryf dan almal 1000 keer uit:

    Hougaard is nie 'n FDP nie.
    Hougaard is nie 'n FDP nie
    Hougaard is nie 'n FDP nie.

    Stap 5: Skryf 1000 keer uit:
    Fouche is nie Morne nie
    Fouche is nie Morne nie
    Fouche is nie Morne nie

    Niks het verander van laasjaar nie, al die CB probleme word netso oorgedra na die Superreeks. As 'n generaal nie die troepe het om op 'n sekere manier oorlog te voer nie, dan moet hy of die regte troepe kry of sy aanvalsplan verander. Met die kontraktering gemors van laasjaar het ons klaar oorgegee en opgemors. Met dieselfde wedstrydplan maar nie troepe om dit te kan uitvoer nie, word die situasie nog erger.

    Hougaard, Fouche en Visser het glad nie die vermoë om die huidige wedstrydplan uit te voer nie, die hele span kan dit nie uitvoer nie, daar is nie fetchers om die skop en jaag uit te voer nie.

    So die ergste teleurstelling van Saterdag is dat ons opgedaag het met die dieselfde uitgediene plan van dryf en skop, en dit het ons niks gehelp nie.

    Ons moes laasjaar al begin het met 'n nuwe wedstrydplan met die jongspan, al sou ons verloor het in die CB, maar nou te laat om te verander. Die seisoen gaan laaaaaaaaaaaaaaankkkk wees.

    Dit is tragies om te sien hoe wat beloof was om 'n goeie senterpaar te wees, Jan en JJE, verander word in 'n onder gemiddelde senterpaar.
  19. gravatar werner says:
    Het die Bulle finansiele problem????? Asb Mnr Van Graan kom weer aanlyn en hou n ope vrae ,antwoord sessie - daar skort duidelik iets groot ! Die Bulle se balans staat moet baie goed lyk baie duur kontrakte is die afgelope paar jaar gestop. die is ook nie vervang met groot kontrakte nie?? Vertel ons eerder die waarheid - wat gaan aan ? ons kan nie die spelers blameer nie - van hulle is net nie goed genoeg nie ! Het die BB slegte beleggings gemaak en die geld is weg dat ons nie kan bekostig om ons eie (goeie spelers) te behou laat staan kwaliteit spelers aankoop! Koop nie die storie van ons kan nie meeding met pond of euro nie die Sharks en Province kon ???? Verduidelik asb!
  20. gravatar Blouland says:
    Aan die BB kontrakteerders

    Begin so gou as moontlik met Derick Minnie of Jaco Kriel te onderhandel.

    Ons het geen meer fetchers nie, want Stegmann is permanent beseer, en die ander het dit net nie.

    My span vir Vrydag:
    Basson
    JJE
    WS Smith
    Jan
    Hougaard
    Pollard
    Piet

    Vleis
    JDP
    Steggies of Wiaan
    Vic (k)
    Flip
    Kirsten
    Bongi
    Marcel

    Werner
    Visagie
    Dean
    Willemse
    Spies
    JLP
    Akona
    Visser

    Maar ja, soos ons die keurders ken gaan hul die span netso behou en die ouens in vorm probeer speel.
  21. gravatar Kaapse Bul says:
    Die probleem moet vierkantig op bestuur se skouers geplaas word. Eerstens wil hulle nie die gevaarligte sien as ander afrigters erken dat die Bulls voorspelbaar is nie. Die hoogskop en storm is net effektief indien die spelers wat dit uitvoer dit goed kan doen. Nou speel hulle weg van belowende spelers se sterk punte en forseer hulle om spel te speel wat vir hulle nie natuurlik kom nie. Met die wedstrydplan gaan die Bulls maar baie swaar kry in die reeks. Verder ontneem julle belowende spelers om vir die Springbokke te speel asangesien hulle nie na hulle sterk punte toe speel nie.
  22. gravatar Namib says:
    Kan nie sien hoe ons iets gaan bereik as die BBM nie hand in boessem slaan nie. Daar is groot fout. Spies se dae is getel J Engelbrecht is strate beter as hy. Huoghaard is glad nie n skrumie nie, sit vir P van Zyl daar. Soek baie dringend n ander losskakel. Solank as Ludeke name gaan kies, en nie spelers nie kan ons maar vergeet. Die BBM moet begin bele in goeie afrigters asook in goeie spelers. Hou op om "has beens" van ander provinsies te koop. A U B
  23. gravatar derkaiser3 says:
    Our problems start at the very top..

    We needed change 2 years ago and we will reap the rewards this year for not making drastic changes...
  24. gravatar Blouland says:
    Kaapse bul, goed gestel. Dit is presies die probleem.

    Ons kan nie meer die skop taktiek speel nie, want ons het nie die spelers om dit te doen nie. Ons unie is besig om toekomstige jong sterspelers se kanse om vir die bokke te speel weg te gooi. Met die huidige wedstrydplan en skakelpaar gaan Jan, JJE en Basson net slegter en nog slegter vertoon, nie naby die bokspan kom nie. So ook nie WS Smith in die toekoms nie.

    Ons is klaar op die agtervoet, as die keurders dieselfde 8-10 kies vir Vrydag, dan kan ons dieselfde resultate verwag as die afgelope Saterdag.
  25. gravatar Bloukaap says:
    As kleiner voorspelers dan vir Campese die ding doen, dan moet hy vir ons vertel hoe gaan dit met Aussie rugby? En hoeveel keer het die Sharks, behalwe vir Jordaan se drie, se agterlyn ons deurmekaar gehardloop? En, die Sharks het juis Campese se strategie gevolg na rustyd maar kon net 8 punte daarvoor wys.


    Ek twyfel as ek na die Sharks se pak kyk of hul vaste 5 lig in die broek is, voeg hierby Willem Alberts en Jean Deysel en jy het 'n paar groot manne. jake White is ook 'n voorstaander van groot loosies. Die Bulls was in die vorrye 2 kg swaarder as die Sharks. Ek he took nie juis iets anders gesien in die Cheetah-Leeu kragmeting nie.

    Die groot verskil is dat die Sharks ons ore aan gesit het met beweeglike groot voorspelers na rustyd en ons daar doodgemaak het. Jake White het sy span in die middae laat oefen en nie oggend en aandsessies gehad nie. Ek dink dit was baie slim strategie. Twee van die vier driee teen ons was agv swak turnovers wat ons 12 punte gekos het, en waarvan 5 punte ontoelaatbaar moes wees agv lynstaan (Victor Matfield is in die 2e helfde vir presies dieselfde oortreding gestraf).

    Die "glory days" vd Bulle is inderdaad verby en dit gaan interressant wees hoe die Bulle hierdie nuwe uitdagings gaan aanspreek. maar ek sal eers wil sien wat doen hierdie selfde span op 'n droee veld en met Stegman terug. Ons groostte downfall le soos ek verwag het, op nr. 10, waar Fouche warm en koud blaas en nie altyd goeie diens gekry het van Hougaard nie.

    Die beweeglikheid van ons agterlyn gaan ook baie afhang van hoe die middelveld gebruik word. jan Serfontein speel nog nie soos hy kan nie en is paar keer geklop, maar hy het 2-3 sterk lopies ingekry waarna ons strafskoppe of balbesit afstaan. Ons grootste werk le hierso.
  26. gravatar Rifrug says:
    Stem saam met Lekkerblou se "ratings" maar sou Dean en Werner elk 6/10 gegee het, miskien omdat hulle beter gedoen het as wat ek verwag het, Jurgens Visser slegs 3/10 en Louis Fouchè slegs 1/10.
    Net `n paar vrae.
    Leer ons ander slotte meer by Victor as hy saam met hulle speel as wanneer hy afrigter is? En bied Victor rerig soveel meer as David Bulbring?
    Sal Pierre Spies op huidige vorm by enige ander SA franchise span kry?
    Hoekom het Ulrich nie Saterdag speelkans gekry nie? Sou hy nie dalk beter as Jurgens gedoen het nie.
    Tensy daar `n "mirakel' plaasvind gaan ons `n lang seisoen hè.
  27. gravatar Bloukaap says:
    Rifrug

    Ek het nog steeds gemengde gevoelens oor Victor, maar sy teenwoordigheid is dalk net wat ons nou nodig het. Overall dink ek Paul Willemse het ook saam met Flip baie goeie vertoning gelewer. Flip speel van die beste rugby van sy loopbaan.

    ek is egter bekommer door die vorm van Hougaard, Spies en Fouche. Bygese, Fouche het eintlik in 2012 laas gespeel, maar hy he tmy nog nooit oortuig as die antwoord nie. hy het briljante momente in 'n game, maar ons soek meer konstantheid.

    Oor nr. 6 gaan ek my nie uitspreek nie, het reeds verlede jaar in Bloem gesien hy gaan nie die mas daar opkom nie.

    Ek stem saam oor Ulrich beyers. Hoekom 'n speler saamvat Durban toe as jy 26-9 agter is en hom steeds nie 'n kans gee nie.
  28. Gavin says:
    Ek love @Blouland se tekenbord idee! Ek wou nou die dag in my broek dinges toe ek oor die radio hoor Ludeke se hy wil die oefen game in Polokwane gebruik om te sien hoe die spelers in die patroon in pas. Hoe kan n top klas afrigter nie weet jy pas jou spelpatroon aan by die spelers tot jou beskikking, nie anders om nie!

    Vir wa tkoop ons jaar na jaar na jaar die beste junior senters in die land as ons die skrumskakel en losskakel net gaan se om alles weg te skop?

    Ek wens ook ons afrigters, en dit sluit Heyneke Meyer in al is hy nou by die Bokke, wil net uit beweeg uit die verlede uit. Ons het nuwe spelers wat nuwe goed kan doen. Hou op om altyd iemand in iemand anders te wil verander. Francois Hougaard moet Francois Hougaard wees en nie geforseer word om soos FDP te speel nie. Ek stry met almal wat se hy is nie n skrumskakel nie. Sy eerste game vir die Bulle ooit was teen die Highlanders op Loftus in 2008 as n 20 jarige, waar hy beter daai game gespeel het as FDP die hele seisoen - verskil was, hy't sy eie spel styl gespeel (ek besef die ironie dat ek ook nou na die verlede verwys hier, verskil is Hougaard is nie 36 nie, soos you know who). Dieslfde het met Francois Venter ook gebeur, 'n speler wat 'n lieklike pass het/gehad het word gedril om in so n stampkar te word dat hy laas jaar teen Griekwas nie n enkele pass gegee het nie. Weer want hy moet soos Olivier speel toe ons afrigters Olivier se spel styl ook opgeneuk het.
  29. gravatar Rifrug says:
    Nog een laaste vraag.
    Is daar enige ander organisasie wie se webbladsy deur "epresense" gedoen word? Praat van gebruikers-onvriendelik.
    Om bv. `n speler se profiel te sien is byna dieselde as om jou bestuurderslisenie by Madibeng munisipaliteit te gaan hernu.
    En wat is die doel van die teks wat `n mens moet intik hieronder? Kan dit 9/10 keer nie lees nie.
  30. G10 says:
    Ulrich Beyers het n skeet gehad in Durban, dink dis hoekom hy nie kans gekry het nie. Sou hom ook beslis eerder op heelagter laat speel. Onverklaarbaar dat n speler soos hy skitterende heelagter spel lewer regdeur sy jumior loopbaan, insluitend as junior springbok, maar ons mense sal hom weer enige plek kies behalwe heelagter.

    Ek het geen gemengde gevoelens orr Victor Matfield se terugkeer nie - dit is een groot fout wat aan ons afgedwing is deur Heyneke Meyer, wat terug verlang na die ou dae met sy ou spelers. Newsflash! ons het nie die wereldbeker gewen met Victor, Bakkies, FDP, Jaque Fourie, Morne Steyn en al die ander dooie ou hout way hy nou probeer terugbring nie, want al daai spelers was toe al oor die muur gewees en verby hulle beste.

    Sy terugkeer is eintelik n groot verleentheid want dit wys eintelik maar net hoe desperaat en onbeholpe ons bestuur en afrigters is dat hulle na sulke strooi halms gryp. Dis ook duidelik hy is as speler n ontwrigtended en ondermynende factor is in die span. Dit kan n mes sien van sy geskree langs die veld en dit was ook duidelik gewees in een van die oomblikke in die eerste helfte toe daar geleentheid was om vinige te speel van strafskop en die span toe hesitate want hulle wag vir instruksie van die kantlyn af. Dis ook absolute twak dat hy homself "inspeel" op Super Rugby vlak. Stuur hom Vodacombeker span of na die klubs toe om te sien of hy nog kan impak maak voor jy ons vlagskip span gaan beduiwel met sulke ondeurdagte belaglikhede.
  31. @G10, Sê hulle! Dit is tyd om aan te beweeg. Jy kan nie aan die verlede klou nie. Matfield was 'n briljante speler, maar ek dink hy ondermyn FL se gesag en hy plaas 'n demper op die jong spelers se kreatiwiteit. Ons het ook nie meer die spelers wat HM se wedstrydplan kan uitvoer nie. Hougaard sal nooit in sy lewe twee goeie skoppe na mekaar kan skop nie. Hy is 'n aanvalende skrumskakel en sy talente word gemors by die Bulle. Wanneer laas het hy met mening vanaf 'n lynstaan of skrum gebreek?

    Ek hoop ook nie ons sien 'n herhaling van die 2012 Curriebekerseisoen waar Fouche wedstryd na wedstryd sy gat-af gesukkel het, maar hulle kies hom elke keer.
  32. gravatar Qsport says:
    Die span van ons is deurmekaar dis asof frans die manne vra waar en hoe hulle wil speel en dit dan so toelaat.Ons moet dood eenvoudig net ons spelpatroon aanpas,want AL die ander spanne lees ons al te goed en dan die regte span op die veld sit.Ons het die regte ouens om die beste te word maar die bestuur gebruik hul verkeerd,sit hougaard op vleul waar hy sy beste rugby nog ooit gespeel het en nie waar hy verkies om te speel nie,piet van zyl is baie goed en die span gan soveel sterker wees met altwee van hulle op die veld in die regte posiesies.Pollard op die bank met jl potgieter wat eerste halfte speel en dan ruil hulle halftyd,jy het dan twee loskakels wat kan skop en hardloop in die span.

    Ek sal graag daai veranderinge wil sien en dan sien hoe die Bulle ophou skop en begin hardloopmet die bal,3 phases met voorspelers dan verder met ons agterlyn.

    Met 'n agterlyn soos : 9 - van zyl 10 - potgieter/pollard 11 - hougaard 12 - serfontein 13 - jj engelbrecht 14 - basson 15 - jessie kriel

    wie gan ons kan keer as ons begin hardloop met die bal en die bal begin rondgooi...?

    Hoekom kan ons afrigters nie dit raaksien sowel as die spelers dat dit die beste vir die span sal wees nie?
  33. Hewitt says:
    Dink die fout lê by die bestuur en die mannetjie wat nooit Ian Schwartz se skoene sal kan volstaan nie! Xander is die ou wat nuwe talent moet lok na Loftus, en moet toesien dat hulle wel goed genoeg is. Maar deesdae lyk dit vir my word daar net link en regs kontrakte uitrgedeel aan Craven Week sterre. Daar is baie manne wat nie Craven Week gespeel het, wat na skool ontwikkel in beter spelers as die "favourites" wat deur die Craven Week kom. Op die ou end is dit ongelukkig nie die spelers se skuld dat hulle in die diepkant ingegooi word nie. Meeste van die ouens is nog nie reg vir rugby op hierdie vlak nie, en ek is bevrees die strukture by die Bulle gaan maak dat hulle gaan verdwyn in die volgende paar seisoene. Die o/21's verlede jaar wat in die finaal van die CC gespeel het, was amper almal deel van die sukkelende Senior CC span, en hulle kon nie eers die WP se 0/21's klop in die finaal nie. Dit moes alreeds die gevaarligte laat flikker het. Kry iemand wat behoorlike talent kan raaksien, en weet wat om daarmee te maak. Verander bietjie die een-dimensionele uitkyk op rugby by Loftus! Ons het die manne op die punte wat kan afrond, maar hulle kry nooit die bal nie. Laat vir Hougie toe om sy natuurlike wedstryd te speel, en hou op om hom te dwing om in julle patroon in te pas. Dit is moeilik om kritiek te lewer teen die geliefde span van my, maar julle laat mens geen ander keuse nie! Julle word baie geld betaal vir die gemors wat julle Saterdag in daardie 80 minute opgedis het. Dit is eintlik 'n skande, wees bietjie trots op die werk wat julle moet doen!
  34. gravatar Erhard says:
    Dit maak nie saak wat ons sê of voel nie, ek sal baie verbaas wees as die span anders sal lyk as teen die Sharks (tensy daar besings is).

    Hougaard, Spies en Fouche sal eerste keuses bly vir solank as wat hulle kontrakte het.

    Ek voorspel dat die Cheetahs sal regmaak hierdie naweek, so ons sal Saterdag nog geen punte op die log hê nie.
  35. gravatar BLOULAND says:
    Ek wil aansluit by Hewitt se opmerkings hierbo.

    Dit is net so nou en dan wat jongspelers regtig 'n groot impak maak as 19 tot 21 jariges, dink aan Frans Steyn en Etzebeth. Lambie sukkel nou nog en kom stadig reg, maar vir die meerderheid jong spelers begin hul beste rugby eers so van 22 se kant af.

    So wat doen ons, ons mors al ons geld op jong spelers van ander provinsies, leer hul bietjie rugby speel, maar baie van hulle verlaat ons dan, omdat ons te veel middelmatige spelers op die boeke het wat volgens die afrigters en keurders voor hul in die tou staan, gee nie om hoe sleg hul vertoon nie. Twee groot verliese onlangs, Venter en Cooke.

    Nog 'n bewys van hierdie flater: Marnits Boshoff. Hy begin nou eers as 24/25 jarige sy beste rugby ooit speel. En was hy nie ook by ons nie ?

    So, wat ons moet doen is om uit ons eie unie en omgewing (ou Transvaal) te sorg dat ons ons beste jong spelers behou, en dan net hier en daar van buite ons grense 'n jong sterspeler of twee aankoop. Probleem van buite spelers is, is dat hul sukkel om lojaliteit en passie vir die blou trui te ontwikkel.

    Maar, wat die super en CB spanne betref, moet ons ons talent behou en sterspelers aankoop wat nou opgang maak. Ons kan nie al ons geld vermors op jongspelers wat omtrent 5 jaar gaan vat om eers reg te kom, of ons gaan verlaat net as hul eers reg is nie, soos Marnitz.

    So, gaan ons bestuur begin leer of aanhou voortploeter om die hele Cravenweek leeg te koop, en aanhou ou staatmakers verloor.

    Ons heel grootste probleem bly egter: 'n ouderwetse, uitgedateerde wedstrydplan wat die jongspelers nie kan uitvoer nie. Gaan die afrigters mans genoeg wees om dit te verander ?

    Ek twyfel, maar wie weet, dalk gebeur 'n wonderwerk ?
  36. gravatar Daniel says:
    Goeie Dag almal,
    Die Spelers is daar, maar die volgende:
    Waar is die Trots van die Trui ? Blou Bulle
    Die Speelveld Saterdag was gelyk vir Beide Spanne, die Sharks was net beter afgerig.
    My gevoel, as die speler nie " perform " is hy uit die span, as almal gespeel het soos Nr: 7. Du Plessis het ons gewen.
    Victor gee baie rigting aan die span.
    Ons sal moet n' " Fetcher ' kry, die afrigting by die afbreek /losballe moet beslis beter na gekyk word, die algemene afrigting van die spel, moet " getweek ' word, maw, viniger by die losgemale, dit is waar ons Saterdag verloor het.

    Groete.
  37. Riaan says:
    Ek is baie bekommerd oor Francois Hougaard se vorm, miskien moet hy eers n bietjie Vodacom Cup, Varsity Cup,ens gaan speel, en net weereens die basiese instink om skrumskakel te wees ervaar waar daar nie so baie druk op jou is nie, as in Super rugby? Blou Bul rugby begin by ons Agsteman, Skrumskakel en Loskakel, en Saterdag was al 3 swak. Pierre Spies is n ongelooflike atleet, maar op wat Saterdag uitgestal is deur hom, sal die huidige Springbok losvoorspelers nie uit hulle plekke gelig word nie.
    Hoop die volgende game laat ons weer brul!
  38. gravatar passdiebal says:
    Die WEBWERF ontwerper epresence het nie eers hulle eie webtuiste nie - nog in aanbou. Hierdie een is skokkend.
  39. gravatar Leon says:
    http://www.superxv.com/news/super15_rugby_news.asp?id=41486#.UwIiZoXm6J0

    Nou wat nou SANZAR?????????!!!!!!!!!!!!!

    Dis sulke dinge wat spanne miljoene rande kos!
  40. gravatar Bullsrbest says:
    We were robbed - again !!!!! They walked away with bonus points and we walked away with nothing and that one try should not have been awarded but it is going to be let through and going to be allowed ??????? What is going to be done about this - the whole game could have changed yet this kind of sh -- is allowed game after game after game ??? I am not saying we would have won but we would have at least got away with a better score - something has to be done. I am still not impressed with Spies or Hougaard and I think Van Zyl was superb when he came on - what a breath of fresh air and what a player :))) We needed to get the ball out to our wings and to let our two star centres have a go as well. Victor still as great as ever.

    I still say the BBRU made the biggest mistake in letting Morne go as well as so many others every year - don't you guys even try and fight to keep some of our players - instead just let them all leave every two years and we keep going back to the starting blocks. You guys are letting your fans down all the time but we keep coming back. I wish I wasn't such a Bulls fanatic and that my blood wasn't so blue I would run as fast as I could to another franchise but I could never ever do that - once a Bull always a bull. Perhaps it is time for some new management in our union ???
  41. Sharko says:
    Firstly, the Sharks won by 15 and secondly, did we replay the final in 2007 ?

    Nothing will be done about it. Steve Walsh might give you a half-hearted 'sorry'
  42. gravatar Bullsrbest says:
    Why did you sign up Jacques Louis Potgieter if you are not going to use him ??? He is good - I breathed a sigh of relief when I saw that on the news but he is nowhere to be seen - come on Ludeke this is about our name and our pride - we have got a Captain who hasn't had a decent game in the past three years - we have lost the best kicker in the world, we haven't got a fetcher, we don't get the ball to our only decent players and we still insist on using Hougaard when we now have Van Zyl. We have two good no 5;s and that is about all ???? How do you take one of the top unions in the world and let them get to this - come on guys wake up and smell the roses - didn't you see this coming last year already ?
  43. Sharko says:
    Leontjie....Die Bulle gaan nerens naby die top 6 kom nie so dit sal nie miljoene kos nie. Dit is nie die Sharks se skuld dat julle 5 of 6 van julle spelers elke seisoen verloor nie. And by the way, ek hoor stories daar is nog spelers wat beplan om te waai na die 2014 seisoen. Moenie julle tyd spandeer aan 'n drie wat verkeer toegeken was nie, spandeer eerder julle tyd aan hoekom die Bulle bestuur so swak is dat hulle spelers nie by die Bulle wil bly nie.
  44. Nico Burger says:
    Bulls sal backup ses vir Stegman moet kweek. 10, 2 en 15 posisies wek kommer. Pollard wys baie meer potensiaal as Fouche. Ek hoop nie hul bly konserwatief dink ook span keuses nie. Gee Kriel op 15 'n kans, of maak 'n plan anders gaan daar lang trane gehuil word. Hoekom kan 'n kopdokter nie vir Callie help om oor vrees met ingooie te kom nie? Victor moet maar eerder die bench warm hou en vandaar coach, dalk bietjie vroeg om te oordeel, maar reken die pace bietjie vinnig vir die 'ouman'?
    Hougard ook eers weer ou vorm en selfvertroue herwin, meanwhile nog werk vir die kopdokter, intussen lyk Van Zyl of hy kan 'zyl'!!
  45. Sharko says:
    Nico - julle piepie heeltemal die pot mis ou perd. Kop doktor gaan mooi niks vir julle reg maak nie. Begin in die begin. Julle verloor teveel spelers. Die probleem begin en eindig daar. Geen span, nie eers die All Blacks sal vir meer as 2 or 3 jare by hou as hulle 6 spelers moet verloor in elke af seisoen nie. Ek hoor daar is nog meer exodus vir julle ook. Dit is nie eers naby aan verby nie. Die spoed waarmee die Bulls spelers moet vervang is belaglik.

    By contrast the Sharks still have top line players coming in. JP Pietersen is still to join the team.

    En daar is een ander klein probleem maar dit is geheg aan wat ek bo gese het. Julle loskakels suig eiers. Selfs Boshoff by die Leeus is 'n beter opsie as enige speler wat op die oomblik vir die Bulle speel. Wat het gebeur ? Het julle gedink Morne Steyn sal vir ewig by die Bulle wees ?
  46. gravatar Barrybul says:
    Doesn't matter what we say on this blog, nothing came of our moans and gripes last season, the only way this will change is when the management admit they have a problem, doesn't seem as if they are as worried about the Bulls proud tradition as the supporters are, Hougie must be used as an impact player, Spies should look at himself in the mirror first, Visser not mature enough for this level of rugby, Fouche, well no comment, we can put an extra front on the field because we don't use the back row, the sharks were not as good as everyone thinks, against a more determined team they will loooooose! only way to fix this disaster is new blood, from the CEO to the last coach, I watched the game on TV between Sundowns and Ajax and was shocked at the state of the Loftus pitch, hope it isn't the pitch we will be using this season, looks a lot like the GWK field! confused at this stage! what to do?
  47. gravatar Paarlbul says:
    Ja hier kom 'n baie lang seisoen, maar miskien beter dat dit gebeur, want Bulle bestuur moet wakker gemaak word.
    Die Bulle sit met die SWAKSTE afrigtingspan. Frans Ludeke gaan die Bulle nog in die grond in afrig! Sedert Fourie du Preez se weggaan word sy onkunde nog verder gewys. Generaal Fourie is weg Ludeke, hy het nog vir jou baie kastaaiings uit die vuurgekrap en met hierdie halstarrige gameplan gaan die Bulle nog meer talent verloor!
    Word wakker!!
  48. gravatar bb1 says:
    sharko jy is lekker grootbek vir n ou wat se springbok span met white en al maar swak gespeel het. 1 2 3 het maar soos jy se gesuig soos eiers want ons het hulle maar ore aangesit en julle 10 is maar ook kak. As daar een voorspeler was wat uitgestaan het is dit jdp van die bulle so julle het gewen maar vir al die miljoene en name wat julle het, het julle maar eiers gesuig.
  49. Sharko says:
    White se Springbokke het 'n paar goed regekry wat ou Heyneke seker maar nooit sal nie. All Blacks geklop - vir Heyneke is dit maar nog steeds 'n nulletjie 0 uit 4 sover. Wereld Beker gewen - nou ja, as Heyneke die regte span kies kan dit nog steeds gebeur maar met sy lieftesverhaal met sekere spelers twyfel ek dit sal.

    En, Tri-Nations gewen. Heyneke kan nie 'n span bymekaar kry wat die All Blacks kan klop nie, so, ek dink nie hy gaan ooit die Rugby Championship beker wen nie.

    As die Bokke die wereldbeker wil wen, maak nou dadelik weer vir Jake White die Springbok coach.

    Maar met al dit gese, het Springbok rugby maar niks uit te waai met hoe groot pak die Bulle gekry het nie. Dit is 'n aparte issue :-)
  50. gravatar nitronic says:
    Kom aan manne laat ons nou nie kla oor daai try nie, you win some, you lose some. Ons moes eintlik 50+ teen ons gekry het.

    @Riaan, Hougaard is n scrumskakel met x-factor wat sterk is en die bal moet hardloop, maar hier by die Bulle word hy gedwing om die heeltyd te skop wat een van sy swak punte is. Sit hom in by Die Cheetahs, Sharks, Stormers en even Lions en dan sien jy wat hy kan maak.

    @Sharko ek gaan maar eers kyk wat maak Heyneke die jaar, as hy spelers soos Spies en Victor terug bring in die begin span, dan stem ek 100% saam BRING JAKE TERUG.

    Maar ek hoop maar hy weet wat hy doen. Ek dink nogsteeds Etzebeth en Pieter Steph moet ons twee slotted wees. Pieter Steph kan maklik die no 5 trui dra en Victor se skoene volstaan.
  51. gravatar Leon says:
    Sharko........
    Ek het niks gese van die Bulls nie, maar wel van spanne. Dit sluit 15 super rugby spanne in. As so iets gebeur met n sukkelende span en kom ons gestel hulle doen goed. (soos die cheetahs laas jaar) En dit kos hul dalk n uitspeel rondte!!!!

    Dis al wat my mening was!

    FYI Die Bulls het beter gedoen as wat enige vermoed het. BAR die 3(2) los driee, wat briljante driee was daarby.
  52. gravatar Suidwester says:
    Ek het n nare gevoel dat hulle vir Hatting die naweek gaan gebruik as slot. Hoop regtig nie so nie .
  53. gravatar louisk says:
    ek dink pollard en serfontuin het lank saam gespeel al so dink hulle sal n better kombinasie nou maak as fouche
  54. gravatar suidwester says:
    Ek lees : news24

    Bulls robbed by Sharks "try"' Sanzar confirmed the television match official made a critical error.

    refs altyd teen bull spellers Victor is vir die selfde gestraf. Kom Bullle Wys hulle die naweek !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  55. gravatar CALA says:
    More almal..

    Hier is my voorstelling van my span vir die naweek.


    15. VISSER
    14. JJ
    13. Serfontein
    12. Fouche
    11. Basson
    10. Pollard
    9. Van Zyl
    8. Ross
    7. JPD
    6. Vleis
    5 Matfield (CPt)
    4.VDM
    3. Kruger
    2. Visagie
    1. Greiling

    Los piere op die kant vir impak speler. En die rede hoekom die backline so lyk is omdat die back nie gebruik word rerig behalwe vir verdediging nie. En met die kom benasie sal dit die beste verdeding wees teen cheetas.

  56. gravatar Bullebakkies says:
    Daar is net eenvoudig te veel spelers in ons span wat nie goed genoeg is op S15 vlak te speel nie. Visser, Fouche, Ross, Spies...

    Hoeveel spelers in ons span sal nou in Heyneke se begin 15tal gekies word? Dalk Flip en JJ? Soos baie hierbo al gese het, ons topbestuur het ons in die steek gelaat wat kontraktering aanbetref. Die Haaie, Stormers het nie soveel topspelers soos ons verloor nie...hoekom nie? Iets is nie lekker by die Unie nie!

    Al wat ons gaan red is as ons vanjaar heel onder op die log eindig en die Direksie dan hopenlik wakker skrik soos wat die Haaie laasjaar gedoen het en veranderinge aanbring! Ons kort defnetief n nuwe afrigtingspan, kaptein en wedstrydplan!!





  57. gravatar Bomskok says:
    Ek dink nie ons het so sleg gespeel nie. Voor die tyd het ek gehoop ons kan die telling laag hou, en as dit nie vir die 2 soft tries en die drie wat nie toegeken moes word nie sou ons.
    Ons skrums was goed. Willemse was baie beter as Matfield en dit het die span verswak toe hy opkom.

    Hoe lyk die besering situasie? Ek hoop nie Ross speel weer nie. Fouche is swak en Serfontein was nog altyd overrated.
  58. gravatar Joffey says:
    I think the biggest thing here is that we have become very cynical of Frans Ludeke and the management around the Bulls and rightfully so. They have not taken a step forward into making changes and have instead hampered on past gone glories. The fact that we are the only union to have two sets of coaching set ups is mind boggling. That is like Arsenal having two sets of coaches for the Premier League and the FA Cup. Yet we do that in the CC and SR

    I won't argue we have lost some very big names and I am not speaking about players. I have always been extremely quiet on the way the team is run because I haven't been in that position and the same goes to them they cannot make any remarks on the job I do as a profession but what we as fans can offer them is constructive criticism

    We have a good solid core of players barring one or two that aren't up to standard we should do okay this season. That is all down to who and what is played. The thing is you can't ask F.Hougaard to play a kicking game, he is an attacking player, and you can't expect Basson to score tries if the game plan is to kick every ball away.

    Credit to the Sharks for not only playing decent rugby but for getting themselves in order. John Smit has done a terrific job in landing stellar sponsorship deals and to lure Jake White to Durban, that my friends is a union/franchise heading in the right direction. Instead we are hovering on the idea that Frans Ludeke can emulate past gone glories, I doubt that the Lions would ever welcome him back. Also it seems as though both the Stormers and Sharks are more suited to keep their players for a longer period of time than what we are capable of, even so that the Cheetahs are getting it right to lure decent players away from us..shocking!

    Giving away contracts to Craven week players left and right will not solve our problems instead we are creating a beast of dead wood players on the wage bills, that could have been used to get more settled players in the team.

    The problem Frans Ludeke is facing is that the current players at his disposal isn't that of 2010, instead he has players that are more suited to an attacking style of rugby. Wynand Olivier was good for what he was and that's about it, however Jan is by far more talented yet I don't believe that the current game set up we have is good for him. What this tends to do is to kill of younger players.

    Perhaps the captaincy is too much of a burden for Spies? But who else can take over the captaincy? the only player is Matfield, but is he match fit enough to last about 60 minutes?

    We are entitled to our opinions so let me throw a spanner in the works here. We let the current set up go and assign Jimmy Stonehouse as the new coach (for me is way more suited to the new style of rugby that is currently being played) we rotate the captaincy around Spies and Matfield but for the the future we give that role over to Arno Botha.


  59. gravatar FRANNABUL says:
    Bomskok, ek stem saam. Ons het glad nie so swak gespeel nie. 1 Skeidsregter/TMO fout en 2 ander deur ons self het ons gekos. Ons was hulle oor in die skrums, het goed voor gevaar en het meerderheid balbesit en gebiedsvoordeel gehad!

    Waar sommige mense op die blog daar aan moet kom dat ons met 50 punte plus moet verloor het gaan my verstand te bowe.

    @Sharko, as jy wil kla oor 2007 se wendrie van Habana moet jy dalk ook sommer die video 'n paar minute terug vat na waar Albert van der Berg kruip vir 'n drie met 4 minute speeltyd oor. Frans Steyn mis die maklike doelskop - as die arrogante Sharks nie vir Percy vroeg afgehaal omdat hulle gedink het hulle het klaar gewen het kon dit anders gewees het. Dieselfde Steyn skop ook nie die bal uit met die laaste beweging nie en siedaar die Sharks moet die proppe terug druk!


    Wat Joke White in 2007 WB aan betref kan hy sy sterre dank vir die volgende:

    2007 het All Blacks nie in al die Super 14 games gespeel nie en sodoende was dit maklik vir Bulls en Sharks om in die eindstryd te speel en momentum op te bou vir die WB - Bok span het hoofsaaklik uit Bulls en Sharks bestaan.


    All Blacks en Wallabies val uit in kwarteind

    Was dit nie vir Heyeneke Meyer wat ingegryp het met die rusie tussen Matfield en White nie sou Matfield wat speler van die wedstryd was in die final, nie eers WB toe gegaan het nie. Fourie du Preez was net so gatvol vir die arrogante Joke White.

    Wanneer Heyneke Meyer die WB wen in 2015 sal hy vir eens en altyd bewys dat hy 'n beter coach is as Joke White. En hy gaan dit wen met 'n WP Kaptein, spelers van alle ou SA provinsies wat oor see speel en spelers van al die franchises in SA. En o ja, sonder passasiers soos John Smit!


  60. gravatar Ralf Kalwa says:
    The comments by Joffey are spot on and if Bulls Management do not listen to this objective point of view they are making a big mistake. Well done Joffey.
  61. gravatar FRANNABUL says:
    Ek sou graag vir Vleis Engelbrecht op 6 wil he, Piet van Zyl op 9 en Pollard op 10!
  62. Bullsrbest says:
    I am so tired of this circus that once a great Blue Bulls team !!!
  63. Hewitt says:
    Net om aan te sluit by my kommentaar van gister, oor die kontrakte wat links en regs aan jong spelers uitgedeel word! Ek noem graag 'n paar name van spelers wat tans by ander franchises speel, na ons nie meer belangstelling in hulle getoon het nie:

    Marnus Schoeman - Griekwas - Uitstekende baljagter.
    Marnitz Boshoff - Lions - Het Saterdag gewys dat hy kan skop, hardloop en die agterlyn kan wegkry.
    Stefan Watermeyer - Hy was nog altyd 'n goeie senter, net jammer ons wou hom nie meer hê nie.
    Stefan Dippenaar - Kon 'n groot naam geword het, maar weens min kanse het hy 7's gekies.
    Jean Cook - Ons kon hom Saterdag baie goed gebruik het saam met Du Plessis, en Ross eerder op 8.
    Francois Venter - By ons het hy sy beste rugby begin speel, maar blykbaar is hy nie jonk genoeg nie.

    Ek is seker daar is nog baie ander, ek kan net nie so vinnig aan almal dink nie. As ek dit nie mis het nie, was Heimar Williams ook 'n Affies-speler, maar die Sharks het hom opgepik na ons talent van buite die provinsie gaan soek het.

    Nog iets wat ek wil noem, is die vertrek van Nico Serfontein 'n paar jaar gelede. My gevoel is nogal dat dit omtrent die tyd is wat ons Vodacom Beker en ook 0/21's nie meer so sterk was soos altyd nie. Hy het pad gevat omdat hy heeltyd homself bewys het deur die Vodacom Beker, die o/19 en o/21 CC in te palm, maar nooit in aanmerking was om met daardie jong manne van hom die pad na Senior afrigting te stap nie.

    Dieselfde het pas gebeur met Paul Anthony. Hy is sinoniem met die CC o/19 trofee, en elke jaar, selfs nog verlede jaar het sy span die CC vir die Bulle gewen, maar hy is nooit gebruik of betrek by die senior rugby nie. Waar sit hy nou? Hy het Saterdag reg agter Jake White gesit, en nou help hy die Sharks met die ongelooflike kennis wat hy het, want die Bulle hou vas aan Frans Ludeke en Pine Pienaar! Waar het Pine in elk geval vandaan gekom? Het hy al ooit iets bereik, voor hy bo die Bulle se junior afrigters as CC afrigter aangestel is? Ludeke het wel al twee keer die Super Rugby gewen, maar kom ons wees eerlik, dit was met die meerderheid van Heyneke se Bulle wat in 2007 gewen het, en met dieselfde blueprint. Nou werk daardie blueprint nie meer nie, en daardie spelers is long gone!

    As manne soos Nico Serfontein en Paul Anthony erkenning gekry het vir wat hulle by die Bulle gedoen het, sou ons dalk vandag in 'n beter posisie gewees het, met 'n beter gameplan en spelers wat gebruik word ten opsigte van hulle sterk-punte, en nie die patroon wat die huidige afrigters op hulle wil afdwing nie.

    Ek kan verkeerd wees, en van my feite dalk ook nie so korrek nie, so voel vry om my reg te help, of net bloot van my te verskil. Elke ou is maar geregtig op sy eie mening. Ek is net redelik g@tvol na verlede jaar se CC, om elke naweek uit te sien na goeie Blou Bul rugby, en dan 'n pot stront voor my te sien afspeel!

    Ek glo ons behoort die Cheetahs te kan klop die naweek, maar dit gaan definitief 'n baie lang seisoen raak vir ons. En ja, ons mag dalk aan die einde van die seisoen sit met nog spelers wat groener weivelde gaan soek.
  64. Sharko says:
    Sharks have signed Matt Stevens from Saracens. Just keeps getting better and better.
  65. Sharko says:
    Heyneke Meyer will complete his time at the Springboks having never beaten the All Blacks. That includes world cup 2015.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *