Veertig jaar vir 'tannie Saartjie'

articles.comments (1)

Die legendariese Saartjie Olivier is vandag 40 jaar in die Blou Bulle Rugbyunie se diens.

"Tannie Saartjie, soos sy wereldwyd bekend is, is op 4 April 1974 voltyds by die Noord-Tranvaalse Rugby Unie aangestel. Hoewel die naam van die Pretoria-span al 'n keer of wat verander het, is die vriendelike, behulpsame en effektiewe 'Tannie Saartjie' steeds daar.

Sy het die beste en slegste tye van die Blou Bulle beleef.
Daar was die gloriejare van Noord-Transvaal en die Blou Bulle saam met Brig. Buurman van Zyl, Thys Lourens en Naas Botha.

“Dit was lekker dae tydens oefening in die aande wanneer ons moes kaartjies tel voor ‘n belangrike wedstryd of toets op Loftus. Oom Buurman het dan altyd daar in die kantoor kom sit met sy slaprand-hoedjie en gesels terwyl ons tot laataand moes werk. Dit was soos nou nog‘n familie en wonderlike tye gewees," onthou sy.

Later, in die Heyneke Meyer en Frans Ludeke eras, sou Vodacom Super Rugby glorie ook volg.

Op 'n persoonlike vlak kan sy ewe trots voel. Haar oudste seun, Jacques, was 'n legende op Loftus.
Hy is in 1992 vir die Springbokke gekies en is die laaste Springbok wat deur dr. Danie Craven “gecap” is voor Doc se dood vroeg in 1993. Hy het in 137 wedstryde vir Noord-Transvaal/Blou Bulle gespeel en in 17 toetse en 34 wedsryde vir die Springbokke.

Haar ander seun, Morné, het vir Tukkies in die Carltonliga uitgedraf, maar het meer op sy studies gekonsentreer.
Rugby is in die gesin se bloed. Behalwe dat haar man ook provinsiaal gespeel het, was sy suster met oorlede Jan Ellis getroud.

Foto deur SASPA

Pin It

Apr 04, 2014
Saartjie Olivier

(1) Veertig jaar vir 'tannie Saartjie'

  1. gravatar Bloukaap says:
    Die beste Tannie ever!

    Sy lyk amper jonger as jacques. Een van die bestes wat die Bulle nog gehad het in die nr. 11 trui.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *