Vodacom Blue Bulls Fitness Report – presented by Medihelp
Small-Smith out of Cheetahs clash
Vodacom Blue Bulls midfielder William Small-Smith has been ruled out of Saturday's Absa Currie Cup match against the Toyota Free State Cheetahs in Bloemfontein due to a knee injury.
The midfielder sustained a bone bruise against the Cell C Sharks on the weekend and will not be fit to face the Cheetahs, team doctor Org Strauss confirmed.
Flanker Jacques du Plessis will sit out training on Monday due to a quad contusion, but will train Tuesday.
Scrumhalf Lohan Jacobs has been declared fit following a hamstring strain.
Ryan Nell is also fit following an ankle sprain.
Small-Smith uit Cheetahs-stryd
Die Vodacom Blou Bulle-senter, William Small-Smith loop Saterdag se Absa Curriebekerwedstryd teen die Totoya Vrystaat Cheetahs weens 'n kniebesering mis. Small-Smith het die besering tydens afgelope Saterdag se wedstryd teen die Cell C Sharks opgedoen en sal vir 'n week buite aksie, het die Vodacom Blou Bulle se spandokter, Org Strauss, bevestig.
Jacques du Plessis (lamboud) oefen nie Maandag nie, maar sal weer Dinsdag op sy pos wees.
Lohan Jacobs is fiks verklaar. Die skrumskakel het las van 'n dyspier gehad. Ryan Nell het gesukkel met 'n enkelbesering, maar is weer fiks.
Ek wonder of hulle ooit lees wat ons hier skryf
Kriel
Nell
Wss
Odendaal
Basson
Tian
Lohan
Vleis
Jdup
Steggies
Hatting
Willemse
Werner
Visagie
Dean
Bongi
Mellet
Nicolas
Wiaan
Piet
Jlp
Mastriet
Dis hoe ek dit ook uitgewerk het.
As on shierdie een verloor hierdie naweek, dan is dit finaal tickets. Ek het egter nog net nie gesien dat hierdie span die BMT openbaar om onder druk die beste na vore te bring nie. Iets daarvan was sigbaar teen die Leeus, maar dit het sleg gebackfire in die tweede helfde teen die Sharks. Ons ou siekte - balle verloor in kontaksituasie het toe weer ingesluip. maa rhierdie naweek is Steggies terug en hopelik akn 0ns dan enduit volhou.
Met alle respek maar hoekom wil julle he die Bulle moet die semi's maak?
Die Bul span verdien nie om enige semi te maak nie. En dink net daar aan maak ons die semi's dan is FL en Van Graan weer in hul noppies en FL se kontrak word dan met nog 5 jaar verleng.
Maak ons die jaar se semi's dan glo almal weer die Bul is op die regte pad vorentoe.
Changes needs to happen at top management level, coach level and also players level.
ek sal nooit teen my eie spoan skreeu of hoop hulle verloor nie, al vaa rdie coach nie goed nie. Dis vir my 'n beginselsaak om nie mense te skop as hulle le nie, en het niks met blinde lojaliteit te make nie.
Ek was al einde 2007 baie skepties oor Frans se aanstelling by die Bulle nadat hy nie die mas kon opkom by die Leeus nie.Ek het gereken Alan Solomons, een van die kandidate, sou die geskikte opvolger wees. Maar sededertdien het ek agter Frans en die span gestaan en ook al baie kritiek gelewer. Die Bulle het 'n Heyneke man gesoek en Solomons sou nuwe paradigma by Bulle vestig. Ek reken egter die senior spelers by die Bulle op daardie stadium, het die deurslag gegee vir die aanstelling van 'n nuwe coach.
Kom ons gesels oor boikot:
Realisties gesproke maak jou voorstel glad nie sin nie, want dit gaan die Bulle nie loon om afrigter uit sy kontrak te laat loop en dan nog personeel te laat gaan en nuwe weer aan te stel voor die begin cvan die super 15 nie. Dis 'n baie duur proses. Jy kan dus hoop vir die slegste om Ludeke te laat gaan, maar die Bulle sal tot 2016 moet wag.
Dan moet ek vir jou se: Die CC, hoe geheg ons publiek ook al daaraan is, is nie die Super 15 nie. Binnekort is dit Super 16. Frans se spanne vaar jaar na jaar beter as die ander SA Franchises. Vanjaar het hy 'n baie jong span moes inlei. Onder hom het Flip vd Merwe, marcel vd Merwe, Francois Hougaard, Handre Pollard, Jan Serfontein, Bjorn Basson, Arno Botha en Chilliboy Rallepelle Springbokke geword. Die volgende sal wees Jacques du Plessis. Al hieride Springbiokke moes dit eers maak op Suyper rugby vlak. Heyneke was nie by die Bulle betrokke vanaf 2008-2010 nie.
In 2012 is al die seniors en Heyneke en die top afrigters weg. FL moes met die oorblywendes die supeerrugby aandurf. In 2013 het sy span die konferensie beker gewen sonder die Heyneke kalwers. daardie span is deur swak besluitneming deur die bestuur en kontraktering met die helfde verminder.
In 2014 moes Frans weer van voor af begin, en die CC van 2013 is gebruik om Pollard, du plessis, Mbonambi, ens. te skool. Vanjaar het ons al ons tuiswedstryde met hieride span gewen en 'n paar grotes geklop op Loftus wat baie meer ervare was as ons. So het ons die Sharks geklop wat bo-aan geeindig het. Ons negende plek was nog steeds beter as die Leeus, Stormers en die Cheetahs.
Die CC 2014 is baie swak en ek is een van die duisende teleurgestelde Bul-ondersteuners. daar is spankeuses wat glad nie sin maaak nie en eik raak vies vir FL daaroor. Ek kan ook sy gebreke insien. Maar ek het ook al die potensiaal van hierdie span gesien, en ek glo, as hulle reg gaan inskop en kliek, gaan hulle baie baie goeie span word en kan hulle enige span enige dag klop. Die basiese fasette is die spelers se verantwoordelikheid. Kondisionering, spelpatroon, bestuur van spelers tussen wedsrtyd-dae, is die coaching staff se verantwoordleikheid.
Die beste ding wat kan gebeur is dat direkteur van afrigting aangestel sal word en dit moet myns insiens nie Frans wees nie. Leierskap word gemeet aan kultuurverandering en of jy strukture in plek kan stel om die verandering deur te voer.