Vodacom Bulls coach Frans Ludeke made three changes to his starting pack of forwards for Saturday's Vodacom Super Rugby clash against the Lions at Ellis Park.
Jacques Engelbrecht moves from the bench to start at number 8, with Grant Hattingh moving to lock in place of Victor Matfield who is rested. In another rotational swop, Marcel van der Merwe will start at tight head, with Werner Kruger playing off the bench.
Wimpie van der Walt replaces Engelbrecht on the bench, where there is also a return for Louis Fouchè. The flyhalf will replace Handrè Pollard, who is captaining the Junior Springboks in New Zealand. William Small-Smith is also back after illness and replaces Ulrich Beyers on the bench.
Ludeke confirmed his team's desire to make the play-offs.
"We have to win every remaining match, so are keen to keep on the winning track. It will also be important for us to go into the break with some momentum. We have made some minor changes and I believe we will be competitive against a team that will be very dangerous at home. We cannot afford to let them dominate the pace of the match or the style of play," Ludeke said.
The team (with Super caps) is: Jurgen Visser (23), Akona Ndungane (106), JJ Engelbrecht (46), Jan Serfontein (25), Bjorn Basson (68), Jacques-Louis Potgieter (53), Francois Hougaard (69), Jacques Engelbrecht (24), Jacques du Plessis (14), Jono Ross (16), Grant Hattingh (32), Flip van der Merwe (71, c), Marcel van der Merwe (16), Callie Visagie (35), Dean Greyling (51). Replacements: Bongi Mbonambi (13), Werner Kruger (105), Morné Mellett (21), Paul Willemse (17), Wimpie van der Walt (20), Piet van Zyl (41), Louis Fouché (23), William-Small Smith (4).
Drie skuiwe in pak vir Vodacom Bulls
Die Vodacom Bulls-afrigter, Frans Ludeke, het drie skuiwe in sy beginspan se pak voorspelers gemaak vir Saterdag se Vodacom Super Rugbywedstryd teen die Lions op Ellispark.
Jacques Engelbrecht begin op agsteman in die plek van Grant Hattingh, wat slot sal speel. Hattingh vervang Victor Matfield, wat ruskans kry. Marcel van der Merwe begin ook op vaskop in die plek van Werner Kruger wat bank toe skuif. Wimpie van der Walt neem Engelbrecht se plek op die plaasvervangerbank in.
Agterlangs keer Louis Fouchè terug as tweede losskakel, met Handrè Pollard wat die Junior Springbokke in Nieu-Seeland aanvoer. William Small-Smith is ook weer fiks en vervang Ulrich Beyers as die veelsydige agterspeler op die bank.
Volgens Ludeke is sy span steeds gefokus op 'n plek in die uitspeelstryd.
"Om dit reg te kry moet ons elke oorblywende wedstryd wen. Dit is ook belangrik om die rustydperk met goeie momentum binne te gaan. Ons het enkele skuiwe gemaak, maar ek is vol vertroue dat ons mededingend sal wees. Die Lions is 'n baie gevaarlike teenstander, veral op sy tuisveld. Ons sal nie kan toelaat dat hulle die pas en speelstyl in die wedstryd bepaal nie," meen hy.
Die span (met getal Super-wedstryde) is: Jurgen Visser (23), Akona Ndungane (106), JJ Engelbrecht (46), Jan Serfontein (25), Bjorn Basson (68), Jacques-Louis Potgieter (53), Francois Hougaard (69), Jacques Engelbrecht (24), Jacques du Plessis (14), Jono Ross (16), Grant Hattingh (32), Flip van der Merwe (71, k), Marcel van der Merwe (16), Callie Visagie (35), Dean Greyling (51). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi (13), Werner Kruger (105), Morné Mellett (21), Paul Willemse (17), Wimpie van der Walt (20), Piet van Zyl (41), Louis Fouché (23), William-Small Smith (4).
En weer het ons JJ op 13 wat nie kan pass of tackle nie. WSS sal seker weer 3 minute speelkans kry.
Die Bokke is die hele week in Durban - kom eers Vrydag terug.
SO die span het niks saam geoefen nie. Hoop ons kan dit bymekaar kry Saterdag.
Go Bulle
Bulle met 13
Jy is seker n Leeus ondersteuner!
HOU BY DIE BLOU MY VOLK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ek het gedog mens lewer jou beste ELKE wedstryd in n spansport?
En nee ek weet lyk my niks van Bloubul Dinamika af nie.
Verduidelik asb aan my en Blou Koos hoe werk dit. ( Moenie Namib vergeet nie - hy is ook stomgeslaan...)
Intussen sal ek in die hoekie gaan staan met Donkie op my rug.
As jy nie weet nie, gaan soek op die regte plekke en en jy sal die regte inligting vind. As jy stomgeslaan is, maak jou mond oop en vra die regte vrae. Jy sal die regte antwoorde kry.
Om bloot negatiewe aanvalle op afrigters te maak sal jou onkunde verseker bly voort bestaan.
as jy trugdinkaan Victor toe hy begin het was hy ook soos Hattingh gewees en kyk waar is hy vandag, Dink FL maak 'n goeie besluit om hom op no5 slot te speel.
Met Ross weet ek nog nie maar voel hy speel al better en better.
Go Bulle
As HM vir JJ volgende week op 13 kies eet ek my BB hardehoed met horings op. En sommer my neusring vir nagereg!
Dink eerder Sithole, de Jongh of de Ellendig.
Ek dink die meerderheid van die bloggers voel hy is (of sal) n uitstekende vleuel wees.
En my uitlating oor Hatting se keuse is niks teen hom1160 nie - maar in my opinie is een van die beste en hardwerkende slotte op die bank.
En die Leeus gaan ons voor aanvat.
As jy vir my se dat JJ 'n beter senter as WWS is, kan ek nie met jou saamstem nie. Ek dink JJ is 'n beter vleuel of stem jy nie met my saam nie.
Ek ondersteun die span wat gekies word en sal NOOIT die Bulle afskryf nie. Ek is 'n moerse Bulls supporter hier in die Kaap.
Glad nie jou kommentaar nodig van Bloubul Dinamika nodig nie. Ondersteun Noord Transvaal en nou die Blou Bulle al vir baie jare.
Het ek al ooit vir jou aangevat oor jou songs of is dit Bloubul Dinamika. Nee want dit is seker jou reg om dit te plaas. So is dit ook my reg om net my mening te gee oor hoe ek voel en dink.
Maar nou ja as jy voel dit is jou blog, sal ek maar net lees of wegbly soos daardie ou van Mosselbaai ek dink. Daardie ou het van die beste kommentaar gelewer wat ek ooit op die blog gelees het. Wens hy wil weer sy rugby kennis met ons kom deel
HOU BY DIE BLOU
15 visser
14 engelbrecht
13 william small smith
12 jan
11 basson
10 pollard
9 hougie
8 arno botha
7 du plessis
6 stegman
5 victor
4 flip
3 kirsten
2 visagie
1 greyling
16 mbonambi
17 marcel v d merwe
18 mellet
19 willemse
20 spies
21piet v zyl
22 jaque louis potgieter
23 Ndungane
Dis n great span.
Gooi solank versoeke vir later vanaand se BLOUBULOORWINNINGSPARDY!
LEEF EN LAAT LEEF MY VOLK!!!!!!!!!!!
Jimmy ek dink jyself was ook al negatief oor die bulle en spankeuses. Hou dan maar oog van genade oor jou mede bloubroers.
Terug na rugby:
Ek voel weer dat.die lostrio verlede week vir die eerste keer geklick het en moes so gebly het. Dit is die een area waar ons vanjaar nie altyd na wense was nie. So jacques engelbrecht sal sy kans moet aangryp en woel vandag.
Groot taak rus op Flip. Dit sal sy taak makliker maak as ons beter kan begin vandag as in die afgelope twee games.
Ek hoop regtig Jacques Louis sal beseringvry deeurkom vandag. Want die adjudant ...