Bulbring to lead Blue Bulls in Vodacom Cup

articles.comments (8)

 Vodacom Blue Bulls coach Nollis Marais included NNT Docomo loan player Wimpie van der Walt on the bench of his team to face GWK Griquas in the opening match of the 2014 Vodacom Cup competition on Saturday.

Van der Walt joined the Pretoria side this week and will get an opportunity off the bench to proof his fitness levels.
Marais named David Bulbring as captain of the team, which also include former Springboks Waylon Murray and Bandise Maku, who along with Bulbring and Van der Walt, played Vodacom Super Rugby for the Southern Kings last year.
Louis Fouchè will start at flyhalf, ahead of regular pivot Tony Jantjies.
The team to play Griquas at Loftus Versfeld on Saturday at 14h30 is: Clayton Blommetjies, Jesse Kriel, William Small-Smith, Waylon Murray, Travis Ismaiel, Louis Fouchè, Rudy Paige, Clyde Davids, Christiaan de Bruin, Wiaan Liebenberg, David Bulbring (c), Schalk van Heerden, Hencus van Wyk, Bandise Maku, Pierre Schoeman. Replacements: Sidney Tobias, Neethling Fouchè, Nicolaas Janse van Rensburg, Wimpie van der Walt, Lohan Jacobs, Tony Jantjies, Burger Odendaal/Rohan Janse van Rensburg.

Bulbring lei Blou Bulle in Vodacombeker
Die leenspspeler van die Japanese klub NNT Docomo, Wimpie van der Walt, is as plaasvervanger gekies die Vodacom Blou Bulle se openingswedstryd in die Vodacombeker Saterdag teen GWK Griekwas op Loftus Versfeld.
Van der Walt het hom vandeesweek in Pretoria aangesluit en sal sy fiksheid van die bank af moet bewys.
Die Vodacombekerspan se afrigter, Nollis Marais, het David Bulbring as sy kaptein aangewys. Bulbring het verlede jaar in die Vodacom Super Rugby seisoen vir die Southern Kings uitgedraf, soos Bandise Maku en Waylon Murray, wat ook teen Griekwas sal speel.
Louis Fouchè speel losskakel, met verlede jaar se gereelde nommertien, Tony Jantjies, op die bank.
Die span wat Saterdag om 14h30 teen Griekwas speel is: Clayton Blommetjies, Jesse Kriel, William Small-Smith, Waylon Murray, Travis Ismaiel, Louis Fouchè, Rudy Paige, Clyde Davids, Christiaan de Bruin, Wiaan Liebenberg, David Bulbring (k), Schalk van Heerden, Hencus van Wyk, Bandise Maku, Pierre Schoeman. Plaasvervangers: Sidney Tobias, Neethling Fouchè, Nicolaas Janse van Rensburg, Wimpie van der Walt, Lohan Jacobs, Tony Jantjies, Burger Odendaal/Rohan Janse van Rensburg.

Pin It

Mar 06, 2014
David Bulbring

(8) Bulbring to lead Blue Bulls in Vodacom Cup

  1. gravatar Leon says:
    Die span kan die beker vir ons huis toe bring. Baie goeie span volgens my. Sommer bly om Scalk weer te sien, hoop net al sy muisneste van 2013 bly in 2013
    Go boys!!
  2. gravatar Cornelius says:
    Ek sal almal aanraai om Brenden Nel se artikel Nl LOFTUS= THE LAND OF MIXED MESSAGES te gaan lees, daar is alles mooi uit een gesit waarheen ons oppad is, dus waarom ons wonder dat ons die enigste span is wat jaarliks so baie ouens verloor
    so mense gaan lees dit
  3. gravatar werner says:
    "ASB BB23 en Xander" gebruik nou die geleentheid kom op hierdie webblad vir n lewendige vraag en antwoord sessie om al hierdie stories (Brenden nel se artikel) en al die bloggers se opinies oor 'WAT AANGAAN BY BULLE" uit te klaar of verdien die ondersteuners dit nie? Of het julle altwee reeds bedank ????
  4. gravatar Blouland says:
    Ons kan almal verkeerde besluite neem, in eie lewe of besigheid. Beste manier om daaruit te kom is om dit te erken en reg te maak. So as dit die geval is met die BBRU sal dit goed wees om te hoor wat hul kant van die saak is, as Brendan Nel dan verkeerd is ?

    BB23, dankie vir julle antwoord ?
  5. gravatar Bloukaap says:
    Wel iemand het die power en iemand keur die besluite finaal goed oor spelers se kontrakte. Xander v Rensburg ken ek nie, maar die kontrkatering van spelers onder sy vaandel was sover om die minste te sê werklik 'n verleentheid vir die Bulle. Enige een wat al bietjie corporate savvy is ken die taal van gemaskerde ordentlikheid, terwyl Rome brand. BB23 het tydens 'n vraag natwoord sessie verlede jaar geniem dat "ons het lankal geweet van die spelers sal klaarmaak...." Natuurlik sal hulle, want hulle kry net helfde van hul kontrkate! Dis dan die manier om mens ete dwing om pakkette te vat vandag. Dink hulle die publiek is fools. Ek is nie verbaas oor die paviljoen gesprek van genoemde twee spelers nie, en ek weet van meer.

    Inderdaad het die Bul publiek al laaaaaaankal opgetel wat brendan Nel waag om te skryf: daar is fout. hoe op aarde besluit jy jy gaan jou mees ervare spelers voor die eind een aan die begin van 'n plaaslike reeks laat gaan ( jeandre kurger, willie wepener, ruan snyman)? Hoe op aarde laat loop jy virr Jano Vermaak en jacques Potgieter terwyl jou beste back ups Rudi Paige en Jono Ross is ( nadat Jean Cooke geignoreer is). Die mees belaglike was die onlangse nuus om vir Dewald terug te bring nadat hulle sy salaris gesny het, en nou moet hulle hom meer aanbied en as die Bulle die play offs maak moet ons weet dis koebaai Dewald? Moet ons nou hoop ons maak liewers nie die play offs nie? Dieselfde foutjie wat verlede jaar met Jeandre Kruger gemaak is! Stapper se verduideliking nou die dag dat die kontrkatering belemmer is deur die feit dat die spelers se nuwe seisoen saam met die uistspeelfases van die super 15 loop, was juis die punt hoekom mense so die josie in raak.

    Daar is erens nie mooi gefokus jie. En ek wonder hoekom? Nuwe winde sal moet waai oor Loftus.
  6. gravatar Loftus says:
    Waar is al die oud spelers? Het geen een van hulle niks te se oor die gemors nie? Miskien het hulle ook al handdoek ingegooi, want ek wonder wat moet gebeur voor ons enige verandering sal sien in ons ''bestuur''.
  7. gravatar Marisa says:
    Ek lees in beeld pine pienaar is gepos as CC afrigter, Frans Ludeke gaan weer oorvat as CC afrigter! Ek dink dis baie beter om 1 afrigter te he vir SR en CC, ons was die afgelope paar jaar die enigste span met 2 afrigters en dit het geen sukses gebring nie. 1 afrigter is beter wat die spelers verstaan, en ook iemand in wie die spelers glo. Ek dink egter steeds hulle moet 'n Jimmy Stonehouse betrokke kry by afrigting asook 'n behoorlike direkteur van afrigting kry soos Brendan Venter, John Mitchell of Nick Mallet. Pine pienaar moet heeltemal gepos word, en daar moet 'n ordentlike verdedigings afrigter gekry word. Vlok Cilliers sien ek hulle se is nou net betrokke is 'n konsultant by die bulle, sal graag wil weet hoekom?? Gaan Derick Hougaard nou oorvat as kicking coach vir die senior span? Ek is baie bekommerd oor wat by die bulle aan gaan, ek dink daar sal drasties verandering aan bestuur moet kom. Ons kan nie bekostig om nog ervare sowel as belowende spelers te verloor oor swak bestuur nie. Ons kan nie elke jaar span bou nie!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *