Blue Bulls Company say goodbye to number of stalwarts
The Blue Bulls Company (Pty) Ltd on Friday expressed their sincere gratitude and thanks to a number of stalwarts who will part ways with the Vodacom Bulls at the completion of the 2015 Vodacom Super Rugby tournament.
Barend van Graan, CEO of the BBC, confirmed the departures of Pierre Spies, Jacques du Plessis, Flip van der Merwe, Jacques-Louis Potgieter, Victor Matfield, Akona Ndungane and Francois Hougaard to French and Japanese clubs and retirement.
Spies (via Japan) and Du Plessis will join French club Montpellier, Van der Merwe moves to Clermont-Avergne and Potgieter to Lyon. Matfield will retire after the Rugby World Cup and Ndungane hangs up his boots this weekend as his contract was only extended for this year's Super Rugby competition.
Hougaard leaves for Japan later this year and depending on a number of factors, will make a call on whether to return to Loftus Versfeld, at a later stage.
"How does one begin to describe and acknowledge the contributions of these players over all these years," Van Graan said.
"Victor re-wrote all the record books as player and captain and we have been very privileged to have him continuing as a coach for the past couple of seasons. His input and education on the next generation of players has always been extraordinary.
"Pierre is a second generation Blue Bull and was a massive inspiration to so many supporters. We understand his move to go and play abroad, especially as he missed two years of his career with injury.
"Akona became a legend here at Loftus Versfeld with his fearless play and commitment. He was asked to act as a mentor to the younger players in the squad this season and did a superb job.
"All three of them are Super Rugby centurions for the Vodacom Bulls and were part of the squads that won the Super Rugby title three times."
Van Graan also said 'au revoir' to the French contingent.
"Flip deservedly became an established Springbok while playing for us and represented the Bulls in close to 80 matches. As with Jacques, the realities of the exchange rate and their deserved market value in France made it impossible for us to try and financially compete on our own against those offers.
"Jacques-Louis also came to our rescue at short notice last year and got us back to winning ways. We will never forget that contribution," Van Graan said.
Van der Merwe and Du Plessis could still play in the Absa Currie Cup if not being used by the Springboks, as their contracts run till at the end of October.
Spies and Hougaard, who are in the same situation, indicated that they would seek an early release to go to Japan, should they not be called up by the Springboks.
Van Graan also acknowledged the contributions of backline coach Pieter Rossouw and physiotherapist Ronee Eksteen, who both will leave the union. "They have done great work over many years and were part of some very successful squads in that time, a testimony of their abilities and contributions."
•According to the BBC High Performance Manager, Xander Janse van Rensburg, negotiations with Hougaard is ongoing. "He is going to Canon in Japan, but we are still hoping to see him back here for next year's Super Rugby tournament. We are working hard at a possible deal and we are hoping that a national contract could aid our cause. He is a sought-after player because of his versatility."
• Janse van Rensburg confirmed that Jurgen Visser's contract has not been renewed. "We want to thank Jurgen for his positive and constructive contributions on and off the field.”
For more information, please contact Janse van Rensburg at +27721973136.
Blou Bulle groet staatmakers
Die Blou Bulle Maatskappy (Edms) Bpk het sy dank en waardering uitgespreek aan verskeie staatmakers oor baie jare wat die Vodacom Bulls aan die einde van die huidige Vodacom Super Rugby seisoen verlaat.
Volgens die BBM se hoofbeampte, Barend van Graan, word die vertrek van Pierre Spies, Jacques du Plessis, Flip van der Merwe, Jacques-Louis Potgieter, Victor Matfield, Akona Ndungane en Francois Hougaard met groot begrip en waardering deur die BBRU en die BBM aanvaar.
Spies (via Japan) en Du Plessis sluit later vanjaar by die Franse klub Montpellier aan, Van der Merwe gaan vir Clermont-Avergne en Potgieter vir Lyon uitdraf. Matfield tree uit rugby ná die Wêreldbekertoernooi. Ndungane se kontrak is verlede jaar hernieu slegs met die oog op vanjaar se Super Rugby toernooi.
Hougaard gaan in Japan speel en sal binnekort, afhangende van ‘n paar ander faktore, besluit of hy weer terugkeer Loftus Versfeld toe.
“Waar begin ‘n mens om hierdie spelers se bydraes genoeg erkenning te gee,” het Van Graan gesê.
"Victor het die rekordboeke hier by ons herskryf as speler en kaptein en ons is geweldig bevoorreg om hom as afrigter te kon behou die afgelope seisoene, hy kon sy kundigheid terug ploeg in die volgende generasie spelers.
“Pierre is 'n tweede generasie Blou Bul en was 'n reuse inspirasie vir soveel ondersteuners. Ons verstaan sy besluit om oorsee te gaan speel, veral gegewe die feit dat hy twee seisoene weens beserings misgeloop het.
“Akona het legendariese status hier bereik met sy vreeslose spel en toewyding. Hy het vanjaar grootliks die rol as mentor vertolk vir die jonger groep spelers en dit skitterend gedoen. Al drie het meer as 100 keer vir die Vodacom Bulls gespeel en was deel van die spanne wat die Vodacom Super Rugby toernooi drie keer gewen het.”
Van Graan het ook die ‘Franse brigade’ sterkte toegewens.
“Flip het verdienstelik ‘n Springbok hier by ons geword en byna 80 keer vir die Vodacom Bulls uitgedraf. Soos met Jacques het die realiteite van die wisselkoers en die spelers se markwaarde in Frankryk dit onmoontlik vir ons gemaak om alleen met die aanbiedinge vandaar te kompeteer.
“Jacques-Louis het verlede jaar op kort kennisgewing vir ons uit die moeilikheid kom help en die span weer op die wenpad gekry. Ons sal nie daardie bydrae vergeet nie,” het Van Graan gesê.
Van der Merwe en Du Plessis se kontrakte verval in Oktober 2015, so sal nog vir die Vodacom Blou Bulle uitdraf, sou hulle nie deur die Springbokke opgeroep word nie.
Dieselfde geld vir Spies en Hougaard, maar beide het aangedui dat hulle graag die Japan opsie vroeër wil opneem indien hulle nie vir die Springbokke opgeroep word nie.
Van Graan het ook Pieter Rossouw (agterlyn-afrigter) en Ronee Eksteen (fisioterapeut) bedank vir hulle bydrae tot die span oor baie jare. Albei verlaat die unie.
“Hulle was deel van ‘n baie suksesvolle bestuurspan en sal gemis word. Ek wil hulle graag bedank vir die puik insette oor baie jare.”
•Volgens die BBM se Hoë Prestasiebestuurder, Xander Janse van Rensburg, is gesprekke met Hougaard steeds aan die gang. “Hy gaan wel vir Canon in Japan speel, maar het nog nie finaal laat weet of hy volgende seisoen vir die Vodacom Bulls beskikbaar gaan wees nie. Ons werk hard daaraan om hom te behou en hopelik kan ‘n nasionale kontrak tot ons redding kom om die aanbod te verbeter. Hy word oral hoog aangeslaan weens sy veelsydigheid,” het hy gesê.
• Janse van Rensburg het bevestig dat Jurgen Visser se kontrak met die BBM nie hernieu is nie. “Ons wil Jurgen bedank vir sy bydrae. Hy het op en ván die veld ‘n positiewe bydrae tot die unie gelewer.”
Spies, Flip, Akona, Vic en JLP dit was tyd
Du Plessis sterkte ek voel jy kon ons meer gewys het wat in jou steek. Glo White sal meer uit jou kry.
Hougaard sterkte, groot hartseer dat Frans jou bietjie rond geneuk het. Ek hoop jys terug vir 2016 maar ek dink jy sal seker maar Frankryt toe gaan
Nou wag ons nog in spanning vir die groot nuus
As ek kon wens sou dit wees dat Ludeke WP toe kom en Dawie Theron/Mitchell Bulls gaan afrig hehehe!
Goodbye Frans Ludeke or is he getting a promotion...
Ludeke en sy trawante, bly hulle of ry hulle???
Soos te verwagte sou die bestuur nie vandag rondom afrigters te veel kon sê nie. Paar strome water wat nog in die see moet loop wat onmiddellike beplanning kompleks maak. dalk is daar planne op die tafel waarna nou gekyk gaan word nadat al die beheoftes en probleme ter tafel gele is. So geduld mense, geduld.
Ook hartseer oor Hougie, maar hy moet ook na homself kyk, die wat Europa toe gaan sal nie sonmer weer terugkom nie. Sou graag wou sien wat du Plessis se toekoms gaan inhou. Groot man daardie.
Interressant dat daar bespiegelinge wa soor JJ wat sou gaan, maar lyk virmy hy gaan bly.
Schoeman kan nou sy kleim afsteek in die komende Curriebeker.
Aan al die manne wat die Bulle gaan verlaat, alles van die beste. Hoop julle maak genoeg geld elders om lekker te kan aftree.
Ek wonder net wie in die Bulle se visier is noudat daar so baie manne pad vat. Daar moet mos nou verseker genoeg geld wees om n ster of twee te koop. As julle nie n goeie speler wil koop nie, bele daardie geld in n afrigter. n Afrigter wat met n gemiddelde speler nog steeds bekers kan wen. Daardeur wil ek se dat die afrigter bevoeg moet wees om n span as n eenheid saam te snoer wat ALLES vir daardie Blou trui sal gee, wat die regte spelers kies en nie witbroodjies het nie, die beste uit sy spelers kan haal en die vermoee het om by die hedendaagse rugby aan te pas. Duidelik iets wat FL nie kon doen nie
Moet darem se Stegman en Akona julle is Bul legendes manne. Altyd alles gegee
Of as ek Jimmy mag na aap:
die kat kom weer
want hy wil nie langer wag
die kat kom weer
net die volgende dag
die kat kom weer
glo vir my dis waar
die anderdag more
was die kat weer daar
Die feit dat WSS Saterdag weer nie speel nie, beteken seker hy is vir ons verlore.
Dankie vir Vic, Spies (tot en met 2010), Akona, Flip, Hougies en Deon, almal ysters op hul tyd.
Het baie meer van JDP verwag, maar dalk kom hy 'n beter speler terug.
Die eerste beste nuus is om te hoor Ludeke gaan nie CB afrig nie. Was opgewonde dat Nollis dalk moet oorneem, maar na wat ek gesien het in die VC semi wedstryd teen 'n baie swak WP span, is ek glad nie baie opgewonde oor so 'n plan nie. Ons het werklik nuwe bloed nodig, enige nuwe bloed van buite die afgelope 5 jaar se gesukkel. Kan ons nie maar vir Nico Serfontein verskoning vra en teruglok nie ?
Sal graag die volgende jongspan in die CB wil sien, as die volgende spelers by die Bokke gaan wees: Trevor, Strauss, Vic, Pollard, Jan, Hougaard en dalk Kriel
15) Galant
14) Ismael
13) WSS (o/k)
12) Burger
11) Basson
10) Tian
9) Paige
8) Hanro
7) Arno (k)
6) Lappies
5) Snyman
4) Jenkins
3) Marcel
2) Jan vd Merwe
1) Schoeman
Rserwes -
enige stut
Jaco Visagie
enige stut
Janse
Roelof
van Zyl
de Beer
RT Jackson
Al die spelers wat oorsee gaan, kan solank gaan, sodat ons kan bou vir volgende jaar vir superrugby.
Sal graag die volgende bestuur en afrigtingspan wil sien vir volgende jaar:
Hoofafrigter: Dawie Theron
Voorspelers: Vic
Agterspelers: FDP
CEO: Heunis of Naas
Ek het gemengde gevoelens oor HM, sal seker 'n goeie Direkteur van rugby wees, maar na hy ons 4 jaar gelede potblou in die eiers geskop het, weet ek nie meer van sy lojaleit nie.
Sal nie verbaas wees as hy en die res van die bokafrigters netso oorloop na die kaap se span nie.
Bly altyd 'n bul, maar word Ludeke behou, sien ek nog swaarder jare wat voorlê, dan is ons oppad na tussen 12 en 15 op die log.
Hy was laas by die Lions, is hy nog daar?
Ok, sover is dit ek Bloubefoeterd en Paarlbul. Praat jy van daai “cowboy” klere Paarlbul..
Alwyna my sentiment presies. Vir sommige spelers is Bokkontrakte “money from home” dit terwyl hulle hul sakke volprop met volksvreemde note. Vir my was dit nog altyd Bulle eerste dan Springbokke, so tensy enige een my kan oortuig dat dit die Bulle gaan benadeel dan het jy my stem. In alle billikheid is dit ook so dat niemand nog voor die keuse gestel is nie so ons kan slegs spekuleer wie dan in die ry sou staan as die volkslied gesing word.
Soos jy sê Johannes.
Skippie ek dink jy verstaan verkeerd. Dit is elke speler se goeie reg om besluite te maak wat die beste vir sy toekoms sal wees. Dit is nie die bedoeling om ‘n speler van sy keuse te ontneem nie..
Dankie Elize, ek kry sommer hoendervleis. Ek gaan hulle ook mis, hulle het darem nie die hele tyd soos clowns gespeel nie..
‘n Paar vergete songs vir die laatnag.. Hoop maar daar is ‘n blogger of twee wat party sal onthou.