Vodacom Bulls welcomes back Strauss

Vodacom Bulls welcomes back Strauss

articles.comments (48)

Vodacom Bulls welcomes back Strauss
Vodacom Bulls coach Frans Ludeke named Adriaan Strauss at hooker when he announced his team to play the DHL Stormers in the opening round of the Vodacom Super Rugby competition at Loftus Versfeld on Saturday.
Strauss, who made his Super Rugby debut for the Vodacom Bulls in 2006 (8 matches), is back in the Pretoria side after a long stint with the Toyota Cheetahs (for whom he played 97 times) and was put straight into the starting team by Ludeke.
The coach also included Vodacom Bulls debutants Lappies Labuschagne and Trevor Nyakane, but neither are strangers to the competition. Labuschagne played for Toyota Cheetahs in 27 matches (debut 2012) and Nyakane represented the same franchise 42 times (debut 2012).
The rest of the team consists of tried and tested players, with the most experienced captain in the history of Vodacom Super Rugby, Victor Matfield, leading the team onto the field for the 83rd time.
Regular captain Pierre Spies, who made his last appearance in Super Rugby in Round One last year against the Sharks in Durban, will play off the bench as he is eased back into action following his long lay-off.
Another player returning from a long lay-off is Arno Botha, who will start at no8 for the first time in 22 matches for his franchise. The loose forward last played for the Vodacom Bulls in 2013 and missed last season due to injury.
Ludeke, who will be in charge of the team for an eight consecutive season, expressed his excitement with kick-off a couple of days away.
“We have prepared well for this season, but one will only really know how you shape up once the tournament is underway. I believe we have a solid squad with good depth this year and players suited to the way we want to execute our style of play,” Ludeke said.
“That said, we are up against a formidable team with good confidence, as the bulk of them won the Currie Cup at the end of last season. We will have to start well and stay strong if we want to kick the competition of on a winning note. Luckily we start at home and hope to have our supporters out in big numbers at Loftus Versfeld.”
According to Matfield it will not necessarily be the match-ups between individuals that will make the difference, but rather a team effort.
“Each side has different strengths and game breakers, so the one that plays the best as a unit and use their scoring opportunities should come out on top. It is going to be a great game and we are really looking forward to it. We have prepared long and hard and now just want to go out and play,” Matfield said.
Ludeke included 20-year old prop Dayan van der Westhuizen onto the bench. The Junior Springbok player is recovering from a bruised foot and should he not be able to take the field, another SA Under-20 prop, Neethling Fouchè, will take his place on the bench.
The Vodacom Bulls team (with Super Rugby caps) is: Jurgen Visser (25), Bjorn Basson (71), JJ Engelbrecht (49), Jan Serfontein (28), Francois Hougaard (72), Handrè Pollard (13), Piet van Zyl (44), Arno Botha (22), Lappies Labuschagne (27), Deon Stegmann (79), Victor Matfield (c, 138), Jacques du Plessis (15), Werner Kruger (108), Adriaan Strauss (106), Trevor Nyakane (42). Replacements: Callie Visagie (38), Mornè Mellet (24), Dayan vd Westhuizen (0)/Neethling Fouchè (0), Grant Hattingh (34), Pierre Spies (103), Rudy Paige (7), Jacques-Louis Potgieter (56), Jesse Kriel (1).
Milestones:
•There are four centurions in the squad line-up. Victor Matfield 138 (Bulls 130 & Cats 8); Werner Kruger 108 (all Bulls); Adriaan Strauss 105 (Cheetahs 97, Bulls 8) and Pierre Spies 103 (all Bulls)
•Coach Frans Ludeke will extend his Vodacom Super Rugby as most experienced coach ever – He has coach the Vodacom Bulls in 109 matches and the Cats in 23 for a tally of 132.
•Victor Matfield will extend his Vodacom Bulls record as their most capped Super Rugby player to 139. He will also captain the side for a record 83rd time, which is also a competition record. It will also be his 16th season of Vodacom Super Rugby, a record he will now share with Tony Brown and Tana Umaga.
•Lappies Labuschagne and Trevor Nyakane will make their debut for the Vodacom Bulls.
•JJ Engelbrecht will play in his 50th match for the Vodacom Bulls.
•Should he take to the field, Dayan van der Westhuizen/Neethling Fouchè will make his Vodacom Super Rugby and Vodacom Bulls debut.

Dis welkom terug by die Vodacom Bulls vir Strauss
Die Vodacom Bulls afrigter Frans Ludeke het haker Adriaan Strauss in sy span ingesluit wat Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria teen die DHL Stormers in die openingsronde van die Vodacom Super Rugby kompetisie speel.
Strauss het reeds in 2006 in agt wedstryde vir die Vodacom Bulls uitgedraf, maar daarna in 97 wedstryde vir die Toyota Cheetahs gespeel en ook die span aangevoer.
Die afrigter het ook twee Vodacom Bulls debutante, Lappies Labuschagne en Trevor Nyakane gekies, maar beide het reeds Vodacom Super Rugby ondervinding. Labuschagne het 27 keer en Nyakane 42 keer vir die Toyota Cheetahs uitgedraf.
Die res van die span bestaan uit 'n ervare kern, met die mees ervare Super Rugby speler in Suid-Afrika, Victor Matfield, wat die span sal aanvoer. Matfield draf vir die 83ste keer voor, meer as enige ander kaptein in die toernooi se geskiedenis.
Die gereelde kaptein, Pierre Spies, sal van die bank af impakt verleen. Spies het in die openingswedstryd van verlede seisoen se reeks laas (weens ‘n besering) gespeel.
Nog 'n 'nuwe' gesig is die van Arno Botha wat op agsteman gekies is, die eerste keer in 23 wedstryde dat hy daar begin.
Botha het die hele 2014 seisoen weens 'n kniebesering misgeloop.
Ludeke, wat die span in sy agtste seisoen brei, het gese die opgewondheid is tasbaar in die kamp, veral omdat die afskop nou om die draai is.
"Ons het hard gewerk en ek glo ons is goed voorbereid vir die seisoen. 'n Mens weet eers regtig hoe in die kol jy is as die kompetisie in volle swang kom, maar dit het goed gegaan in die voorseisoense wedstryde.
"Daar is ook goeie diepte in die groep met 'n sterk groep spelers wat die spelpatroon kan afdwing wat ons vanjaar wil speel," het Ludeke gesê.
"Ons besef egter dat ons teen 'n gedugte teenstander te staan kom. Die oorgrote groep van die Stormers se spelers was deel van die span wat verlede jaar die Curriebeker gewen het met 'n aanvallende speelstyl, so hulle sal beslis met heelwat selfvertroue hierheen opruk. Ons het egter die voordeel van 'n fantastiese tuisskare op Loftus Versfeld."
Matfield het gemaan dat dit eerder 'n spanpoging eerder as indiwiduele spelers sal wees wat die uitslag gaan bepaal.
"Albei spanne het verskillende sterkpunte en spelbrekers, maar ek glo dit sal die een wat wat sy geleenthede om punte aan te teken die beste benut en die beste as 'n eenheid kan saamspeel, wat die wedstryd behoort te wen. Dit gaan 'n fantastiese geleentheid wees vir almal en ons sien geweldig uit na die wedstryd. Dit is opwindend om te weet dat die wedstrydfase van die kompetisie uiteindelik begin."
Ludeke het slegs een debutant gekies. Die 20-jarige Junior Springbok stut, Dayan van der Westhuizen, is as plaasvervanger gekies. Hy het vandeesweek nog las van 'n gekneusde voet gehad en indien hy nie fiks verklaar word nie, sal nog 'n gewese SA Onder-20 speler, Neethling Fouchè, as plaasvervanger diens doen.
Die Vodacom Bulls span (met getal Super-wedstryde) is: Jurgen Visser (25), Bjorn Basson (71), JJ Engelbrecht (49), Jan Serfontein (28), Francois Hougaard (72), Handrè Pollard (13), Piet van Zyl (44), Arno Botha (22), Lappies Labuschagne (27), Deon Stegmann (79), Victor Matfield (k, 138), Jacques du Plessis (15), Werner Kruger (108), Adriaan Strauss (106), Trevor Nyakane (42). Plaasvervangers: Callie Visagie (38), Mornè Mellet (24), Dayan vd Westhuizen (0)/Neethling Fouchè (0), Grant Hattingh (34), Pierre Spies (103), Rudy Paige (7), Jacques-Louis Potgieter (56), Jesse Kriel (1).
Notas:
•Daar is vier spelers in die groep wat reeds 100 keer of meer in Super Rugby uitgedraf het. Victor Matfield 138 (Bulls 130 & Cats 8); Werner Kruger 108 (almal Bulls); Adriaan Strauss 105 (Cheetahs 97, Bulls 8) en Pierre Spies 103 (almal Bulls).
•Afrigter Frans Ludeke sal sy rekord as mees ervare afrigter in die geskiedenis van die Vodacom Super Rugby kompetisie verder verbeter. Hy het die Bulls reeds 109 gebrei (en 23 keer die Cats) en sal dus in sy 133ste wedstryd as afrigter sy sitplek inneem.
•Victor Matfield sal sy Vodacom Bulls rekord as mees ervare speler nog na 139 wedstryde uitbrei. Hy draf ook vir die 83ste keer voor, ‘n kompetisierekord. Dit is boonop sy 16de seisoen in die toernooi, die enigste om dit te vermag saam met Tony Brown en Tana Umaga.
•Lappies Labuschagne en Trevor Nyakane maak hul debuut vir die Vodacom Bulls.
•JJ Engelbrecht speel in sy 50ste wedstryd vir die Vodacom Bulls.
•As hy speelkans kry sal Dayan van der Westhuizen/Neethling Fouchè sy Vodacom Super Rugby en Vodacom Bulls debuut maak.

Pin It

Feb 11, 2015

(48) Vodacom Bulls welcomes back Strauss

  1. gravatar nitronic says:
    Nie n bad begin span nie, bly Spies is op bench.

    Die Bench lyk vir my na ons swak punt. Net Fransie sal weet wat Paige daar soek. Arno in begin span is bietjie risky
  2. gravatar Franscois says:
    Hoekom paige daar sit en i game in gan met 3 scrummies speel veel eerder wss of hanro as wat ek vir paige speel maar verder i baie sterk span bench lyk in die voor ry biedjie ytgedun maar sal reg kom sterkte manne
  3. gravatar nitronic says:
    Ek hoop Visser los nou sy slap-gat-heid. Basson moet sommer van dag 1 af begin werk soek.

    Ek kan eenvoudig nie die keer teen die Bulle op superbru gaan nie. Bulle met 4
  4. gravatar Duane says:
    Ek stem saam Franscois. Hanro op bank baie eeder dan kan jou voorspelers vars wees. Mens kan altyd hougaard terug skuif 9 toe en kriel op 14 sit. Maar nou ja eks ook nie n Fan van Visser nie sou eeder Kriel begin het. verder lyk span vir my goed. Net n jammerte oor al ons stutte wat beseer is.
  5. Baie goeie span . Ons gaan n goeie seisoen he.
    Bulle speel jul harte uit.
  6. gravatar AYMS says:
    Bulle18-18Stormers -dit gaan n arm wrestle wees.alhoewel die Bulle met sy 13 springbokke in 23tal baie sterk lyk sal dit n geveg by di losgemalle afgee en ek glo nie die stormers sal trugstaan daar nie
  7. gravatar Stapper says:
    Met Rudi Piage op die bank is die aanduiding dat Francois Hougaard die hele wedstryd vleuel gaan speel. Dan sal die beplanning wees om Jesse Kriel op heelagter later in te kom.

    As ek raai, die oorspronklike plan, voor Akona Nd se besering, was seker om later die seisoen Jurgen Visser met Jesse Kriel te vervang. Die heelagterplan bly dandieselfde.
  8. gravatar Bloukaap says:
    Verbaas om Hougaard in beginspan op vleuel te sien. Het verwag hy gaan na rustyd eers soontoe skuif. Voel jammer vir Ulengo. Wonder of dit kwota is dat Paige op bench is?

    Ook verbaas om Arno on beginspan te sien. Het gedink Hanro sal daar wees. Verder is die pak min of meer soos ek verwag het.

    Bly om te sien Jesse Kriel is daar. Grant Hattingh en Spies kan groot impak maak na rustud, asook Morne Mellet.
  9. gravatar AYMS says:
    Ek dink AC se span gaan so lyk 15 kolbe 14 VanWyk 13 Dejong 12 De allende 11EW Viljoen 10 Catrakillis 9 Groom 8 Vermeulen 7Rhodes 6 Elstad 5 Raun Botha 4 Jean Kleyn 3 stut van Pumas 2 scarra 1 Kitshof 16Mobonambi 17 Vermaak 18 Louw 19 Carr 20Kolisi 21Sheuder 22 koleman 23Ryno Eksteen
  10. gravatar Dries says:
    WAAR is William Small-Smith??!! Die een man wat die grootste aandeel gehad het in die feit dat die Bulle agterlangs na 'n nuwe span gelyk het in die oefenwedstryde, 'n spelskepper in die ware sin van die word, se naam ontbreek.

    Andersins 'n goeie span.
  11. gravatar nitronic says:
    AYMS daai is n baie goeie span. As Rhodes en Elstadt saam met Vermeulen die collisions gaan wen dan is dit tickets met ons.

    Ons sal die bal effektief moet gebruik, dit help ons het 70% bal in die hand maar hardloop die heeldag in hulle vas nie
  12. gravatar Bulperd says:
    Hanro and WSS not even on the bench. Why does these youngster even bother. Lions they are ready for a contract or even Europe because that is what's going to happen. WSS been treated badly last year and only played some games because of injuries. Why can the Stormers and Lions get so much out of their younsters and believe in them? I see a season with only Frans Ludeke se specials that getting time
  13. Bly oor Hougie op vleuel en Arno. Hoop Arno bou voort op 2013 en bly beseringsvry. Ek reken hy en Spies sal elkeen 40 min kry. Sou graag vir Hanro op bench wou sien.

    AS ons in die skrums ten minste net ons man kan staan, glo ek dit kan 'n goeie middag wees. Stormers het 'n goeie agterlyn, so ek hoop JJE se defence het verbeter, want De Jongh is seker die mees onderskatte speler in SA.

    AYMS, as daai die span is, is dit self 'n "bul" agttal (hehe) met die groot loosies. Die feit dat scarra en Duane goed is by die afbreekpunte, maak dat julle nie 'n fetcher hoef te kies nie.

    begin nou uitsien na die seisoen.
  14. As ons hulle nie voor vroeg en hard en terug stamp nie kan dit 'n lang middag wees.Sou eerder vir JJE op vleuel wou sien met WSS op senter. Maar nou ja Fransie...kom ons kyk wat maak die manne
  15. gravatar Bloukaap says:
    Stormers sal beslis vir Carr in die span insluit. kolisi is beseer. Hulle hou daarvan om elstadt teen ons te speel agv fisieke benadering vd Bulls. So as Carr in hul beginspan gaan wees sal hulle hom op 7 speel en moontlik vir Rhodes slot toe skuif.

    Die fiksste span gaan wen! Dit gaan alles oor die breakdowns gaan.
  16. gravatar Franscois says:
    Sou graag jessie op 15 wou sien ek dink nie daar is fout met visser hy is i goeie heelagter maar hy het nie dai x factor soos colbe nie waar jessie dit het!
  17. gravatar CENIC says:
    Dit wil vir my voorkom daar is nog steeds ondersteeuners wat nie die vereistes van SARU verstaan nie na daarom verstaan hulle nie waarom Paige daar moet wees nie. en nou word Frans aangevat.
    1. Twee SPELERS moet in die opdraf span wees en tenminste twee op die bank. Twee moet te alle tye op die veld wees, tensy beserings dit verhoed. Ek mag verkeerd wees, maar dit is hoe ek dit verstaan. Indien korrek mag dit dalk help om die onbillike kritiek op Frans te stop. Dit mag dalk ook vir sommige die antwoord wees waarom William S. NIE IN DIE SPAN OF OP DIE BANK IS NIE.
    Pottie cover 10 en Jessie 15,11,13 en 12..
  18. gravatar jimmy says:
    Met so ‘n goeie span en boonop tuisveldvoordeel, moet die Bulle doodeenvoudig hierdie een wen. Poepindieketel: As jy daardie liedjies verwar met iemand wat dronkverdriet het, is jy heel duidelik baie oningeligd. Maar moenie worry nie, ek sal jou help soos ons aangaan.

    Werner: Ek dink dit sal ‘n goeie begin wees as jy eers vir ons almal sal vertel waar jy jouself ongeveer 10 jaar gelede bevind het? Een ding is seker jy was nie hier nie want anders sou jy die geskiedenis van die blog verstaan het.

    Cenic: Behalwe vir ‘n paar bloggers wat nugter kan dink, is die res se posts maar baie subjektief en worry hulle nie regtig of hulle posts in lyn met die werklikheid is nie. Solank as wat die blog bestaan sal dit ongelukkig so wees.

    HOU BY DIE BLOU MY VOLK!!!!!!!!!
  19. gravatar Bullebakkies says:
    Goeie span. Hoop ons gee die Stormers n behoorlike pakslae!!

    WSS sal sy kans kry. Coaches sal spelers gereeld moet roteer.
  20. gravatar Franscois says:
    Met die span hoort ons die stomers i pakslae te gee ons moet die bal in hand hou nie wegskop nie ek dink hougie gan ytblink wens hulle wil hom vir elke game da kies want piet is vir my baie vinniger om die bal skoon te maak! Werner kan nou vir ons almal bewys wat in hom steek!!
  21. gravatar Stapper says:
    Cenic, daardie was die beleid so 'n aantal jare gelede maar is na besware laat vaar. Waar jy wel reg is is dat alle afrigters onder druk is aan die sogenaamde transformasie proses waar hulle voorkeur aan spelers van kleur moet verleen. Onthou dit is een van daardie dinge waaroor niemand oop en bloot gesels nie.

    Daar is tans te min gehalte spelers van kleur by die Bulle.
  22. gravatar nitronic says:
    http://www.sport24.co.za/Rugby/Super15/Another-Bull-heading-abroad-20150212

    Grant Hattingh oppad Japan toe na super rugby seisoen.

    Vaarwel!!!!!
  23. gravatar Franscois says:
    Stomers se span vir saterdag:

    Colbe,Kotze,de allende,de jong,leyds,demetri,nic,daune,Rhodes,elstadt,Botha,kleyn, koch, scarra, kitshoff

    Bank:
    Bongi,Kebble,louw,Jurie,carr,Schereuder,Coleman,jones
  24. gravatar Franscois says:
    Jammer sien die span wys nie heeltemal!!

    Kolbe
    Kotze
    De jong
    De allende
    Leyds
    Demetri
    Groom
    Daune
    Rhodes
    Elstadt
    Kleyn
    Botha
    Koch
    Scarra
    Kitshoff

    Bongi
    Kebble
    Louw
    Jurie
    Carr
    Louis
    Coleman
    Jones
  25. gravatar AYMS says:
    Na ek Stormers se span gesien het kan dit ni anders dat die Bulle gunstelinge is ni.Di Bulle met10 plus n paar tweestyde wat wag, die voorrye die senterpare die losskakels di lostrios,dit hang ook af hoe peyper gaan blaas die afbreekpunte,Ek dink n goeie game wag op ons saterdag hoop julle pak Loftus vol daar bo ini noorde
  26. gravatar jurie says:
    Waagstuk al rate ek hom as briljant om Arni te begin . Ons gaan hom nodig he nie nodig om nou te waag nie . Waar is WSS want JJ se hande en defence beroerd . Go bulle
  27. gravatar cenic says:
    Dit is so dat dit 'n paar jaar gelede se getalle is waarna ek verwys het. Syfers wat op die huidige stadium probleme vir Frans skep om sy span te balanseer, al die spelers gelukkig probeer hou en dan nog resultate te lewer. Die onbevestigde " getalle" is seer sekerlik nog meer stremend en beslis nie minder nie. Nietemin met Maku, Ndungane en Ismail beseer asook die onsekerheid of Ulenko en Orrie werklik Super 15 gereed is ,maak dit Frans se probleme soveer meer.
    Kom ons ondersteun Frans en as ons hom dan wel kritiseer,wat elkeen se goeie reg is, wil ek vra dat ons dit met logika en subjektiewiteit sal doen en nie beledigend nie.
  28. gravatar Dylan says:
    Gedink ons het nou ongelooflike diepte op slot maar dit lyk of dit maar baie uitgedun sal wees in 2016
  29. gravatar Stapper says:
    Grant Hatting is tot Okt 2016 by die Bulle gekontrakteer. Die Japan-klousule in sy kontrak geld slegs vir die 2015 Currie beker. Om hom nou vaarwel toe te roep demonstreer sommige bloggers se gebrekkige lees vernuf.
  30. gravatar Blouland says:
    Rugby besig om dood te gaan in SA. Oor 'n paar jaar gaan dit net superrugby en boktoetse wees, en die res van die jaar is die manne oorsee.

    In Europa floreer die plaaslike reekse, in SA is daar meer belanstelling in Varsity Cup as in CB en Vodacom beker.

    Werklik tragiese tye.

    En ek wonder of dit ons nie gaan vang op die langtermyn nie? En watter groot verskil sou dit nie gemaak het as jy in SA moes speel om Bok te wees nie. Dan sou ons sien wie werklik 'n Bok is, en wie bloot net geld najaag.

    Wat Saterdag se game betref, daar is absoluut geen manier wat ons kan verloor nie. As ons verloor gaan dit 'n laaaang seisoen word. Vang Stormers span is daar net 4 spelers wat die Bulle 23tal sal haal, die res is ons beter, dit is Kolbe, JDJ, Duane en Bongi.

    Ten minste bonuspunt wen op Loftus.
  31. gravatar Franscois says:
    Weet nie hoekom julle manne so worry oor slot nie dis nie i probleem kan weer een of 2 by koop soos hakker ons het nie regtig talent da ghad nou sit ons met die beste haker in SA!!
  32. gravatar Bloukaap says:
    Oppas vir te selfversekerd wees teen hierdie Stoermer sspan. Die Bulle is altyd om twee redes 'n gevaarlike span:

    1.) as ons op Loftus speel,
    2) en as ons op Loftus speel

    ek het al menigmale in die geskiedienis van Superrugby gesien hoe ons in ons eertse games as volstrekte gunstelinge pakkry op Loftus.

    Hulle het heelwat onbekende faktore vir die Bulle en hul pak is fisiek genoeg. daarby kos dit drie foute teen hulle om skielik met rustyd 21-0 agter t eloop.

    So oppas vir die Loftusspook. Moenie dink os gaan net opdaag en wen nie.
  33. Bloukaap,ek stem 100% saam met jou,as die Bulle dink hierdie is n maklike game maak hulle n moerse fout,ek en Henning Gericke is groot pelle en hy het gister vir my gese dat die Stormers is hoogs gemotiveerd vir die game.Onthou 2 jr terug se game in Durban tussen WP en Sharks----WP met n onbekende span en Sharks gelaai met Bokke,WP wen die game.Nogtans dink ek ons behoort die een te vat.

    @Jimmy moet jou nie steur aan aan poepindieketel se kommentaar nie

    Pollard gaan n groot rol speel en JJ sal in sy verdedigings lynne moet bly

    Die ref bly n kwessie

    STERKTE BULLE EN DOEN DIT VIR ONS

  34. gravatar nitronic says:
    Stapper dalk is my vaarwel soos n wens. Jammerte dat hy nie permanent gaan nie
  35. gravatar Blouboy says:
    Stem saam met Rudel en Bloukaap, ons sal mentally baie tough moet wees en heeltyd 100% gefokus bly, ek weet nie of ons die belief het om hom te kan deurtrek na ons swak spel laasjaar nie, glo die Sarries wen sal ons baie selfvertroue gee. Lyk of die kaartjies goed verkoop, interessant om te sien hoe jy n Stormer ondersteuner agter elke bossie in Pretoria uitskop, hulle sterte is in die lug en hulle praat baie! Speel hulle sti my Boys!!!
  36. gravatar Johannes says:
    Ek lees vanoggend in die Beeld Victor se pleidooi vir die toeskouers om Loftus toe op te ruk more.

    Beloftes van mooier beter rugby ens ens.

    Dan n waarskuwing van JdJongh war so gevaarlik op 13 is.
    Dit slaan my dronk dat die beste 13 verdediger (WSS) in SA nie eers op die bank is nie.
    JJ wat geen benul het van verdedigings lyne nie is die taak opgele.

    Die 12's gaan n crash en bash fees wees. Glo Jan sal daai een wen.
    EK dink ons gaan die een deurhaak.
  37. gravatar Franscois says:
    Ek persoonlik dink daar is niks fout met jj nie hy was i bok op buite senter en is bo jan en de jong gekies en sal more almal bewys dat hy een van die beste senters is!!! Sterkte manne maak ons trots!
  38. gravatar Johannes says:
    Franscois,
    Ek hoop hy bewys my verkeerd en jou reg!
  39. gravatar GreyOom says:
    is dit nie ongelooflik hoeveel Oud Greys nou in die BB span is nie!
    Reg neffens Affies.
    Strauss, Steggies Lappies, PvZ, Jan in die begin span met Fouche miskien op die bank.
    WSS moes ook daar wees - en Flip beseer.
    Go Blou Bulle!
  40. gravatar Bloukaap says:
    Grey oom

    Ek neem aan jy het Grey konneksies. My innige respek.

    Vroeer jare het hulle latyd gespot die Sharks woon Grey se matriekafskeid by. Deesdae woon die Bulle Grey se laerskoolopening by!
  41. gravatar Blouland says:
    Greyoom en Bloukaap, wys jou net, elke goeie Grey seun se droom is om die Bloutrui aan te trek. ;-)

    Bulle !
  42. gravatar Blouland says:
    Sien Fouche kom van Rustenburg

    Jan Serfontein van PE.

    Strauss gebore in Pretoria

    Steggies van Cradock

    Lappies gebore in Pretoria

    Marcel gebore in Welkom

    Piet gebore in Pretoria

    Flip gebore in Potchefstroom

    Lyk my al die kinders het huistoe gekom ?




  43. gravatar Bloukaap says:
    En daar klop die Rebels die Crusaders vol All Blacks.

    beware , be very aware.
  44. gravatar Greyoom says:
    Lyk my Bfn het nie n kraam inrigting nie! Ek het van Marcel vergeet ....
  45. gravatar Greyoom says:
    Lyk my Bfn het nie n kraam inrigting nie! Ek het van Marcel vergeet ....
  46. gravatar jimmy says:
    Om ‘n span nie te onderskat nie is makliker gesê as gedaan.

    Right Said Fred vir die laatnag..

    I was built to be the best
    Number one and nothing less
    Leave me to my destiny
    I have waited patiently
    I have vision' oh I believe
    I know I can count on me

    So stand up for the champions
    For the champions stand up
    Stand up stand up
    For the champions for the champions
    Stand up for the champions
    For the champions stand up
    Stand up stand up
    For the champions for the champions
    Stand up

    HOU BY DIE BLOU MY VOLK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  47. gravatar BarryBul says:
    Frans Ludacris says the Bulls have problems now with Werner injured which will in turn make the scrums even worse than they already are, it doesn't matter who says what, the only problem the Bulls have currently is Ludacris!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *