2014 ABSA Currie Cup Semi-Finals

2014 ABSA Currie Cup Semi-Finals

articles.comments (30)

Kindly note that the Vodacom Blue Bulls will be playing in the ABSA Currie Cup Semi-Finals on Saturday 18th October 2014 against the DHL Western Province at Newlands, Cape Town.

Tickets will be available online on http://www.ticketpros.co.za/

Kick-off times to be confirmed.

Please visit and follow us on our social media platforms for all updated information:

• Website: http://thebulls.co.za/
• Facebook: https://www.facebook.com/BullsOfficial
• Twitter: @bluebullsrugby (https://twitter.com/BlueBullsRugby)
• Instagram: blue_bulls_official (http://instagram.com/blue_bulls_official)

Pin It

Oct 11, 2014
Absa Currie cup Semi-final, DHL Western Province, DHL Newlands

(30) 2014 ABSA Currie Cup Semi-Finals

  1. gravatar BarryBul says:
    Save the blushes and flight tickets and send the WP the points, if we play this same crappy fault ridden game next week we are going to be the laughing stock of SA Rugby, something drastic needs to change besides FL taking his jacket and coaching staff and pissing off, being in the semis means nothing if You cannot walkaway as winners, very tough times ahead, good luck Bulls although you guys will need more than luck, hope the WP choke once again!
  2. gravatar Blouland says:
    Bly oor die wen, maar kan ook nie sien dat ons met die die huidige wedstrydplan enigsins die WP kan klop op Nuweland nie. En met Ross op agsteman is ons altyd een speler minder as die ander span. Ons sal natuurlik vir so 20 minute goed lyk, maar daarna is daar probleme.

    Balhantering was weereens beroerd en volgende naweek gaan ons nie weer so baie kanse kry nie.

    Akona is ook te stadig op vleuel, Senatla en Kolbe gaan kringe om hom hardloop, ons kort meer spoed in die agterste driehoek, Basson kan nie alleen al die werk doen nie.

    Ludeke moet ook besef ouens soos JDP as hoof baldraer, en Pollard gaan gemerkte manne wees, sal aan plan B en C en D ook moet dink vir die dag.

    Hoop nie Odendaal en Piet se beserings is te erg nie.

    Sterkte Bulle, maak ons trots.
  3. gravatar Loftus says:
    Ek hoop van Graan en sy gabbas is trots oor die lee pawiljoene by Loftus, hulle wil mos nie hoor nie, dan moet hulle maar voel. Sy geliefde afrigter wat spelers soos Ross in die beginspan forseer en beter spelers uit hou, sal hulle nog lang trane laat huil. Ons het n 5% kans om volgende week te wen, maar dan moet Potgieter en Ross glad nie op die veld kom nie. 5% is beter as geen kans nie.
  4. gravatar jimmy says:
    Ons sal die CB-wen vat maar van Graan, FL en hulle witbroodjie useless spelers moet waai... Ek ys om te dink dat indien die Bulle die beker sou wen dat daar tog bloggers gaan wees wat sulke goed gaan kwytraak. As ons dink hoe ver ons gevorder het ten spyte van al die bangmaakstories van promosie-relegasie tot in die semis, EN sommiges se kommentaar karring maar net aan op dieselfde snaar, dan lyk dit vir my 'n gegewe. Wel ten minste dan sal die skuldiges soos die keiser van ouds kaalgat voor die wereld staan sodat almal kan sien vir wie en wat hulle regtig is..

    HOU BY DIE BLOU MY VOLK!!!!!!!!!!
  5. gravatar marisa says:
    Ek is bly die bulle kon hulle seisoen omdraai en het 'n plek in die semis. Gisteraand se game was bietjie los want die bulle het niks gehad om te verloor nie, met die pumas en cheetahs wat alreeds toe verloor het en die bulle reeds verseker van 'n plek in die semis was. Volgende naweek sal hulle wel baie beter moet speel, balhantering sal baie beter moet wees en nie 50/50 passes nie, ons kan nie vir die wp omgekeerde besit gee met spelers soos senatla en kolbe nie. Ek hoop van harte piet van zyl en burger odendaal is reg vir die semi, odendaal se besering lyk nogal erenstig. Indien hy uit is wie speel die bulle op binnesenter? Jesse Kriel of Ulrich Beyers? Paul Willemse was 'n reus gister en dis jammer ons verloor hom. Met Pollard daar is ek positief dat ons die wp kan gaan klop, hy is maar net wereldgehalte en kan diw verskil tussen wen en verloor wees. Ons is die underdogs en ons sal dit vat, al die druk gaan dus op die wp wees. My bloed is blou!!!!
  6. Ek dog Kolbe is uit vir die seisoen en Senatla is by die sewes??

    Ek sal Uli op senter speel en Kriel op 15. Daar was strate meer vloei in die agterlyn met POllies op 10 en Beyers op 12 en KRiel op 15.
  7. Stem saam met vorige blogger wat reken van Rensburg moet slot toe en Hattingh moet 8 toe.

    Ek reken Ross is net gedaan want die man speel al die hele seisoen. Hy is heeltemal oorspeel!,

    HY KORT 'n blaaskans. Reken die naweek teen WP is die ideale geleentheid vir so iets
  8. gravatar nitronic says:
    Bloubefoetered hy kort n blaas kans van so 3 of 4 seisoene sal ek se
  9. gravatar Switll says:
    Can't see the Bulls progressing further than next week, the score is totally flattering.... Take away Pollards brilliant contribution and the score would have been 25 -12 and that against a Griquas "B" team!! Only thing this semi final place does is insure that the Bulls will be stuck with Frans and his 10 year old game plan for another season
  10. gravatar kabous 23 says:
    Mense, Hou asb op kla. Ons het die begin van die seisoen teen die WP en Leeus verloor. Dis die beste 2 spanne in die CC hierdie jaar. Bulle steeds met heelwat langtermyn beserings en bokke kort. Willemse is 'n baie talentvolle speler, maar is baie lui. Ek dink Flip en victor is huidiglik beter. Miskien speel hy vir 2 jaar oorsee en kom dan terug na die bulle toe. Hy sal dan op sy beste wees.

    Ek sal pollard op 12 speel as odendaal beseer is. JLP is nie meer op sy beste nie, maar hy het saam met die span momentum opgebou.

    Hou maar nog vir ross op 8 vir die CC. Volgende jaar is spies en Arno terug.Dan skuif hy terug na 3de keuse 8 toe.

    Ek hoop ons wen die WP. Sal baie graag die kapenaars stil wil sien, maar kan nie sien dit gaan gebeur nie.
  11. gravatar Cornelius says:
    Kom ons wees n bietjie positief en gee vir Ludeke en die span krediet vir die wyse dat ons die semies gehaal het, in die begin was ons almal skepties, Ek gaan nou n haas uit die hoed haal en sê die Bulle gaan die papsakke stamp met 34 - 27, dan gaan die Leeus die Sharks stamp, en ons wen die leeus op Ellispark
    Ja Ross is n probleem, Ludeke hou maar net van hom, hy gaan seker nog Springbok word, ander probleem is Jaques Louise Potgieter wat die bal doelloos weg skop, hou asb op daarmee, Hoop dat Pollarg volgende week sal begin en laat Potgieter die laaste tien minute speel, Ek dink ons kanse lyk goed
    Sterkte Bulle
  12. gravatar Riaan Malan says:
    Cornelius,ons kanse lyk goed om ons gat te sien.Met Ross,JLP,FL en Kie gaan ons swaarkry.WP se backline gaan ons weereens dronk hardloop.FL is verseker blind.Kom ons kyk maar,maar na saterdag is ons weer die laughing stock van SA rugby en vining oppad na WP se 11 maer jare
  13. gravatar KIEWIET says:
    Go BULLE !!! Gaan speel die wp STIL !!!
  14. gravatar bluedog says:
    Kabius 23, die bulle sonder bokke is al holrug gery. Al die top spanne is sonder hul bokke. Ons het darem vir Pollard en Marcel terug gekry. Die ander spanne niks. Diegene wat sê die bulle het goed gedoen om die semies te haal is laughing stock. Waarom moet n unie soos die bulle sukkel om die semies te haal. Ek sal julle sê. Ongeag ludeke en sy afrigtingspan wat werklik nie beste is nie het die spelers hulself, die afrigter, die unie en die blou trui in die steek gelaat. Ek vergelyk ons jong talent met WP. Die WP se jonges speel met n ongelooflike passie. Hulle wil goed doen en wil wen. Hulle maak die lewe vir Allistir Coetzee baie maklik. Hulle wil hardloop en driee druk. Dit maak nie vir hulle saak wie die drie druk. Alles gaan oor die span. Dis die verskil tussen ons en die WP. Hulle druk n absolute tweede span in teen die sards gister en speel met so n passie dat hulle amper gewen het. Allistor Coetzee is ook nie die gewildste afrigter in die kaap nie maar sy span speel met n passie en dit steek sy tekortkomings weg. Hoeveel driee het die bulls gister teen Griekwas weggegooi omrede hulle nie ander spelers n drie gun nie. Bal onder die arm en probeer deur n speler hardloop om sy drie te druk. Ek luister na Jimmy en ek sal my nie ontbloot na ons die cb gewen het nie. Ek doen dit sommer nou. Frans Ludeke is nie ons antwoord nie. Ek staan agter die bulle om saterdag te wen. Bullsforever maar ek sal nooit n ludeke fan word nie. Tussen ludeke en die bestuur en ek blameer louis Nel het ons baie top spelers verloor. Ek verstaan daar is roeringe in die gange van bloubul gestuur. Hoop dat sal ten goede wees.
  15. Ons het verseker die vaste vyf om die wp te troef. Met Pollard op 10 glo ek het ons 'n 50/50 kans saterdag. Ons groot probleem is en die groot verskil tussen ons en die wp is ons swak hantering. Wie moet hiervoor die blaam dra? Sekerlik kan jy tog nie FL hiervoor blameer nie. CB is tog nie die vlak waar jy ouens leer pass en vang nie. Is dit maar net oorgretigheid?

    Ek weet hier is ouens wat my gaan kruisig, maar WSS, soos JDP is totally overrated. WSS is beter as JJE, maar Marcel is ook 'n beter 13 as JJE. Hy regverdig nie die ophef wat daaroor hom gemaak word nie. Jesse Kriel toon baie belofte, maar hy wil alles self doen.

    grant Hatting is regtig besig om in 'n baie goeie speller te ontwikkel. Hy gaan nog groot rugby speel. HM of volgende bok coach hoef nie verder te soek na 'n 5 slot in Vic se plek nie.
  16. gravatar Franscois says:
    Ek persoonlik hoop ons kan jje trg kry vi die nawek en ek dink marcel knock baie hy moet aan sy hande werk my span vir saterdag:

    Jesse
    Akona
    Jje
    Wss
    Basson
    Pollard
    Paige
    Ross
    Jdup
    Steggies
    Hatting
    Willemse
    Marcel
    Callie(baie goed toe hy opkom)
    Dean

    Bongi
    Werner
    Nicolas
    Wiaan
    Piet
    Jlp
    Ulrich
  17. gravatar Lean says:
    Eerstens
    Welgedaan Bulle. Dit gaan met stampe en stote, maar julle probeer en mens kan dit nie af skiet nie. Iewers gaan julle net die hanteringsfoute moet uitwis.

    Tweedens:
    Iemand moet iets aan Nick Mallet se Bloubul maagseer doen. Kan Bulle Maatskappy nie vir Supersport vra om die perd sowel as my gesondheid te spaar. Ek luister nou al +/- 3 jaar lank wat hy by Supersport is, na NET negatieve aanmerking van hom af teen die Bulle. Die naweek tydens halftyd waar hy gesê het: "hulle wys nie die Bulle se drieë nie want dis so sleg"!

    Jare al kerm hy oor ons skrum en vanjaar het ons al die spanne laat les op sê daar, tog maak hy nou geen positiewe aanmerking daaroor nie.

    Volgens my moet aanbieders onpartydig wees.


    Nick mallet dink hy is perfek maar:
    *Hy het springbok afrigter geword wat met Carel du Plessies se kallers geploeg het wat klomp oorwinnings in 'n ry behaal het.
    *Hy het wel 1 keer die Tri nations gewen maar in die ander 3 net 1 oorwinning per jaar kon behaal.
    *Hy het 'n span by Stad de France gekry wat reeds titels gewen het dus het hy niks daar gebou nie.
    *Hy was 3 jaar direkteur van Rugby by WP en het geen titel vir WP in Currie beker of Super reeks wen nie.
    *Hy het Itali afgerig en kon nooit die hout lepel vry spring nie.
    *Hy het vele keer as afrigter die "shine" prober vang met kontoversiele aanmwerkings in die media. maw hy is groter as die springbok embleem, die spelers wat vir hom speel en die land se ondersteuners.


    Asseblief iemand hom spaar van sy Blou bul maagseer van jalousie en kry hom om sokker te gaan ontleed.......




  18. gravatar Theo says:
    Lean ek stem 110% saam met jou oor Mr Mallet. Dit is wat ek ook op die vorige blog gese het. Die man het niks goeds van die Bulle te se nie. Hy is verseker nie onpartydig nie. Wens die Bulle wen die WP net om sy bek stil te kry. Hy het miskien baie kennis oor rugby maar jy moet ook mense verhoudinge he en weet hoe om met spelers te werk. Ek dink dit is waarmee HM baie goed is.
    As ek dit nie mis het nie, was Mallet ook die ou wat wou wegdoen met gebed in die tokkamer voor 'n wedstryd. Hoe waar dit is weet ek nie maar dit is maar net iets wat ek gehoor het.
    Dan is daar ook iets wat hy aangevang het waarmee Carel Du Plessis nie baie ingenome was nie. Dit was iets teen Carel se Christelike beginsels. By betroubare bron verneem maar miskien het Mallet dit as 'n grap beskou. Ek sal nie meer uitwei hieroor nie want dit hoort nie op die blog nie.
    Mallet sal nie by die Bulle aard as afrigter nie. Dat hy wel een van die ouens is met redelik baie kennis stry ek nie.
  19. gravatar ayms says:
    Senatla is klaar by die sewes hy kan speel vir die semi,kolbe en die 4 slot jean kleyn se kanse is 50/50 om te speel
  20. gravatar Paarlbul says:
    Ek kon nog net die eerste 25 minute van hierdie game kyk. In daardie tyd is dit opvallend hoe benede standaard speler J Ross werklik is. Dit is lagwekkend Frans Ludeke.
    Ek gaan met jou verskil Old Blue Eyes, Grant Hattingh sal dit nooit maak op die hoë vlak nie. Sy hande is swak, sy verdediging pap en hy het nie veel impak in die kontak situasie nie. Hy kom nie naby Arno of Duane Vermeulen nie.

    Paul Willemse is yster. Iemand hierbo het gesê hy is lui. Miskien is hy nie heeltemal fiks nie (hoekom dan nie Frans Ludeke?). Dink net as hy wel fiks is! Hy kan dan beter wees as Eben Etzebeth. As Frans ook nog steeds aan bewind is by die Bulle wanneer hy oor 2 jaar dalk terugkom is die kanse baie skraal dat hy sal wil terugkom Bulle toe, hoekom dan nie eerder Lions toe nie. Onder Johan Akker is dinge heeltemal anders as voorheen.

    Burger Odendaal - hoekom klink dit van die bloggers dat hulle gaan jammer wees as hy nie kan speel nie. Is dit oor sy verdediging? Wat van Rohan J van Rensburg, Dries Swanepoel - hulle is mos senters wat by die Bulle rond dwaal!
  21. gravatar BB1 says:
    Die besering aan burger is n probleem want FL sal nie n senter inbring hy sal jlp daar speel. Ross, Ross, Ross????????
  22. gravatar Theo says:
    Willemse lui. Stem nie saam nie. As jy wil weet wat is lui, hou vir Ross dop. Willemse is 'n yster. Jy sien min slotte wat sulke plettervatte uitvoer soos hy.

    Ek sien in die koerant die Bulle oorweeg Pollard op 12. Ek hoop nie dit gebeur nie. Ons het hom nodig op 10. Dit is waar hy baie meer gevaarlik gaan wees en waar die besluitneming gedoen moet word. Nie dat hy 'n slegte 12 is nie maar ek persoonlik dink net hy is baie meer werd op 10. Saterdag is dit reg of weg. 10 is seker een van jou belangrikste posisies en dit is waar ek Pollard sien. Beyers, JLP, Kriel, Van Rensburg, Swanepoel ens kan ook mos 12 dek.
    Misken sien FL die lig en kies vir Ross op 12. Sy verdediging is rotsvas, hy het 'n sidestep wat skrik vir niks, ongelooflik vinning - veral oor die eerste 200meter - hy skrik vir g'n derduiwel, gee altyd 110%, verloor nooit 'n bal in die kontaksituasie en sy besluitneming is wereldklas en hy het die kuns vervolmaak om spelers te trek en sy spanmaats in die gapng te sit.. Daar het julle dit, Ross vir binnesenter. Hy kan sommer 8 dek vanaf die senter posisie ook want hy doen in elke geval zero op 8. Sal hom nie op 8 mis nie. 6 en 7 doen sommer sy werk vir hom.
    Jammer dat ek so aangaan oor Ross maar ek hou hom spesifiek dop en hy slaag nie die toets nie. Ek dink Ross het een goeie wedstryd gehad in 'n Blou bul trui en FL hoop seker dat hy weer eendag 'n goeie wedstryd sal speel en daarom gee hy hom soveel kanse.
    Genoeg gekla. Sal baie interessant wees om te sien wie die Bulle op 12 gaan kies. Een postiewe ding van Pollard op 12 is dat die bal meer die werk sal doen en meer by die vleuels gaan uitkom.
    Lekker Blou Maandag vir almal van julle. Nie negatief bedoel
  23. gravatar Le Blues says:
    Theo, ek sien op die Vodastats dat Wiaan in 30 minute amper net soveel tackles gemaak het as Ross in 80 minute.

    as JLP gaan speel op 10, is ons kanse zero. Met Pollard op 10, Kriel op 12, alle balle wat reg hop, en Kolbe en Senatla wat maagvirus opdoen, het ons dalk 'n 50% kans. As Beyers nie die week leer om die bal te pass nie, verminder daardie kans aansienlik.
  24. Ek stem as JLP gaan speel kan ons vergeet,hy is plain useless net soos Ross.Wat Mallet saterdag kwyt geraak het is die waarheid.Saterdag sal die Bulle moet vas speel en nie laat die game losraak nie.Op senter kies vir Rohan janse van Rensburg of Dries Swanepoel,en net voor die game gee vir Dean Greyling so 6 klappe teen die kop want vader alleen weet hoe hy saterdag vir saterdag gestraf word vir dieselfde oortreding.GO BULLE
  25. gravatar nitronic says:
    Ag nee wat Allistair Coetzee kan maar gerus weer die "second stringers" in die veld stoot. Hulle behoort ons nogsteeds 12+ pak te gee.

    Dit sal dalk ons kanse verbeter vanaf 2% tot in met 5%
  26. gravatar Andre Jo says:
    Ek stem 100% saam met Mallet oor wat hy van die Bulle sê. Die skills van ons span is pateties. Wens hy kan hulle bietjie onder hande neem. Dank vader Burger Odendal is beseer.
  27. gravatar Chris says:
    Nee wat, verloor gaan ons verloor Saterdag, en ons gaan n helse pakslae kry! Die WP gaan ons met toe oe kan wen, ons seisoen het hierdie Saterdag ge-eindig.
  28. gravatar kuvuki says:
    Knock out games staan almal 'n kans ;;;;;;;;;;;; enige span kan wen op die dag.... Die bloggers almal negatief oor die Bulle; vat julle goed en trek WP toe want julle kom brek met WP.m die. Bulle is nie so swak nie. Net Ross wat kleinskool is. Ek staan agter my span en dus dit ............go Bulle
  29. Kuvuki< glo my ek is n baie lojale en groot Bulle man al vir jare.n Mens kan jou ook nie blind staar teen die werklikheid nie en dit wat Mallet gese het is die werklikheid.Is jy tevrede met wat tans by die BULLE aangaan?????Ons is so een demensioneel dat selfs die Blinde skool gaan weet hoe om teen ons te verdedig.Dieselfde foute word week na week deur die dieselfde spelers gemaak,maar FL vertel hoe ons vorder.As jy wil flair en passie sien kyk na die WP en Lions.Ek sal n Bul doodgaan maar glo my Oom Buurman draai in sy graf om as hy weet wat aangaan.Ek het bv saterdagaand vir Ross dopgehou,hy is k...se koelte,JLP is eker een van die swakste no 10 in die land,behalwe pale toe skop.
    Dan n laaste vraag aan jou,se vir my watter Lostrio in die CC is stadiger as die Bulle sin????dankie ek wag vir jou antw
  30. gravatar Bully says:
    Ek was een van die ouens wat die swak wedstryde hewig gekritiseer het, en ons swak opsies op die aanval Saterdag is lagwekkend, MAAR ons KAN hierdie wedstryd wen.
    Ons voorspelers gaan di wen of verloor wees, ons is geneig om in ons dop te kruip as die ander spelers soos bv Elstadt ons rond ruk en pluk.
    Staan bietjie op en stoot julle borse uit en wys wat in julle steek, daar is geen rede hoekom ons in ons dop moet kruip en met bang stupid skoppies net die game verby wil kry nie.
    DRA die bal en ondersteun mekaar en behou die bal in kontak, en voorry, skrum vir 'n slag soos julle 500g t-bonelywe lyk!
    Ons kan hierdie klomp grootbekke op Nuweland wen, maar dan moet julle, die spelers dit glo!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *