Van der Merwe to miss Super Rugby opener
Vodacom Bulls prop Marcel van der Merwe will miss the opening week of the Vodacom Super Rugby season due to a medial knee ligament injury, it was confirmed on Monday.
The injury occurred on Saturday in London, when the Blue Bulls played against English club side Saracens in a warm-up friendly.
Van der Merwe injured his knee and pulled his hamstring in the second half and will be out for three to four weeks, team doctor Org Strauss confirmed on Monday.
The Springbok prop was the only casualty in the match and Vodacom Bulls coach Frans Ludeke should have a fairly fit squad to pick from for their first match, against the DHL Stormers at Loftus Versfeld on February 14.
The long term injury list remains the same:
Bandise Maku (pectoral, July), Flip van der Merwe (pectoral, mid-April), Hencus van Wyk (lisfranc fracture dislocation, end of February), Pierre Schoeman (ACL rupture knee, 15 July), Adriaan Strauss (calf, 9 Feb) and Jason Jenkins (quad, 2 Feb).
Inteendeel, Werner Kruger is een van die stutte die afgelope 6 na 7 jaar van Superrugbydie wat die minste beseer was. Gee hom daarvoor krediet.
Ai tog jammer Marcel. Nou gaan ons met Werner sit. Ok so ons weet die Stormers het kla 12-15punte
Ek weet die kanse is min dat dit sal gebeur maar ek sa;l defnitief begin met
6) Steggman
7) Lappies
8) Hanro
Ek weet baie mense kritiseer vir Werner Kruger, Maar daar is geen manier dat 1 speler 'n skrum kan stabaliseer nie. Ek weet daar was ten minste 1 skrum waar werner goed geanker was, en waar die turf selfs verkrummel soos ons pak agteruit gegaan het. Die een skrum wat marchelle daar was het ons ook agteruit gegaan. Miskien het ons meer ondersteuning van ons slotte, haker en flank nodig.
Ek is egter versigtig optimisties vir hierdie jaar. Hoop ons begin goed, want as dit lyk of ons nie die cup gaan wen nie, kan Sarfu dalk opdrag vir ons gee om ons bokke te laat rus.Sonder trever, adriaan, marchelle, victor, hougie, pollard en JJE mag ons dalk sukkel.
Ons het lanklaas sulke goeie loosies gehad, Ludeke kan die manne goed roteer vanjaar!!
Ek dink ons kan die Stormers klap vlg saterdag!!
die kritiek wat grotendeels laasjaar en nou nog steeds teen Frans is, is eerstens die spelpatroon. Dit sal sonde wees om met spelers soos Pollard, Serfontein, Kriel en WSS 'n skop en chase an bash patron te wil speel.
Tweedens gaan dit oor sy hardnekkige volharding met spelers wat nie op vorm is nie ten koste van belowende spelers. Ross en Louis Fouche is hier goeie voorbeelde. Ons het Jean Cook en Marnitz Boshoff verloor wat strate beter as die ander 2 was. Dieselfde geld Spies, Visser, JJE en Werner.
Laasjaar is Burger Odendaal gekies bo Rohan en daar verloor ons Rohan, wat nooit eens kans gekry het om te wys wat in hom steek nie. Dieselfde geld Beyers. Beyers het net sy voete begin vind. Ek weet nie almal voel dieselfde oor hom nie.
Verder het ons ook Basil Shorts verloor wat blykbaar nou baie goed vir WP skrum en so-ook Wilco Louw. Dis nie asof ons kan kies en keur tussen goeie vaskoppe nie. Op Loskop lyk ons beter veral met Schoeman daar.
Vir die afgelope 3 jaar staan die bulle by verre die meeste strafskoppe in die skrums af en sukkel ons week na week teen elke liewe moontlike span. Is dit die spelers? Die skrum coach? Hoekom verdra die bestuur die vlak van onder prestering nou al vir 3 jaar?
Natuurlik gaan ons kritiek lewer en hulle verantwoordlik hou hiervoor.
Jaar na jaar word die beste senters op die cravenweek gekoop, maar daar moes lankal in stutte belê word, sodat ons nie in die penarie is waarin ons nou is nie. Dieselfde geld fetcher. As Stegman seerkry is ons in ons knor in en dit gaan gebeur.
Ek glo die jaar gaan 'n waterskeiding wees. Gaan JJE op vleuel getoets word- die wyse waarop hy saterdag om sy opponenet is vir Spiese se drie was klas. Gaan WSS voldoende kans kry om 13 sy posisie te maak? Gaan Roelof Smit, Hanro, Kriel, Ismael, Matthews, Snyman (daai moer lang slot) almal regverdige speelkanks kry om hulle kleim te kan afsteek?
Gaan ons agterspelers se talente reg aangewend word en die belangrikste, gaan ons kan skrum die jaar? reg skrum?
Ek weet so bietjie van Gert Wessels en hy gaan nie die wanprestatsie duld nie.
Ek kon nog verstaan as Werner soos Dean is in die vastelos wat lekker lopies in kry maar hy doen nie. En ek wil mos my broek vuil maak as Werner op skrummie opdaag by n ruck
hoop Hanro Liebenberg het 'n ordentlike kontrak. met die Saracens game wat oor die wereld vertoon is, mag hy dalk in aanvraag raak. Ander lande soek juis ons JONG talent en die Rand kan nie by die Pond byhou.
op 'n ander noot - interessant dat Cheetahs verskeie spelers toets as kaptein en eers hul kaptein aanwys voor die 1e wedstry,. anders as die Bulle wat 'n kaptein aanwys voor hul weet of hy die beste in sy posisie is of wedstrydfiks is.
Ok ek moet toegee. K@k hairstyles maar hulle kan darem rugby speel
Sal maar sien of FL regtig meer oop rugby wil speel, dit sal egter ons behoud wees.
High kick en charge dae lankal verby.
Jong ouens lyk skerp en belowend.
Kom Bulle!!!
Ek het ook al gewonder hoeveel van die strafskoppe teen hom en Dean is werklik regverdig. Die refs weet hulle word baie gestraf deur hulle kolegas en as die skrum val word Werner en Dean gestraf, sonder dat die refs eintlik regtig weet wat die werklike oorsaak was.
So byvoorbeeld was daar een skrum teen Sarascens wat geval het en Werner gestraf is omrede hy op die Loskop se skouer gebind het. Ja, dit is onwettig, maar hulle vaskop het elke liewe skrum op Trevor en later Morne se skouers gebind maar is nie een keer gestraf nie omrede die skrum nie daai kant geval het nie.
Dit gesê, hulle Loskop het van die 1ste skrum af vir Werner 'n das aangesit, so die refs sal dan meer geneig wees om die swakker skrum te straf as die skrum val wat beteken die sterker skrum kan letterlik met moord wegkom.
Blondie, sarascens kan bly wees Hanro se hare is so lank en "sliertig". As dit nie nodig was dat hy elke 30 sekondes sy hare uit sy oê moes vryf nie het hy hy hulle man alleen opgedonner. lol
Bulls. After making his debut against the Stormers in Cape Town on 16/2/2008, he has appeared in 40 consecutive games, before he missed his first game on 15/5/2010 against the Stormers when coach Frans Ludeke select a "B" team for that game as the Bulls has allready qualified for that year's semi-final. He then played against the Crusaders in the semi's and eversince in 68 consecutive games - total games: 108 (11/7/2014).
Nog geen van die kermklaers kon tot in hierdie stadium enige naam van 'n vaskop noem wat gereed was om Werner te vervang.nie.
Ek hoor egter jou argument, Hencus v Wyk en Frik Kirsten was gereeld beseer- Hencus met 'n baie lang besering. Ek onthou ook daar was 'n tyd toe Werner sy man gestaan het en meer as sy deel in die vaste los ook gedoen het. Dit was egter nie in die laaste 3 jaar nie.
Ongelukkig is dit ook nou so dat Werner baie van die blaam moet vat van die kortsigtigheid van die coach/ bestuur om te beplan en ander spelers deur te bring nie. En daar was genoeg. Basil Shorts het goed geskrum in die varsity cup en was saam Vincent Koch ysters wat gedomineer het. Nou is Wilco Louw ook weg en oor hom gaan die Bulle nog spyt wees.
Selfs toe Frik en Morne reg was, was Werner en Dean bo hulle gekies al het hulle die een strafskop na die ander afgestaan en al is hulle verneder deur letterlik elke liewe ander opponent. Ek onthou baie goed sodra Frik en Morne opgekom het was die skrum solid, geen strafskoppe nie en die hele agttal was op die voorvoet.
Ons sal seker moet aanvaar dat Werner nou ons beste en enigste opsie is, maar Werner, Frans en ook jy moet aanvaar dat daar baie kritiek gaan wees as hulle nie perform nie en wat ons nou in 2 wedstryde gesien het, gaan dit weer dieselfde ou storie wees.
Die kritiek teen Werner is heeltemal regverdig en wat hy in die verlede gedoen het en sy beseringsrekord beteken niks.
Die ouens se lang hare irriteer my ook. Hulle sal baie beter speel as hulle nie heeltyd die hare uit hulle oe moet vee nie.
Nog 'n ding wat my irriteer is al die tattoos of tramp stamps wat die ouens deesdae het. Weet hulle nie net gekke en dwase skryf op mure en glase nie?
As jy professioneel lyk sal jy professioneel speel.
My vraag is: wie is die alternatiewe speler of spelers wat hom moes vervang en gee my kulle getuigskrifte. Eers dan sal ek besluit of daardie speler of spelers beter as Werner is.
By gebrek hieraan erken jy dat jy slegs duimsuig.
As jy rugby wil speel kom tree eers aan op die rugbyveld. Dan kan ek jou kies vir die span.
Dit is hierdie soort van inligting aangaande 'n speler se beskikbaarhied om op 'n rugbyveld aan te kan aantree wat ek in 'n speler se getuigskrif soek.
So, in die onderhawige omstandighede, met Marcel beseer, sal ek vir Morné Mellett begin op loskopstut (met Dean "Wors" Greyling op die bench) en vir trevor Nyakane op vaskopstut (met Werner Kruger op die bench - noodgedwonge).
Marcel is darem net uit vir 'n rukkie.
Adriaan Strauss sal verdere soliditeit bring aan die voorry (Met Callie Visagie wat nie 'n sterk skrummer is nie) en dan ook is die keuse van die slotte natuurlik ook kritieke belangrik, met Victor Matfield en Grant Hattingh moontlik die finale paar daar, siende dat die tight 5 as eenheid MOET skrum.
Meer as dit nog, 'n skrum is slegs sterk wanneer al 8 voorspelers saam skrum - met die regte tegniek en deur die gebruik van die regte vektorkragte in dieselfde rigting vorentoe, gelyktydig.
Dit vat myle se oefening om skrums te vervolmaak!
Skrumtegniek en krag is pure fisika - sonder om te tegnies te raak, net soos 'n brug se sterkte bepaal word deur al sy komponente en kragte in die regte rigtings, so is skrumtegniek, voetposisies, liggaamshouding en reguit rugge, wat gelyk ingespan word, die somtotaal van 'n skrum se krag.
In die verband het ek nog altyd Dean Greyling se skrumtegniek bevraagteken en kon mens ook teen Saracens sien dat Werner Kruger se tegniek heel af van peil is, en daarbenewens het die Bulle geskrum met proeflopie slotte.
Die skrums kan reggedonner word, glo ek, binne 10 dae... mits Wessel Roux (skrumafrigter) weet hoe om dit te doen! Sy kundigheid twyfel ek ook in, want dis gewis nie die eerste seisoen wat hy afrig en die Bulle sukkel in die skrums nie.
Ons kan van die kant af dophou en dinge bedroef berou, maar ek dink Frans Ludeke-hulle is nou deeglik bewus daarvan dat die skrums harde werk het om in te haal.
Hier is Marcel se getuifskrif:
2012 teken hy kontrak met die Bulle. Hy eindig by die Cheetahs met 'n ernstige knie besering.
Hy speel sy eerste wedstryd by die Bulle in 2013 se Vodacom teen die Leeus Hy speel vaskop. Sy teenstander was JC van Rensburg. Marcel kom sleg 2de.
Hy speel meesal as loskop in 2013 se Currrie beker. Sy skrumwerk op loskop was meesal onoortuigend. Frik Kirsten word meesal as vaskop gebruik. Werner en Dean word aanvanklik gerus. Dus was daar genoeg geleentheid vir die drie stutte (Morne Mellet was die derde) gegee om hulle self te bewys. Dit gebeur nie.
Vir 2014 word Marcel as loskop plaasvervanger gebruik. Frik word met Werner roteer. Na Frik se besering skuif Marcel na vaskop. Na die toer kry hy geleentheid in die beginspan
Met die Curriebeker gee die afrigter Marcel meer speelkans. Hy word egter vir die Springbokke gekies. Hy eindig die seisoem met 'n kniebesering.
Vir die 2015 seisoen begin hy van die bank na sy besering. Jy het Saterdag die res gesiem
Verduidelik vir my op watter stadium was Marcel gereed om wedstryd vir wedstryd vir 80 minute vir meer as 2 agtereenvolgende seisoene te vervang.?
Werner is beter as Trever. Al wat Trever beter as Werner doen is om te dans.
Marcel het met 'n besering vanaf die Vrystaat by die Bulle aangesluit en is sederdien constant beseer. Dus is daar nie beter as Werner nie.
Vincent Kock is nou by die weepee gekontrakteer. Kom ons kyk of hy die op Super vlak gaan maak. Ek glo nie hy is opgewasse vir die taak op hand nie. Hy het nie veel teen die 'swak' Bulle laasjaar in Nelspruit uitgerig nie.
Ek glo die Bulle is reg. Werner en Dean is die manne in die saal met Trever, Hencus, Marcel, ens om te help om die span deur die seisoen te dra.
Kom ons gee die Bulle die geleentheid om ons te wys wat hul kan doen. Daar is ongelooflike talent wat op Loftus rondloop.
Sterkte Bulle....geniet dit en gaan GROOT.
Die skrums kan binne 'n week reggedokter word.
Hier is my beskeie mening van wat fout is met die pak.
1, Pak sak te hoog
2. Rue is nie reguit in die skrums dit is hoekom hulle koppe uipluk ander knor die tussen rib spiere.
Slotte se skouers sak bo teen die stuute se heuope en nie lekker onder die boude nie
Flanke skrum nie skuins vorentoe nie en support dus nie die stutte nie.
So dit is duidelik dat die hele pak verkeerd skrum en om Werner alleen te stenig is kortsigtig.
Die speler wat Werner wil vervang moet dit doen op sy sterkpunt. Anders vervang jy een swakpunt met 'n ander. En dit is nie vordering nie, slegs watertrap.
Trevor was nog altyd 'n bankspeler ('n swakpunt) en moet nog bewys hy kan Werner vervang.
His strength base is very good, but I want him to get his general play up to standard. As was the case with Coenie, I have a lot of hope for Marcel," said Du Randt, who is Free State's forwards coach.
Van der Merwe will on Friday be the loosehead prop for an Emerging Free State team playing a compulsory friendly match against the Eastern Province Kings in Port Elizabeth.
It was Du Randt who moved Van der Merwe from tighthead to loosehead prop - the former Bok prop initiated exactly the same move for Oosthuizen.
"Marcel has struggled at tighthead for the past year or two. I want him to play (at loosehead) and I believe he could make it."
The 20-year-old Van der Merwe, who weighs 121 kg and is 1.89m tall, showed as player for teams like Grey College, the Baby Boks and the Free State under-19 side that he is a strong ball-carrier.
He also represented Free State in this year's Vodacom Cup.
Nou ja. Os reken Marcel is beter losskop.
Ons het gelukkig nie 'n backup op vasskop nodig nie want Werner gaan vir ewig hou. ;)
Ek het ook al geleer sommige refs blaas die skrums so en ander weer sus. Verlede jaar het ons beter geskrum as in 2013. Maar laat id Superreeks en veral in CC het ons weer begin sukkel. Verlede jaar in LAASTE game van CC seisoen het ons Griekwas id skrums verwoes. Week later word ons op Nuweland vd veld af geblaas. Werner was Saterdag geblaas omdat hy aan die arm van die losskop bind. 'N paar daarvan was maar blerrie twyfelagtig.
Maar Saracens het ons wel geroer Saterdag aan Werner se kant. Dit sal wel 'n plek wees waar ons getarget gaan word oor en oor en oor. Verlede haar se CC semi is nog vars id geheue. Hoe die Bulls hulself hiervoor gaan voorberei is die sleutel. Want of Werner nou die fiksste in die land is of nie, dit vat nie lank voor jou opponente sien waar hulle munt uit jou gaan slaan nie. So be ready for it. Werner is wel 'n workhorse in ander fasette vd spel.
As beskikbaarheid om te speel enigsins meer tel as skill / spelpyl dan kan enigeen van ons maar gaan speel! (Die Couch Potatoes sal dan eerste in aanmerking moet kom, want hulle sal dan volgens jou definisie meer beskikbaar wees.)
Ek lees dat die slotte ook bietjie pakslae kry in die kommentaar, en ek het voorheen 2013 - 2014 gemoun daaroor dat hul nie hul deel bring in die skrums nie, maar ek moet se ek is die afgelope 2 games meer tevrede met hul bydrae.
Ek sal eerder begin met ons lostrio se bydrae in die skrum.
Een rakker het gese in een van die posts dat die saracens se flank ingeskrum het (eintlik bietjie lagwekkend) want dit is presies wat ek wil he ons flanke moet doen (let wel waneer nodig om die stutte te help in lyn te bly), want daar is geen reel teen dit nie. Verder veroorsaak dit ook dat die opposisie se skrumskakel wyer moet omkom om die skrum.
julle kan maar na al die skrums gaan kyk waar ons die ergste pakslae gekry het, die vaste vyf was nie goed ondersteun deur die lostrio nie.
Ek sal toegee dat toe die lostrio wel harder gewerk het in die skrum, toe het die Saracens makliker om die skrum oor die voordeel lyn gekom, maar om als in die skrum te sit EN nog goed te verdedig is 'n "skill" wat elke losvoorspeler self moet aan werk.
Daarom sal ek se het Werner bietjie meer gesukkel as wat mens sou verwag. Nie-teen-staande die loskop van die Saracens. Verder het Trevor Werner nie veel gehelp nie en Callie het heeltyd "gepop", maar dit sal ek toeskryf aan die feit dat Trevor heelwat korter is as Callie, wat veroorsaak dat die Saracens se vaskop ingescrum het op Callie. (Want hy is 'n sterk scrummager, en verseker sterker as Strauss - wat nie 'n populere opinie gaan wees op die blog nie, want ons blog mos maar meer op sentiment as tegniese ontleding...?)
Trevor kan vaskop skrum en vir een van die vorige komentators: Os was 'n loskop, heens sy onvermoe om vaskoppe se tegniek uit te sorteer, heens verder die feit dat hy vir Coenie, Marcel, Trevor ens. almal laat vaskop speel. dan koop hul maar net elke keer (of bring 'n ander vaskop deur).
Hy het nog altyd met afrigting die vaskoppe afgeskeep.
Anyho, my 10cents.
Huidiglik is Mellett en Marcel ons beste kombinasie by vere, ongelukkig is Marcel nou uit, maar nou ja...
Ek sal dan nou maar Saterdag eerder sak met Mellett, Callie, Trevor. Dean en Werner op Bench.
Alhoewel Trevor 'n beter impak maak van die bench af, so dalk Mellett en Werner begin.
brickm- ek het nog altyd jou insette waardeer. Ek het ook maar my bedengkine oor Os. In my opinie moet Matthew Proudfoot seker die beste skrum coach wees, want hy kry met daai lig gewigte van die stormers reg wat geen ander ou kan nie. Ek kan nie dink hoe ouens soos kitskots en malherbhe so goed kan skrum nie. Dit sê vir my dit is alles tegniek en soos jy tereg sê, die hele pak skrum saam.
Is die logiese gevolgtrekking wat 'n mens dan hieruit kan maak dat die probleem dan by Wessel Roux is? Indien dit dan wel so is, hoekom sukkel Marcel en Mellet (Frik het ook sterk gestaan en ek is baie spyt oor sy besering) nie soos Werner en Dean nie?
Ek wil egter van jou verskil oor Adriaan vs Callie t.o.v. hulle skrumwerk, maar kom ons kyk wat gebeur volgende Saterdag. Ten spyte van die skrums is ek versigtig optimisties oor ons kanse.
Ek sal verheug wees as ek verkeerd is met die skrumwerk van Strauss, dan sit ons met twee goeie scrummagers op haker (onpupulere opinie weereens..), wat dan wel lekker sal werk is dat Frans dan die probleem met die vaskop wat op ons haker te veel druk plaas, te kan uit sorteer.
Dit wil vir my voorkom asof Mellett sy haker beter beskerm en daarom nie veroorsaak dat die vaskop se las (wat al klaar 'n taai taak het) vermeeder met die dat die opponente se vaskop meer druk deurplaas na die haker - vaskop.
Behalwe vir dit voel ek weereens (dink ek het dit al gese), gewilligheid om aan te hou skaaf aan mens se tegnieke, maak dat Marcel goed doen op vaskop. Daarin voel ek wel dat Wessel iets regekry het (in ag genome dat hy 'n "lost case" vir Os op vaskop was).
Die Bulle is soos 'n aftree oord in sekere aspekte, as jou foto op die muur onder Loftus (in die kleedkamer) is (en jy kan nog speel) dan is jou possie veilig, spelpeil of de not, en of jy nou dink jy weet beter as die afrigter of nie.
(Ek het nogsteeds 'n gal smaak in my mond oor 'n paar insidente waar spelers se wat hul wil en sal, coach se opdrag of nie.)
My gunsteling spotlight op scrumwerk is soos hieronder aangehaal:
Balie Swart, Saru’s scrum consultant, says Ackermann’s no-nonsense approach to applying the correct scrumming techniques has been key. “I’ve visited most of the teams in the Currie Cup to ensure they get their scrumming right and play according to the laws, but the Lions have always been a step ahead,” said Swart yesterday.
“Ackermann has a no-nonsense approach regarding the laws at scrum-time. He makes sure his players do everything correctly. He’s close to his players and they know exactly what’s required of them. It’s that simple.”
ut Swart admits there’s a bit more to it than simply scrumming correctly. “They’re a close-knit unit and for the Lions it’s a case of all for one and one for all. Look at their scrum, all 16 feet are working together, they’re all pushing.”
Indeed. When the Boks took a beating in the scrums against Argentina earlier this year, Ackermann told The Star: “The locks aren’t pushing. The pack isn’t working as a unit. The secret to a good scrum is unity ... it requires an eight-man performance.”
I rest my case. Skrum saam as 'n pak, los jou hare uit, en los die pronk ponie lopies vir die agterlyn!
Jy moet meer hier kom kuier. Jou kyk na die skrums bring bietjie method in the madness.
Ek kyk gereeld na wat julle manne se, maar dit het maar die afgelope paar maande rof gegaan en my bydraes (agv. my passie vir skrumwerk) is maar 1 dimensioneel (skrumwerk).
So, julle ouens slaan gewoonlik die spyker op die kop, dan het ek nie veel by te voeg, raak net bietjie meer opgewonde oor die skrumwerk, dan jeuk my vinger op die sleutelbord.. (",)
Andersins is ek ook soos old blue eyes optimisties! Kannie wag! Die manne van doer onder loop altyd breebors op na loftus, veral oor hul "wonderlike" voorspeler spel / skrumwerk, dan loop hul maar weer druipstert af na waar die wind weer bietjie "non-sense" in hul kan inblaas! ROTFL
I have just received a mail from the Blue Bulls that both Jacques du Plessis and Flip van der Merwe have signed in France from after completion of the Currie Cup at the end of the year.
Jacques will go to Montpellier for 2 years and Flip is off to Clermont Auvergne.
Eishhhhhhhhhhhh!