Mellett and Nyakane back in front row

Mellett and Nyakane back in front row

articles.comments (23)

Mellett and Nyakane back in front row
Vodacom Bulls coach Frans Ludeke restored props Morné Mellett and Trevor Nyakane to the starting line-up for their Vodacom Super Rugby match against the Crusaders at Loftus Versfeld on Saturday.
Both props played off the bench in last weekend’s win against the Force and swop places with Dean Greyling and Marcel van der Merwe in two of the four changes to the pack. In the other changes to the pack and team, Victor Matfield returns to the number five lock position, swopping places with Grant Hattingh, who returns to his regular role as impact player.
Lappies Labuschagne also did not recover from a chest injury sustained against the Force and will sit out. He will be replaced by Arno Botha, who moves up from the bench. Hanro Liebenberg takes over from Botha on the bench.
Ludeke highlighted the positives from the close win over the Force, but also lauded the momentum the visiting Kiwis picked up in recent wins over the Emirates Lions and Toyota Cheetahs.
“We did a lot of things well against the Force, but our execution and defence were lacking. We failed to deliver the knock-out punch when they had 13 men on the field. It is a mindset as well, but few challenges are greater than beating the Crusaders, so I am pretty sure the guys will be up for it. It certainly showed in this week’s training.”
Vodacom Bulls captain Pierre Spies agrees with the coach.
“We did some good things, but also played poorly at times and that nearly cost us the match. It is just not good enough at this level. We need to show we are the championship side we believe we are. Hopefully we will have the crowd support this week. This Crusaders team is a good one, but this is our turf and we need to defend it,” Spies said.
“We have lost twice at home and we cannot allow it to happen again. I think we have turned the corner and is keen to lead the guys onto the field.”
The team (with number of Super caps) is: Jesse Kriel (6), Francois Hougaard (77), JJ Engelbrecht (54), Jan Serfontein (33), Bjorn Basson (76), Handré Pollard (18), Rudy Paige (12), Pierre Spies (c, 108), Arno Botha (24), Deon Stegmann (84), Victor Matfield (143), Jacques du Plessis (20), Trevor Nyakane (47), Adriaan Strauss (110), Morné Mellett (29). Replacements: Jaco Visagie (0), Dean Greyling (58), Marcel van der Merwe (22), Grant Hattingh (39), Hanro Liebenberg (1), Piet van Zyl (48), Tian Schoeman (1), Jurgen Visser (27).


Mellett en Nyakane terug as stutte
Die Vodacom Bulls afrigter, Frans Ludeke, het die stutte Morné Mellett en Trevor Nyakane terug in sy beginspan wat Saterdag op Loftus Versfeld teen die Crusaders in ‘n Vodacom Super Rugby wedstryd kragte meet.
Beide stutte het as plaasvervangers teen die Force opgedraf, maar ruil plekke met Dean Greyling en Marcel van der Merwe, wat die keer van die bank af sal speel.
Victor Matfield ruil ook plekke met Grant Hattingh, met Suid-Afrika se mees ervare Super Rugby speler wat weer op nommer vyf uitdraf en Hattingh wat afskuif bank toe.
In nog ‘n verandering begin Arno Botha op flank. Hy vervang die beseerde Lappies Labuschagne, wat nie betyds van ‘n seer borsspier herstel het nie.
Botha skuif op van die bank en sy plek daar word deur Hanro Liebenberg ingeneem.
Ludeke het die pluspunte uit die sege oor die Force beklemtoon, maar gemaan dat die Crusaders heelwat momentum opgebou het met seges oor die Emirates Lions en Toyota Cheetahs en dus ‘n gevaarlike teenstander gaan wees.
“Ons het klomp dinge reggedoen teen die Force, maar ons afronding en verdediging het by tye te kort geskiet. Daar was ook nie ‘n uitklophou toe hulle net 13 spelers op die veld gehad het nie. Daar is min uitdagings groter as om die Crusaders te klop, so ek is seker daarvan dat die span met heelwat vuur sal opdraf.”
Die Vodacom Bulls-kaptein, Pierre Spies, stem saam.
“Ons het ‘n paar goeie dinge gedoen, maar ook by tye flou opsies geneem en dit het ons byna die wedstryd gekos. Dit is net nie goed genoeg op hierdie vlak nie. Ons moet speel soos die kampioenspan wat ons glo ons kan wees.”
Spies glo die ondersteuners sal ook ‘n hupstoot lewer.
“Ons hoop op heelwat ondersteuning hierdie naweek. Die Crusaders is ‘n goeie span, maar hierdie is ons tuiste en ons moet dit verdedig. Ons het reeds twee keer hier verloor en kan net eenvoudig nie toelaat dat dit weer gebeur nie.”
Die span (met getal Super-wedstryde) is: Jesse Kriel (6), Francois Hougaard (77), JJ Engelbrecht (54), Jan Serfontein (33), Bjorn Basson (76), Handré Pollard (18), Rudy Paige (12), Pierre Spies (k, 108), Arno Botha (24), Deon Stegmann (84), Victor Matfield (143), Jacques du Plessis (20), Trevor Nyakane (47), Adriaan Strauss (110), Morné Mellett (29). Plaasvervangers: Jaco Visagie (0), Dean Greyling (58), Marcel van der Merwe (22), Grant Hattingh (39), Hanro Liebenberg (1), Piet van Zyl (48), Tian Schoeman (1), Jurgen Visser (27).

Pin It

Mar 26, 2015

(23) Mellett and Nyakane back in front row

  1. gravatar Franscois says:
    Niks teen die span maar hoekom nie marcel en trevor saam op stut mellet is i swak speler en mut vodacom cup gan speel!!
  2. gravatar nitronic says:
    Ag nee wat Frans, jy weet boggerol. Bring maar vir Lui Mellet.

    JJ nogsteeds daar.

    tensy n miracle gebeur en hulle actually hulle gatte lig, sien ek ongelukkig nie hoe ons die een gaan maak nie.
  3. gravatar Bullebakkies says:
    Hoe kry JJ dit reg om nogsteeds op senter gekies te word?

    Dit gaan bitter baie guts vat om Bulle op Superbru te back!!
  4. gravatar nitronic says:
    Al hoe JJ gedrop gaan word is die 30 mense op Loftus hom boo elke keer as hy bal raak of betrokke is in spel.

    Hy het nou genoeg kanse gehad, en ook genoeg backing gehad van sommige supporters ook.
  5. Nitronic, ek het nogal in die week gewonder hoe lank dit gaan vat voor die skare vir JJ gaan begin boo. Dis nie iets wat ek doen nie (hel, ek boo nie eers die wp nie) en ook nie goedpraat nie, maar ek dink dis 'n kwessie van tyd voor dit gaan gebeur.

    Ek is egter bevrees nie eers dit sal help dat Frans hom sal vervang nie.
  6. gravatar Cornelius says:
    Dit is die span, kom ons staan agter hulle
    HOU BY DIE BLOU MY VOLK
  7. gravatar Blouland says:
    Cornelius, sal so maak, ons doen dit al vir 4 jaar, om hul te vang elke keer as hul val oor dieselfde verkeerde spankeuses en spelpatroon wat gevolg word.
  8. gravatar Cornelius says:
    Blou land
    Ons almal is gatvol met verkeerde span keuses, lyk my Ludeke lees nie wat ons hier sê, Hy ploeter aan met JJ net soos wat hy gemaak het met Ross, tot hy besluit het om te waai, ons hoop maar net van die beste met die ouens wat hy kies, kom ons vertrou maar net ons sal goed doen saterdag
  9. gravatar nitronic says:
    Ons hou maar by die BLOU, maar ons hou nie by die Frans nie
  10. gravatar HouByBlou says:
    Ai, ek wag al heel jaar om ons sterkste voorry saam te sien speel: Trevor, Strauss en Marcel. Gaan dit ooit gebeur? Ek glo nie ons sal sommer in die skrum sukkel met hulle op die veld nie. Ek hoop ook Arno is fiks want ons gaan Lappies se werkstempo baie mis. Sterkte Bulle!
  11. gravatar Blouland says:
    Cornelius, ja jong, die elite lees nie hier nie, gelukkig het Ross hier gelees en self die eerbare ding gedoen en geloop. Wonder of JJE dieselfde pad gaan loop, kry die man jammer.

    Soos Nitronic sê, die Bulle tradisie is baie groter as een afrigter met al sy hardkoppige foute, so ek bly 'n Bul deur al hierdie dinge en hoop ook ons wen Saterdag teen alle verwagtinge, maar sal ook nie geskok wees as ons verloor nie, weens eie moedswillige foute wat oor en oor herhaal word.

    Altyd Blou !
  12. gravatar nitronic says:
    Mense ek weet nie of bestuur weet die erens en hoe groot die game is nie.

    Ons moet eenvoudig hom wen, na dit pak ons die Reds (moet 5 punte) en dan n tawwe toer aan met Leeus op Ellispark, Sharks in Durban en Stormers in die Kaap.

    3 local games waar ons maklik goeiepakslae kan kry.

    Maar vir eers is dit die Saders. As ons dink die Sharks en Cheetahs was tough dink weer hierdie een is die groot toets. Gee vir hulle bal soos die Cheetahs hulle gegee het en ons kan ook dalk 4 driee in 8 min afstaan.

    Die is die wedstryd waar ek n lelike wen enige tyd sal vat. Ons soek passie en ons beter akkuraat wees manne, die Saders is hier om 5 punte te kry
  13. gravatar nitronic says:
    Askuus sien ons pak eers Lions dan Reds
  14. gravatar bluebull says:
    O well

    think this starting front row has done the best so far. marcel and kie must make the difference after half time. I am just curios what Ludeke is going to do about three bench sitters Visser, Visagie and Schoeman.

    Our biggest concern for this weekend is defense and the absence of Lappies Labushagne. Arno will have to deliver. personally I think that Hanro Liebenberg should have started this one with Arno coming on in the second half as ball carrier.

  15. chris says:
    Nee wat, ek eet my slippers met botter en jam op sou ons hierdie een wen, geen kans dat dit sal gebeur nie.
  16. Bloudna says:
    Dagse

    Dit help nie om die speler te boo nie, want hy kies nie homself nie, en ek is seker hy gaan nie teen sy afrigter gaan nie, daar het Hougardt aan die begin van laas jaar se seisoen vir die afrigting gese dis skrumskakel en niks anders nie en kyk waar speel hy vanjaar weer op vluel, nie waar hy moet wees nie, wil julle vir my se dat ons so dun en min spelers op vluels en senters het dat ons JJ n vluel senter gebruik en skrumskakel op vluel moet he, waar is die ander senters en ander vluels

    Ek is baie bekoomerd oor die lack of commitment met die tackle van sommige spelers, het twee driee so weg gegee laas naweek

    Bulls wen met 3
    Sterkte Bulle
  17. So moet n BULLS lyk.

    trevor
    adriaan
    marcelle
    victor
    jdp (phlip as hy reg is)
    Lappies
    hanro
    Arno
    hougaard
    Pollard
    basson
    Odendaal
    Serfontein
    jj
    kriel.
  18. Bloudna, dis een van die punte van kritiek teen FL. Hy weier om jonger ouens blootstelling te gee. 'n Jong speler moet regtig uitsonderlike potensiaal hê soos Pollard en Jan voor hulle sommer kans sal kry.

    Tian Schoeman het my nogal beindruk die een game wat hy bietjie speelkans gekry het. Wat van Tiaan inbring op 10, Pollard na 12 skuif en Jan na 13, met so 20 min se spel oor? Bging Visser op, skuif Jesse na 13 en kyk bietjie wat kan JJE op vleuel doen.

    Wanneer laas het Visser speelkans gekry? Wat maak ons as Jesse beseer word na rondte 10 en jy moet dan met 'n verroeste Visser op 15 begin wat maande laas gespeel het. Dan blameer almal vir Visser. Erger as dit, wat doen as Pollard beseer word?

    Al spelers wat geroteer word is die stutte en Skrummie. Dit help nie FL wag vir 'n "maklike" game om die jonger en onervare ouens 'n kans te gee nie, want ons het laasweek gesien daar is nie so iets nie.

    FL se bestuur van spelers suck big time.
  19. gravatar nitronic says:
    Martin Maritz dis lyk na n baie goeie span daai MAAR onthou dit sal nooit realiseer nie. Kwotas, Kwotas Kwotas
  20. gravatar Anton says:
    Die span lyk goed. dink die Bulle kan die een vat.
    Hoop net dat die mense die naweek Loftus toe. As mens die Bulle ondersteun moet ons nou daar wees vir hulle.

    Go Bulle
  21. gravatar Cornelius says:
    Ja kom ons hoop ons speel dieselfde rugby die naweek soos wat ons teen Cheetahs en Sharks gespeel het
    Sterkte Bulle
  22. gravatar skippie says:
    Sterkte my Blou span. Ek is daar!!
  23. gravatar Cornelius says:
    Stormers sal stil wees die naweek, het pakslae gekry, hoop net Bulle maak ons trots vandag
    Sterkte
    Bulle

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *