New starting props for Vodacom Bulls

New starting props for Vodacom Bulls

articles.comments (10)

New starting props for Vodacom Bulls
Marcel van der Merwe and Dean Greyling will earn first starts in the 2015 Vodacom Super Rugby competition as Vodacom Bulls coach Frans Ludeke made three changes to his pack that will face the Western Force at Loftus Versfeld on Saturday.
Van der Merwe and Greyling, who both made late starts to the competition due to injury, will swop places with Trevor Nyakane and Mornè Mellett respectively. In other swop, Grant Hattingh will earn his first start of the season and Victor Matfield will move to the bench.
The bench also have two new faces this week, with Arno Botha returning and Jaco Visagie replacing the injured Callie Visagie. Should he take to the field, Visagie will make his Vodacom Bulls and Vodacom Super Rugby debut.
Botha, who was injured in the season's opener against the DHL Stormers, is fit again and replaces Hanro Liebenberg.
Ludeke left his backs unchanged.
"We are good to go after a week's rest and determined to maintain the momentum the last two wins have created," Ludeke said. "We have made some changes to the pack, but its part of the rotational policy. All three players deserve a start. We are also happy to see Arno back in full force.”
Vodacom Bulls captain, Pierre Spies, warned that the Force cannot be underestimated, given the closeness of results between the teams in the past.
"We always seem to be in tight matches against each other. The trick for us will be to play the big moments better and to execute whenever we create scoring opportunities."
The team (with Super Rugby caps) is: Jesse Kriel (5), Francois Hougaard (76), JJ Engelbrecht (53), Jan Serfontein (32), Bjorn Basson (75), Handrè Pollard (17), Rudy Paige (11), Pierre Spies (c, 107), Lappies Labuschagne (31), Deon Stegmann (83), Grant Hattingh (38), Jacques du Plessis (19), Marcel van der Merwe (21), Adriaan Strauss (109), Dean Greyling (57). Replacements: Jaco Visagie (0), Mornè Mellett (28), Trevor Nyakane (46), Victor Matfield (142), Arno Botha (23), Piet van Zyl (47), Tian Schoeman (1), Jurgen Visser (27).
Milestones:
•There are three centurions in the match day squad. Victor Matfield 142 (Bulls 134 & Cats 8); Adriaan Strauss 109 (Cheetahs 97, Bulls 12) and Pierre Spies 107 (all Bulls)
•Coach Frans Ludeke will extend his Vodacom Super Rugby as most experienced coach ever – He has coached the Vodacom Bulls in 113 matches and the Cats in 24 for a tally of 137.
•Victor Matfield will extend his SA record as most capped Super Rugby player to 143 and his Vodacom Bulls record to 135. It also is his 16th season of Vodacom Super Rugby, a record he shares with Tony Brown and Tana Umaga.
Opta Facts
• In the regular rounds, the Bulls have won their last 15 at home to Australian sides, last losing in February 2007; however that defeat was inflicted by the Force.
• The Bulls have the best ruck success rate this year (96%) in the competition.

Nuwe stutte vir Vodacom Bulls
Marcel van der Merwe en Dean Greyling begin Saterdag vir die eerste keer hierdie Vodacom Super Rugby-seisoen 'n wedstryd vir die Vodacom Bulls nadat afrigter Frans Ludeke drie skuiwe in sy beginpak vir die wedstryd teen die Western Force op Loftus Versfeld gemaak het.
Van der Merwe en Greyling ruil beginspan-plekke met Trevor Nyakane en Mornè Mellett onderskeidelik, met die tweetal wat as plaasvervangers sal opdraf.
In nog so 'n skuif gaan Grant Hattingh op slot uitdraf, met Victor Matfield wat bank toe skuif. Dit is ook Hattingh se eerste beginwedstryd.
Daar is twee nuwe gesigte op die plaasvervangerbank.
Jaco Visagie vervang die beseerde Callie Visagie en kan sy debuut vir die Vodacom Bulls in die kompetisie maak sou hy speelkans kry.
Arno Botha is ook weer fiks en vervang Hanro Liebenberg.
Die agterlyn is onveranderd.
"Ons het nou goed gerus en slaggereed om die momentum voort te sit wat die twee agtereenvolgende oorwinnings aan ons besorg het,” meen Ludeke.
"Die skuiwe is deel van die rotasie- en rusbeleid en al drie spelers verdien 'n kans om te begin. Dit is lekker om Arno terug te sien, hy het goed gelyk in die Vodacombekerspan," het Ludeke gesê.
Die kaptein van die Vodacom Bulls, Pierre Spies, het gemaan dat die Force nie ligtelik opgeneem kan word nie.
"Al ons vorige wedstryde teen hulle was bitter taai en die uitslae wys dit. Om een of ander rede is die punteverskil altyd bitter klein. Die verskil Saterdag vir ons sal wees om die groot oomblikke in die wedstryd reg te speel en enige aanvalsgeleenthede deurslaggewend te maak."
Die span (met getal Super-wedstryde) is: Jesse Kriel (5), Francois Hougaard (76), JJ Engelbrecht (53), Jan Serfontein (32), Bjorn Basson (75), Handrè Pollard (17), Rudy Paige (11), Pierre Spies (c, 107), Lappies Labuschagne (31), Deon Stegmann (83), Grant Hattingh (38), Jacques du Plessis (19), Marcel van der Merwe (21), Adriaan Strauss (109), Dean Greyling (57). Plaasvervangers: Jaco Visagie (0), Mornè Mellett (28), Trevor Nyakane (46), Victor Matfield (142), Arno Botha (23), Piet van Zyl (47), Tian Schoeman (1), Jurgen Visser (27).
Notas:
•Daar is drie spelers in die wedstrydgroep wat 100 of meer wedstryde gespeel het - Victor Matfield 142 (Bulls 134 & Cats 8); Adriaan Strauss 109 (Cheetahs 97 & Bulls 12) en Pierre Spies 107 (almal Bulls)
•Afrigter Frans Ludeke verbeter sy Vodacom Super Rugby toernooirekord as mees ervare afrigter in die kompetisie na 138 (Vodacom Bulls 113, Cats 24).
•Victor Matfield verbeter sy SA rekord as mees ervare Super Rugby-speler na 143 en sy Vodacom Bulls rekord vir meeste wedstryde na 135.

Pin It

Mar 19, 2015

(10) New starting props for Vodacom Bulls

  1. gravatar Franscois says:
    Wat i span miskien is dit goed trevor rus sal hom graag saam marcel wou sien bulle met minstens 15 punte!
  2. gravatar nitronic says:
    Daar sy Fransie. Kom ons kyk hoe skrum die manne hou van die voorry, miskien n jammerte Trevor is nie op loskop nie. Bly Vic kry soort van n rus kansie.

    Dink nogsteeds ons kan Jurgen laat vodacom cup speel en n jong man laat ondervinding opdoen.

    Ek wil graag sien dat Marcel en Dean honger is vir aksie, Koch en Rooikop is besig om al SA se stutte te wys hoe n mens stut speel.
  3. gravatar nitronic says:
    Ons gaan seker nou binnekort vir Jan, Vic, Hougie, Pollard moet n game of twee laat rus. Ons kan defnitief nie volgende week nie.

    Ek sien SARU is kla ongelukkig met die Tjaarks omdat hulle nou sleutel bok spelers 6 games in n ry laat speel
  4. Geen problem met Hattingh- imo 'n baie onderskatte speler.

    Hoop Marcel kan ons skrum anker. Dean bied baie in die los fasette, maar sy strafskop telling met skrums is onaanvaarbaar. Hopelik kan hulle dit regstel. Ek is ietwat teleurgestel met Mellet se vertonings sover.
  5. gravatar wayne says:
    Niks fout met jou musiek nie Jimmy. Jy gaan ongelukkig nie almal altyd gelukkig hou nie. En mense sal altyd moan en kla.
    Kan ek vra dat jy die naweek sal afskop met Metallica - Unforgiven; indien my Piesangmanne vasduik teen die Indiane van NZ.
    Maar as my boys somehow wen, dan soek ek ...........METALLICA UNFORGIVEN.....!!!

    Sterkte manne, amper naweek.

    The Big Shark
    Wayne
  6. gravatar Blouland says:
    Goeie span, nou om die ding op die veld te doen.

    Soek ten minste 9 punte uit Saterdag en volgende week se games, om mooi gelyk te trek in die kompetisie, na die slegte begin die eerste 2 weke.

    Sal interessant wees om te sien wat by die lostrio vervanging gaan plaasvind.

    Kan nie vir Lappies ons beste losvoorspeler afhaal nie. So of Arno moet vir Spies vervang, of vir Steggies, met Lappies wat dan na 6 skuif.
  7. gravatar Barry says:
    Bouland,

    Daar is 'n paar moontlikhede vir die losvoorspeler vervanging .....dink ek.

    Stegman af, Botha 7, Lappies 6, Spies 8

    Stegman af, Spies af, Hattingh 8, Lappies 6, Botha 7

    Spies af, met Botha 8

    ....en so kan self vir Jacques du Plessis ook flank toe vat en verder speel met skuiwe.

    Ek dink die wedstryd sal dikteer wat se skuiwe gemaak sal word.

    Vir die toekams sien ek Lappies, Liebenberg and Botha saam.

  8. gravatar Bloukaap says:
    Ek sou.dink Victor moet eintlik.vlgs regulasies heeltemal.gerus word. Miskien soek die coaching staff hom eerder onder op die veld anders vat hy oor in die box. :) maar sou nogal gejou het as ons vir van Rensburg minstens kans as sub gegee.het. nou is hy sub vir die Vodacomspan. Ek sien nog talent wat gaan waai id nabye toekoms...

    Overall Baie goeie span. Gaan groot toets wees om te kyk of die rustyd ons verroes het of goed gedoen het. Sien uit om Arno Botha weer te sien.
  9. Muzi, ek stem saam met jou oor Greyling. Hy is eenvouding nie sterk genoeg vir S15 nie en is 'n groot risiko vir 'n kaart. Van der Westhuizen is die toekoms op vaskop. Gee hom kans. Jy kan nie 'n speler na een wedstryd afskryf nie. Hoeveel kanse het Greyling en Werner Kruger nie al gehad nie? Beide hoort nie op S15 vlak nie en dit is tyd om na die jonger spelers te kyk.

    Wat my bekommerd is hoe die Bulle vir Nicolas Janse Van Rensburg behandel. Hulle loop die risiko om hom te verloor en dit sal 'n ramp wees vir die Bulle.
  10. gravatar Bulperd says:
    Hoekom het ek so n snaakse gevoel in my gut oor Saterdag . As ons die Western Force onderskat gaan ons hard groot toe val. Hier na is dit die Crusaders wat ons moontlik kan verloor want hulle is nou weer op volle sterkte. Victor het mos verlede Saterdag gerus hoelom moet hy 2 weke in n rys af he? 1 geel kaart teen Greyling en ons kan skielik agter loop!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *