Van der Merwe to miss Chiefs clash - Fitness Report by Medihelp

Van der Merwe to miss Chiefs clash - Fitness Report by Medihelp

articles.comments (13)

Vodacom Bulls lock Flip van der Merwe's hamstring strain will keep him out of Saturday's Vodacom Super Rugby match against the Chiefs at Loftus Versfeld, team doctor Org Strauss confirmed on Monday.

Van der Merwe was a late withdrawl from the Vodacom Bulls side to play the Sharks last weekend after injuring his hamstring in training and will not recover in time to face the Chiefs this weekend.

The rest of the squad received a clean bill of health, Strauss said.

Dean Greyling (contusion calve, Wednesday), Deon Stegmann (SC joint sprain, Wednesday), Francois Hougaard (knee spasm, Tuesday), JJ Engelbrecht (ankle sprain, Tuesday), Bjorn Basson (stomach ailment, Tuesday) will not train today as they recover from light niggles.

Jessie Kriel (AC joint contusion, Wednesday) and Travis Ismail (quad contusion, Tuesday) will also not train with the Vodacom Blue Bulls team on Monday.


Van der Merwe loop Chiefs kragmeting mis - Fiksheidsverslag aangebied deur Medihelp

Die Vodacom Bulls-slot, Flip van der Merwe, gaan nie Saterdag teen die Chiefs in die Vodacom Super Rugby wedstryd op Loftus Versfeld speel nie.
Van der Merwe se dyspier, wat hom verlede week uit die Sharks wedstryd gedwing het, het nog nie voldoende herstel nie, aldus die Vodacom Bulls spandokter, Org Strauss.
Die res van die span is almal beskikbaar.
Dean Greyling (kuit, Woensdag), Deon Stegmann (borsbeen, Woensdag), Francois Hougaard (knie, Dinsdag), JJ Engelbrecht (enkel, Dinsdag), Bjorn Basson (maagaandoening, Dinsdag) sal egter nie Maandag oefen nie, weens ligte skete.
Jessie Kriel (skouergewrig, Woensdag) en Travis Ismail (bobeen, Dinsdag) sal ook nie vandag saam met die Vodacom Blou Bulle oefen nie.

Pin It

Mar 24, 2014
Flip van der Merwe

(13) Van der Merwe to miss Chiefs clash - Fitness Report by Medihelp

  1. gravatar blou.sakkie says:
    Ai dis n jammerte dat Flip nog beseer is en nie die Chiefs game gaan maak nie. Ons het hom nie nodig as kaptein nie, maar as baldraer. Victor bring meer kalmte as kaptein.
  2. Ek stem ons nodig sy ervaring maar ek sal se Paul Willemse is enige dag net so goed soos Flip as hy weer gaan speel soos hy die naweek gespeel het.

    Willemse sowel as Du Plessis is ons sterre vir die toekoms. Die bulle lyk nou kook water met die span en om die bal bietjie te laat hardloop lyk ons baie gevaarlik.

    Die naweek sou ek se Visser verbeter elke week maar skop nog bietjie dom en nuttelose skoppe.

    Verder kan ek nie kla oor enige ander speler nie.

    15) Visser-skop nie goed nie en skop bal weg maar verbeter week na week
    14)Mastriet-My verbaas en goed gespeel
    13)JJ-Sal nog wil he hy moet meer bal kry en sy verdediging is baie beter
    12)Jan- Begin nou vir my speel soos ons van hom verwag
    11)Basson-Altyd reliable maar ons moet vir die man spasie skep
    10) Potgieter- Wel ek dink nie eers Lambie/Boshoff speel so goed soos hy op die oomblik nie
    9)Hougie-Sukkel nog hier en daar maar is baie beter die jaar
    8)Potgieter- Welcome back, ons het hom baie nodig gehad
    7)Du Plessis- Die volgende nommer 7 springbok in my oe. Die ou speel vir my die beste van al die 7's in die land
    6)Steggies- Wat kan mens se, hy doen week in en week uit wat ons van hom verwag
    5)Matfield- Legende en ons jong ouens kan net van hom af leer. Hy is n briljante leier
    4)Willemse- Uitstekende game gehad en baie fisies
    3)Werner- Speel vir my beter as ooit tevore
    2)Callie- Baie beter gewees die laaste 2 weke maar ek verkies nog vir Mbonambi
    1)Dean-Selfde soos Werner en albei is op top form
  3. gravatar Brett Bull says:
    Ai dit was `n lekker wen, stem saam dat ons al hoe beter speel. Het hierdie naweek veral in die eerste helfte te veel besit weggeskop.

    Ek dink nog steeds ons agterspelers kan beter gebruik word. Lyk nie of ons `n agterlyn afrigter het nie want ons twee senters is uitstekend maar hardloop te skuins en lyk ook nie of hulle mooi verstaan dat `n senter se werk is om vir die spelers buite hom ruimte te skep nie. Saterdag was daar `n paar gevalle wat ons self `n man oor gehad het en dan so skuins gehardloop het dat ons later twee spelers teen die kantlyn vas gehardloop het. As ons so skuins hardloop is dit die maklikste ding om te verdedig, jy drift doodeenvoudig totdat die aanvallers teen die kantlyn is.

    Ek mag dalk krities klink maar ons is baie beter as wat ons huidiglik speel, bedoel nou die agterlyn. As hulle leer om reguit te trek en vir die vleuls ruimte gee gaan ons baie meer driee druk.

    Voorspelers en veral ons losvoorspelers speel al hoe beter as `n eenheid. Jaques Dup gaan nog `n GROOT naam in SA rugby word. Soos wat hy vir Bismark soos `n vrot vel afgeskud het was `n groot lekkerkry vir enige Bul ondersteuner, en ja hy is nie `n slot nie, hy gaan nog diep spore as vlank trap.

    Sien uit na die wedstryd teen die Chiefs, moet se Flip sou baie werd gewees het as hy kon speel maar Paul het Saterdag baie goed gespeel, hy gaan ook nog ver kom.
  4. gravatar Blouland says:
    Brett, stem saam ou bul.

    Ons het dit baie moeiliker vir onsself gemaak met ons dissipline en om nie meer die bal deur die hande te vat nie. Die kere wat ons begin hardloop het, het ons hul op die planke gehad. Hopelik sal die manne begin glo hul kan drieë druk en dan sal dit nog beter gaan.

    Sal ook versigter moet wees met die aanwending van die reserwes, die manne moet by bly en 'n impak maak as hul opkom.

    Webbie, kan ons nie nommers kry om in te tik nie, hierdie letters is 'n gesukkel ? Dankie
  5. lothlorien says:
    Welgedaan Bulle!
  6. Piet Small says:
    Duane Volschenk vat raak met sy opsomming hierbo. Jacques du Plessis speel elke wedstryd beter en gaan nog baie vir die Bulle beteken. Sy kombinasie met Steggie is om van te droom. Al wat my bekommer is dat ons nog steeds te veel besit doelloos wegskop. Veral Hougie se "Box kicks" was nog nooit juis suksesvol nie en het weer Saterdag bygedra daartoe dat ons, onsself onnodig onder druk plaas. Ek stem ook saam met Duane dat ons senters meer bal moet kry. Jan en JJ is van die beste aanvallende senters in die land, maar ons gebruik hulle net om te verdedig. Nee manne, kom ons sorg bietjioe dat hierdie manne vinnige bal kry, dan sal dit baie beter met die Bulle begin gaan en sal ons 4 drië kan druk en bonuspunte verdien. Ek hoop regtig Frans en Pieter Rossouw lees ook soms hierdie kolomme.
    Saterdag moet ons die Chiefs ook laat les opsê.
  7. gravatar koekeMOER says:
    Lyk darem of ons die selfde span kan instoot as teen die babers.Sien jake white se ou big vic was goed maar nie op die vorm soos op 2007 nie,wel joke hy was beter as jou slotte ne?Ja ouens ons los trio is nou reg en al is flip uit daai yster paul sal weer die job vir ons doen.Imagine net as arno hier saam die lostrio kon gewees het, ai man sou lekker gewees het en ons beseerde kaptein spies as hy weer reg is moet hulle hom n volle currie cup seisoen laat speel.

    Kom bulle speel al die bulls haters se monde stil
  8. gravatar Leon says:
    15) Visser-Nog nie waar hy moet wees nie maar verdedig goed en altyd op sy plek.
    14)Mastriet-Goeie toekoms. Dit was sy 2de super game en eerste wat hy begin het. Gaan nog groot rugby speel
    13)JJ-Lyk my hy het leer pass en verleer om reguit te hol
    12)Jan- Begin bietjie voorspelbaar word, maar nogsteeds goed.
    11)Basson-Die man het hoe balle nodig. Moet net leer om saam met JJ en Jan te sweep of te sker
    10) Potgieter- OP die stadium die bes afgeronde losskakel in SA
    9)Hougie-Baie bly om te sien hy snipe weer en skop minder.
    8)Potgieter- Toe n beter 8 as Spies
    7)Du Plessis- Hy gaan nog Bok word die man
    6)Steggies- Gee altyd 100%
    5)Matfield- Legende. Hy is n briljant om tesien hoe hy die dryfmaal beheer!!!!
    4)Willemse- Xander beter sy kontrak uitsorteer voor di telaat is. Het n kontrak tot einde 2014
    3)Werner- Speel vir my beter as ooit tevore
    2)Callie- Begin nou beter speel. Hou die scrums baie goed bymekaar.
    1)Dean-Sommer trots op die man.

    Ross en Bongi speel altyd goed. Ross voel ek begin Bloubul rugby te verstaan.
    Marcel, Mellet, Pollard en Beyers het gametime nodig.
    Grant weet ek nie wat aangaan nie maar hy is beter as wat hy ons gee!
  9. gravatar Blou Sakkie says:
    En daar begin Joke White se nagmerrie. Ek sien Lambie is uit vir die hele seisoen. As die Sharks nog iemand gaan verloor gaan hulle pakslae kry in n hele paar games. Ons het ons regverdige deel gekry met langtermyn beserings wat ons ook baie terug gesit het. Een verskil tussen die Bulle en die Sharks is, dat as ons terug kom van ons toer af speel ons gewoonlik beter as voor die tyd en die Sharks is gewoonlik swakker as voor hulle toer. Die Bulle is een van die spanne (soos die Crusaders) wat se spelpeil n opwaartse kurwe toon teen die laaste paar games. Ons peak gewoonlik wanneer dit die meeste saak maak. Al die jong manne wat nou begin goed doen gaan uitstekend wees teen die einde van die seisoen.
  10. gravatar Bullebakkies says:
    Ek moet bieg, Ludeke en sy span is besig om my te verbaas! Baie goed gedoen teen die Haaie! Hoop Arno herstel baie vinniger van sy besering as wat verwag is...8 Arno & JDP 6 Stegmonster!!

    Visser sukkel nog soms op 15, maar sal regkom met tyd. Ek sal ook net wil he dat ons senters meer spasie skep vir Bjorn!

    Trap die Chiefs!!!!!
  11. Shaun says:
    Please look at this:http://www.sport24.co.za/Multimedia/Rugby/Schoolboy-kicks-MONSTER-penalty-20140325-2
    Somebody better sign this kid urgently. He kicks penalty from well inside his half+-62metres. Could have been 70 metres judging from were it went over the bar.
  12. gravatar louisk says:
    verwag nie veranderinge aan die span vir saterdag -kan dit weer so heerlike saterdag wees --wonder waars sharkie?-roof lees dink ek --heng ek kyk nou nog hoogte punte van daai wedstryd--BULLE julle ysters
  13. gravatar RuggaFanToo says:
    Ek het weer na die wedstryd gekyk en dit is opmerklik hoe lief Frans Steyn is om spelers te tackle nadat hulle reeds van die bal ontslae geraak het. Te stadig om by hulle uit te kom terwyl hulle nog die bal het. Daardie laat tackle op Hougaard was bedoel om hom seer te probeer maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *