Kruger to become centurion

articles.comments (19)

Werner Kruger will play in his 100th Vodacom Super Rugby match for the Vodacom Bulls when the team takes on the Highlanders in Dunedin on Friday. Vodacom Bulls coach Frans Ludeke named a new loose trio for the match, the second of the team's overseas trip, with Grant Hattingh, Jacques du Plessis and Jono Ross the preferred combination.
Ross and Du Plessis comes in for the injured Deon Stegmann and Dewald Potgieter, whilst Hattingh comes in for Jacques Engelbrecht, who moves to the bench
Victor Matfield will also start at lock, with Paul Willemse dropping to the bench.
William Small-Smith is new on the bench, replacing Ulrich Beyers. If he takes to the field, Small-Smith will make his Super Rugby debut.
“It is great for Werner to play in his 100th match. He has been a real stalwart to the team since his debut in 2008 and has hardly put a foot wrong in all those seasons since. He is the first to acknowledge though that personal milestones only mean something if the team function successfully as a unit and that will be something we will strive to achieve,” Ludeke said.
The team to play the Highlanders is:
Jurgen Visser, Akona Ndungane, JJ Engelbrecht, Jan Serfontein, Bjorn Basson, Jacques-Louis Potgieter, Francois Hougaard, Grant Hattingh, Jacques du Plessis, Jono Ross, Victor Matfield, Flip van der Merwe (c), Werner Kruger, Callie Visagie, Dean Greyling. Replacements: Bongi Mbonambi, Marcel van der Merwe, Morne Mellett, Paul Willemse, Jacques Engelbrecht, Piet van Zyl, Handré Pollard, William Small-Smith.

Pin It

Apr 08, 2014
werner kruger

(19) Kruger to become centurion

  1. gravatar passdiebal says:
    Ek is jammer vir Willemse - hy was uitstekend twee Saterdae in n ry.
    Ek sou hom sommer 8 speel en Ross glad nie. 13 helse tackles gemaak verlede week.
    Ek hoop PvZ gaan sien n Sport sielkundige voor die game - en ek hoop WSS kry meer speeltyd as Ulrich in die laaste games ie.5 minute.
    Mens kan niks bewys in so n kort tydjie nie.
  2. gravatar Cornelius says:
    Kom ons hoop maar ons wen, is bly Victor is terug
  3. gravatar Gazza says:
    Problem is the loose trio..... Looks unbalanced again..

    Hope we can get a win. We conceded so many penalties last week at ruck time (due to no fetcher), hope the guys have worked on quick efficient cleaning. As there's no fetcher, cleaning out rucks quickly becomes super important.

    Let's hope they can do it.

    GO BULLS!!!
  4. gravatar bloukaap says:
    Plaas asb foto van werner kruger of enige ander speler as daar hoofopskrif die speler vermeld. Dis werner se mylpaal en nie victor s'n nie webbie.

    Stem saam die lostrio as kombinasie vra dalk meer vrae as wat dit antwoorde bring. Maar As ludeke glo in Ross dan moet ons aannem Ross.gaan die pyp rook.
  5. gravatar Blouland says:
    Dit het vir 3 wedstryde in 'n ry nie gewerk nie, hoekom sal dit nou ewe skielik werk ?

    Ross is nie te sleg op agsteman nie, selfs op 7 ok, maar hy is nie 'n fetcher nie, het dit oor en oor bewys.
    En nou is daar ook nie eers 'n fetcher op die bank nie, hoekom dan Wimpie oorvlieg.
    Hulle kon maklik met Wimpie, JDP en Vleis begin het, 'n baie meer gebalanseerde lostrio, nou sit ons weer met 2 slotte in die lostrio, so stadig as wat kan wees, kon netso wel vir Marcel vd Merwe en Mellet as 6 en 8 gespeel, hulle steel meer balle as wat Ross en Hattingh saam al vir 3 jaar gesteel het en is nie veel stadiger nie.

    Dit beteken ook ons het net een wedstrydplan en as dit nie werk nie, verloor ons.

    Ons wil die lynstane oorheers en dryf en dryf en nogmaals dryf, ons wedstrydplan is gebaseer nie op kreatiewe aanval nie, maar bloot te hoop die ander span maak foute as ons begin dryf. Keer die Highlanders die rolmale, dan wen hul die wedstryd maklik, want ons het nie 'n B plan nie. Ons is te bang om met bal in hand te speel soos die Chiefs, Canes, Landers en selfs die UCT gisteraand.

    Kom ek verduidelik dit so, met 10 minute oor weet ons die Chiefs, Canes en Landers met Ben Smith voor aan die koor, kan nog 2 drieë maklik druk, van enige plek op die veld, met omkeerbesit.

    Plaas die Bulle in daardie posisie, wat gaan ons doen met omgekeerde besit as ons 10 punte agter is ?

    Ja, ons gaan die spel stadig maak, die bal in die lug skop en bid en hoop hulle slaan aan, of hoop hul skop die bal uit sodat ons weer kan ..... dryf van nog 'n lynstaan ?

    Het enige van ons senters hierdie jaar al die lyn gebreek, mooi senter bewegings, goeie offloads ?

    Nee, net JLP en Pollard het al die lyne mooi gebreek, ons senters is daar om stoomrollers te wees, doef-doef in die opponent vas. Teen die Lions en Blues het dit positief gelyk of ons ons wedstrydplan aangepas het, meer met bal in hand begin speel en mooi drieë gedruk. Teen Chiefs en Canes was ons terug by stampkar en lynstaanrugby, wat toe nie gewerk het nie.

    Hopelik sal ons iewers in die toekoms die regte balans kan vind tussen voorspelers wat oordonder, met 'n agterlyn wat in die gapings hardloop, bal in hand hou. Met die gebrek aan goeie fetchers en flanke is daardie plan ook daarmee heen, daarom is dit nou net plan A of niks nie. Dit is jammer.

    Hopelik sal WWS 'n kans kry met JJE op vleuel, en dalk is dit wat ons nodig het om ons agterlyn aan die gang te kry, en so ook meer vir Basson in die game in te bring. Hou maar vir Piet op die bank, moet net opkom as daar besering aan Hougie is, want hy is die kluts heeltemal kwyt. Dalk moet hy 'n game begin, sodat hy nie te hard probeer en soveel foute maak nie, dieselfde geld vir Bongi.

    Mens kan maar net hoop, maar dit lyk of dit dieselfde game gaan wees as die laaste 2 weke, verdedig ons dood, bly net-net in die game, maar het nie petrol oor in die laaste 10 minute om 50 teenaanvalle van die Landers te keer nie.

    So ons span weet wat kom, gaan ons dit kan keer of 'n 3de keer in 'n ry 'verloor' die laaste 10 minute ?

  6. gravatar Paarlbul says:
    100% Blouland die Bulle is terug by Frans se banggat rugby. Niks innoverends, hoop en bid die ander span maak 'n fout.
    Moet sê ek verstaan gladnie die gameplan om die bal net eenvoudig vir die ander span te gee, hoop hulle maak fout en tackle, tackle en tackle.
    Ek dink dit is tyd dat hierdie weergawe van dryf by lynstane uit die reëlboek verwyder word, want jy is reg, dit is al taktiek wat Frans wil gebruik. As dit die slag goed werk, dan kom die alewige boxkick en met 'n 90% kans dat ons weer die bal afgee. Ek glo ook dit is die enigste rede hoekom Victor terug is, Frans wil veilig voel met lynstane.
    Ek verneem die backline oefen nogal kwaai moves met Pieter Roussouw, maar op match day dan trek Frans blykbaar weer kleinkoppie.
    Ons is weer by die begin met die lostrio - dit het gewys dit is 'n kombinasie wat gladnie werk nie. Ross is nie vinnig genoeg om 1ste by breekpunt tekom en die bal te werk nie.
    Voorspoed Frans Ludeke en vir de 100 ste keer - hy gaan die Bulle op die lang termyn baie trane laat huil.
  7. Die lostrio maak nie sin nie. Wimpie v/d Walt en Engelbrecht het saam verlede jaar goeie spel vir die Kings gelewer. Ek sou hulle twee saam met Du Plessis gespeel het. Ross lyk goed op agsteman, maar hy is nie 'n fetcher nie en Hattingh hardloop soos 'n windhond rond, maar met geen impak nie.
  8. gravatar Paarlbul says:
    Kan iemand my miskien help met volgende Frans Ludeke logika:
    Wai is Morne Mellet se rol in die span. Morne is 'n loskop en is die sterkste skrummer van die klomp. Daar is 4 voorye in die span.
    Wat gebeur egter in elke wedstryd:
    Dean Greyling word na 50 minute afgehaal en vervang met Marcel (wat nou mos eintlik die 2de vaskop moet wees) wat nou loskop moet gaan speel.
    Miskien na 65-70 minute word Werner afgehaal. Nou speel Morne loskop, Marcel skuif oor na vaskop en dit is net hier waar die bulle se skrum probleme begin - 'n loskop wat moet vaskop speel.
    As Morne beseer is moet hy mos nie eers op die bank wees nie, waarom word hy so min gebruik. Soos Robbie Kempston aanmekaar na verwys "a very destructive scrummer" ek verstaan dit as baie sterk.

  9. gravatar Rifrug says:
    Blouland, ek kon dit nie beter stel nie.

    Hoop maar vir die beste, maar ek gaan baie verbaas wees as ons Vrydag wen.

    Die een ding wat Frans op die oomblik goed regkry is om my belangstelling in rugby te laat taan. Veral as mens vanoggend se berig in Beeld ook in ag neem.

    En nee, ek gaan nie weer "Nou die Blou" sê nie.

    Laastens. Baie Geluk met jou 100ste wedstryd Werner! Ek hoop jy is aan die wenkant.
  10. gravatar Namib says:
    Ek dink ons plaasvervangers was die nie so goed die laaste twee games nie. Om Paul op die bank te he is baie goed. Hy gaan beslis n impak maak hier teen die einde waneer ons dit gaan nodig kry.
  11. gravatar Isak Venter says:
    Die Bulle lyk altyd goed as hulle die bal drae, en hulle plaas hulleself altyd onder druk indien hulle skop. Gaan kyk bietjie hoeveel drieë is al teen hulle aangeteken nadat hulle balbesit afgestaan het. Ek wens so hulle wil begin om spasies te kies om in te hardloop as opponente.
  12. gravatar Cornelius says:
    Ons speel die naweek die Highlanders en nie die Hurricanes soos wat die webbie beskryf na hulle die span aan gekondig het, hoop hulle sien dit en maak dit reg, Dis erg genoeg hierdie swak web site wat hulle het
  13. gravatar Marisa says:
    Een naam wat ek baie bly is om te sien is William-Small Smith. Hoop hy kry die laaste 20min speelkans saam Jan met JJ wat vleuel toe skuif. Sou Wimpie Van der Walt as fetcher gekies het, die fetcher rol sal hom beter pas as vir Ross en hy is ook meer beweeglik as Ross em sal vinniger by die afbreekpunte uitkom. Sou ook vir Vleis op agsteman gelos het met du plessis op 7. Sal Jesse Kriel ook graag wil sien 'n kans kry as heelagter later in die seisoen, Visser speel nou baie goeie rugby. Ek hoop ook die bulle kan Dries Swanepoel behou, dalk moet hulle hom meer op binnesenter speel, dan kan hy en Serfontein roteer, sal hulle ook graah 1 wedstryd wil sien saam speel. Buitesenter het ons vir JJ en WSS. Beyers is 'n heelagter. Iemand wat die bulle ook miet behou is Reniel Hugo, hy is 'n baie goeie leier en gaan nog groot rugby speel, sien hom as 'n toekomstige springbok nr 5 slot. En wie beter om by te leer as Victor Matfield!! Eks positief vir vrydag. NOU die BLOU
  14. gravatar nitronic says:
    Ai Jai Jai nee ou fransie

    Highlanders met 15
  15. gravatar kabous23 says:
    Ons scrums lyk goed, totdat die reserwes opkom. Miskien moet ons 'n spesialis vaskop op die bank kry. Ross speel vir my al hoe beter. Laat my dink aan Anton Lenard van ouds. Miskien nie die meeste natuurlike talent nie, Maar 'n goeie leier en iemand wat 100% vir die span sal gee. Sien 'n lang toekoms vir hom in bulle rugby in.

    As JL Potgieter besering vry in die wedstryd bly, moet hul miskien vir Pollard op 12 vir 20 minute oorweeg. Alhoewel ek hom as langtermyn 10 sien, kan hy uitstekende back up vir Jan wees.

    Piet is nie breindood nie. Hy is 'n baie slim speler, net bietjie verroes. Hougie speel al hoe beter, maar hy moet rus kry. Begin met Piet en sit Hougie op die bench.

    Sal ook baie graag vir Wimpie wil sien. As ek reg gehoor het was hy die speler met die hoogste tackle count in Superrugby laasjaar. Met daardie werkverrigting kan hy goud werd wees vir die Bulle.

    WSS is defnitief in dieselfde klas as Paul Jordaan, Jean de villiers, Del Allende en JJ Engelbrech. Hy verdien defnitief sy kans. Ek dink Frans bestuur hom goed deur nie te vroeg in die diep kant in te gooi nie. Sien uit daarna om te sien hoe ons agterlyn kombinasies werk. Met piet, hougie, JLP, Pollard, jan JJE, WSS, visser, basson, Ndugane, kriel, Het ons die idiale kombinasie van ervaring, jeug, springbokke, toekomstige springbokke, verdediging en aanval. Defnitief die beste agterlyn in 'n hele paar jaar.
  16. gravatar Honibal says:
    Geluk Werner.....

    Sterkte Bulle
  17. gravatar Werner says:
    @kabous23 - Jammer ek kan nie saam met jou stem nie!!! Om Ross met Anton Leonard te vergelyk is verregaande Anton was in heeltemal n ander klas!! Ross hoort nie op hierdie vlak nie ek sal Wimpie enWiaan voor hom speel se my in watter ander super 15 span hy sal plek kry?
  18. gravatar Werner says:
    PS. Ek hoop van harte Ross bewys my verkeerd en speel n "blinder" !
  19. gravatar Jimmy says:
    Ai Jai Jai nee ou fransie..

    Highlanders met 15

    Ek hoop maar vir jou onthalwe die Bulle verloor met 15 punte Nitronic, anders gaan jy half stupid lyk.

    Rifrug: Nou geen meer, Nou Die Blou Nie...? Na baie jare van die blog lees; het ek nog altyd gedink Uber alles, jy IS nou die Blou..

    NOU DIE BLOU!!!!!!!!!!!!!!!!! (JIMMY)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *