Ludeke changes four in pack to face Cheetahs

articles.comments (27)

Ludeke changes four in pack to face Cheetahs

Vodacom Bulls coach Frans Ludeke made four changes to his starting team that will face the Toyota Cheetahs in a Vodacom Super Rugby clash at Loftus Versfeld on Saturday.
The coach’s hand was forced through injury and the SARU rest agreement, which ruled all of Jan Serfontein, Handré Pollard, Deon Stegmann, Dean Greyling, Victor Matfield and Lappies Labuschagne out of contention for the final match of the tournament.
Matfield will be replaced by Grant Hattingh and Labuschagne by Arno Botha at flank, while Greyling’s place will be taken by Morné Mellett. Adriaan Strauss, who was rested last weekend against the Rebels, is back at hooker, with Callie Visagie moving to the bench.
Ludeke also called Nicolaas Janse van Rensburg and Roelof Smit into the squad again to cover for Deon Stegmann and Hattingh.
The backline remain unchanged from last week.
“We would like to finish the tournament with a strong performance. We did not reach all the targets we have set for ourselves as a team, but I am proud of the way we have played at times during the season. Unfortunately our away form again cost us,” Ludeke said.
Vodacom Bulls captain Pierre Spies was adamant that they will deliver a good, final performance.
“The Cheetahs team will have nothing to lose and will certainly attack from all angles, but we are also very keen to end our season on a high. We are back at Loftus Versfeld for a last time this season and would like to give the supporters something to cheer about. That said, there is no time for emotional goodbyes, as we will have to play for 80 minutes to make sure we get the right result.”
The team (with Super caps) is: Jesse Kriel (16), Francois Hougaard (87), JJ Engelbrecht (64), Burger Odendaal (9), Travis Ismaiel (5), Jacques-Louis Potgieter (61), Rudy Paige (20), Pierre Spies (118, c), Jacques du Plessis (30), Arno Botha (32), Grant Hattingh (47), Flip van der Merwe (80), Marcel van der Merwe (32), Adriaan Strauss (117), Morné Mellett (36). Replacements: Callie Visagie (50), Trevor Nyakane (57), Nicolaas Janse van Rensburg (2), Roelof Smit (2), Bjorn Basson (85), Tian Schoeman (5), Jurgen Visser (31), Werner Kruger (112).

Milestones:

•JJ Engelbrecht will be the only player in the team who started in the same position in all 16 matches in 2015. Francois Hougaard also started in all 16 matches, but played left and right wing.
•Victor Matfield in 2015 extended two Vodacom Bulls records. He has played for the team 140 times and captained the team 84 times, both franchise records. His 148 appearances (8 for the Cats) is a national record for the tournament, as is the captaincy record.
•Frans Ludeke will extend his record as most experienced coach ever in Vodacom Super Rugby to 149, with 24 of those with the Cats and 124 with the Vodacom Bulls.

Pin It

Jun 11, 2015

(27) Ludeke changes four in pack to face Cheetahs

  1. gravatar nitronic says:
    Die cheetahs staan defnitief n kans.

    JJ speel die hele seisoen elke game en daar is nie een game wat jy kan se sjoe briljant JJ nie. Al drie loosies so bietjie aan die lui kant. Gaan vir Lappies baie mis. Arme Trevor sit weer bank, terwyl hy en Lappies ons beste spelers die jaar was.

    Ek sou Roelof n kans gegee het,

  2. gravatar nitronic says:
    Nou ja die twee palooka spanne pak mekaar en die wenner sal wees die span wat minder sleg speel.

  3. gravatar CR says:
    Haak Vrystaaaaaat!!!!!!
  4. gravatar Bullebakkies says:
    Ons kan maar net hoop die direksie maak die regte besluit.

    Ongelukkig niks wat ons as ondersteuners daaraan kan doen nie. Ons weet mos niks van rugby af nie!

    My geld is op Johan Van Graan as hoofafrigter met VM en FDP assistente of VM as hoofcoach.

    Dinge by WP lyk goed. Gert Smal het baie groot verskil gemaak. As hulle boonop nog n goeie coach kry en PSDT, Marcell coetzee en Cornell Hendricks soos Burger vandag bespiegel, gaan daar groot probleme vir ons wees!

  5. gravatar Honibal says:
    Ek sou 'n paar ander ouend ook kan gegee het.

    14. Jamba Ulengo
    13. WSS
    10. Tian Schoeman
    9. Hougaard
    7. Roelof Smit

    Dan sou ek ook vir Nicolaas Janse van Rensburg so 30 minute speel tyd gegee het.

    Die Bulle het niks om te verloor nie. Wen of verloor, die seisoen is lankal gedoem.

    Ek is ook bly om te sien Morne Mellet begin. Hy het nou die geleentheid om my verkeerd te bewys, want ek slaan hom nie hoër aan as my laerskool stut nie.
  6. gravatar Balsak says:
    WDF soek Jurgen Visser daar? Hy is verskriklik kak. Ons kan eerder met een minder speler speel as met hom. Basson kan mos heelagter cover.
  7. gravatar Barry says:
    Sou hierdie nie Victor se laaste game op Loftus gewees het nie? Ek vra want hy gaan tog sekerlik nie volgende jaar nog speel nie, en hy sal seker Bokke toe gaan daarom word hy weereens 'gerus'? Currie Beker sal hy tog sekerlik ook nie speel nie.

    Dalk kan hulle vir Bakkies en Victor een Currie Beker game saam laat uitdraf vir 'n laaste keer.......like that would happen?

    Ek wonder oor die Currie Beker span want daar gaan ALWEER soveel spelers weg dat die diepte behoorlik getoets gaan word. Ek sien hulle foeter Japan toe vir 'n opwarmings game voor die Currie Beker maar spelers kan nie meer betaal word om by die Bulle te bly nie. Prioriteite is iets wat erenstig oorweeg moet word. Is Japan toe gaan werklik so uitspattig belangrik? Waarom nie teen die Grens of SWD speel nie?
  8. gravatar BLOUBLITZ says:
    'n wen gaan NIKS aan die agteruitgang die afgelope paar jaar doen nie. BBRU kan "jam" smeer soveel hulle wil.....Ludeke moet gaan....geen direkteurs pos of iets dergliks nie!

    NUWE BEGIN met nuwe afrigting span.


    #getridofLudeke
  9. Sien van Graan junior is ook op die inkopielys vir stormers se coach.

    Goeie blixem nou het ek alles gehoor. Ons coaching staf word geplunder vir die bokke met HM van Graan en ander en nou is henning gericke klaar by die stormers en van Graan junior dalk ook. Dis mos gekkemalligheid
  10. gravatar Cornelius says:
    Ag Bulle Frans Ludeke wil tog so graag he , julle moet verloor, as mens kyk na sy span kan jy sien, hy wil so graag gefire word
    Cheetahs met 15
  11. gravatar BLOUBLITZ says:
    Goeie nuus....ek sien Stegman het nie vir nog 'n seisoen geteken nie! Dankie Vader...dankie tog.

    Nou wag ek net in spanning vir die afkondiging dat Ludeke en Spies ook gaan.....drinks on me !!!!
  12. gravatar Blyblou says:

    Rugby -en spesifiek Bloubulrugby, was altyd vir my 'n groot bron van plesier. Oor die laaste 5 jaar, was daar ongelukkig bitter min wat lekker was.

    Dat 'n rugby 'franchise" vanaf die hoogtepunte van 2009 en 2010 (toe hulle ongetwyfeld die beste in die Suidelike halfrond, en dalk die wereld was) kan daal tot iets soos die 9de in die Suidelike halfrond, is tragies, pateties en behoort onaaanvaarbaar te wees.

    Ek se "behoort" - want in enige ander privaatorganisasie sou die topbestuur wat so 'n afwaartse tendens in 'n maatskappy se resultate behaal, lankal die deur gewys wees.

    Daar was die laaste tyd - (so min of meer 3 jaar seker al!) - baie gekla en baklei oor die swak gehalte van die spelers se spel en die swak afrigter/s. En met reg. Ek dink ook die afrigting is swak. Ek dink die "player management" - werwing en bestuur van spelers - is pateties. Maar ek dink as mens wil afdank moet mens moet elders begin...

    Hoe kan die CEO nie sien dat sy afrigter nie die beste uit spelers kan haal nie, dat hy 'n wanpersepsie het oor die gehalte van sekere spelers an dat hy geen vernuwende denke toon nie? Hoe kan die CEO nie sien watse gemors "player management" is nie? Dat spelers wat by die Bulle sukkel sterre word by ander spanne nie? Dat dit net nie lekker is vir spelers (wel, die goeies) om by die Bulle te bly nie?

    Hoe is dit moontlik dat Barend van Graan nog is sy pos is? Hoe moet 'n maatskappy se resultate verswak voor die CEO (en die helfte van sy topbestuurspan) die trekpas kry?

    Die BBM se aandehouers is die BBRU en effektiewelik, Remgro, elkeen met 50% aandeel. Waar is die leiers van hierdie twee organiaies? Hoe kan hulle toelaat dat hulle beleggging in 5 jaar se tyd so agteruitgaan en niks daaraan doen nie??
  13. gravatar morne says:
    Victor Mayfield
    Begin ASB jou coaching , by u21 s
    As jy daai beker , 3 keer in n ry kan wen
    Dan kan jy enige tyd , bulls kom afrig
    Maar nou will jy n short cut vat
    As n coach moet jy ook eers jou respek
    Verdien ,
    Mnr
  14. gravatar nitronic says:
    Nou ja Stegman waai so ook Spies. Sterkte manne maar dit is julle tyd.

    Ek hoop net nie hulle weet Ludeke bly nie, en dis hoekom hulle gaan nie. Stegmann besluit of hy gaan aftree op sy plass in Oos Kaap.
  15. gravatar Chris75 says:
    Ag ludeke, hou jou bek, en f@k net off asseblief tog, genoeg van jou verskonings gehoor, genoeg! Jy en jou lamsak bras moet loop.

    HOU LOFTUS LEEG!!!!
  16. gravatar Blouboy says:
    Blyblou, stem 100% saam met jou, almal kla oor Frans, Victor, Spies en spelers. Mnr. Van Graan moet verantwoording doen, as hy sy werk reg doen sou niemand kla oor afrigting nie. Punt! Wie weet wat is Mnr. Van Graan se agtergrond? Ek het gehoor hy was n oud onderwyser, is dit so of kom hy uit die brsigheidswereld uit? Ek is baie hartseer na die toer, ek het eerlikwaar gedink ons gaan ten minste 3 games kan wen, nou droom ek maar voort, Ek wil net op rekord plaas dat ek voel die CEO IS 100% VERANTWOORDELIK.. Die feit dat hy swyg en skitter in sy absence se vir ons alles.
  17. gravatar Victoriabok says:
    http://rugby.maroelamedia.co.za/2015/06/08/vrydag-is-d-dag-vir-frans-ludeke/


    Vrydag is D-dag vir Frans Ludeke

    8 Junie 2015
    Wim van der Berg

    Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) vergader Vrydag om die toekoms van Frans Ludeke by die Bulls te bespreek en dit lyk waarskynlik dat `n nuwe afrigtingsera vir die Bulls voorlê.

    Dit kan byna in samehang gelees word met Naas Botha se siening dat dit tyd vir `n nuwe afrigtingspan in Pretoria is. Hy meen die filosofie agter die Bulls se benadering tot die spel is die rede vir die gebrek aan goeie resultate ondanks die magdom talent in die Bulls-kamp.

    Ludeke se kontrak loop glo eers einde 2016 ten einde. Die BBM het egter `n aantal opsies, waarvan die voor die hand liggende opsies is om Ludeke se kontrak “uit te koop”; hom `n ander pos aan te bied: of met hom as afrigter te volhard.

    Daar is die realiteit dat die Bulls met hulle talent, soos Botha uitgewys het, veel beter behoort te presteer. Ondermeer het die span sy laaste 11 wedstryde in Australasië verloor; 12 van die laaste 13; en die afgelope drie jaar sonder `n enkele sege in Australië terug huis toe gekeer.

    Dit is bekend dat daar groot ongelukkigheid oor die span se resultate die afgelope seisoene is en ook oor hulle speelwyse. Die implikasie daarvan is dat Ludeke se dae as hoofafrigter getel is.

    Daarteenoor is daar die finansiële implikasies om `n afrigter se kontrak vroeg te beëindig. Indien die BBM op dié roete sou besluit, sal dit beteken dat Ludeke vir aanstaande jaar betaal sal moet word. En sy plaasvervanger natuurlik ook. `n Mens moet in gedagte hou dat die Bulls die afgelope twee, drie jaar soos al die ander Suid-Afrikaanse franchise’e veral kontantvloeiprobleme het.

    Dus: óf Ludeke gaan in sy pos aanbly óf hy gaan `n nuwe pos by die BBM aangebied word.

    Die oplossing is seker vir die BBM om die vakante pos van direkteur van afrigting te vul. Dit is die pos wat Heyneke Meyer beklee het toe hy amper vier jaar gelede as Springbokafrigter aangewys is en dié uitdaging aanvaar het. Dit sal `n amptelike bevordering vir Ludeke wees.

    In die praktyk sal dit daarop neerkom dat Ludeke se hande van die direkte afrigting losgemaak word en dat hy in `n amperse beplanningshoedanigheid aangewend sal word en met die werwing van spelers en die BBRU se oorhoofse afrigtingstrategie belas sal word.

    Of dit hom sal verhoed om op meer as inset vlak betrokke te wees by die spelpatroon en soos Naas Botha dit noem die speelfilosofie is onseker.

    Dan is daar die belangrike vraag: wie moet Ludeke vervang sou hy bevorder of sy kontrak beëindig word?

    Manne soos die voormalige toetsafrigters Nic Mallett, John Mitchell en die Pumas se Jimmy Stonehouse sou op die oog af van die voorste kandidate wees.

    Mitchell het `n nuwe sakeonderneming in KwaZulu-Natal wat glo al sy aandag verg. Soos Mallett verdien hy met hulle aanbiedings by SuperSport en ander openbare verskynings soos ontbytfunksies en dies meer veel groter bedrae as wat `n franchise sal kan aanbied.

    Dan is hulle ook tans twee van die beste spelontleders ter wêreld wat lekker (met insig én rede) kan kritiseer en die grootlikse steun van ondersteuners en TV-kykers het. Albei is ook moeilike manne wat al gevra is om hulle afrigtingsposte dáároor te ontruim. Hulle sal dus nie sommer deur rugbybase nader getrek word nie.

    Stonehouse? Hy is in Japan met `n nuwe kontrak en het boonop nog nie op die vlak sy tande gesny nie. Johan Ackermann is kontraktueel tot die Goue Leeus Rugby-unie verbind.

    Met die Springbokbestuurspan wat na die Wêreldbekertoernooi sonder kontrakte en heenkome is, kan dit wees dat die Bokke se voorspelerafrigter Johan van Graan – wat baie hoog deur die Springbokspelers aangeslaan word en sukses met sy werk op die vlak behaal het – as die Bulls se nuwe hoofafrigter aangestel sal word.

    Victor Matfield sal stellig sy adjudant wees en kan straks aanstaande jaar, na die nuwe Super18-reeks, saam met `n man soos Nollis Marais die Curriebekerspan onder hande neem.
  18. gravatar Chris75 says:
    Nollis Marais kan sommer hierdie jaar reeds beheer van die CB span neem.
  19. gravatar Blouboy says:
    Ek is jammer, ek verstaan nie lekker nie. Wat is die probleem met finansies om van Frans ontslae te raak? As dit n goeie kontrak is vir beide partye sal daar n performance klousule in wees. Anders is dit in my opinie n swak kontrak wat nie beide partye bevoordeel nie. Indien daar wel so n klousule in is kan ek nie dink dat die standaard wat vd afrigter verwag word so laag is dat sy job enigsins veilig is na die laaste 2 jaar se jokes nie. Verder dink ek ook nie Heineke sal terugkom Bulle toe nie, al wil almal van ons dit nie erken nie reken ek hy is een van die beste coaches ter wereld en sal baie hoog in aanvraag wees wereldwyd na die World Cup. In ander lande hoef hy ook nie met politiek en kwotas opgeskeep te sit nie en kan sy job ordentlik doen. Ek hou nogal van Brenden Venter maar ek dink Vic sal die job kry wat ook ok is, Vic is nie stupid nie, hy is baie intelligent en onthou, n groot deel van n coach se sukses hang van sy mede coaches af, kyk wat het met ons verdediging gebeur nadat Mcfairland Bokke toe is. Vic het visie en n besigheidsbrein, hy sal hom omting met top mense. Miskien kan hy sommer CEO ook word - baie meer presentable met BALLS en breins. Hy is ook honger vir sukses in coaching, lees sy boek en waarmee hy afsluit. Ek dink ook hy is Mnr. Loftus en gaan nog diep spore daar trap in die toekoms met bestuur, ons kan hom netsowel ondersteun. Maarkom ons kyk maar, sterkte in elk geval aan die bestuur met moeilike besluite wat geneem moet word
  20. gravatar CR says:
    BLOUBOY

    Ek stem saam. Victor het soos Fdp bloubloed en sal alles vir die span doen om bo uit te kom. Die enigste aspek waar ons spel werklik goed was, is die lynstane en dis waar Victor direk betrokke is. Ek se nie hulle moet direk as hoofafrigters aangestel word nie maar sal baie goeie adjudante wees. Hulle het albei uitstekende rugby breine.
  21. gravatar Franscois says:
    Ek dink victor kan die volgende ackerman wees gee hom kans en kry net i behoorlike agterlyn afrigter en scrum en skop afrigter en ons sal goed wees!! Dink ook met stegman wat gan sal ons moet kyk na i goeie fetcher soos marnus schoeman hyt groot talent en dan wil ek ook net byvoeg dat ek dink hanro die beste nommer 8 in die wereld kan word as ek na sy spel kyk by die baba bokkies!
  22. gravatar kabous 23 says:
    Victor en Fourie is 2 van my helde, maar ek dink nie hulle sal die regte opsie as afrigters vir die bulle wees nie. Die bulle moet ook die opsie laat gaan dat al die spanne van Super tot ouderdomsgroepe dieselfde tipe rugby speel laat gaan. FL as direkteur glo ook in die opsie maar dit is besig om bul rugby te sink. Ons spelers en afrigters speel wedstryd plan, en nie die man of agter hul sterk punte aan nie. Jy kan die beste spelers teken, maar as hul up en unders moet jaag gaan hul gemiddeld lyk. Ek is ook bevrees van Graan jnr gaan ook net inval by die huidige strukture.
  23. gravatar Blue Bull says:
    If this is the same Wim vd Bergh quoted here, who wrote the latest history books on the Bulls then one can read his input as someone with authority.

    I think.his point regarding contractual issues and the cash flow is THE issue at the Bulls. There was not any money to put FL as Director of rugby after HM left, why should there be, after 3 dismal season be more money right now? Remember after 3 years HM as Director has not been replaced yet. Either the Bulls put that job on hold to see where Saru migjt be going, or there is not enough in the kittie. I suspect the latter is the real issue.

    The Bulls need a new director of coaching with new vision. Gert Smal is already showing his hand and he has started to accumulate a very reliable team of coaches in the system. He sees what is working and not working and he moves and shifts. Frans is not the only problem, but he is certainly part of it.

    That is what we need now.

    Secondly, CEO Van Graan will also need to face up. When a company is on the high of its bell curve, it needs to start planning for the years ahead. Not in the low descending phase. The Bulls were caught with pants on the floor in 2013 onwards. The wring coach was appointed for the Currie Cup and the totally wrong appontment followed with Xander the agent. As a result the Bulls brought in avargae olayers into their system and allowed mediocrity to vrawl in at the back door. Van Graan's jubilations everytime Ludeke has some degree of success, makes me wonder if he is not too emotionally involved with Frans.

    Make no mistake, Frans Ludeke is a gentleman and highly respected by the Bulls. It is hard to see such a family man might loose his job. But it is time for a personel change.
  24. gravatar Oom Koos says:
    Mag die regte besluite in belang van Blou Bul rugby geneem word. Amen
  25. Bulls Eye says:
    http://m.news24.com/sport24/Rugby/Blue-Bulls-head-for-Japan-20150611
    Its interesting that they say there is no money to sign another coach.Preseason training for the blue bulls in Japan costs quite a bit I think.
  26. gravatar cenic says:
    Sterkte aan Gert Wessels en die die Blou Bulle Bestuur met die op hande vergadering vandag. Mag daar goed deurdagte besluite geneem word en hopelik sal hulle nie toelaat dat die histerie wat tans onder sogenaamde "kenners" van die spel heers,ook onder hulle posvat nie.
    Was beindruk met die die inisiatief wat deur Wessels en Strauss getoon word rakende skool verlaters wat ophou rugby speel na matriek volgens Rapport.!! As jou onderbou goed is, sal die resultate bo uitkom.
  27. gravatar Bully says:
    Ek luister maar met gemengde gevoelens na Victor se moontlike aanstelling?
    Gaan ons nie dan maar net aangaan waar ons nou is nie?
    Het ons nie nuwe blied en nuwe idees nodig met die spek wat baie verander het nie.
    Net tyd sal seker leer, maar die probleem is dat 'n afrigter se tyd omtrent 4 tot 5 jaar is??
    Alles hang af wie die agterlyn afrigter sal wees .

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *