Akker van der Merwe scored a try on fulltime to give the Emirates Lions a heart-stopping 22-18 win over the Vodacom Bulls in their Vodacom Super Rugby match at Emirates Airline Park on Saturday.
A minute earlier Jacques-Louis Potgieter slotted a penalty that looked like it would give the Bulls the win but the Lions simply never gave up, and came straight back at the Bulls, winning the kickoff and earning a penalty.
Faf de Klerk took the quick tap and handed off to Van der Merwe, who bounced off two tackles to go over and give his side an amazing win.
SCORERS
Emirates Lions – try: Akker van der Merwe. Conversion: Elton Jantjies. Penalties: Jantjies (5).
Vodacom Bulls – penalties: Jacques-Louis Potgieter (6).
Ons het kans gehad om ver voor Stormers id SA konferensie te kom, want ons moet nog 4 games oorsee gaan speel en het 2 games weg oor in SA waaronder een op Nuweland.
Hoekom jy in so belangrike game vir Pollard laat rus gaan my verstand te bowe. Die Reds sou baie beter opsie gewees het om hom te rus. Jacques Louis het nie sleg gedoen nie, maar met Vic uit het ons BMT gekort in die laaste 10 minute. En waarom vir Dean Greyling.begin? Dean kos ons 3 strafskoppe binne die Leeus se kwartgebied, waarvan al drie lei tot 9 punte en verlies aan momentum. Frans is takties regtig nie vars nie.
Maar.nou ja, ons.het geleenthede gehad vir 'n drie na rustyd maar kon dit nie benut nie. Ons ondersteuning by afbreekpunte was ver benede standaard. So ons kan ref blameer maar.moet ook voor ons eie deur vee.
Amper Bulle, maar hopelik het ons nou 'n paar goeie lesse geleer, soos jy onderskat nie die Leeus nie, maar stuur jou beste span om hul te probeer wen op hul tuisveld. Welkom terug op die aarde.
Nog 'n vraag wat gevra moet word, is of ons spelers fiks genoeg is. Leeus speel 8 rondtes na mekaar, laaste 4 oorsee, vlieg om die aarde terug .... en lyk heelwat fikser en varser as die Bulle span daardie laaste 15 minute.
Mellet moet vervang word, skrum nie goed nie, en die klein hakertjie het maklik sy arms oopgehardloop vir die wendrie.
Volgende is Reds, 'n moet 5 punte, en daarna is dit Sharks en Stormers weg. Dit raak al moeiliker.
Hierdie verloor kan ons nog lelik byt aan die einde van die seisoen, bloot omdat dit 'n game was wat ons maklik kon gewen het met van ons beste spelers, al was dit net Pollard.
As die Stormers net een van hul 2 oorblywende games wen, is hul in 'n goeie posisie vir die home stretch. Ons kon 2 games voor hul gewees het, nou is dit daarmee heen. Stormers het reeds Bulle en Leeus weg gespeel en gewen, nog net Sharks in Durbs.
So wat help dit jy rus jou sleutelspelers vir die toekoms, as dit sou beteken jy moet nou in plaas van 1 of 2 uit 4, skielik 3 of 4 uit vier oorsee wen ?
Leeus ook in 'n goeie posisie, omdat hul klaar getoer het.
Sharks en Bulle in die moeilikste posisie.
Stem ook saam met die ander hier. Trevor, Strauss en Marcel moet begin. Die laaste 20 kan Trevor vasskop speel met Dean op loskop, as dit nodig is. 'n Moeë Trevor en Marcel is nog heelwat beter om op die veld te hou as die ander stutte wat nie kan skrum of verdedig met hul vars bene nie.
As mens vorige jare se logs in ag neem, kan enige span wat tot 6 verloor die uitspeelwedstryde nog haal. Dit beteken met 3 tuiswedstryde wat oor is, en 6 wegwedstryde, ons dus,
- al ons tuiswedstryde moet wen, en hopelik goed wen (Reds, Leeus, Cheetahs)
- een van twee wegwedstryde moet wen teen Sharks of Stormers
- twee van vier ten minste moet wen (Blues, Chiefs, Brumbies, Rebels)
Dit is net om die top 6 te haal, as ons een of twee wil eindig moet ons ten minste 7 uit die laaste 9 wen.
Wat wel dalk in al die SA spanne se guns tel, is dat nie een SA span nou los voor is nie, so almal kan nog gaan vir daardie eerste plek gaan.
Daar is baie groot druk op Bulle die volgende maand, want ons speel Sharks en Stormers weg, en as ons altwee daardie verloor en nog op die oorsese toer gaan, dan is dit omtrent tickets vir ons nog voor ons gaan toer.
So, Ludeke, maak soos die Skotte en gooi vir HM 'n browneye, en speel jou beste spelers in die volgende 4 weke, anders is jou loopbaan daarmee heen by die Bulle, nog voor die Bulle op toer gaan.
Oor Bulle kan mens nie veel se nie. Kan nie elke 2de week goeie game he in hierdie kompetisie nie.
Weet nie waarmee Heyneke n rwc wil gaan wen nie.
Kyk manne die toernooi gaan ons nie wen nie maar darem moet ons mik om die beste in sa te wees.
N 5pointer teen die reds is n moet.
Goeie defence deur albei spanne behalwe vir laaste drie.
Een bekommernis is ons het nie een drie gedruk nie.
SA rugby is eenvoudig in moeilikheid hierdie jaar
So die probleem is nie dat ons sommige games in die doodsnikke verloor nie. Die probleem is dat ons in so baie games tot in die doodsnikke nog nie n voorsprong van meer as 7 punte kon opbou nie. Met ander woorde, as dit in die laaste 5 minute nog n 50/50 game is, dan verdien jy nie om die kampioenspan te wees hierdie seisoen nie.
Waar is ons 20 punt wenne teen swakker spanne? Of ons nou wen of verloor met 2 of 3 punte, beteken dit ons is basies maar net so goed soos die ander span. Nie beter as hulle nie. Want n 3 punt game kan deur een dodgy skrum beslissing beslis word.
Slotsom: Ons is nie goed genoeg om die Super 15 kampioene die jaar te wees nie. Dis nou maar die ongelukkige realiteit. Ons gaan waarskynlik die laaste 6 haal, maar wat help dit in elk geval as jy oorsee moet gaan vir n semifinaal of finaal? Jou kans is dan buitendien nul.
Dalk het Frans n prestasieklousule in sy kontrak dat ons die laaste 6 of iets moet haal, maar dit beteken niks vir my as ons nie die beker huis toe bring nie. En wraggies, toe ons vandag begin met skeepskoppe en langafstand skoppe pale toe in die eerste 10 minute, toe besef ek al die span worry nie eers oor n bonuspunt vandag nie. Hulle is net desperaat vir hulle wen. En met so n attitude gaan jy verseker nie die beker wen nie.
So as 3de plek goed genoeg is vir julle, dan is die geleidelike opwaartse kurwe seker maar ok. Maar dit gaan ons beslis nie die beker bring nie.
Maar jy is heeltemal reg, ons is heeltemal te wisselvallig op hierdie stadium om enigsins vir goud te wil gaan, en verkeerde besluite oor wanneer om spelers te rus help ook nie die saak nie.
Volgende week is ons weer Tarzan en die week daarna Jane ?
Anyway ons hoop maar fransie dink ook so.
Tonight there was not much to choose between the two sides. The field was wet. I thought the Lions midfield was quite dangerous with ball in hand. Mapoe is a class outfit and Jantjes got his mojo back. His line kicking was very good. They have a classy loose trio and hard working tight five, although not the best. The Lions of 2015 is no pushover and they have clinched their last consecutive 3 matches in the dying minutes. Last year they also beat the Bulls after getting back from NZ. The Bulls decided to give Matfield a rest in that game, and we looked leaderless. I was very concerned about this game before hand, because the Bulls did exactly what they did in 2014 - leaving pivotal players out.
Tonight we missed Pollard dearly.
Pierre Spies had his best game of the season. Rudy Page did ok in the wet weather as well as Pottie. Grant Hattingh should be playing more for the Bulls. Dean Greyling as starting prop was a mistake. The guy is a walking penalty courier. Jacques du Plessis is overplayed and Nicolaas van Rensburg should get a chance. And I agree with Muzi on Flip vd Merwe. Gosh we need our mongrell back. Personally I think the Crusaders match took it's toll on the Bulls loosies tonight. They just werent hunting intense enough as a pack, although we had some great 2 rucks in the game where we pushed them over. We also struggled to gain field through our own ball carriers and the old sickness of being isolated crept in again.
In the end, like Bloukaap said, this was a vital one we slipped. We will now have to beat the Stormers at Newlands. That is the only way we can keep ourselves up there and the Stormers out. The Sharks are currently falling apart. This Lion's side are defintely serious contenders for the conferense and could well find themselves within the top 6.
It looks like Victor could be out for a month and with no other serious contendor for the 5 Bok jersey, I have the feeling we will not see him back in the starting line up soon.
En ons is tevrede om van die begin af met skeepskoppe teen hulle te wen? Omtrent al daai skoppe wat JLP pale toe aangele het moes eerder hoekie toe gegaan het met die doel om n losskrum op te stel vir n drie. Die feit dat ons selfs in die eerste helfte nie die vertroue gehad het om dit te doen nie, spreek boekdele.
In elk geval. Ek aanvaar ons status as so-so span hierdie jaar. Waarskynlik bou hulle maar vir volgende jaar. Laat ek maar geduld aan die dag le (kode taal vir minder rugby kyk).
Dink Lappies is ook nog 'n week uit, en Arno seker ook ?
Hoop Flip kan vir so 50 minute speel, dan kan hy en Grant begin, met Janse of JDP wat dan van die bank af speel.
Agterlangs moet JJE nou werklik gerus word, sal graag wil sien wat Burger en Jan saam kan doen.
Ons grootste probleem is natuurlik op haker, want as Strauss moet rus dan gaan dit nie net in die skrums nie maar ook lynstane knor.
Gee Jaco Visagie 'n kans bo die ander Visagie !
Shannow, gaan kyk ‘n bietjie in die geskiedenis se finale waar die meerderheid van die wenspanne hulle self in die laaste 5 minute bevind het. En as jy dit gedoen het, vertel hulle ook sommer dat hulle nie hulle oorwinnings verdien het nie. Jou slotsom dat die Bulle daarom nie verdien om as kampioenspan gekroon te word oor ‘n paar naalskraapse oorwinnings tot op datum lyk ‘n bietjie shaky. Feit is en ek stem heeltemal saam met jou dat indien jy in die laaste minuut verloor jy eintlik net jouself te blameer het. Om egter te sê dat indien die Bulle met 3 punte sou gewen het dat jy nie gelukkig sou wees nie is ‘n bietjie verwaand om die minste te se. Enige wedstryd in hierdie kompetisie is m@er moeilik om te wen. Verlede jaar het die Warathas met een enkele punt teen die magtige Crusaders gewen. Komaan, sou jy omgekrap gewees het daaroor? Nee dankie ons verdien nie die beker nie, want julle die Crusaders is basies net so goed as ons.
Jy beskuldig die Bulle van geen vertroue nie omdat hulle nie kantlyn toe gegaan het nie maar jy self het minder vertroue as niks in die Bulle nie, klaar afgeskryf, soos jy sê gaan mos minder rugby kyk.. Aanvaar ons status as ‘n so-so span hierdie jaar? Jy praat bog man!!!
Heeltemal te wisselvallig om vir goud te gaan Blouland? Daar is nog baie rugby om gespeel te word, ek sal die Bulle ondersteun totdat dit onmoontlik vir hulle is om te wen. ‘n Mens gee nie so vinnig boedel oor nie.
Vorentoe en agtertoe dieselfde...
Can you hear the drums, Fernando? I remember long ago, another starry night like this. In the firelight, Fernando you were humming to yourself and softly strumming your guitar… Fernando
Daar is in my boek n groot verskil tussen n finaal, waar jy twee top spanne teen mekaar opweeg, en die meerderheid van liga wedstryde, waar jy teen beide goeie en slegte spanne te staan kom.
Spies het die regte besluit geneem. Hy het gereken daar is reeds 77 minute verby. Skop ons mis moet hulle inskop en.kan ons vesit behou. Skop ons oor moet hulle afskop en kan ons ook besit behou. Uit al ons games sover het ons baie goed gedoen met die afskoppe, so waarom sou Spies nou vir een oomblik dink ons gaan dit nie kan behou nie? Hy het juis sy span vertrou.
Net voor rustyd het hy besluit om diep te skop en ons was amper daarmee heen. ek dink dit het rol gespeel waarom hy wou gaan pale toe.
Ons moes egter daardie afskop beter hanteer het en was van meet af onder groot druk toe ons dit opgemors het. Die spelers se koppe het gehang, en dit sê iets van hul toegewydheid gister.
Speel vir 80 minute. 'N baie dure les.
Hoop maar van die beste, soer lyk dit of die Huricanes die nuwe kampioene gaan wees
Ek dink as mens is in die Situasie vd Bulle.is en dinge nie regtig volgens beplanning verloop nie is die beste om op wedstryd vir wedstryd te fokus. Soos ek.die Bulls se setup ken sou hulle die toernooi in fases benader het.
Wat nie vir die Bulle vlgs plan.verloop het nie is die twee tuisverlore en Saterdag se verloor teen.die Leeus. So die druk laai nou behoorlik op.
Die Bulls sou Die weg games teen die Leeus en Cheetahs beskou as moet wen wedstryde en alle tuiswedstryde as moet wenne.
Nou sal ons albei ons weg games teen.die Sharks en Stormers moet wen, agv daardie vroeeLoftus verlore. Die afgelope verloor teen die Leeus is beslis gatslag vir ons kanse, Juis omdat die Stormers nou ons vernaamste.opponente vir die SA konferensie is. Na gister het die Leeus nou na vore getree en hopelik.is die kompetisie tussen SA spanne sterk genoeg sodat die Leeus dalk beide die Stormers en Sharks kan klop.
Ek stem saam met Shannow dat jy nie eintlik kans het as jy nie minstens 1ste in jou konferensie eindig nie. Die enigste manier wat.ons dit gaan regkry is 'n wen op Nuweland En goeie ooorsese toer. (?)
Andersins dink ek nie ons gaan vanjaar 2 SA spanne onder top 6 sien nie, daarom dat konferensie wenners ons enigste kans sal wees.
My pennie.
Ek sal n stappie verder gaan.
Selfs in ons jare waar on kampioen was, het ons nooit al ons oorsese wedstryde gewen nie. Trouens, ons suksespatroon in sulke jare was maar nog altyd om al ons tuiswedstryde, plus amper al ons wegwedstryde in Suid Afriika te wen.
So om in die top 2 in die toernooi te eindig, is wenne op Nuweland, Ellispark, Bloem en op Kings Park nie bonusse nie. Hulle is minimum vereistes. Bo en behalwe n 100% rekord op Loftus. So al wen ons in Kaapstad en Durban, beteken die 2 verlore op Loftus en die verlies in Johannesburg dat ons al ons oorsese wedtryde ook nog sal moet wen as ons in die top 2 wil eindig.
En dit is nog nooit gedoen nie. Selfs nie toe ons Fourie du Preez, Danie Rossouw, Bakkies Botha, Richard Bands, Wynand Olivier, Bryan Habana en n jong Victor Matfield gehad het nie.
Dus is dit vir my duidelik dat die bestuur nie werklik verwag om die toernooi te wen hierdie jaar nie. Vir hulle is n top 3 (en met ander woorde n Suid Afrikaanse liga kroon) voldoende.
Vir my beteken dit egter bittermin.
I see that 6 of the 12 WP juniors selected for SA u20 trials are not from WP.
Stephen you are a very very blind WP looser.
35 minutes of 1980's rugby
GREAT TRIES IN SOUTH AFRICAN RUGBY (1984): https://youtu.be/wJLn3GrC53g
Ek weet nie wat om vir jou terug te sê nie ou maat.
Hoewel dit pynlik is om te erken jy is reg.
Hierdie Bulls span kort something. Weet nie wat nie want op papier het ons die beste SA span. Ons.het teen Crusaders gewys wat ons potensiaal is, maar ons kon net nie weer daar nie.