The Blue Bulls Company has granted Vodacom Blue Bulls loose forward Jono Ross an early release from his contract to allow the player the opportunity to join the French club, Stade Francais.
Ross will join the Paris-based club on December 1, 2014.
Vodacom Blue Bulls coach Frans Ludeke admitted that it was a set-back losing a former captain and versatile loose forward, but pointed to the huge stock of talented players that will still be available to the BBCo in 2015.
"Jono provided leadership and played at six, seven and eight for us when our loose forward department was depleted due to injuries, but thanks to our junior structures, the return of injured players and some new signings we have a strong group for next year," Ludeke said.
"We have seen the likes of Jacques du Plessis, Roelof Smit and Janse van Rensburg breaking into the senior ranks despite being juniors, while Lappies Labuschagne also joined from the Cheetahs. With Springboks Pierre Spies and Arno Botha also returning to action and some proven players already on our books, we will have a very competitive group amongst our loose forwards," Ludeke said.
"We want to thank Jono for his contributions and wish him well."
Kersfees het vroeg gekom!
It is party time. Jono you tried very hard, but unfortunately with no great success. Enjoy France, but also maybe sit down for a moment and think quite hard, if rugby is for you?
Adios Rossie, come onw webbie make may day with another headline stating Frans succomb under pressure perhaps?
I am waiting
Ludeke moet volg!!
Ek weet ek het gesê ek gesels eers weer volgende jaar, maar ek wil darem net eers my eerlike opinie oor die Bulle in 2014 gee.
Die spelers – 2 uit 10 (Ek gaan dit nie individueel doen nie want dit is reeds hoeveel keer gedoen). Ek wou dit eers 3 maak, maar Deon Stegmann, as kaptein, se optrede teen die kings het my van plan laat verander. Daar was verskeie spelers wat werklik hard prober het, maar te veel van hulle was nie op standaard nie en vele kombinasies het nie gewerk nie. `n Ketting is immers net so sterk soos sy swakste skakel, en daarvan was daar vanjaar baie by die Bulle. Ek moet egter erken dat dinge beter begin gaan het hier op die einde, en ek voel jammer vir diesulkes wat wel hulle kant gebring het. Terloops, my speler van die jaar is Paul Willemse, vir wie ons nog baie gaan mis.
Frans Ludeke en die afrigtingspan – 1 uit 10 Die spelpatroon was verouderd, maar sy grootste fout was myns insiens sy spankeuses, met die kersie op die koek Handrè Pollard op nommer 12 teen die WP. (Sou Handrè ooit vanjaar vir die Bulle gespeel het as Louis Fouchè nie beseer is nie?) Praat van hardkoppig. Genoeg gesê.
BB23 (bestaan hy nog?) en die bestuur – 2 en `n ½ uit 10 Van `n absolute hoogtepunt in 2010 met die finaal in Soweto tot (myns insiens) `n laagtepunt vanjaar. Leë pawiljoene, (hulle kan gerus by die leeus gaan leer hoe om mense by die veld te kry), patetiese truie vir weg wedstryde in die Super-15 (Puma se advertensie vir die wegtruie waar jy nie die spelers sien nie het ook in hulle gesigte ontplof, hulle was wel reg daarmee, want al wat jy gesien het was die Bulle se foute), uiters swak kontraktering van spelers, en uiters swak kommunikasie. Hulle sal hard daaraan moet werk om weer die ondersteuners se vertroue terug te wen.
Hierdie webbladsy – 0 uit 10 Kliek gerus onder aan die blasy op “website by epresense” en kyk wat kry julle. Glo my maar, dit lyk al sedert die begin van die jaar so. Vir my is dit `n gepaste samevatting van die BBRU vir 2014, en ek kan my nie indink dat die BBRU tevrede daarmee kan wees nie. Dit bewys eintlik seker maar net dat hulle nooit hier kom nie, of dat hulle nie werklik omgee nie.
Ek verf nie my gesig blou, dra horings op my kop, of koop elke jaar `n nuwe Puma trui nie. Ek is ook nie blind vir die Bulle se foute nie, en basuin dit nie voor elke wedstryd dat hulle gaan/sal wen nie. Nog minder glo ek dat elkeen in `n blou trui die beste in die wêreld is. Dit maak my egter nie minder passievol oor die Bulle as diesulkes wat dit wel doen nie. Met die semi-finaal teen die WP het ek vir die eerste keer sedert 1963 iets gedoen wat ek nooit sou glo moontlik is nie. Ek het NIE die wedstryd gekyk NIE.
In plaas daarvan het ek in my kar geklim en al die pad na die Rebeccastraat begraafplaas gery. Ek was nog nooit voorheen daar nie en was verbaas hoe groot die plek is. Om iets daar te kry is letterlik so moeilik soos om `n naald in `n hooimied op te spoor. Maar na net maar as 2 ure was ek gelukkig genoeg om te kry waarna ek gesoek het.
Op die grafsteen staan daar:-
In loving memory of
Robert Loftus Owen Versfeld
Born 7 December 1862 – Died 5 May 1932
(Hy was met sy dood so oud soos wat ek nou is, heeltemal te jonk om dood te gaan).
Ek het gedink aan alles wat hy vir rugby in Pretoria gedoen het, (gaan lees dit gerus in Noord-Transvaalrugby 50 onder redaksie van MC van Zyl), en gewonder hoe hy 2014 sou ervaar. Ek sou graag vir hom wou sê dat ons nooit weer sulke leë pawiljoene gaan sien nie, want `n pawiljoen met minder as 10,000 mense as die Bulle speel, is nie `n mooi gesig nie. Ek sou graag vir hom wou sê ek is jammer omdat ek ook bygedra het daartoe dat dit so lyk. Ek sou graag vir hom wou sê hy moenie bekommerd wees nie, 2015 gaan beter wees. Maar gaan dit? Ek weet dit nie, kan maar net hoop. Met sy dood in 1932 is hy op gepaste manier vereer toe die Oostelike Sportterrein herdoop is na Loftus Versfeld. Ek hoop hy word volgende jaar ook weer vereer wanneer die Bulle die Super-15 en die Curriebeker wen. (Ons mag mos maar droom, want as jy nie kan droom nie, het jy niks).
Toe ek daar wegry het ek gewonder of ek maar net `n oor-emosionele, sentimentele en seniele ou man is. Maar ek het ook gewonder of BB23 en sy bestuurs- en afrigtingspanne nie ook dalk `n draai daar moet maak nie. Dan kan hulle bietjie selfondersoek doen of hulle werklik hulle beste vir die Bulle doen. Want om vir die BBRU te werk is nie maar net “nog `n werk” nie. Dit is `n eer, ek wil amper sê `n roeping, en net jou heel beste is goed genoeg vir die Bulle. As vanjaar julle beste was, is ek jammer om te sê, dit was NIE goed genoeg NIE. Kan julle eerlik sê dat julle tevrede is met wat julle vanjaar gedoen en vermag het? En om foute te maak is nie `n sonde nie, maar om dit te ontken en nie te verander nie, glo ek, is wel. Is die passie, by sowel die bestuur as die spelers, nog daar? Of gaan julle maar net deur die “motions”?
As daar een ding was wat ek graag vanjaar vir Kersvader sou wou vra, is dit dat hy ons afrigter moet help om `n kopskuif te maak. Sonder dit, gaan al die ander presentjies niks help nie. En ek wil nooit ooit weer hoor “dat die strukture in plek is, dit is net die uitvoering wat moet verbeter” nie. Ek het al baie gewonder of Frans Ludeke al ooit na die tyd op TV geluister het na wat hy gesê het. Ek glo van nee, anders sou hy al lankal opgehou het daarmee. Of praat ek twak?
Ek weet dit is nog bietjie vroeg daarvoor, maar …………..`n Baie geseënde kersfees aan al die bloggers, en ………… mag 2015 vir ons baie meer vreugde as 2014 bring.
Ons gesels weer in 2015, hopelik dan met vreugde en blydskap in ons harte. En mag al die groot Bul optimiste, vir `n verandering, volgende jaar reg bewys word.
Jono, sterkte vir jou tyd in Frankryk. Ek hoop jy kry daar tyd en leiding om tot jou volle potensiaal te ontwikkel. Ignoreer asb die negatiewe bloggers en vergeet van die afrigting span wat niks beteken nie.
Jy is nog steeds die naaste aan Anton Lenard wat ek gesien het.
Ek dink nie hy is n sleget speler nie, en kon dalk nie n slegte opsie in Akona se plek wees nie. Ek dink nogsteeds Kobus van Wyk gaan nog groot opslae maak.
Meestal 8ste manne in SA wil show ponies wees. (behalwe Duane)
Jono Ross. Gaat je wel.!
Aan Rifrug se post. N Staande applous!!!!!
Van die wal in die sloot.
Ek wonder wie gaan Kaptein wees?
Spies, Strauss of Matfield?
Ek voorspel nog n Bekende/beroemde BB speler is ook oppad.
Mark my words.......
Die rede hiervoor is Handre het n baie "slim" rugby brein IMO. Hy is defnitief kaptein materiaal vir die toekoms. Strauss , wel daai keuse is rerig n no brainer op die oomblik
Spiesa moet maar gaan Yen of Euros maak. Die committment was nie daar dioe laaste 3-4 jaar nie.
Matfield moet nou maar leisels oorgee en jong manne onder die vlerk neem en beging tou wys maak.
Ek sal die volgende span laat begin vir die Super XV. Ek se nie hulle sal die troffee wen nie maar laat die span saam speel vir n seisoen of twee
15) Kriel
14) JJ - Is daar niemand anders
13 WSS
12) Serfontein
11) Basson - Beter gat in rat kry
10) Pollard
9) Hougaard / PVZ nie een juis goed nie
8) Arno
7) Lappies
6) Stegmann - As hy nou nie n stampie kry nie
5) Matfield
4) FLip - Walking yellow or red?
3) Marcel
2) Strauss
1) Trevor - Dean moet maar water boy speel
Rifrug goed gedoen!
Daar kom elke jaar briljante 0/21 en junior Bokke deur, maar dan ignoreer Ludeke hulle maar net. Hy klou vas aan sy tjommas soos Visser, Beyers, Kruger.
Daar was ook baie name wat eenvoudig uit die sisteem geval het en mens nie weer van gehoor het nie. So gebeur dit in al die unies id land dat spelers wat geskitter het op skool net nie die stepup maak nie. Beserings speel ook groot rol. Karakter speel groot rol.
Wie sal die naam Marius Delport onthou? Marius het al op skool een vd blink gamebreakers gewees met baie plofkrag. Hy kon net nie dieselfde selfvertroue as senior uitleef nie. Tiaan Snyman wat geoormerk was om die volgende Naas Botha te word en die WP stukkend geskop het in die laat 90's. Marnus Schoeman wat al in sy Graad 11 jaar Cravenweek gespeel het. Pieter Meyer, flank. Piet Lindeque was een vd top senter/vleuels in 2009 en groter dinge is van hom voorspel as enige van sy Grey compatriots. Ek onthou selfs Francois Brummer het as skoolseun in Vodacom finaal vir die Bulle uitgedraf. Dylan des Fountain.
Feit is net nie alle spelers gaan dit maak nie. Soms is die afrigters blind of soms pas spelers net nie by die kultuur in nie. Soms gaan spelers se natuurlike talente id patroon vd span daaronder ly.