Vodacom Bulls captain Flip van der Merwe has been declared fit following a hamstring injury and will travel with team on their Australasian tour.
Van der Merwe missed the matches against the Sharks and Chiefs, but will be considered for the Vodacom Bulls team to play the Hurricanes in Wellington on Saturday, their first match on their month-long tour.
The Bulls depart for New Zealand on Tuesday and will have a last training session at Loftus Versfeld before departure.
Mornè Mellett (ankle sprain), Bjorn Basson (Contusion quad), Callie Visagie (Contusion AC joint shoulder) and Waylon Murray (knee) will train tomorrow.
Louis Fouchè will undergo an ultrasound scan for a niggling knee strain.
Pierre Spies (bicep), Arno Botha (knee) and Frik Kirsten (neck) remains on the long term rehab list.
1. Hougaard drop 'n maklike vangkans wat die momentum baie swaai - dit het gevaarlik gelyk vir Bulle
2. Ulrich Beyers staan 2 strafskoppe binne minute af - die laaste hoogvat lei tot laaste drie!
3. Skrums het dominasie verloor met veranderinge - Willemse, Mellet en vd Merwe na vaskop
Jammer oor hierdie een maar as ek so na die toer kyk het die Bulle 'n "makliker' een. As Bulle gefokus is behoort hulle 3 uit 4 te wen.
Daar is 3 posisies wat my pla van huidige squad en gewonder wat dink die bloggers:
1. Voorry - Kirsten se besering word kwaai gevoel, nou word vd Merwe daar gebruik wat ek weet of dit reg is nie. Hy is 'n baie goeie baldraer maar nie so sterk in skrums nie. Mellet is weer baie sterk in skrums minder goed met bal in hand. Waarom nie eerder Mellet oplei in vaskop nie. Hy behoort 'n baie goeie regterskouers te gee.
2. Backup vir Stegman - ons het nou in afgelope 3 games gesien sy waarde as oopkantflank. Hoekom nie 'n adjudant oplei nie - Liebenberg, Rudolf Smit. Ross is beslis nie die antwoord nie. As Stegman moet seerkry is lostrio balans heel in sy pekie.
3. Buitesenter - JJ wys vir my in elke wedstryd hy hoort nie eintlik daar nie, hy moet vleuel toe. Daar is nogal 'n hele paar spelers wat sal kan wys die agterlyn sal baie beter vloei - Small-Smith, Swanepoel, Beyers
Hoop op great toer!
Sterkte vir die toer en maak ons trots
Ja ek glo die buls het die een weggegooi. Maar hulle het ook verdien om te wen.
Eerste drie kom vn n knock af deur Dean die 2de van n cherge down af. Ook aldie ander was long distance driee!
Ja ja dis waar die chiefs op hl beste is. Beteken nie dat ons oes verloor het nie.
Dit was net een van daai gaga games wat ek nie eers weer wil kyk nie.
Bo al die stront wat aangejaag was het ons nogsteeds goed gedoen.
Nou moet ons net met 3 wenne op die toer terug kom.
Het laasjaar slegs 1 op toer gewen en steeds 2de geeindig.
Go boys!!!!!!!!!! Play your harts out and enjoy the times on and off the field.
Hier is my mening oor Saterdag se verleentheid.
Ons het kans gehad om groot momentum op te bou, onder die topspanne te wees (19 logpunte), maar het dit lelik weggegooi (nou is ons nr.7 en nie 2 of 4 nie).
Is 'n bekommernis dat van laasjaar se semi verloor teen Brumbies en Saterdag se sleg gelykop, ons besig is om 'n choke tag te ontwikkel.
Kampioenspanne moet sulke wedstryd maklik wen.
Waar het Saterdag se choke begin ?
1. Laasjaar se kontraktering
Ons onvermoë om om sterk bank te kies bevestig dit. Hoe lank gaan ons nog al wat 'n vrystaat senter en gemiddelde Kings spelers aankoop ? Net Vleis is sy geld werd, die res is gemiddeld tot baie swak.
Ons moet al ons geld gebruik om vir Steggies 'n backup te kry. Een van die volgende spelers: Kriel, Minnie, Botes, Tecklenburg, Schoeman. Ons moet hul nie 'n aanbod maak nie, ons moet hul vra hoeveel hul wil hê, regtig BBRU, word wakker! As ek reg onthou, is die laaste 3 spelers oud Pretoria manne, so bring hul huistoe.
Ons kort ook nog 'n goeie haker en goeie ervare heelagter. Baie teleurgesteld in Bongi, Marcel, Ross, Piet en veral Beyers se spel. Lyk my die manne besluit as hul nie in die begin 15tal is nie, dan sal hul maar so-so speel. Wat help dit die 'varse bene' mis tackles lings en regs en knock die balle, hou dan die beter maar moeër spelers op om die job te doen. Hattingh gee alles as hy opkom, en Mellet lyk ook nie te sleg nie.
2. Afrigtersbesluite die laaste 15 minute
Die Chiefs se afrigters het ons games goed bestudeer, hulle het die aanvoeling gehad die game kan gewen word die laaste 10 minute, en hul was amper heeltemal reg bewys. As hul skoppers se visier in was, het ons dalk verloor sonder 'n bonuspunt. Ons het nodig om 'n paar games nou baie sterk te eindig, die manne moet gefokus wees daardie laaste 15 minute om die beste rugby van hul lewe te speel.
3. Joubers se blatante foute
'n Paar keer het ons pragtig momentum opgebou, en het die Chiefs ons gestop met strafskoppe afstaan, in plaas van 7 kry ons dan 3. Al die NZ spanne is meesters op hierdie gebied. Daardie een wat die Chiefs vleuel bloot sy hand uitgesteek het om bal te keer, en nie werklik gegaan het vir die onderskep nie, was 'n sekere 7 punte vir ons. Joubert gee nie eers 'n strafskop en of geelkaart nie. Dit het die game heeltemal geswaai en Chiefs die kans gegee om terug te kom. En net 'n rukkie later blaas hy Beyers oor dieselfde oortreding ?
4. Swak bank
Ons huidige bank is ongelukkig net nie sterk genoeg om ons die trofee te laat wen nie. Faktore buite ons beheer is die beserings aan Flip, Arno en Spies. Faktore binne ons beheer wat Ludeke en keurders hopelik geleer het, is:
Met sleutelwedstryde, veral op jou tuisveld, speel jy maar jou sleutelspelers in die grond in om seker te maak jy wen en kry bonuspunte. Die volgende spelers moet 80 minute speel: Werner, Visagie, Vic, Stegmann, Hougies op skrummie, JP.
As Vic op 37jarige ouderdom 80 minute kan speel, dan kan al die ander jongermanne dit ook doen. As hul nie fiks genoeg is nie, dan is daar probleme met voor-seisoen program.
En hopelik het Ludeke vir eens en vir altyd geleer dat Ross nie Stegmann kan vervang nie. Wiaan of Roelof Smit of Wimpie van die huidige spelers moet op die bank wees, as Steggies werklik net 60 minute kan speel.
Die Canes het selfs 'n beter agterlyn as die Chiefs, en as hul net 30 persent goeie bal gaan kry gaan ons hul deurmekaar hardloop.
Hierdie wedstryd teen Canes, omdat ons nou eintlik 'verloor' het op ons tuisveld, is season defining. Ons moet nie gaan om bloot 4 punte net-net te kry nie. Ons moet soos teen die Sharks vir die kill gaan, hul verras deur balbesit te hou en aan te val wanneer hul dit nie verwag nie. Na die eerste helfte moet ons 3 driee op die bord hê.
Ongeag van die goeie spel tussen 40-65 minute Saterdag, het ek tog die gevoel gekry ons wil bloot met lynstane en dryfbewegings met strafskoppe die wedstryd wen. Daar was nie veel goeie agterlyn bewegings soos teen die Sharks nie. Jammer dat die agterlyn weer in hulle doppe ingekruip het, dit lyk asof die self belief nog nie daar is vir 15 man rugby nie. En, Saterdag het 15 man rugby ons lynstaan-en-dryf rugby gewen.
Met Flip terug en Paul weer as impak speler is ons bank bietjie sterker, maar as Steggies op 65 minute weer afgaan of beseer word, en Ross kom op, dan is dit tickets. Die Canes afrigter gaan dit sien as 'n oorgee daad deur die Bulle, en ons weet waar die Chiefs 2 driee in 10 minute kan druk, die Canes 3 driee in 10 minute kan druk.
Verder sal Bongi moet regmaak, of ons moet 'n ander haker kry. Marcel is goed in die los, maar hy skrum swak as hy Werner vervang. Beyers voeg regtig geen waarde tot die game nie, sit groot asseblief vir WSS of Kriel op die bank. Hierdie twee spelers glo ek sal 'n impak maak en die geleentheid aangryp.
So hier is my wenspan vir Saterdag, as ons spankeuse, wedstrydplan en reserwe aanwending reg is,
Visser Akona JJE Jan Basson JLP Hougies
Dewald JDP Steggies Vic Flip Werner Visagie Dean
Reserwes: Mellet Bongi Marcel Paul Wiaan Piet Pollard WSS/Kriel
Hierdie is 'n MOET wen, so almal speel 83 minute tot in die stort of na die ligte afgesit is in die hotel, behalwe as daar natuurlik beserings is.
As daar werklike reserwes moet opkom -
net een van voorrye, nie beide voorrye vervang nie, hou ook vir Visagie op.
Paul vir Flip
Wiaan slegs as Steggies beseer word
Hougies moet 80 min speel op skrummie (hy speel al beter, maar het 'n paar drastiese foute op vleuel gemaak wat ons die game gekos het. Verdediging as een van sy sterk punte was sy swak punt gewees)
Pollard en WSS/Kriel slegs as daar beserings is.
Aangesien ons nou in elk geval Saterdag al wat 'n reserwe gebruik het, is die manne mos nou uitgerus en kan die begin 15tal die hele game speel ?
Ek het so paar weke gelede na rondte 3 gesê as ons Sharks wen is ons weer op die map, as ons Chiefs wen is ons voor. Laasgenoemde het nie gebeur nie, so nou is ons weer tussen die boom en bas, nie bo nie maar ook nie onder nie.
Die wedstryd teen die Canes gaan bepaal of ons seisoen ontspoort het met die choke op Loftus, en of ons nog oppad is om weer kampioenspan te wees.
Sterkte Bulle !
Sterkte Bulle
"The boys showed a lot of character and they can be proud of the last 15 minutes," Cruden said.
"We tried to play tempo and move the Bulls team around. We did that at times pretty well but silly handling errors and not treasuring the pill cost us at times."
Dit is tyd dat ons span sê - julle gatte, julle gaan ons nie meer rondbeweeg en links en regs 80 meter drieë druk nie. Ons gaan julle met balbesit rugby en agterlyn bewegings oor die veld rondjaag, en ons gaan met die verdediging julle so ver terugduik dat julle 2 keer gaan dink as jul weer van julle doellyn begin hardloop.
Dit was die fout met ons verdediging daardie laaste 15 minute. Ons het vir die Chiefs gewag om aan te val, in plaas van hul daar op die voordeellyn te stuit EN terug te duik.
Hulle het mooi gekyk na ons senior span en toe dit sommer nog beter gedoen.
Speel vir 37 minute, en saam met ekstra tyd vir 57 minute, dus 'n hele @#$% uur teen 'n 14 man span van die Shimlas en kan wragtig nie wen nie.
Na ekstra tyd nog 10 minute aan 'n kant, nog steeds nie wen nie.
Na 5 skoppers 'n kant, verloor 3-1. Die losskakel van Tuks het seker 3 maklike skoppe gemis, en die belangrikste een tydens die uitskop stryd heeltemal gemis ..... hy het selfs Fouche laat goed lyk !
Ons skrum teen 'n 7 man skrum ..... en die Shimlas druk ons jongmanne se koppe diep in hul poepholle op. En dit in blou bul land wat eens bekend gestaan het as die sterkste skrumspanne ?
Jammer, maar al die hype om sekere van hierdie jong spelers, veral 'n klompie van Affies, maak my nou nog meer bekommmerd oor ook die junior rugby by die Bulle en Tuks.
Of is dit dalk die afrigting ?
Tukkie jongspan het seker so 30 keer die bal verloor deur turnovers en swak balhantering terwyl daar nie een druppel reën geval het nie. So wat gaan aan by Tuks en die afrigting, as ons al die beste jong Cravenweek spelers koop maar geen resultate kry nie. Die jaar was 'n groot mislukking wat die VC betref.
Dit alles gesê, baie geluk aan die Shimlas Young Guns, soos tiere gespeel en wou regtig graag wen, en dit vir 57 minute sonder 1 speler. Sou eintlik onregverdig gewees het as hul verloor het.
Skande Tukkies, skande. En onthou, hoe jy as junior speel so gaan jy na alle waarskynlikheid as senior speel.
Iewers sal ons baie vinnig hierdie choke gewoonte moet stop, anders gaan dit soos ander unies deel word van ons kultuur.
Kom bulls dit begin by julle glo net julle kan en gee als,gaan speel met passie en aggressie en wees trots op daai trui.
1) teen Hurricanes - Ek sien nie hoe ons daai een gaan wen nie jammer
2) teen Highlanders - Mmmm hulle is bietjie op en af op form maar dink hulle sal ons net net edge
3) teen Waratahs - Ons het afgelope tyd goed gedoen teen hulle. Maar hulle lyk baie beter die jaar
4) teen Force - Soos hulle speel gaan ons n pak kry
Die Bulle sal moet vinger trek en slim speel op toer dan kan ons spanne verras.
Ons het 'n 'maklike' toer, maar ek kan nie sien hoe ons een van daardie 4 gaan wen nie. Die canes gaan ons weer met teenaanvalle aanvat, en hul vleuels is donners gevaarlik. Hul gebruik o0k hul vleuels, iets wat ons nie regtig doen nie.
Maar kom ons kyk wat gebeur saterdag. Sterkte bulle
Hurricanes is 'n span wat ons deur die jare 'n paar keer kon wen op hul tuisveld. Ons sukkel gewoonlik teen die Highlanders, ons speel hulle gewoonlik die 2 de game!
Sterkte vir die toer bulle.
Ek sal net graag wil sien dat WSS op die bank is en dan opkom in die laaste 30 minute, skuif dan vir JJ uit vleul toe in die plek van Akona en WSS in JJ se plek op buite senter. Iemand wat my al hoe meer beindruk is Visser op heelagter. Stem saam hou vir Hougie 80 minute op skrumskakel en bring Wian L in om Steggies te vervang indien dit nodig is.
Die afrigtingspan maak `n fout om die hele voorry op een slag te vervang. Die ouens wat al daar voor gespeel het sal wet dat jy waardevolle inligting mbt die skrumskakel se tempo, inslaan van hakker en stutte ens leer in die eerste helfte wat jy teen die oponente kan gebruik later in die wedstryd. Deur die hele voorry op een slag te vervang verloor jy daardie voordeel wat oorgedra kon word as hulle geleidelik vervang is.
Volgens Victor in sy boek is die eerste game op toer die maklikste en sukkel hulle eers met die tweede game, so ek hoop ons is 100% reg voorberei om hierdie een te vat. Die ouens se koppe moet net reg wees.
Ek stem ook saam dat ons nie weer ooit die teenstanders moet kans gee om terug in die wedstryd te kom nie. Ons het dit verlede jaar teen die Brumbies toegelaat en Saterdag weer. Die ander spanne gaan dit begin target en al meer druk op ons sit, veral tussen die ore.
Ek sou dalk net vir Rudolf Smit opbring in Steggies se plek - Smit is sterk soos 'n bees met verbasend baie ballsense.
Ag moet tog nie sê Paige is nog in die prentjie nie!
As die Bulle die toet gemotiveerd speel kan hulle 3/4 wen, maar ongelukkig bon ons as ondersteuners nooit daarop bargain as die Bulle toer nie - veral nie die 2de en laaste games nie. Hulle vat net eenvoudig af en afrigter kon dit nog nie regruk nie!
Die Bulle moet dringend 'n 6 flank kry wat by Stegman kan oorneem. Is daar nie by Tuks so 'n flank nie?
Dit gaan nie maklik wees nie.Vat hulle voor aan!
EN MOET NIE BALLE BALLE NET SKOP VIR SKOP NIE.Hulle vleuels is omtrent in die top drie van alle stats.
Hulle is gevaarlik,maar hou ook nie daarvan om op die agtervoet te wees nie.
Stegman sal 80min moet speel.Enige vinnige bal vir hulle sal n dood skoot vir ons wees.
Ons sal vir broke moet gaan die wedstryd.Ons sukkel al jare teen die Highlanders.Selfs op Loftus.
GO BULLS!!!!
Die rede ?
Hulle het ons toergroep gelees en net EEN erkende fetcher in die groep gesien, Stegmann.
Geen Wiaan, geen Roelof, geen Wimpie nie.
So, dit gaan dieselfde saak wees. As Steggies afgaan na 60 minute of 'n besering optel, dan is die game/toer verby.
Dit is jammer. Hoekom moet ons eers weer 'n paar keer verloor voor ons die lesse begin leer ?
'n Ou kan maar net hande saam klap vir hierdie logika of gebrek daaraan.
Jammer, by my is dit nog altyd Bulle eerste, Bokke tweede en dan gebeur dit gewoonlik dat beide Bulle en Bokke wen, soos in 2009. Baie jammer dat HM en al sy manne nou nog die BBRU voorskryf en gebruik soos hul wil, terwyl hy ons juis verlaat het toe ons hom en ander afrigters die meeste nodig gehad het.
Met Vic wat glad nie speel nie, en Ross wat Stegmann gaan vervang, is ons agttal nou wanneer dit die meeste saak maak, nog meer verswak. 'n Dubbele slag.
Saam met dit die 3 punte wat ons weggegooi het laas Saterdag, en dinge lyk skielik glad nie goed nie.
Sal my span deur alles ondersteun, maar weereens lyk dit asof ons eie besluite van die veld af ons weer gaan pootjie.
Ons moet onthou al speel ons lostrio nou beter, Dewald gaan ook weg in Julie, so ons sit daarna weer met 'n ongebalanseerde lostrio.
Daarom is dit vir die meeste ondersteuners so frustrerend dat Ross bo Roelof, Wiaan en Wimpie verkies word as 6 flank. Een van hierdie 3 manne moes ten minste saamgegaan het om ervaring op te bou vir wat kom na Julie hierdie jaar.
Ons is ons eie grootste vyande met sekere besluite wat geneem word, op en van die veld.
Ons kort dringend nog n fetcher in die groep...Roelof Smit klink na goeie opsie!! Dit gaan baie sleg wees as ons iemand soos hy moet verloor omdat Ross gekies MOET word...
Verder hou ek ook van die idee v WSS op 13 en JJ na 14...Beyers moet ook maar Kings toe gaan. Eenvoudig nie goed genoeg nie! WSS is in n heel ander klas as Beyers.
Sterkte vir die toer manne, hoop ons kan 2/4 wen!!!