Re-jigged Vodacom Bulls pack to face Cell C Sharks

articles.comments (37)

Re-jigged Vodacom Bulls pack to face Sharks
Vodacom Bulls coach Frans Ludeke reshuffled his pack of forwards and recalled Handré Pollard at flyhalf for his team to face the Cell C Sharks in Durban on Saturday.
Pollard, who replaces Jacques-Louis Potgieter in the only change to the backline that won against the Reds in their Vodacom Super Rugby clash last weekend, was rested last week as per SARU arrangement.
In the pack, Ludeke have Adriaan Strauss back after the hooker was also rested against the Reds, while he also picked a new loose trio, lock combination and front row to face the coastal side in the visitor’s first return match in the South African conference.
In the front row, Strauss and Marcel van der Merwe will start with Dean Greyling, with Callie Visagie and Trevor Nyakane moving to the bench. The lock combination of Flip van der Merwe and Grant Hattingh will pack down together for the first time this year, with Jacques du Plessis moving to the side of the scrum, where he will partner Deon Stegmann and Pierre Spies.
A fit-again Lappies Labuschagne will start from the bench, alongside Arno Botha, who started at seven against the Reds.
Hanro Liebenberg, Jaco Visagie and Potgieter are not involved this week.
“It will be a massive challenge for us, so to have the likes of Handré, Adriaan and Lappies back is great. We will be facing a Sharks team what will be hurting and desperate to redeem themselves at home and I think it is fair to say that this will be our toughest assignment this year,” said Ludeke.
Vodacom Bulls captain Pierre Spies is keen for his side to do well away from home.
“We will have to show the ability to win away from home consistently if we want to remain in the competition. Durban is a tough place to play at and with so much at stake in the SA conference, we really cannot afford to play average rugby. This is going to be an epic local derby and we need to front up to it,” Spies said.
The team to play the Sharks (with Super Rugby caps) is: Jesse Kriel (9), Francois Hougaard (80), JJ Engelbrecht (57), Burger Odendaal (3), Bjorn Basson (79), Handré Pollard (19), Rudy Paige (15), Pierre Spies (c, 111), Jacques du Plessis (23), Deon Stegmann (87), Grant Hattingh (42), Flip van der Merwe (73), Marcel van der Merwe (25), Adriaan Strauss (112), Dean Greyling (61). Replacements: Callie Visagie (43), Morné Mellett (32), Trevor Nyakane (50), Arno Botha (25), Lappies Labuschagne (32), Piet van Zyl (51), Tian Schoeman (2), Jurgen Visser (28).

Veranderde Vodacom Bulls agttal pak Sharks

Die Vodacom Bulls-breier Frans Ludeke het sy agttal geskommel en losskakel Handré Pollard ingespan om Saterdag teen die Cell C Sharks in Durban uit te draf.
Pollard het verlede week se wedstryd teen die Reds misgeloop kragtens die rus-ooreenkoms met SARU, maar keer terug in Jacques-Louis Potgieter se plek.
Voorlangs is Adriaan Strauss (SARU ooreenkoms) weer die haker, met Marcel van der Merwe wat op vaskop uitdraf en Trevor Nyakane wat van die bank sal speel.
Flip van der Merwe en Grant Hattingh is die nuwe slotpaar, wat Jacques du Plessis die kans gee om vir die eerste keer vanjaar op flank uit te draf.
Hy vervang Arno Botha, wat bank toe skuif in Hanro Liebenberg se plek.
Lappies Labuschagne is weer fiks en sal van die plaasvervangersbank sy staal wys.
"Hierdie gaan 'n reuse uitdaging vir ons wees en daarom is dit lekker om van ons Springbokke terug te kry," het Ludeke erken.
“Die Sharks gaan beslis dinge wil regstel, veral voor hulle tuisskare en ek kan met redelike sekerheid voorspel dat hierdie ons taaiste wedstryd tot dusver vanjaar sal wees."
Die Bulls-kaptein, Pierre Spies, het die span se vermoë om weg van die huis te presteer, onderstreep.
"Ons moet aan onsself kan bewys dat ons weg van die huis kan wen. Trouens, ons sal dit moet kan doen as ons verder wil saamgesels in die kompetisie. Hierdie gaan weer 'n klassieke SA derby wees en ons sal moet seker maak ons is reg daarvoor," het Spies gesê.
Die span wat teen die Sharks speel (met Super-wedstryde) is: Jesse Kriel (9), Francois Hougaard (80), JJ Engelbrecht (57), Burger Odendaal (3), Bjorn Basson (79), Handré Pollard (19), Rudy Paige (15), Pierre Spies (c, 111), Jacques du Plessis (23), Deon Stegmann (87), Grant Hattingh (42), Flip van der Merwe (73), Marcel van der Merwe (25), Adriaan Strauss (112), Dean Greyling (61). Plaasvervangers: Callie Visagie (43), Morné Mellett (32), Trevor Nyakane (50), Arno Botha (25), Lappies Labuschagne (32), Piet van Zyl (51), Tian Schoeman (2), Jurgen Visser (28).

 

Pin It

Apr 16, 2015

(37) Re-jigged Vodacom Bulls pack to face Cell C Sharks

  1. gravatar Franscois says:
    Op papier nie sleg gee die manne tyd om weer fiks te word die seisoen lank ons moet meer maak soos die leeus elke week baie verander maar nou ja Frans sal nie maar dankie tog akona is nie daar!!!
  2. gravatar Paarlbul says:
    "It will be a massive challenge for us" - hel ou Frans kan jy met niks anders begin nie?

    Is Jan Serfontein nog beseer of is JJ nou 'n beter senter?

    J Du Plessis - beter flank as die Botha/Labuschagne?

    Hoop hulle het Marcel gehelp my sy skrum tegniek want dit is sy swakpunt.
  3. Paarlbul ek wil graag glo dat Jan nog nie reg is nie, want anders sou hy op 12 of dan ten minste seker op die bench gesit het. JJE is Frans se wit broodjie soos Ross was en moet ons aanvaar dat hy gaan bly solank as wat FL gaan bly. Hoe gouer ons vrede maak hiermee hoe beter. Begin ook maar vrede maak dat ons vir Louis Fouche in die CC gaan sien. LF is FL se ander witbroodjie.

    Kan ook nie glo JDP is op flank bo Arno/ Lappies en Hanro nie. Ek was nogal bang gewees dat dit gaan gebeur sodra Flip reg is. Sharks se loosies gaan 'n field day hë by die afbreukpunte.

    Agterna sal FL weer sê ons was nie akkuraat genoeg gewees by die afbreukpunte nie. FL, dis omdat daar nie spelers is by die afbreukpunte nie. Stegman kan ook nie alles doen nie.
  4. gravatar skippie says:
    Goeie span. Go Bulls. Almal het hulle eie spankeuses ek vertrou die spanbestuur weet die beste. Gaan groot manne.
  5. gravatar Blouland says:
    Dit maak net nie sin nie.

    JdP was die laaste paar games moeg en lui, maar nou sit Ludeke hom in 'n posisie waar hy nog vinniger moet wees ? Hy is oorspeel. Sou baie meer sin gemaak het om met Arno of Hanro te begin, met Lappies en Janse op die bank.

    JDP kon uitgesit het vir die week, lyk of hy die rus nodig het. En omdat hy ook ons gaan verlaat, is dit nou goeie geleentheid om nuwe jongs slotte deur te bring.

  6. gravatar nitronic says:
    Nou ja Frans en Bestuur speel mind games met hulle self. Eers is Jan reg toe is daar berigte dat hy n heup besering het. Dink hulle rerig Bok name maak ander spanne bang?

    J Dup ai die man was lui maar nou kies Frans hom bo Lappies en Botha.

    Kom ons kyk maar wat gebeur maar verloor ons en J Dup wys nie passie nie gaan jy my hoor se " I TOLD YOU SO".

    Gaan tough wees maar ons kan.
  7. gravatar Gemini says:
    kan dink hul begin nie met Lappies omdat hy van besering terugkom, maar Arno het al laasweek 60 min gespeel - beteken dus dat Frans vir JduP op flank hoër rate as Arno (?). En almal hoër rate as Hanro. Hanro het blykbaar Dinsdag by die SA U20 oefenkamp aangesluit omdat hy nie benodig word. Sover ek weer verval sy kontrak Oktober en het hy nog nie weer by Bulle geteken. Weet iemand iets meer?
  8. gravatar Bulperd says:
    JJ kan ons 10 games kos by homself en FL sal hom nie drop nie. Sy hanteering and verdedeging is swak maar hy hou sy plek. Pathetic to say the least Mnr Ludeke. Du Plessis te stadig om by Marcel te hou. Help nie Arno en Lappies kom later op om te probeer red nie dit gaan te laat wees
  9. gravatar nitronic says:
    Gemini moet nie verbaas wees as Hanro by WP aansluit nie.

    Rhodes aan weg
    Burger terug Japan toe
    Vermeulen dalk Frankryt toe

    So m.a.w hy gaan maklik kan speel kans kry.

    By ons gaan J Dup weg. So basies staan Lappies en Botha in sy pad. Sy beste kans is dat Arno weer hoogtes bereik en Bok word. dan kan hy dalk speel
  10. Ek is amper seker dat Hanro sy kontrak verleng het. Ek het dit iewers gelees.

    'n Lostrio van Arno (8), Hanro (7) en Lappies (6) is darem iets om na uit te sien.
  11. gravatar Paarlbul says:
    Old Blue Eyes..... eers moet Frans Ludeke sy goed vat en ver weg trek!!!!
  12. gravatar cenic says:
    Dit is tog so jammer dat sekere mense as hulle nie weet wat regtig aangaan nie, altyd moet spoke op jaag!!! Byvoorbeeld dat Hanro by die 0/20'S aangesluit het omrede hy oorbodig geag word by die Bulls!! Dit is nie dalk eerder 'n geval van dat hy as kaptein van doe 0/20's oorweeg word en die Bulls hom daardie geleeetheid gun nie nie?? Deur ongegronde spoke op te jaag word daar net skade aangerig. Met gehalte loosies soos Lappies, Arno, Spies en Steggie asook Dup almal fiks en beskikbaar kan Frans dit meer as net bekostig om Dawie en daarmee saam alle rugby ondersteuners tegemoet te kom deur Hanro vry te stel. Dieselfde geld vir Gellant, I. van Zyl, Snyman, Jenkins en, en,en!! Word hulle ook oorbodig geag???
    Tweedens dink ek dit is goeie speler bestuur van 'n jong spelerler se toekoms om hom nie onnodig bloot te stel nie. Kyk maar net wat het gebeur met die drie Wereld beker kampioen span se slotte van 3 jaar gelede nl Steph du Toit, Ruan Botha en Willimse . Al drie het groot beserings opgetel met Steph en Ruan redelik meer as een en boonop lang termyn.
    ''n Hele paar ander ook!! Well done Frans, langtermyn toekoms van 'n skitterende jong talent is beterr as kort termyn stiksienigheid!!
    Skippie, jou voortdurende ondersteuning van die Bulls ONGEAG, is altyd 'n plesier
    STERKTE AAN DIE SPAN VIR DIE NAWEEK!!
  13. gravatar skippie says:
    NITRONIC kom ek beantwoord jou en jou gabbas se vrae. Elke speller het n monitor aan. Dus alles wat hulle doen op die veld word gemeet en ontleed. Dit wat julle sien op julle kassies in julle sitkamers is nie die weerspieeling van die hele wedstryd. Die kamera is net waar die bal is!!!!!!!! Jdp het verlede wk die 2de meeste tackles gemaak op die veld. Hy het drie lynstaanballe gesteel. hy is deur rugby 365 gekies as tweede beste slot naas Eben Ytzebeth die nw. hy is 21 en speel sy hart uit en dan se julle hys lui. Jammer maar ek verstaan glad nie hoe julle rugby kyk nie. Ja die kind gaan weg. Hy het n ongelooflike kontrak gekry en wat is fout daarmee.... maar hy is nog steeds gekontrakteer deur die Bulle. So hoekom moet hy plek maak vir iemand anders? gaan kyk vir n slag die games en sien vir julle self wat ek bedoel. Julle is n klomp coachpotatoes wat niks en niemand tevrede kan stel nie.
  14. Coach Potato says:
    Skip (Pierre), jy is 'n goeie cappie om so op te kom vir jou spanmaats. Jy speel heelwat beter, hou so aan !

    Sal mooi kyk na JDP se game Saterdag, ons gesels weer volgende week.

    Bloubul groete
  15. gravatar Peter says:
    Ek wil maar net weet waar is Jan Serfontein. Is hy dan nie die beste 12 in Suid Afrika nie?
    Serfontein is 'n held en moet met geen twyfel begin. Ek soek net n antwoord >>>>???
    Serfontein het hom self dan al baie bewys
  16. gravatar skippie says:
    COach potato ag noem my maar Pierre as dit jou gelukkig maak. Ek gee nie om nie. Dankie CENIC. Ons is BlouBul ondersteuners en sien die groyer prentjie. Go BULLS.
  17. gravatar RuggaFanToo says:
    Daar is lyk my nou maar net party mense wat nooit teverede sal wees maak nie saak watter span gekies word nie. Mag ek voorstel dat julle die Vodacom SR app bekom sodat wat julle kwytraak darem naastenby reflekteer wat werklik op die veld gebeur het volgens die statistieke.

    Die mense kla dat JdP lui is maar vergeet dat hy baie meer vas moet speel as nr 4 slot. Persoonlik is ek bly dat hy weer 'n kans kry in sy gunsteling posisie en dink hy kan n goeie teenvoeter vir Alberts wees. Dan sien ek natuurlik uit daarna om die impak van Arno en Lappies te sien waneer Alberts se gô al uit is. Kan dalk net 'n meester skyf wees.
  18. gravatar bluebull says:
    It was mentioned in earlier media conferences that Hanro Liebenberg would be released for the SA u20's. It is not the first time that the Bulls had to release their talented youngsters during Super Rugby.

    See my post earlier this week about a desoerate Shark side who will bring the game to the Bulls and the importance of a good bench for the Bulls For the last 20-30 minutes.

    The Sharks have Willem Alberts and Marcel Coetzee in their pack for Saturday as well as Jannie du plessis and Beast back. That is the main reason why I think the Bulls went for du Plessis at 7. Their strategy will be aggressive ball carrying.

    The Bulls have put their best scrummaging front row for the 2nd half To bring on Trevor as a sub and bring Lappies the work horse in the 2nd half to speed up the game. So Ludeke's intentions are clear For this one.

    What is very confusing to me is what is Visser and Visagie doing in the team, as they just cover the bench?

    Also, Flip is not really 80 minutes match fit but it is a gamble to start with him. Recently Mellet has not been a giod 2nd half scrunmer and git severely punished. He is also not a very giod ball carrier. So why insist on repeating an obvious flawed strategy?

    Anyway, these are Ludeke's problems to solve and if he wants to saddle his horse he will have to ride it all the way.

    Skipppie and Cenic, you really should relax. If you are moving close to the players and coaches this blog is probably not a good place to hang out. People gave the right to ask questions and supporters are part of the game. This is the world of social.networks and media so accept it or move on. If you want a one man supporters club then go and volunteer as Ludeke's water boys.

  19. gravatar nitronic says:
    Skippie dankie my vriend vir jou mening.

    Ja JDP se stats wys hy maak tackles dieselfde geld vir Spies. Al wat ek se is hy het IMO bietjie off the pace gelyk en benodig om meer passie te wys. . Krediet ann hom hy het sy game opgetel na die eerste 2 of 3 rondtes.

    Maar ek is seker hy kort ook n blaas kans. Lappies (voor sy besering) was die voorloper in werk verigting. Ek dink maar net ons gaan iemand nodig het wat daai werk verigting toe pas teen die Sharks.

    Ons stem dalk nie saam oor Frans nie, maar ek kan sien hoekom Frans vir J Dup kies op 7. Of dit gaan werk is nou n ander storie
  20. gravatar Theo says:
    Nitronic ek haal my hoed af vir jou. Jy maak my ook soms so de dinges in dat ek iets wil oorkom maar jy kan krediet gee aan spelers wie hul spelpeil lig EN mede bloggers wat goeie feite/stats weergee.

    Ek glo nie Skippie is Pierre nie anders sou hy al lankal ophou speel het as hy die negatiewe kommentaar teen hom moes lees.
  21. gravatar Blouboy says:
    More almal, ek dink hier kom 'n ding. JDP speel in sy gunstelingposisie, ek dink hy gaan homself gate uit geniet en daai Sharkies BAIE besig hou. Ons skrums sal ok wees as ons so 10 tot 15% kan verbeter deur net ekstra te fokus en effort in te sit skrumtyd. Hulle sal ons nie oordonder nie en dan is dit game on! Ons weet hoe om die Sharks in die haaitenk te klop, ons doen dit gereeld teen alle verwagtinge in. Spies gaan kook, hy gaan 'n grote he want sy kurwe is opwaarts. Paige sal step up want imo is Reinach die toekomstige Springbok scrummie. Ons agterlyn is giftig, hulle moet net goeie balle by die vories kry en ons moet net verdedig, maar dit is darem ook redelik goed die laaste tyd. Go MY BOYS!! Moreaand celebrate ons tot laaaatnag!!!
  22. gravatar skippie says:
    Blueball ek is heel relaxed dankie. Ek het net n broertjie dood aan ons ondersteuners se afkraak negatiewe mentaliteit. Dis volgens my ongevraag en harteloos om n speler af te kraak in die grond in en nooit positief te reageer op spankeuses ens. Ek ondersteun eerder my span en wensbhulle sterkte toe. Hulle word gekies en kies hulle nie self nie. Nie een van hulle verdien wat kwytgeraak word op hierdie blog nie. Dis soos n dieretuin hierdie. Waar aasvoels toesak op die prooi!! Love julle rugby manne. Geniet dit. Moenie dat wen julle mammon word nie. Daar is meer in on land wat aan die gebeur is wat ons negatief kan maak. ENJOY BOYS!!!
  23. gravatar nitronic says:
    Dankie Theo partykeer vat ek dit effens te ver maar ag wat ons is mos hier om te agree to disagree.

    Kyk selfs Spies het sy game gelig, dink ek hy en J Dup kan beter? Ja beslis

    Maar moet se elke ondersteuner gaan tog verskil oor die span wat gekies is ens. Die span is gekies , dink ek Frans kon beter miskien in my oe ja, maar al wat ons kan doen is om te ondersteun.

    Die een ding wat ek haat is as daar geen commitment of passie is van die spelers nie. Ons het dit gesien in rondte 1 en 2. Ek vat n verloor teen n beter span op die dag maar hel dan moet ons span ook mos als gee.

    Maar sien uit na die ruggas. Gaan taai wees, ons kan beslis.

    Kom Bulle!!! Die tyd is nou
  24. gravatar cenic says:
    Bluebull. Ek is op my ouderdom uiters gemaklik oor alles en ek bedoel alles!!! Miskien is dit jy wat moet moet "Relax" en ophou spoke opjaag en nonsens versprei op 'n openbare platvorm Beweeg ek naby die span/spelers?? RELAX!! EK KEN NIEMAND BY DIE BULLS NIE EN IN ELK GEVAL IS DIE SUID kAAP VER VAN PTA EN PETROL DUUR!!
    Skippie kap die "MOAN" gatte en spook jaers!!

  25. gravatar nitronic says:
    NEE ASB, enige iets maar moet ons net nie kap nie ; )

    Lekker naweek manne. Geniet die ruggas

    Kom Bulle!!!
  26. gravatar Blouland says:
    Ja-nee, hierdie gekappery moet ophou, van beide die moangatte en die lofsangers !

    Sterkte Bulle, gaan groot !
  27. gravatar Paarlbul says:
    Stem met jou Nitronic, spanne kies ensovoorts is een ding, maar as daardie geen passie wys deur die wedstryd nie, dan kan ek dit gladnie verwerk nie.

    Dit is een van die dinge wat van FL afsit - die spelers skakel te veel aan en af. Wanneer laas het jy die Lions afgeskakel gesien?

    Die Crusaders het weer in Christchurch verloor! Hulle loop presies dieselfde pad as die Bulle.
    Todd Blackadder is NIE 'n goeie afrigter nie. Hy het, net soos Frans goeie spelers en structure ge-erf, maar dit val uitmekaar.


  28. Skippie ek het ook 'n problem met bloggers wat spelers persoonlik aanval, net soos ek 'n problem het met bloggers soos jy wat mede bloggers persoonlik aanval bloot oor hulle, hul mening gee. Hetsy dit nou te kras is of nie.

    Ekself het heelwat kritiek uitgespreek teen JDP, maar gaan op maandag se post het ek hom en spies krediet gegee wat hulle toekom. Spies self het 2 goeie games in 'n ry gespeel.

    JDP het goed gespeel, maar al haal hy sy beste uit is hy nie goed genoeg vir 'n losvoorspeler nie. Los hom op 4, ek sal net wil sien dat hy meer aggresief raak. Daar is nie 'n manier dat hy beter as Arno, Lappies, Hanro en selfs Nardus is nie.

    Dis alles goed en wel om positief te wees oor jou span, maar as die feite op die tafel die teendeel spreek, dan moet 'n mens maar dit sien vir wat dit is. Jy klink soos sommige ekonome wat heeltyd 'n positiewe prentjie skets van die ekonomie en dan as daar 'n resesie is, kan niemand verstaan hoekom nie- want die gevaartekens is geignoreer.

    die gevaartekens vir more is ons skrums en die afbreekpunte. Ek is jammer, maar ek kan nie sien hoe ons enige van die twee aspekte gaan wen nie, laat staan oorheers. Inteendeel die kanse is baie goed dat ons hier oorheers gaan word. Marcel Coetzee gaan 'n field day hê.

    Tot ons voordeel is ons agterlyn, veral met Pollard daar en ons verdediging, maar ek dink die skrums en losgemale gaan deurslaggewend wees.

    Jy kan my nou maar slegsê en 'n moangat en coachpatato noem en wat ook alles, dis maar hoe ek dit sien.
  29. gravatar skippie says:
    Old blue eyes ek kraak julle nooit persoonlik af nie!!!! Ek se raak positief en hou op moan. Nog nie 1 keer gese julle is K-k ens nie. Dis wat julle doen. Dus gee julle spankeuses en kry klaar maar hou op vuiltaal gebruik en slegse net omdat julle spankeuses nie gekies word nie.
  30. gravatar Honibal says:
    Ek weet niks van rugby af nie, maar ek weet die ouens gaan kook die naweek.

    Almal kla oor JdP as 7 flank, maar gaan kyk en geniet die skade wat Arno en Lappies gaan aanrig as hulle op die veld kom nadat die guppies sat gedryf was deur Jdp en kie.

    Stay true to the blue....
  31. gravatar Honibal says:
    Old Blue Eyes, soos ek reeds hierbo gese het, ek weet niks van rugby af nie. Wat ek wel weet is dat Jannie en Beast lankal verby hul Sell By date is.

    Ons problem is Morne Mellet. Verder is ons skrums okay.

    Losskrums is 'n ander ding, maar nou ja, Stegman word gekies as fetcher en dis sy werk om Coetzee In toom te hou.

    As die pak saam speel en nie een vir een nie, is ons okay more.
  32. gravatar bluebull says:
    Cenic and Skippie

    The issue is not whether you know people personally or not. We cannot think people are disloyal to the Bulls every time they bitch. That is a very one sided view. if you choose to be positive only, well, then that is your choice. I like to see this as a virtual braai where people are talking rugby because they have a particular interest in connected with other Bulls supporters.

    The issue is whether you allow others to express themselves or not. In my view you are hampering this, even when there is pretty much fair criticism. and I really do see the critics also bringing up some positive comments here as well.


    I always support the Bulls over against our opponents, but inside here, I am a critical realist.

    There is a difference between monologue, dialogue and debate. This site is not a monologue from the BBM to its supporters, but allows them to make comments, share knowledge, ask questions, etc. If you try to turn this into a monologue, you will hear from me.


    If the BBM doesn't want us to comment, then they should close this comments box down as well as their facebook page (by the way - have you ever read what is going on there? Much worse than this corner!). I will accept that and respect their view. But that will certainly not stop people from talking rugby.



  33. gravatar Blouland says:
    Bluebull, baie goed gestel.

    As hier net lofsangers was, dan kan hul maar netso wel die blog toemaak.

    Daar is altyd plek vir gesonde kritiek, sonder om mense persoonlik te beledig.

    Bulle !
  34. gravatar cenic says:
    Net soos Skippie het ek nog nooit 'n beampte, speler of iemand wat kommentaar lewer direk aangevat nie, maar as iemand my aanspreek, behou ek die reg voor om terug te antwoord!!
    Om onverantwoordelike "stellings" te maak, is om spoke op te jaag!! My opinie waarop ek geregtig is
    Ek het geen problem as positiewe kritiek gelewer word nie, maar as" ongekwalifiseerde" kritiek gelewer word, behou ek die reg voor om die regte feite sover "moonlik" daar te stel.sonder om spesifiek na "IEMAND" te verwys. Sou "IEMAND" dan voel hy wil die skoen aantrek, is dit nie my probleem nie. Indien hy nie saam stem met my nie,sal ek graag die teendeel van hom wil hoor om my verkeerd te bewys. Ek gesels graag met enige persoon rugby, maar niks frustreer my meer as dit niksseggende :opgemaakte" stories sonder FEITE behels nie.
    Sou Buebull sy"stelling" dat Hanro as oorbodig beskou was, verder wil bespreek, het ek geen problem daarmee nie, .
    Ek sal altyd die Bulls "POSITIEF ONDERSTEUN, ONGEAG DIE RESULTAAT..
    Sterkte aan Frans ,Pierre en die span vir die naweek.
  35. gravatar bluebull says:
    Cenic

    Go read my post again. Notice the word "if".

    I have noticed a pattern here on the blog for some time and that is why I adressed you and Skippie.

    You own yourself the right to call others moangatte, well then I owe the right to call some 'n blinde mol or a gatkruiper or a water boy. If the shoe fits...


    And, where de cook did I make a statement like that about Hanro? I understand and agree with your statement that arguments need a backup, but I think you are a bit confused for I clearly defended Ludeke's decision to release Hanro in my post!

    Think I have I made my point now.

    Back to rugby.




  36. gravatar skippie says:
    My BLOU SPAN ek ondersteun julle elkeen deur dik en dun. Speel met passie en gee als. In my oe hoort elkeen van julle daar. Ek is gatvol vir negatiwiteit. Daar is genoeg negatiewe dinge wat gebeur in ons land. GEE GAS MY SPAN. Ek is lus vir breed glimlag. Rugby is tog n game om te geniet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *