Ndungane reaches milestone as Ludeke changes three

articles.comments (36)

Akona Ndungane will become the ninth Vodacom Bulls player to play 100 Vodacom Super Rugby matches for the franchise when they take on the Blues at Loftus Versfeld on Saturday. The stalwart winger made his Super Rugby debut way back in 2005 against the Cats and earned his 50th cap for the Bulls in 2009, playing against the Reds in Pretoria.
Ndungane, who scored against the Blues in last year’s win in Auckland, will start in an unchanged backline, as all three changes to the starting line-up made by Vodacom Bulls coach Frans Ludeke, are in the forward pack.
Werner Kruger comes into the tighthead position for Frik Kirsten, who is suffering from a sore back. Flanker Deon Stegmann will start for the first time in this year’s competition. Stegmann has recovered from a groin strain and will replace Jono Ross at number six. Ross moves to number eight in place of Grant Hattingh.
Ludeke made one changes on the bench as well. A fit-again Mornè Mellett will make his first appearance for the team this year, replacing Kirsten.
“We are quite pleased to have Steggies back. He is an experienced campaigner and is not a Springbok for nothing. The Blues thrive on quick ball and Steggies will play a big role for us in slowing their ball down and creating turnovers,” Ludeke said.
“It also allows Jono to move to his more natural position at the back of the scrum.”
Ludeke was full of praise for Ndungane.
“What a player to have in your side. He had to work so hard to get back into rugby after suffering two broken legs in a row and I think I speak on behalf of everyone in congratulating him on this milestone in his career. He has been exceptional for us and I am privileged to be his coach,” Ludeke said.
The Vodacom Bulls team (with Super caps) is:
Jurgen Visser (14), Akona Ndungane (99), JJ Engelbrecht (36), Jan Serfontein (15), Bjorn Basson (58), Jacques-Louis Potgieter (43), Francois Hougaard (59), Jono Ross (7), Jacques du Plessis (4), Deon Stegmann (75), Victor Matfield (127), Flip van der Merwe (66, c), Werner Kruger (95), Callie Visagie (26), Dean Greyling (41). Replacements: Bongi Mbonambi (4), Morné Mellett (12), Marcel van der Merwe (6), Paul Willemse (7), Jacques Engelbrecht (17), Piet van Zyl (34), Handré Pollard (2), Ulrich Beyers (3).
Notes:
•Ndungane will play in his 100th Vodacom Super Rugby match for the Vodacom Bulls. The other centurions for the franchise are Bakkies Botha (100), Pierre Spies (103), Wynand Olivier (108), Fourie du Preez (112), Pedrie Wannenburg (113), Danie Rossouw (116), Victor Matfield (119) and Mornè Steyn (123).
•Fellow winger Bjorn Basson will play in his 50th match for the Vodacom Bulls. He also played nine times in Toyota Cheetahs colours. The winger, who holds the Vodacom Bulls try-scoring record in a season, made his Bulls debut against the Lions in 2011.
•Victor Matfield will play in his 128th match at this level, a South African record. He has played in 119 matches for the Vodacom Bulls and eight for the Cats.
•Francois Hougaard is one try away from 100 Vodacom Super Rugby points.


Ndungane bereik mylpaal teen Blues


Akona Ndungane word Saterdag die negende Vodacom Bulls speler om 100 Vodacom Super Rugby wedstryde vir die franchise te speel as sy span teen die Blues op Loftus Versfeld uitdraf. Ndungane het sy Bulls-debuut in 2005 teen die Cats gemaak en sy 50ste wedstryd teen die Reds op Loftus Versfeld in 2009 gespeel.
Die veteraan-vleuel speel in 'n onveranderde agterlyn, maar afrigter Frans Ludeke het voorlangs drie skuiwe aan die beginspan gemaak wat die Lions verlede naweek geklop het.
Deon Stegmann is vir die eerste keer in die reeks terug as baljagter na hy van sy liesbesering herstel het en sal in Jono Ross se plek speel. Ross skuif agtsteman toe in Grant Hattingh se plek. In die ander skuif keer Werner Kruger terug op vaskop in die plek van Frik Kirsten, wat 'n seer rug het.
Morne Mellett behoort ook sy eerste proesel van Super Rugby die seisoen te kry nà hy op die plaasvervangerbank gekies is (in Kirsten se plek).
“Dit is lekker om Steggies se bewese vermoëns en ondervinding terug te hê,” het Ludeke gesê.
“Hy is nie verniet 'n Springbok nie. Die Blues funksioneer op hul beste as hulle vinnige fase-besit kry en Deon het 'n belangrike rol om hul besit te vertraag,” glo die breier.
“Sy terugkeer gee ook Jono kans om na sy natuurlike posisie as agtsteman terug te keer.”
Ludeke het Ndungane geloof vir sy bydraes oor die seisoene heen.
"Ek dink ek praat namens almal in rugby as ek Akona gelukwens met sy mylpaal. Hy moes so hard werk om terug te kom na hy twee keer sy been gebreek het. Dit is 'n voorreg om afrigter van so 'n speler te wees," het Ludeke gesê.
Die Vodacom Bulls span (met Super-wedstryde) is: Jurgen Visser (14), Akona Ndungane (99), JJ Engelbrecht (36), Jan Serfontein (15), Bjorn Basson (58), Jacques-Louis Potgieter (43), Francois Hougaard (59), Jono Ross (7), Jacques du Plessis (4), Deon Stegmann (75), Victor Matfield (127), Flip van der Merwe (66, c), Werner Kruger (95), Callie Visagie (26), Dean Greyling (41). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi (4), Morné Mellett (12), Marcel van der Merwe(6), Paul Willemse (7), Jacques Engelbrecht (17), Piet van Zyl (34), Handré Pollard (2), Ulrich Beyers (3).
Notas:
•Ndungane speel in sy 100ste wedstryd vir die Vodacom Bulls. Die ander spelers wat reeds die mylpaal bereik het is Bakkies Botha (100), Pierre Spies (103), Wynand Olivier (108), Fourie du Preez (112), Pedrie Wannenburg (113), Danie Rossouw (116), Victor Matfield (119) en Mornè Steyn (123).
•Sy vleuelmaat, Bjorn Basson, speel in sy 50ste wedstryd vir die Bulls. Hy het sy debuut in 2011 teen die Lions gemaak en het voorheen nege keer vir die Toyota Cheetahs uitgedraf.
•Victor Matfield speel in sy 128ste wedstryd (8 vir die Cats), wat 'n rekord vir Suid-Afrikaners in die kompetisie is.
•Francois Hougaard kort een drie om 100 Vodacom Super Rugby punte aan te teken.

Pin It

Mar 05, 2014
Akona Ndungane

(36) Ndungane reaches milestone as Ludeke changes three

  1. gravatar POTBLOU says:
    Wat de heng is dit dat Jono Ross in die span moet wees!!!!!!Is hy met Ludeke se dogter getroud of wat.Die man hoort nie daar nie.
  2. gravatar Cala says:
    WAT SOEK ROSS ALWEER IN DIE SPAN??

    EK is rerig moeg vir hom wat nie present op die veld is nie.
  3. gravatar Cornelius says:
    Nou waar is Dewald Potgieter
  4. gravatar tom says:
    As ek die ding so kyk ---- het FL n plan met Jono Ross - kaptein Jono Ross ..... lmga
  5. gravatar Paarlbul says:
    He-he-he - Jono Ross die Bulls kaptein! Maar met Frans daar is dit seker nie vergesog nie!
  6. gravatar Blou boelie says:
    Jono, Jono, Jono.............WAT DE HEL. Wat rook die Ludeke kerel. Ross is op sy beste n Vodacom cup klas speler. Waar de $%^&$ kan hy beter wees as enige ander ou in die groep....ASSEBLIEF ! ! Geluk met jou 100 Akona - well done. Ne hel ek weet nie meer nie..................maar ag wat, EK HOU BY DIE BLOU ! ! ! ! ! ! ! ! Potblou, ek weet ook nie my maat, ek weet nie.
  7. gravatar Blouland says:
    Snorre het sy Januarie gehad
    Heyneke het sy Pienaar
    Ludeke het sy Ross
    En daar is niks wat ons daaraan kan doen nie, dit is soos siamese tweelinge wat nie geskei kan word nie.

    Verder is dit 'n goeie span, baie bly oor Steggies wat terug is, hoop werklik sy besering is iets van die verlede.

    Hopelik sal Kriel inkom op heelagter in die volgende wedstryd
    Dewald op agsteman
    Bongi op haker
    Wimpie as reserwe vir Steggies

    Lyk of ons weer reën weer gaan kry. Sterkte Bulle !

    O ja, hoe lyk die Vodacom span wat Saterdag teen die Griekwas speel ?

  8. gravatar Blouland says:
    Sou vir Vleis op agsteman gesit het, met Wiaan of Roelof as reserweflank.
  9. gravatar passdiebal says:
    Een ding is verseker die stadigste skrumskakel in die land sal in die span wees.... En die oudste senter op 12....
  10. gravatar Brett Bull says:
    Ja daar het ons dit, het so `n gevoel gehad FL gaan vir Jono plek soek, hy sien duidelik iets in hom wat die gewone man op straat glad nie raak sien nie. Ons het nou vir Fouche uit, sy foute was net meer sigbaar op losskakel, nou moet ons net vir Jono uit kry. Die man behoort duidelik nie in hierdie geselskap nie. Ek dink julle is reg hulle wil hom grootmaak as KAPTEIN. Kan dit net nie glo nie.

    Die res van die span lyk goed nou moet ons net ons gameplan so `n bietjie aanpas. Skop uit, jy wil nie die agterste driehoek van die Blues heeltyd op jou laat afhardloop nie. Vat hulle eerder aan by die lynstane. Maar dis mos nou nie moeilik om te verstaan nie, die Blues se groot krag lê in hul teenaanvalle en van ons krag lê in ons lynstane, waarom hulle dan aanvat waar hulle sterk is?

    Sterkte BULLS tekel hulle voos sodat hul asem opdroog op die hoeveld.
  11. gravatar FRANNABUL says:
    Na die wen is die minimum veranderinge aan die span te wagte. Ons het volgende week 'n loslootjie. Dewald en Wimpie vd Walt sal eers die week daar na teen die Sharks oorweeg word.

    Intussen moet ons hoop dit reen tot Saterdag. Sal ons pas om die Blues om 'n nat veld te pak!
  12. Wel manne dit lyk al beter ons is darem nou ontslae van Grant Hattingh. Nou moet ons nog net laat Visser, Visagie en Ross gaan dan kan ons begin ruggas speel.

    Span lyk okay. Ek sal nogsteeds iemand soos Beyers of Kriel in die diep kant in gooi op 15. Niemand kan swakker as Jurgen wees nie. Hy kos ons week in en week uit punte.

    BEGIN MBONAMBI!!!! Visagie sien mens nie op die veld nie

    Jaag Ross weg en begin vir Vleis.

    Gee Piet 30 min speel kans. As jul Hougaard op veld wou hou skuif hom vleuel toe.
  13. gravatar Werner says:
    Wat moet "JONO ROSS' nog doen on uit die span te kom?????? Hy sal soos reeds genoem is in geen ander Super 15 span plek kry nie?? hou hon vir Vodacom Cup. Anders lyk die span nie te sleg sou graag vir Vleis,Beyers en Mbonambi in begin span wil sien, HOOP sTEGGIES MAAK VOLLE GAME ! Waar is ons aanwinste uit Japan /
  14. gravatar Theo says:
    Stem met die meeste mense saam oor Ross. Vleis 'n beter opsie. Hoop net die manne uit Japan is gou beskikbaar.
    Iets wat my naar maak is die gerugte dat Swanepoel op pad Sharks toe is. As dit so is, weet ek nie meer nie. Die mense wat na ons beter spelers moet omsien en goeie kontrakte moet aanbied moet flippen wakker word.
    Swanepoel is verseker een van die beter senters. Wat doen ons as ons 'n senter krisis het soos ons met ons lostrio gehad het.
    Kan management vir ons se of Swanepoel weggaan of nie.
  15. gravatar Theo says:
    Sorry. Die mense wat na al ons spelers moet omsien ( en nie net die beter ouens nie )
  16. gravatar Paarlbul says:
    As dit waar is van Swanepoel dan is dit baie jammer. Ek weet nie so mooi hoe die beplanning loop nie. Vir die afgelope paar jaar is dit ooglopend hoe baie die Bulle op senters gekonsentreer. Jonges en nuwes en stokoues (Murray). Dan besluit hulle om vir JJ senter te maak?? Ewe skielik is daar 'n hoop senters en wat gebeur nou - die jongeres met die meeste potensiaal begin uitwyk! Sal nie verbaas wees as Small-Smith die volgende gaan wees nie.
    Dit is nou skitterend.
    Ek wil net nie by wees as Hougaard of van Zyl seer kry nie, want dan is Paige ons voorland!!!!!
  17. gravatar Blouland says:
    Wonderlik hoe ons as ondersteuners saamstem oor spankeuses en wedstrydplan, maar die afrigters en keurders nie ?

    Wil 100% saamstem met wat Bret Bull gesê het hierbo.

    Moenie uppies skop nie, dit is soos om selfmoord te pleeg teen een van die beste spanne wat teenaanvalle betref. Skop 'n paar dewalds = skop vir die hoeke, rolskoppies en sit groot druk op hul met sterk verdediging en ons lynstane wat ons sterkpunt is. Bly om te sien JDP word meer gebruik in die lynstane.

    Hoop daar is ook aandag gegee aan hierdie 2 sake

    1. vinniger of glad nie skop as iemand die bal gaan afstorm nie, kan nie 14 punte pasella vir Blues gee nie

    2. Die voorspelers moet leer om baie meer kop omlaag, skouers omlaag te dryf. Veral Dean en JDP moet dit vinnig aanleer. As hul laer gaan dryf gaan hul 5 meter verder veld wen en die balbesit ook behou.

    Komplimente ook aan ons skrum wat baie beter lyk, ook bly dat al ons stutte beter skrum en speel, veral Dean en Werner.
    Hougies lyk beter as hy sy eie game speel.


    Hier is my ideale span as almal beskikbaar is (behalwe die langtermyn beserings)

    Kriel Hougies JJE Jan Basson JLP Piet
    Dewald JDP Steggies Vic Flip Werner Bongi Dean
    Reserwes: Mellet Callie Kirsten Willemse Vleis/Wimpie Pollard Dries Beyers/Visser

    Wil graag vir WSS of Dries saam met Jan op senter sien, met JJE op vleuel, maar dit lyk of dit gaan gebeur nie.

    Kan iemand op hierdie span verbeter ? ;-)
  18. gravatar Leon says:
    Tussen Ross wat in die span is en Swanepoel wat blyk of die sharks hom soek het die bulls keurders nounet my dag belemmer!!!!!!!!!!!

    Geluk Akona jy is/was nog altyd n staatmaaker. Geniet jou laaste jaar ou groote!

    Verder lyk die span goed baie dankie.
  19. gravatar Blouland says:
    Ons moet hierdie senters vas kontrakteer vir die komende jare

    12) Jan en Ruan J van Rensburg
    13) WSS en Dries

    JJE as vleuel saam met Mastriet, Basson en Ismael
  20. gravatar Leon says:
    Totaly agree Blouland. Acualy it should have been donea long time ago!!
  21. gravatar Victoriabok says:
    http://www.supersport.com/rugby/blogs/brenden-nel/Loftus_the_land_of_mixed_messages



    Loftus - the land of mixed messages


    by Brenden Nel 05/03/2014, 07:25




    It was just under a year ago that I happened to be sitting at Trademarx, the restaurant next to the Vodacom Bulls’ training field and overheard a conversation.

    It involved two of the young stars at the union, discussing their futures. One was loose forward Jean Cook and the other IRB under-20 Player of the year nominee Shaun Adendorff.

    “I’m not happy,” Cook told Adendorff, “I’ve got an offer from the Cheetahs, and I think I’m going to take it.”

    “I think I’ll come right with the Sevens team,” Adendorff answered, both looking distant and not in the best of spirits.

    I decided not to approach them at that stage, as there was so much else going on. Several of the Bulls Springboks had already announced they were heading to clubs in Europe, while others were openly talking to me about the Bulls’ new policy of recruitment.

    It was the same policy that saw players such as Dewald Potgieter, Jano Vermaak and Willie Wepener offered half their salaries to renew their contracts.

    Now I don’t know anyone who would take a 50 per cent salary cut and then expect to stay loyal to the same employers that treated them so badly.

    The Bulls were telling all who would listen they couldn’t afford to match the European and Japanese salaries, when in private they were simply making the decision very easy for the players to leave. You have to wonder why, especially as the likes of Potgieter, Vermaak and Wepener (not to mention Jacques Potgieter) were all still under contract until after the Currie Cup. All were released before the domestic competition started and, in retrospect, could have made a telling difference to that side, which missed out on making the semifinals of the competition.

    All the time the Bulls were selling the tune that everyone was happy, nobody wanted to leave and that the exodus was made so by the falling rand, and players wanting to make a quick buck overseas.

    Roll ahead to 2014.

    With all that in mind, Adendorff now at the Sevens, Cook at Free State and a host of young players in this Bulls squad, the scene was set for their Super Rugby campaign.

    The management, along with those who are responsible for contracting at the union, were now selling the line that “the next generation” needs to make the step up, they need to take over the mantle from those who have left.

    Which is all good and well, until the injuries of Arno Botha and Pierre Spies came about.

    Suddenly, after two opening losses in the competition the youth policy seems to have been abandoned, and now the Bulls look like they’re on a shopping spree second to none.

    Already we’ve seen the signings of Wimpie van der Walt (on a short-term contract) and the return of Dewald Potgieter – never mind that the Bulls basically forced him to leave last season when he wanted to stay.

    Then there have been the reports that the Bulls want to sign Juan Smith, the experienced Bok flank who is playing his rugby at Toulon after a two-year injury absence.

    When I heard about Smith, I made a phone call to Xander Janse van Rensburg, who is the High Performance Manager at the Bulls, and asked about Smith.

    “Yes, we’re interested in him,” he told me.

    “But he’s 32?” was my answer

    “But he’s playing the best rugby of his life, did you see his last game?” he fired back.

    “But he’s 32?” I said again.

    The point being that even if the Bulls signed Smith, he would have a maximum of a season at the union. He’s a short-term option. Whatever happened to backing the youth?

    Some of the coaching staff tell me the youth policy has been shelved, that the Bulls “don’t believe in the youngsters anymore”. I certainly hope this isn’t true. Jacques du Plessis has been great in this year’s Super Rugby tournament.

    The mixed messages coming out of the union are strange in themselves. Do they believe in the youth brigade or not? Are they backing their systems or not? Or is it an admission that the systems have failed and the young players are not up to it?

    Was last year’s decision to let all that experience go a mistake? It certainly seems, by bringing back Potgieter, they’re at least partly admitting to it.

    It’s all a far cry from the way things were done when the Bulls were on top of their game.

    Back then, when Ian Schwartz was High Performance Manager, it was a rarity that any player wouldn’t be sewn up when the negotiating window of 1 June opened up. Schwartz, who is now Bok team manager, used to privately tell us that if the Bulls hadn’t signed a player by that time, they were content to let him go.

    There were few exceptions, few players who left who actually went on to better things at other provinces. Adriaan Strauss is one. Bryan Habana – although it is debatable if his provincial career was better in Cape Town – was the other. In both cases the Bulls didn’t want the players to leave, and in both cases family members held sway over the decisions.

    Since the change in management the Bulls have lost the likes of Cook, Adendorff and CJ Stander. They backed Louis Fouche over Marnitz Boshoff, they let the two Potgieters go (and look at the impact Jacques has made at the Waratahs).

    Add that to the coaching decisions – to bring in Jacques-Louis Potgieter and leapfrog Handre Pollard and the continued backing of Callie Visagie over the talented Bongi Mbonambi and it is clear that some decisions are taken on the whim.

    There is no clear and concise policy to recruiting anymore. Rash decisions are made and, in the long term, the team will pay the price. The edge the Bulls always had over other unions is gone.

    Now they sit and try to rebuild while plastering cracks when backing their systems should be the way forward.

    Don’t be surprised should this continue andyou hear of more young talent heading away from Loftus. The warning signs are there.

    If only those who are in charge will see it.
  22. gravatar blou.sakkie says:
    JJ was verlede jaar een oggend op Jacaranda se Complimentary Breakfast Show. Hy het daar aan Rian V Heerden gese dat een van die groot redes hoekom hy die Stormers verruil het vir die Bulle is dat hulle hom belowe het hy sal kan Senter speel. Blykbaar was hy op skool en in die begin van sy profesionele loopbaan n senter. Habana was eers n Skrumskakel, en toe n Senter. Toe hy by die Bulle uitgekom het toe maak Heyneke hom n vleuel. Hy is een van die beste vleuels wat die Bulle nog opgelewer het. JJ kan ook n baie goeie vleuel word as hy instem om daar te speel. Dieselfde met Hougie.
  23. gravatar passdiebal says:
    Magtig Brenden Nel spel dit uit presies soos dit is. Maak nie saak hoe getroue ondersteuners ons is van BB rugby nie, ons is in die moeilikheid.
    Die bloggers hier is almal super lojale ondersteuners- het ons al n enkele antwoord van bestuur gekry - of n duidelike plan vir die toekoms...
    Alles is kort termyn knee jerk reaksies.
    Ek sal tevrede wees as ons verloor met Kriel,,JJ ,Hougaard/Basson, Small-Smith/Swanepoel, Serfontein,Pollard,Van Zyl,Marcel,Bongi,Mellett, Jacques,Willemse,/Frik Liebenberg,Smit,Stegman.
    Dan kan die bestuur se ons bou n span - en ons het n 2 of 3 jaar plan.
    En die spelers weet waar hulle staan - en beloftes word gehou.
    Maar dit is nie die geval nie.
    Nouja nog n lee stadion wag Saterdag.
  24. gravatar bluedog says:
    Welgedaan bb23. Welgedaan. Hoop jou salaris is ook gesny soos vele oud bulle.
  25. gravatar Blouland says:
    Ek hoor orals van die Vodacom span wat gekies is vir Griekwas, maar sien dit nerens nie. Het ek dit iewers gemis ?
  26. Perhaps Fran's Ludeke and the Bulls judge Jono Ross more by his on field ability and less by his off field soutie background. I think he is a great player and has a heart bigger than most.
  27. Baie geluk Akona.
  28. gravatar Marisa says:
    Waar kom die gerugte vandaan dat die Sharks op Dries Swanepoel se spoor is? Dit was eers WSS en nou Dries Swanepoel. Dit sal baie hartseer wees as die bulle hom verloor, hy en Jan was van Grey College se beste senterpare nog! Sal hulle graag langs mekaar wil sien speel, met JJ op vleuel. By die Sharks gaan hy ook egter in die ry staan met Francois Steyn, Paul Jordaan, Andre Esterhuizen en Williams daar. Ek dink die Sharks is ook besig om te veel te kontrakteer, al die ouens gaan nog speelkans kan kry nie, en die vraag is wie gaan tevrede wees met die bank? Die Bulle beter baklei vir Swanepoel as die gerugte waar is.
  29. gravatar Stapper says:
    Vir die wat Brendon Nel goedsmoeds glo, eniig iets kan gemotiveer word. In 'n Suksesvolle span sal daar die regte balans tussen ervare en onervare spelers wees. Met Pierre Spies en Arno Botha se beserings het die Bulle baie ervaring vetloor. Deon Stegman het die laaste aantal jare baie beserings gehad. Die Bulle het met Wimpie vd Walt hierdie probeer regstel.

    Wat Juan Smith aanbetref, wat is verkeerd om hom 'n aanbod te maak? Hy is tans nie in die nasionale span nie en die Bulle gee hom 'n geleentheid in dien hy belangstel.

    Wat die jong spelers aanbetref, daar is die Vodacom en Varsitybeker om hulle te ontwikkel, wat die Bulle wel doen.

    Brendon Nel sluk winde.
  30. gravatar Jimmy says:
    Een ding wat mens van Brenden Nel kan sê, behalwe dat hy ‘n poepol is, is dat hy nogal oortuigend kan skryf. Hy klink eintlik soos ‘n politikus, sit die mense wie hy probeer sleg sê so in ‘n dwaal dat hulle hom eintlik glo. So hy hoor in Trademarx van alle plekke woord vir woord ‘n gesprek? Twak man, hy suig dit uit sy duim. In al die jare wat ek hier blog het BB23 nog altyd verseg om kommentaar te lewer op die kontraktering van spelers. Nou moet ons hoor dat Xander huishoudelike sake met ‘n bloubulhater hoernalis so nonchalant bespreek? EN die afrigtingspan verkwansel sommer net so aan hom die BBM se standpunt oor junior spelers?

    As dit wel waar is, is daar ‘n ernstige vertrouensbreuk in die BBM en sy strukture. Ek hoop regtig nie so nie, miskien kan BB23 die feite regstel?

    GEE DIT HORINGS BULLE!!!!!!!!!
  31. gravatar nitronic says:
    Ross moet waai met Engelbrecht wat begin en Wimpie op die bank. Hopelik word Hougaard net beter, maar glo nogsteeds die Bulle bogger sy rugby loopbaan behoorlik op wat skop rugby af dwing op die man.

    Dink ook hy moet n transfer soek na enige ander unie vir SA Rugby se onthalwe
  32. gravatar Brett Bull says:
    Ek wil nie graag glo dat alles wat Brendon sê waar is nie maar as dit is, is ons in groot moeilikheid. Een swaeltjie maak nie `n somer nie maar in hierdie geval as ons `n paar van daai jong spelers gaan verloor soos Swanepoel, Small-smith ens gaan dit ons jare vat om dit reg te maak.

    Vertroue in jou Unie is `n baie belangrike deel van jou sukses. In die verlede het die spelers altyd getuig dat hulle `n gelukkige familie is by die Bulle. Dit ook die rede waarom goeie spelers so lank by die Bulle gebly het. Nou lyk dit nie meer vir my so nie.

    Lyk my ons sal moet begig om Zander se kop te eis, net vir `n begin.
  33. gravatar Marisa says:
    Ek stem nie saam oor Hougaard nie. Hougaard het in die 1ste 2 rondtes nie goed gespeel nie, hy was lank beseer en het 1 of 2 wedstryde nodig gehad om weer skerp te word. Ek dink teen die Lions was hy baie goed gewees, en al 3 ons wedstryde was in moeilike kondisies gespeel. Ek dink verwag 'n gevaarlike hougaard op droe velde, dink ons gaan dan baie meer van hom sien, hy sal sy vorm weer terug kry, Morne en Habana was ook al daar. Ek stem saam oor Juan Smith, hy kan baie ervaring na die span bring, so hoekom nie? Hy het teminste nog 'n goeie 3 jaar se rugby in hom. Wonder wat se Brendan Nel dan oor Matfield?? Ervaring gemeng met jong talent kan net gesond wees vir 'n span. En hoe beter kan 'n speler ontwikkel as ht by die bestes leer. Ek sien nie fout met dit nie.
  34. UYS BUL says:
    Stem saam jou Marisa.

    Dink ook dat die goeie balans tussen ervare spelers en jong spelers gehandhaaf moet word. Ek lees nou al die kommentaar vir die laaste 3 jaar op die blog en is vandag die eerste keer wat ek besluit om 'n opinie te lewer. My vraag oor Brendon Nel se kommentaar is natuurlik die omstandighede agter die skerms in die bulle se kamp. Is die spelers gelukkig met die strukture in die kamp en met die afrigting sowel as moontlike vooruitsigte vir toekomstige plek in die span. As ek na die Vodacom Cup span kyk is daar ook 'n paar goeie spelers wat ook hand opsteek vir Super Rugby. Ek moet egter se dat belowende spelers werklik groener gras sal gaan soek indien hulle nie kans kry nie wat ook maar net logies sin maak aangesien rugby professioneel is en kapitaal gedrewe is. In retrospeksie moet ek darem ook net noem dat met groot ontevredenheid kom daar baie keer groot verandering. Rugby sal kom en gaan en wen spanne sal kom en gaan. Spelers sal kom en gaanen vir 'n oomblik het ons die geleentheid om getuies te wees van ooblikke in sport. Al die dinge sal ook to 'n einde kom. Seen en groete in Jesus naam vir almal.
  35. gravatar Rifrug says:
    Dit het Frans meer as `n jaar gevat om UITEINDELIK van Louis Fouchè ontslae te raak. Ek wonder of dit `n jaar gaan vat om van Jono ook ontslae te raak. Ek glo hy is die enigste afrigter in SA wat dink dat Jono beter as Jacques Engelbrecht is. Ekskuus, nee ek is verkeerd, Pine Pienaar dink ook so.
  36. gravatar Namib says:
    @ Potblou onthou Klaasvakie Ludeke sal eers van J Ross ontslae raak as hy sy 100ste wedstryd vir die Bulle gespeel het. Dit is sy moto om spelers in n span te hou dat hulle sekere mylpale moet bereik. To hel of die span wen of verloor, hy bly by name en sal NOOIT spelers kies wat op vorm is nie. Nee sy maatjies SAL in die span bly. Die gevolge.... nog goeie opkomende spelers gaan die pad vat. Well done Frans.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *