Vodacom Blue Bulls fitness report - presented by Medihelp

articles.comments (11)

Vodacom Blue Bulls fitness update – presented by Medihelp
Basson back in the fray
Absa Currie Cup record try scorer in a season, Bjorn Basson, has been declared fit and available for the Vodacom Blue Bulls and will be considered for selection for the match against DHL Western Province at Loftus Versfeld on Saturday.
Basson has missed the start of the competition due to an ankle injury.
Vodacom Blue Bulls team doctor Org Strauss confirmed the continued unavailability of Jacques-Louis Potgieter (ribs) for this weekend, but indicated good progress and the player might return in the next two weeks.
A number of players will miss training on Monday, but will be back on the field Tuesday. They include Jurgen Visser (toe), Ulrich Beyers (concussion), Burger Odendaal (quad), Akona Ndungane (knee), Deon Stegmann (groin) and Paul Willemse (hamstring), who will all be available to face WP.

Pin It

Aug 25, 2014

(11) Vodacom Blue Bulls fitness report - presented by Medihelp

  1. gravatar Paarlbul says:
    Al wat ek oor Saterdag se game kan sê is dat dinge GLADNIE goed gaan by die Bulle nie, eintlik baie SAD! Die Kings het dan eerder gelyk asof hulle die beter span is op veld wat wil rugby speel.

    Behalwe vir die gameplan is daar net te veel passasiers of spelers wat nie op hierdie vlak hoort nie OF die afrigter kry hulle nie op hierdie vlak nie.
    Byvoorbeeld het julle gesien:
    In 'n periode van so 15-20 minute is Grant Hattingh se arms 4-5 keer oopgehardloop op verdediging - is dit dan ook so gewees in vorige wedstryd teen WP nie - hulle het mos toe gaan score? Ek wonder wat sal bv. Louis Moolman dink as hy moet weet wat die standaard nou is vir 'n Blou bul slot?
    Hoe swak het Paige geskop en hoe lank Paige homself opwen om die bal uit te gee.
    Ross 'n paar keer uit pad gestamp.
    Hoe swak ons skrums nou weer hierdie Saterdag was.
    Hoe die lynstane agteruit gaan sodra Matfield nie betrokke is nie.
    Hoe gouer die Bulle die lynstaan dryf uit hulle sisteem kry hoe beter, want dit lyk asof alles net daarom draai (eintlik nie net hulle nie, die Bokke ook).

    Aan die anderkant begin 'n ou vir Jacques Dup baie jammer kry - hy word nou in 'n rol gedruk wat hy nie geken het as slot nie, maar so word hy ook nie touwys gemaak om dit goed te doen nie. Storm maar net op die ou af en gaan so gou moontlik grond toe sonder om te worry of hy support naby het.

    Dit is ongelukkig 2 jaar te lank as ons moet wag vir Victor en Fourie se koms in 2016!
  2. gravatar nitronic says:
    Kyk die bestuur is swak ja, maar dit kom ook van twee kante af. Die huidige spelers is eenvoudig nie goed genoeg vir Vodacom Cup nie

    15) Visser - Vang die bal, hardloop en skop terug maar lack die x-factor wat nodig is vir CC en Super Rugby. Kriel is die man
    14) Akona - Doen sy werk maar is nou naby sy einde
    13) JJE - Kan nie tackle, Kan nie pass, Stop elke keer te bang om voluit te hardloop. WSS moet begin en sommer kappie wees. Rohan as back up
    12) Odendaal - Nee wat Dries is die man vir die toekoms
    11) Mastriet - Dink hy is in kleuterskool wil net rondtomtalies gooi. Basson beter vinger trek en werk soek
    10) Jantjies - See maar niks
    9) Piet - Nog n teleurstelling
    8) Ross - Pfffffttt
    7) J Dup - Beter gat in rat kry
    6) Stegman - Oor die muur
    5) Hattingh - Gee hom verniet weg
    4) Willemse -Jammerte hy verlaat ons
    3) Marcel - Moet begin. Kruger nie goed genoeg nie
    2) Visagie - Se niks
    1) Dean - Aka plank gee hom verniet weg

    Dan is daar blogger wat se ons het die spelers??????/ Nee wat kyk maar weer..
  3. gravatar SuidwesBul says:
    Halo almal. Wat staan uit in die bogenoemde artikel? RECORD TRY SCORER IN A SEASON. Maar ons wings kry nie meer balle om mee te hardloop. Ek dink die nuwe tendens is hulle kry deesdae die bal as daar geen uitweg voor is nie. Jislaaik die mane het baie spoed maar moet ook di bal kry as die lyn loop. Hulle kan vinnig optel, maar moet n bietjie spassie het om dit te doen. Ek skreeu my keel altyd seer as ek sien hoe word die bal doodgemaak van die manne. hoe sien die afrigters dit ni raak?
  4. gravatar Brett Bull says:
    Bloukaap, watter rugby het jy gekyk dat jy se Page was beter, hy was uiters swak, heeltemal te stadig. Ons het geen slaankrag met hom op skrumskakel gegad nie. As hulle hom nie betyds vervang het nie het ons hierdie game ook verloor. Piet was baie vinniger by die breekpunte en het ook vinniger die bal versprei en dan is hy nog nie die vinnigste skrumskakel nie. ruan sal nog `n beter opsie wees. Ross het ons twee driee gekos, hoe lank gaan hy nog speel? Liebenberg is baie beter en as hy sy voete vind sal dit goed vir die Bulle wees. Daar is `n flank by die o/21 span wat baie goed is en nader getrek moet word. Ons moet ook sommer die ander Kriel boetie ook nader trek hulle lyk immers skerp en lus vir rugby. Daar is beslis nie meer plek vir Visser nie. WSS het te min geleenthede gekry maar saam met Odendaal kan hulle nog iets word.

    Voor het ons BAIE probleme, min om oor opgewonde te raak. Koop daai agsteman van die Pumas hy is `n yster. Jaag Roos weg na die Kings of enige span wat hom wil he, betaal sommer in om hom te laat oorneem.

    Ai hierdie gaan `n lank CC seisoen word.

  5. gravatar Cornelius says:
    Ek Sal graag antwoord wil kry van Mnr Van Graan, oor wat aangaan in Blou Bul Rugby, Ek kan nie glo watse sirkus dit is, dat ons nie eers op Loftus die Kings kan wen met meer as veertig punte, as Oom Buurman Van Zyl moet weet wat hier aangaan staan hy op uit sy graf, so ook Prof Chris Eloff, hel dus n skande, Ek glo ook ons ou spellers naamlik
    Oom Frik Du Preez, Oom Thys Lourens, Naas Botha, Johan Heunis, Moaner Van Heerden, man jy kan aan gaan met die lys maar die mense was trots op Noord tranvaal, nou Bulle se trui. nee maggies man tree in en en doen iets, Kry Naas en Mallet in by Bestuur, kry vir Jimmy Stonehouse in as afrigter, naar doen dit nou, dus nog nie te laat, maar moet nie wil wag tot na die curriebeker, al;al die ander spanne lagvir ons, so asb Mnr Van Graan ons wag op u antwoord
  6. gravatar Anton says:
    Die probleem by die Bulle le by die skakelpaar hulle is te stadig met die bal en neem ook die verkeerde besluite op die veld.
    Page en Piet is joeslis en stadig weet nie wanneer om te skop en wanner om net te paas nie. gee ook twee tree voor hulle uitgee wat die hele agterlyn onder druk sit.om nie eers te praat van Jantjies nie joeslis , Jacques-Louis Potgieter is ook nie die antwoord nie hy harkloop so skuins en gee net die bal uit as die agterlyn klar onder druk is.
  7. gravatar will says:
    Blue Bull Fitness Report.... really????..... UNFIT, all of them and UNCOACHED!!
    Please FL. GO now!
  8. gravatar kabous 23 says:
    Nitronic en Anton. Ek stem glad nie saam oor spelers se vermoens nie. Piet het springbok geword met sy hardloop en pass game. Met die bulle se wedstryd plan word hy egter in 'n skoppende scrummie verander en hy is nie goed daarin nie. Speel hom op sy sterk punte en hy sal weer springbok materiaal wees. Visser het oomblikke van briljantheid, maar ok tye van swakhede. Baie soos Willie le Roux 2 jaar terug, en Percy voor hy europa toe was. Goeie afrigting sal hom help. Ek dink egter hy sal 'n goeie impakspeler van die bench af wees en kan cover vir amper die hele agterlyn. JJ is briljant, maar op 11 en nie op 13. Odendaal het tyd en afrigting nodig om te ontwikkel. Wat die voories betref het Stegman nog 'n goeie 4 jaar in hom, maar ek dink nie hy is wedstryd fiks nie, JdP is 'n toekomstigge springbok, Ross het al 1 goeie wedstryd vir die bulle gehad, 'n klomp baie goeie wedstryde vir tukkies. (miskien weet hy nie meer wat en watter posisie word van hom verwag nie) Sal miskien 'n goeie bench opsie wees. can cover vir 6,7 en 8. Ek dink nie hatting en paul assisteer baie in die scrums nie. (ons mis vir Flip). Ons probleme by die scrums is nie dat ons stutte swak is nie, dis dat ons nie 'n ordentelikke 8 man skrumpoging insit met al 8 wat 'n bydra lewer nie. Ons mis ook vir Victor in die lynstane. Pine is 'n mislukking as verdedigings afrigter. Marcell sal ook sukkel as hy teen 8 moet scrum.
  9. gravatar Oom Koos says:
    Kabous 23 baie goed opgesom. Ek dink ook Visser is 'n goeie speller. Ek het ook al gese dat hy sy oomblikke het wat hy droogmaak, maar net so maak Willie le roux ook droog..........en as hy die af is, maak hy sommer goed droog. Ons kan nie vir Visser laat gaan nie. Hy kan van 10 tot 15 dek en ek sal hom ook op die bank kies. Kriel het goed gedoen Saterdag. Ek het nou net so 'n stukkie van die wedstryd teen die Kings gekyk maar dit is skokkend. Skole spanne is beter afgerig en doen dinge op spoed en met meer passie as ons huidige Bul-span. Jammer om te se maar ek dink die WP gaan met ons mors
  10. gravatar Chris says:
    OOM KOOS, ek stem saam jou, die WP gaan ons verniel.
  11. Ek dink ons gaan die WP veras saterdag,hulle is so oorweldigend die gunstelinge.As Tiaan Schoeman nie reg is nie,kies vir Visser op10 en JJ op vleuel.As WP dink dit gaan n maklike game wees gaan hulle saterdagaand huil.GO BULLE MAAK ONS WEER TROTS,ons mag nie weer teen die donkies verloor nie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *