Three extend contracts as Vodacom Bulls get ready for 2015 Vodacom Super Rugby season.
The Blue Bulls Company (Pty) Ltd on Thursday confirmed that Werner Kruger, Akona Ndungane and Duncan Matthews have extended their contracts and will be available to play for the Vodacom Bulls in the 2015 Vodacom Super Rugby competition. Former Springbok winger Ndungane extended his contract till the end of the 2015 Super Rugby competition, while prop Kruger, who made his Springbok debut in 2011, signed on till October 2016.
Outside back Duncan Matthews, who represented the South African Under-20 side in 2014, will stay with the Pretoria franchise till at least October 2016.
BBC's High Performance Manager, Xander Janse van Rensburg, confirmed that the majority of the provisional Vodacom Bulls squad for next year have signed up till the end of 2016.
"We had a long term plan with some of these younger players which started in 2012 already and it is great to see that they are now blossoming in our structures. Added to some new signings for next season, I think the 2015 Super Rugby season could be an exciting one for our supporters," Janse van Rensburg said.
Vodacom Bulls coach Frans Ludeke announced his provisional training squad for the 2015 Vodacom Super Rugby competition at the same time.
The squad has six Springboks currently on tour with the national team in England and another 12 players who has represented the Springboks in the past.
It is also packed with a number of Junior Springboks and Springbok Sevens players.
These new faces to the squad include Matthews, Jesse Kriel, Warrick Gelant, Jamba Ulengo, Dries Swanepoel, Dan Kriel, Burger Odendaal, Nardus van der Walt, Irne Herbst, Dayan van der Westhuizen, Arno van Wyk and Pierre Schoeman.
New signings Lappies Labuschagne, Trevor Nyakane and Adriaan Strauss (all from Toyota Cheetahs) are also in the group.
"I am very excited about this group. We have great depth in many crucial positions, so should be covered when injury strike. The influx of youth excites me as these players have wonderful skills, particularly on attack. This will allow us a different approach in that department. A number of these youngsters has been exposed to senior rugby already and should hit the ground running in the Vodacom Super Rugby competition. It was always part of the long term strategy for these youngsters to develop into Super Rugby players and I think we have managed that well," Ludeke said.
“We have been working hard on a game plan and structure that will complement the playing staff we have.”
The Vodacom Bulls will play one warm-up match next year, with the opponents for the match on January 24th, to be confirmed. The match is scheduled to be played in Polokwane.
The Vodacom Blue Bulls XV will also play an invitational match against Saracens in London on January 31st.
The training squad is:
Backs: Jesse Kriel, Duncan Matthews, Warrick Gelant, Jurgen Visser (Kriel, Gelant is with SA Sevens and Visser injured and expected back on the field 5 January 2015), Akona Ndungane*, Travis Ismaiel, Bjorn Basson*, Jamba Ulengo, JJ Engelbrecht*, William Small-Smith, Dries Swanepoel (Engelbrecht with SA Sevens, Swanepoel injured and expected back on the field 30 February 2015), Jan Serfontein*, Ulrich Beyers, Dan Kriel, Burger Odendaal (Serfontein with Springboks, Odendaal injured and expected back on the field 12 January 2015), Handre Pollard*, Jacques-Louis Potgieter, Tian Schoeman, Kobus Marais (Pollard with Springboks), Francois Hougaard*, Piet van Zyl*, Rudy Paige, Ivan van Zyl, Carlo Engelbrecht (Hougaard with Springboks)
Forwards: Pierre Spies*, Hanro Liebenberg (Spies injured and expected back on the field 5 January 2015), Arno Botha*, Jacques du Plessis, Nardus van der Walt, Nicolaas Janse van Rensburg, Jacques Engelbrecht (Botha injured and expected back on the field 5 January 2015), Deon Stegmann*, Lappies Labuschagne, Roelof Smit, Victor Matfield*, Grant Hattingh, Marvin Orie, RG Snyman. (Hattingh injured and expected back on the field 5 January 2015), Flip van der Merwe*, Irne Herbst, Jason Jenkins. (Van der Merwe injured and expected back on the field 5 January 2015), Werner Kruger*, Marcel van der Merwe*, Dayan van der Westhuizen, Hencus van Wyk, Basil Short. (Van der Merwe injured and expected back on the field 1 December 2014, Van Wyk injured and expected back on the field 30 February 2015), Adriaan Strauss*, Bandise Maku*, Callie Visagie, Jaco Visagie, Arno van Wyk. (Callie and Jaco Visagie injured and expected back on the field 5 January 2015), Dean Greyling*, Morne Mellett, Trevor Nyakane*, Pierre Schoeman
*Denotes Springboks
Drie teken weer by Vodacom Bulls voor 2015 Vodacom Super Rugby seisoen
Die Blou Bulle Maatskappy (Edms) Bpk het Donderdag bevestig Werner Kruger, Akona Ndungane en Duncan Matthews het hul kontrakte verleng en almal vir die Vodacom Bulls se 2015 Vodacom Super Rugby seisoen beskikbaar sal wees.
Die oud-Bok vleuel, Ndungane, het sy kontrak tot aan die einde van die Super Rugby kompetisie verleng, terwyl Kruger, wat in 2011 sy toetsdebuut vir die Springbokke gemaak het, tot Oktober 2016 verleng het. Matthews, veelsydige agterspeler wat vanjaar vir die Junior Springbokke gespeel het, bly ook tot dan aan.
Die BBM se Hoë Prestasiebestuurder, Xander Janse van Rensburg, het bevestig dat die oorgrote meerderheid van die voorlopige Vodacom Bulls groep vir 2016 almal kontrakte in plek het tot aan die einde van 2016.
“Ons het ‘n langtermynplan gehad met van die jonger spelers wat al in 2012 begin het en dit is fantasties om te sien hoe hulle groei en ontwikkel in ons strukture. Voeg hulle ontwikkeling by die nuwe spelers wat by ons aansluit vir volgende seisoen en ek dink daar wag ‘n goeie 2015 seisoen op die span en sy getroue ondersteuners,” het Janse van Rensburg gesê.
Die Vodacom Bulls-afrigter, Frans Ludeke , het terselfdertyd sy voorlopige groep vir die 2015 Vodacom Super Rugby kompetisie aangekondig.
Die groep het ses Springboks wat tans saam met die nasionale span in Engeland is en 12 ander spelers wat reeds die Groen en Goud oor die kop getrek het.
Die groep is ook propvol oud-Junior Springbok en Springbok Sewes verteenwoordigers.
Onder diegene is nuwelinge soos Matthews, Jesse Kriel, Warrick Gelant, Jamba Ulengo, Dries Swanepoel, Dan Kriel, Burger Odendaal, Nardus van der Walt, Irne Herbst, Dayan van der Westhuizen, Arno van Wyk en Pierre Schoeman.
Die nuwe aanwinste Lappies Labuschagne, Trevor Nyakane and Adriaan Strauss (almal van Toyota Cheetahs) is ook in die groep opgeneem.
"Ek is baie opgewonde oor die groep. Ons het puik diepte in sleutelposisies en beserings behoort nie weer soveel skade aan te rig soos vanjaar die geval was nie. Die invloei van die jonger spelers maak my baie opgewonde, want hulle het skitterende vaardighede, veral op die aanval. Dit sal ons in staat stel om met ‘n ander benadering in die verband vorendag te kom,” het Ludeke gesê.
“‘n Klomp van hulle het alreeds op senior vlak presteer en behoort sonder moeite hul voete op Super Rugby vlak te vind. Dit was altyd deel van die langtermynbeplanning om hierdie juniors as Super Rugby spelers te ontwikkel en ek dink ons het in daardie doelwit geslaag,” meen hy.
“Ons kan ook nou ons wedstrydplan en strategie aanpas by die vaardighede waaroor ons spelers beskik,” glo Ludeke.
Die Vodacom Bulls speel ‘n opwarmingswedstryd in Polokwane op 24 Januarie 2015, maar die teenstander moet nog bevestig word.
Die span sal ook op 31 Januarie in ‘n uitnodigingswedstryd teen Saracens in London uitdraf.
Die oefengroep is:
Agterspelers: Jesse Kriel, Duncan Matthews, Warrick Gelant, Jurgen Visser (Kriel, Gelant is met SA Sewes, Visser is beseer en word op 5 Januarie terugverwag op die veld), Akona Ndungane*, Travis Ismaiel, Bjorn Basson*, Jamba Ulengo, JJ Engelbrecht*, William Small-Smith, Dries Swanepoel (Engelbrecht is met SA Sewes, Swanepoel is beseer en word op 30 Februarie terugverwag op die veld), Jan Serfontein*, Ulrich Beyers, Dan Kriel, Burger Odendaal (Serfontein met Springbokke, beseer en word op 12 Januarie terugverwag op die veld), Handre Pollard*, Jacques-Louis Potgieter, Tian Schoeman, Kobus Marais (Pollard met Springbokke), Francois Hougaard*, Piet van Zyl*, Rudy Paige, Ivan van Zyl, Carlo Engelbrecht (Hougaard met Springbokke)
Voorspelers: Pierre Spies*, Hanro Liebenberg (Spies beseer en word op 5 Januarie terugverwag op die veld), Arno Botha*, Jacques du Plessis, Nardus van der Walt, Nicolaas Janse van Rensburg, Jacques Engelbrecht (Botha beseer en word op 5 Januarie terugverwag op die veld), Deon Stegmann*, Lappies Labuschagne, Roelof Smit, Victor Matfield*, Grant Hattingh, Marvin Orie, RG Snyman, (Hattingh beseer en word op 5 Januarie terugverwag op die veld), Flip van der Merwe*, Irne Herbst, Jason Jenkins. (Van der Merwe beseer en word op 5 Januarie terugverwag op die veld), Werner Kruger*, Marcel van der Merwe*, Dayan van der Westhuizen, Hencus van Wyk, Basil Short. (Van der Merwe beseer en word op 1 Desember terugverwag op die veld, Van Wyk beseer en word op 30 February terugverwag op die veld), Adriaan Strauss*, Bandise Maku*, Callie Visagie, Jaco Visagie, Arno van Wyk. (Callie en Jaco Visagie beseer en word op 5 Januarie terugverwag op die veld), Dean Greyling*, Morne Mellett, Trevor Nyakane*, Pierre Schoeman
*Dui Springbok aan

Wragtag - Ek hoop net hy sit sy geld waar sy mond is.
Net jammer oor die volgende name wat ek nie daar sien nie -
Frik Kirsten - ek neem aan daar is nou finaliteit oor sy besering en dat hy klaar is (Gaan hom mis!)
Wiaan Liebenberg - maar verbaas om sy boetie Hanro daar te sien.
Ruan Steenkamp - Ek weet hy is nog junior maar sal hom definitief wil betrek.
Bly oor die name van Tony Jantjes en Waylon Murray wat nie daar is nie,
Gaan groot!!!! in 2015
Slaat my hard met 'n nat vis
Frans maak belowende opmerkings maar of hy die moed gaan hê om agterspelers se skills aan te wend sal maar gesien moet word. Die Bulls maak baie staat daarop dat die manne wat sewes gaan speel meer vaardighede sal aanleer. Maar dan moet ons hulle toelaat om dit te gebruik ook. Ek sien Tony Jantjes is nie id squad nie.
Oor die algemeen baie goeie agterspelers maar as ek so kyk gaan ons oor die volgende twee jaar nog 'n paar senters verloor.
Verrassing vir my om Marvin Orie te sien. Dit lyk vir my die Bulls het daarin geslaag om sy dienste te behou. As dit so is, well done BBM. Ons gaan Willemse baie mis maar vd Merwe sal die man wees. Flip het voor sy besering vanjaar baie goeie rugby gespeel.
Senior manne soos Werner Kruger, Victor Matfield, Dean Greyling en Ndungane moet myns insiens hoofsaaklik nou mentors rolle vervul en die jonges moet nou gepush word. Marcel vd Merwe, Nyakane, Hencus v Wyk en Pierre Schoeman moet nou geleentheid gegee word om deur te kom.
Verder as ek na die span kyk is ons goed toegerus id loosies slot en voorry afdeling.
Dankie vir die kommunikasie BBM.
Soos ek Frans ken behoort sy opener span so te lyk:
15 Visser
14 Ndungane
13 Engelbrecht
12 Serfontein
11 Basson
10 Pollard
9 . Hougaard
8 Spies, k
7 Arno Botha
6 Stegman
5 Matfield
4 Vd Merwe
3 Kruger
2 Strauss
1 Greyling
16 Callie Visagie
17 Nyakane
18 Marcel vd Merwe
19 Grant Hattingh
20 Jacques Du Plessis
21 Rudi Page
22 JL Potgieter
23 Kriel
Akona - Kyk hy was uitstekend vir ons 4 seisoene terug.
Werner - Nee kyk n 2jarige laaitjie sal hom pap scrum
So ons het dit. Frans is baie opgewonde so hy bly natuurlik.
Dis n baie goeie groep wat so tussedn 10de en 7de gaan eindig.
Wil ook dankie aan bestuur se vir die kommunikasie.
Groep lyk goed, kan baie goeie span kies en goeie diepte ook.
Arno moet geleidelik terugkom, hy was immers 2 seisoene uit. Spies ook.
Hoop Spies het n goeie seisoen vir sy part!
"Swanepoel is beseer en word op 30 Februarie terugverwag op die veld)"
M.a.w Dries Swanepoel gaan eers in skrikkel-skrikkel jaar terugkom. Dammit maar hy gaan lank vat om reg te kom. Hehehe!
Hierdie is n goeie groep spelers wat verdien om ordentlik saamgesnoer en gecoach te word.Ludeke gaan nou al vir sy sewende jaar by die bulle en dis te lank.Hy moet dringend vervang word.Die laaste paar jaar se reultate spreek ongelukkig vanself.Ons is moeg vir swak executions.
Kry iemand dinamies met nuwe idees en styl om die leisels oor te vat,en vinnig ok.
En eks jammer Pierre Spies is oor die muur.Hy kan nie in die selfde asem genoem word as Duane of Willem Alberts en selfs Warren Whiteley nie.Maak Adrian Strauss kaptein hys in elk geval vinniger as Ndugane wat weer n kontrak gekry het.By die bulle lyk my is dit moeiliker om van jou kontrak ontslae te raak as om een te kry.
Soos ek se die spelers is daar maar ek kan nie sien wat nou so drasties gaan verander met dieselfde afrigter nie.
Soos my vrou altyd vir my se : "Moenie verkeerde goed spreek nie".
Dan moet ek seker positiewe goed spreek. Goeie groep. Ons gaan aangenaam verras wees met die spelers se ingesteldheid en die nuwe game plan. FL het uit sy foute geleer en gaan die regte spelers in die regte posises kies.
Yes yes yes. Volgende jaar gaan daar 'n paar spanne hard gestamp word deur die Bulle.
Maar as die gameplan nie verander nie dan help dit ons niks al het ons 'n baie goeie agterlyn.
As ons hardloop met die bal dan gaan ons ver kom so maklik soos dit.
As ons skop dan eindig ons weer die jaar sonder 'n groot trofee.
Ek dink Ulengo moet 1ste span speel bo Ndungane.
Plus kan iemand my se wat het gebeur van: Murray,Liebenberg,Kirsten,en Ryan Nell?
Ek het verneem Wiehan wil meer fokus op sy studies in 2015.
Regtig Bulle kan julle nie eers n pers verklaring reg kry nie!
Visser
Jje
Serfontuin
Odendaal
Basson
Pollard
Hougie
Spies
Lappies
Botha
Vic
Flip
Marcel
Adriaan
Dean
Vissagie
Trevor
Hatting
Jdup
Piet
Jlp
Kriel
En ek dink einde volgende jaar sal ons seker die spellers verloor soos, Spies, Jl potgieter, Ndungane, Basson. Hougaard, werner, Dean, v der merwe verloor
Dit sal seker n verassing wees as ons die super 15 of cc binne kort sal wen, Dit lyk vir my meskien oor 12 jaar, as ek nou nie wil negatief wees
‘n Begaafde groep spelers. Toe Arno die tweede keer seer gekry het, het ek hier genoem dat ons ‘n ander langtermynoplossing sal moet vind. Daarvan het niks gekom nie. Ek hoop regtig dat hy die seisoen sal kan deurgaan sonder ‘n verdere besering maar ek.., kom ek volstaan eerder met ek hoop hy maak dit. Pierre Spies sal ongelukkig nooit weer die enforcer wees wat hy ‘n paar jaar gelede was nie, ons is verdoem tot ‘n agsteman wat soos Hulk Hogan lyk maar niks meer nie. En, hopelik is Akona gekontrakteer as back-up vir JJ op vleuel..
When you get so down that you can’t get up and you want so much but you’re all out of luck, when you’re so downhearted and misunderstood just over and over and over you could… Hold On Tight – Electric Light Orchestra
GOOI MIELIES!!!!
Sien Tony Jantjies gaan Kings toe.
Carlos you can have him with pleasure.
Is dit 'n voldonge feit dat VM en FdP die span gaan afrig van 2016 af?
Of gaan hulle maar net hulpafrigters van soorte wees soos attack coach ens ens???
Die slotte ne Loosies gaan 'n paar interessante dilemmas vir ons meesterbrein skep. Spies en Botha Steggies Lappies en JdP VM Flip Hattingh en 'n paar ander.
Ek hou die spasie met belangstelling dop.
Wonder ook net of die manne al met pre-season training begin het want ek wil graag 'n paar oefeninge voorstel.
1. Pak die tackle bags in 'n ry langs mekaar.
Probeer dan tussen die bags deurhol sonder om aan een te raak.
2. Staan in 'n ry skouer aan skouer met 'n een meter spasie tuseen mekaar.
Probeer dan die bal luglangs aangee sonder om dit te laat val. As die bal die grond raak begin van vooraf.
3. Plaas 'n duiksak regop op die middelkolletjie
Elke speller moet dan die duiksak duik van vooraf van beide kante af en van agteraf.
Die speler wat toelaat dat die duiksak hom klop aan die binnekant buitkant of met 'n onverwagte vaartversnelling, moet twee keer om die veld hardloop.
4. Laat die duiksak le op die middellyn.Plaas 'n bal teenaan die verste kant van die speler af teen die duiksak
Elke speler moet van die tien meter stippellyn af tot by die duiksak hardloop en met sy hande op die duiksak gaan staan waarna hy moet probeer om die bal by die duiksak af te neem sonder om oor die duiksak te val.
Suksesvolle spelers kan 'n pizza gaan eet.
Die spelers wat nie daarin slaag om die bal by die duiksak af te neem nie moet driekeer om die veld hardloop waarna hulle kan gaan pizza eet.
5. Die pak voorspelers moet stelling inneem by die skrum masjien. Daar mag geen ekstra gewig op die skrummasjien wees nie.
Hulle moet dan sak asof in die skrum. Indien hulle die skrum masjien twee meter terug kan stoot sonder dat die stutte se van hulle voete afgaan kan elkeen twee hotdogs geniet.
Indien hulle val of toelaat dat die skrummasjien hulle terugstoot met 5 meter moet hulle tweekeer om die veld hardloop waarna hulle elkeen twee hotdogs kan kry.
Indien die skrummasjien hulle net twee meter of minder terugstoot hoef hulle net eenkeer om die veld te hardloop. Daarna kan hulle drie hotdogs eet want dit is duidelik dat hulle bietjie moet "bulk" om die skrummasjien te kan klop.
6. Indien al bogeneoemde doelwitte na bevrediging bereik is kan die spelers toegelaat word om te oefen teen een speler op 'n slag.
M.A.W Begin stadig met 15 teen een. Dan 15 teen twee ens ens.
Probeer om nie die spelers as 'n eenheid teen meer as tien spelers te laat speel nie. Ek stel voor 5 voorspelers en 5 agterspelers. Vervang die ander 5 spelers met duiksakke. As spelers in die voorseisoen in sulke oefeninge verloor is dit sleg vir hulle selfvertoue.
Hierdie is maar net 'n paar vaardigheids en fiksheids oefeninge waaraan ek nou kan dink om die spelers fikser en vaardiger te kry.
Enige ander bydraes tot die coaching manual sal verwelkom word alvorens ons dit beskikbaar stel vir die BBRU.
Ons kan sommer opnames van Oom Zandberg Jansen ook vir hulle speel om hulle te motiveer want die coach kan dit nie doen nie
Ons gaan nog n paar seisoene sukkel as gevolg van die min diepte wat ons huidig het. As ons kyk na Matfield en Ndugane wonder ek wie word gebloei as opvolgers vir hulle? Ons het nie diepte op haker, slot, skrumskakel, losskakel, vleuel, senter en heelagter, ons het wel nou vir Strauss maar gaan hom weer moet afstaan vir Springbok verpligtinge in die Currie Cup en so ook vir Matfield, Hougaard, Spies, Botha en Pollard. Dit los ons weer in die selfde posisie as die jaar en die vorige paar jare. Wanneer laas was ons geliefde Bulle rerig mededingend op Currie Cup of Super Rugby vlak?
Ek is bly dat manne soos Odendaal, Du Plessis en die Kriel boeties deurkom en hoop gee. Ek glo die BBM sal hulle prober behou.
Nou vir my laaste kerm vraag! Wanneer gaan die uwe MR LUDEKE inoverende, hardloop rugby begin afrig? Ons kan nie met Meyer se "KICK and CHASE' game plan speel wat eeue laas gewerk het nie. Dit het die Bokke begin inhaal en hy het toe die game plan begin verander en die Bokke speel deesdae fantastiese rugby!
Ek glo sterk ek is nie die enigste Bul ondersteuner met die dieselfde opinie en vrae. Ek sien myself nie as n rugby genie nie maar dammit enige een kan sien dat dinge by Loftus ernstig op die afdraand pad is. Maakn huis skoon as dit moet, volg die Sharks en Lions se voorbeeld en begin weer die wenrugby en kultuur handhaaf waarvoor julle so bekend is!!!
Ek wonder of daar ooit geluister word na die vrae wat die Rugby publiek vra?
15. Kriel
14. Mastriet \ vd Heever
13. Serfontein
12. Engelbrecht
11. Basson \ Ulengo
10. Pollard
9. Vermaak
8. Botha
7. Du Plessis
6. CJ Stander
5. Matfield
4. Willemse
3. vd Merwe
2. Strauss
1. Wilco Louw
16. Robbie Coetzee \ Bongi Mbonambi
17. Nyakane \ Mellet
18. Mostert
19. Spies
20. Labuschagne
21. Van Zyl
22. Boshoff
23. Courtnall Skosan \ Visser
Ek is voorstander dat 'n span meer as een spelpatroon moet kan speel. Meeste afrigters sal dan hul losvoorspelers en skakelpaar aanpas na gelang van die tipe wedstryd wat hulle wil speel. Myns insiens moet die baba nie met die badwater uiteggooi word nie. Op die ou end wil jy die wêreldbeker wen en meeste eindstryde word met skoppe en taktiese skopwerk gewen id world cup. Destyds in die 80's het Noord Transvaal die WP op Nuweland in gietende weer kon klop want ons spelpatroon het die nat weer gepas, en die WP wat die bal wou dra was impotent. Maar aan die ander kant kan die Bulle net baat daarby om hul ooglopende tekortkominge rondom vaardighede id agterlyn uit te skakel en die agterspelers toe te rus met vaardighede wat vir ons ekstra opsies sal bied op die aanval. Ons grootste drawback vanjaar van junior tot senior vlak is ons shocking balhantering en die turnovers wat dit meegebring het.
Engelbrecht op 12? Een van sy swak punte is sy passing en jy wil hom op 12 speel?
Mastriet? Nee dankie
Nitronic. Miskien is Engelbrecht se passing so pateties want die agterlyn kry nooit die bal met ons wonderlike kick and chase game wat gespeel word. Gaan kyk bietjie hoeveel keer skop ons skrumskakel die bal en nie eers te praat van JLP nie. Almal se opinie verskil, ek voel Engelbrecht is n senter.
Sampie Mastriet is n groot opkomende vleuel. Kyk na my span keuse, my punt wat ek daardeur prober maak is dat te veel talent verdwyn by die BB Unie.
15 - Jurgen Visser
14 - Akona Ndungane
13- JJ Engelbrecht
12 - Jan Serfontein
11 - Bjorn Basson
10 - Handre Pollard
9 - Francois Hougaard
8 - Pierre Spies (K)
7 - Arno Botha
6 - Deon Stegmann
5 - Victor Matfield
4 - Flip van der Merwe
3 - Marcel van der Merwe
2 - Adriaan Strauss (OK)
1 - Dean Greyling
16 - Trevor Nyakane
17 - Pierre Schoeman
18 - Callie Visagie
19 - Grant Hattingh
20 - Jacques du Plessis
21 - Piet van Zyl
22 - Jacques Louis-Potgieter
23 - Jesse Kriel
Gerhard vd Heever se groot downfall was konsentrasie. Sy kop het soms gedwaal op die veld. Groot vinnige vleuel maar ek wonder of hy nie beter sou vaar by Leeus/Cheetahs nie.
JJ op 12!
Het jy die seisoen nie rugby gekyk nie.
Hy kan nie pass, hy kan nie tackle, hy kan nie vang - hy hardloop skuins - en jy wil hom 12 speel.
WSS ligjare weg van begin ?
Wat moet hy meer doen?
Kyk na sy Currie Beker stats -
WSS 61 tackles 1 missed tackle - speel 426 minute.
JJ 44 tackles 6 missed tackles - speel 415 minute
Paul Jordaan 72 tackles 11 missed tackles - speel 544 minute
Jean de Jongh 100 tackles 17 missed tackles speel 869 minute
Volgens statistiek is hy die beste verdedigende senter in SA. 1 tackle gemis die hele CB seisoen.
En hy kan pass en hy hardloop reguit!