Vodacom Blue Bulls Fitness Report – presented by Medihelp

Vodacom Blue Bulls Fitness Report – presented by Medihelp

articles.comments (24)

Vodacom Blue Bulls Fitness Report – presented by Medihelp

Vodacom Blue Bulls flanker Lappies Labuschagne will miss the first warm-up match of his team's Absa Currie Cup campaign against the EP Kings on July 17, team doctor Org Strauss announced on Tuesday.
Labuschagne suffered a vocal cord injury against the Rebels in the Vodacom Super Rugby competition and will only return to the playing field on 20 July.
A number of regulars will also return to the training field next week when newly appointed coach Nollis Marais takes to the field for the first time with his new troops.
Jan Serfontein (knee) will report on 22 June and all of Janus Kirsten (hamstring), Deon Stegmann (ribs), Dean Greyling (hamstring) and Jade Stighlingh (hamstring) a week later on 29 June.
A number of longer term injury players are nearing a date to return to the field as well. Irne Herbst and Piet van Xyl (knee) has been ruled out for the season, but Pierre Schoeman (knee, 31 July), Bandise Maku (pectoral, 31 July), and Ruan Steenkamp (knee, 31 July) is in the final six weeks of rehab.
Ryan Nell (knee) and Duncan Matthews (knee) will return on August 31st.

Pin It

Jun 16, 2015

(24) Vodacom Blue Bulls Fitness Report – presented by Medihelp

  1. gravatar Oom Koos says:
    Ek het so vinnige op die WP/Stormers se website gaan kuier. Nou kan ek verstaan hoekom die WP torre hier rondhang en n klomp snert kwytraak want op hulle website gaan daar nie veel aan nie.

    Ek het nie die klein Bokkies se wedstryd gesien nie maar dit is teleurstellend dat ons weer teen Engeland verloor het want Engeland het my glad nie beindruk in hul vorige wedstryd nie. Ek hoor dat skop weer aan die orde van die dag was.

    Sal graag wil weet hoe Liebenberg en die 2 slotte gespeel het - afgesien van die 2 geelkaarte. Enige iemand wat kommentaar kan lewer? Ons 2 slotte het my nogal beindruk teen die Aussies.

    Vanoggend weer daaroor gedink dat ons skrum heel jaar swaar gekry het, maak nie saak teen wie ons gespeel het nie. Kan ons stutte dan so swak wees of het dit met tegniek te doen. Lyk my dit is iets wat Wessel Roux die ouens nie kon aanleer nie. Slotte het ook natuurlik baie te doen met die skrum tesame met die voorrye. Het ons slotte altyd hul volle gewig ingegooi? dan moet n skrum natuurlik ook as n eenheid skrum - al 8. Lyk my dit het maar selde gebeur. Hoekom ek so bekommerd is oor die skrums want dit is tog die begin van vele geleenthede. As jou skrums oorheers, is die stryd amper halfpad gewonne.

    Wat is die kans dat die Bulle vir Vincent Koch kan koop. Is hy nog by Pumas of is hy vas gekontrakteer by die Stormers? Frans Malherbe is natuurlik goed en so ook Kitshoff maar nie een van hulle sal Bulle toe kom nie. Ek dink Kitshoff gaan ook oorsee. Ek sien Heinke van der Merwe speel nog. Hy sou ook nie n slegte koop wees nie maar ons sal natuurlik nie met die Euro kan meeding nie

    Wonder of die verloor van die klein Bokkies dalk n invloed sal he op Unies wat vir Dawie Theron soek?
    Ek persoonlik dink dat die Bulle vir Van Graan junior gaan aanstel met VM en FDP sy adjudante.
    As ek nou so terugdink is ek nog steeds kwaad vir HM wat geloop het en omtrent die Bulle se hele afrigting span saam met hom gevat het.

    Ek dink ook die Bulle kan bele in n goeie kopdokter. Weet nie wat sy naam is nie maar die ou wat by die Stormers was. Hy is glo van Pretoria.

    Sal ook graag wil sien wie NM se hulp afrigters gaan wees en of hy toegelaat gaan word om sy eie keuses te maak. Kom ons hoop maar vir die beste.
  2. gravatar cenic says:
    Moegverloor: Persoonlik hoop ek jy is reg rakende Jessie/Bokke. Jy dink egter nie die balansering van "Getalle" en getalle gaan hom pootjie nie??Byv Luwazi Mvovo in die "GETALLE"kategerie en daarmee saam getalle/15/11?
    Onthou Kirchner speel ook en dan kan Lambie,, wat indien fiks op 10/15 kwalifiseer wat getalle balanseer.! Dan praat HM weer met Frans Steyn ook, wat probleem kan skep vir ons ander gunsteling nl Jan Serfontein.Jean. De Allende en dan "GETALLE" spelers Mapoe/ Pietersen. Let wel ek se nie laasgenoemde maak dit nie op meriete nie/ beide is 11/13
    gevalle en ja die Frans Steyn geval
    Paige?? Ek glo nie 'GETALLE" of getalle gaan hom help nie. Fourie en Pienaar met Hougie as derde no.9 en getalle vleueL.
    Met slegs 31 plekke op die vliegtuig wat 3 no.9's 3 no 2's en 5 voorrye insluit is veelsydige spelers baie belangrik en handig, maar met "Getalle " voorskrifte, suig goeie en voortreflike spelers aan die agterste speen. Die feit dat Jessie ook 11/13 kan speel, glo ek egter gaan nie genoeg wees nie.
    Nietemin hoop ek jy is reg.
    Laastens: Gisteraan se verloor van die Bokkies, het heelwat vrae laat ontstaan nl Afriting/spelpatroon/motivering/speler ingesteldheidspan keuse voor die toernooi en gedurende toernooi en laastens speler talent.
    Die agterlyn veral het geen spelbrekers gehad nie lees Pollard/Jessie/Seanatla.
    Ons kon doen met 'n Jurie Linde, beste 0/20 no.13 in die land en Duhan vd Merwe. Human het meer talent as die taamlik een dimensionele Thompson wat weliswaar hard probeer het. Duhan en Human vermoed ek is beseer, maar nie Jurie nie.Viljoen is 'n 15/11 en Jackson, alhoewel uiters talentvol, was ietwat verlore op 13 en dalk 'n jaar te vroeg. LINDE is 'n KLASSIEKE no 13.
  3. gravatar Blue Bull says:
    Apart from the Lions, All our unions are playing the same type if rugby accept for a few shifts in emphasis. The Northern hemisphere rugby I have seen plays the same.

    The Stormers and Bulls and Sharks play exactly the same kicking and territorial game. The big difference is the Stormers are superior in the breakdown and scrum game. This season the Stormers have elapsed in the latter. The Bulls have the best line outs and driving mall.

    The biggest margin of difference is the Stormers' defense and ball handling skills have been much better than their counter parts from Durban and Pretoria. In fact, the Bulls handling from junior level upwards is shocking. This is something that Ludeke and co. Could.not rectify in.the youngsters. I don't know why.

    SA teams basic philosophy is territorial advantage will determine the outcome. Even ar school level can you see the shift in emphasis towards a kicking game.

    Jake White coached the Brumbies that way and Heyneke coaches the Bokke that way.



  4. gravatar RICHARD says:
    Oom Koos ek is net bang as van Graan daar beland dan raak dit n famiel besigheid en dit gaan n groot tamalekie wees!!!ek dink Foure en Jones ook n goeie een!hoop daar is genoeg goeie jong talend by ons om van gebruik te maak?en laastens Adriaan straus moet kaptein skap oor vat!!!
  5. gravatar RICHARD says:
    Oom Koos ek is net bang as van Graan daar beland dan raak dit n famiel besigheid en dit gaan n groot tamalekie wees!!!ek dink Foure en Jones ook n goeie een!hoop daar is genoeg goeie jong talend by ons om van gebruik te maak?en laastens Adriaan straus moet kaptein skap oor vat!!!
  6. gravatar z bul says:
    15-Bjorn basson
    14-Travis ismael
    13-William small-smith
    12-Burger odendal
    11-Jamba ulengo
    10-tian schoeman
    09-Rudy paige
    08-hanro liebenberg
    07-lappies labuschagne
    06-roelof smith
    05-flip vd merwe
    04-jaques du plessis
    03-marcel vd merwe
    02-callie visagie
    01-Morne mellet

    16-Jaco visagie
    17-Dayan vd westhyzen
    18-Jaques engelbrecht
    19-Deon stegman
    20-piet van zyl
    21-Kobus marais
    22-Warrick gelant
  7. gravatar Moegverloor says:
    Z but dit is n baie goei span.............

    Die span moet sou wragtig die Bulle vorentoe man vat......... maar one verloor so baie van hulle volgende jaar.

    Maar die vet weet hier is n kook water span. Wie is kaptein?
  8. RICHARD, ek stem nie met jou saam oor Adrian Strauss nie. Hy is waarskynlik een van die swakste kopies wat die Bulle in jare gemaak het. Hy speel nie met passie nie, in elk geval nie'in 'n blou trui nie. Visagie skrum beter en doen meer in die los, maar hy kan ook nie 'n bal in 'n lynstaan ingooi nie.

    Vir die S15+ sal ek na Pollard kyk as kaptein. Vir die Curriebeker waarskynlik Arno Botha, maar hy sal ook sy sokkies moet optrek. Moenie verbaas wees as hulle vir Flippie die Curriebeker kaptein maak nie. Hanro Liebenberg kan ook 'n opsie wees as kaptein, maar hy het my nie werklik beindruk met sy spel vir die Bokkies nie.
  9. gravatar Paarlbul says:
    Die Junior bokkies se verloor teen England het vir Dawie Theron met sy broek op enkel gevang. Strategies het hy dit heeltemal mis - soos vorige 2 jaar ook wil hy in finaal terug val op konserwatiewe skop als weg en hoop op foute gameplan en toe sy skrum onderdruk kom toe val sy gameplan heeltemal in duie. Ek moet egter noem die 20 minute met 7 voorspelers het ook seker die ouens getap en dan was hulle duidelik op hulle senuwees (lynstane swak).
    Die agterspelers was maar so-so met slegs omtrent Gelant as 'n gamebraker. Noudat iemand dit hier noem wat het van Jurie Linde geword, 'n uitstekende nr 13 en Duhan? (ons hoor mos als op hierdie website!)
    Die slotte het goed gedoen - Jason Jenkins het potensiaal as 'n enforcer slot met baie bal skills. Hy en Nicolaas van Rensburg behoort 'n great slot kombinasie te word. Nicolaas het baie goeie lynstaan vaardighede soos Victor.
    Warick Gelant is 'n baie goeie speler en behoort die heelagter te wees in Curriebeker.
  10. gravatar nitronic says:
    Manne dink julle Ismaiel is die regte speler om Hougie en Akona te vervang? Ek weet nie, hy nog glad beindruk in my opininie nie.
  11. gravatar Kobra Katvis says:
    More se manne van die mooie Kraaifontein af.
    Katvis het so n bietjie weer julle kant toe gestuur.
    Wie gaan vir FL vervang?
    Gaan Barend agter sy kind kyk en hom n joppie gee?
    Sterkte vir die dag manne en julle moet fluks werk,ek is gelukkig al 5 jaar terug op die goue ouderdom van 30 geretire.
    Werk maak n mens net oud.
    Se hallo vir my bra BlouAap as hy hieso inloer.
  12. More manne, ek sien Jimmy Stonehouse het ook nou sy naam in die hoed gegooi vir 'n afrigtings pos. Ek voel sterk daar oor dat hy die man is om die Bulle vorentoe te vat. Sal graag julle kommentaar wil hoor...
  13. gravatar Gummy says:
    Hallo manne, wat van Robert du Preez en James Small?
  14. gravatar nitronic says:
    Gerrit ek stem saam. IMO eerste keuse behoort Mitchell te wees maar die kanse is min. Dan vat ek Jimmy. Dawie Theron se gameplan is maar ook amper soos Ludeke sin.
  15. Gummy, in my beskeie opinie dink ek nie Robert of James het al iets bereik nie.... Van my Skool dae af wat ek onder Jimmy gespeel het regdeer sy loopbaan het hy 'n wen kultuur gevorm. Kyk wat het hy met die Pumas gedoen. Na my mening is hy die regte man om ons weer in 'n wenspan te omskep....
  16. Gerrit was jy op Waterkloof of HTS Middelburg?

    Is dit verseker dat Jimmy belangstel want ek sal daai ene ondersteun. Hy het nou genoeg ondervinding om op 'n hoër vlak af te rig en ek hou van die no-nonsense manier waarop spanne wat deur hom afgerig word speel. Ek is ook seker 'n paar manne mag hom dalk Pretoria toe volg. Lees Vincent Koch.....

    Robert du Preez wil ek nie hier hê nie en ek dink Dawie Theron se reputasie het nou 'n duik so groot soos die vredefortkoepelkrater.

    Ek hou baie van die Jones FdP. Matfield slegs vir lynstane-wat hy van aanval weet is gevaarlik- te oordeel aan die laaste jaar of twee..

    Ons kort iemand wat die vories kan uitsorteer en daar is klein van Graan vir my regtig goed. Probleem is dat hy nie bokke sal los as dit nie die hoofafrigter pos nie.
  17. gravatar Gerrit says:
    Hi Bloubefoeterd, dit was in Waterkloof. Een ding van Jimmy is dat hy eerstens glo sy spelers moet top fiks wees. Tweedens het hy die vermoe om in elke speler die trots vir jou trei en jou span te ontwikkel. Derdens, by hom is daar nie voorkeer nie. Hy sal jou miskien vir een wedstryd oorsien vir 'n onnodige fout, as jy dit weer gedoen het in 'n volgende wedstryd is jy gedrop. Om dan weer in die span te gekom het moes jy rerig jou gat af geoefen het om weer in aanmerking te gekom het. Om onder sy afrigting te kon speel was 'n hengse voorreg. Enige laaitie wat onder hom al gespeel het sal vir jou dieselfde vertel. Hy het die beste uit ons gehaal....
  18. Gerrit ja dis ook hoe ek hom opgesom het. Is dit egter verseker dat hy belangstel. Want dan moet die BBRU hom ernstig oorweeg. Indien nie is hulle regtig dof
  19. gravatar Honibal says:
    Ek is al moeg gekerm en gekla. Niemand wat iets kan doen nie, of luister in elke geval na my nie.

    Hier is my 5c oor die afrigters kwessie....

    1. Ek dink nie noodwendig goeie oud spelers maak goeie afrigters nie.
    2. Ek dink dit sal goed wees om iemand vanuit eie geledere te kry om die afrigter te wees.
    3. Die afrigter moet sy tande reeds op verskeie vlakke geslyp het om te kwalifiseer.
    4. Die afrigter moet nie 'n boetie-vir-bandjies ou wees nie.
    5. Ek is nie baie lief vir Tuks nie, dus sal ek verkies dat hy nie deel uitmaak van Tuks rugby tans nie.

    Dit in ag geneem, dink ek is daar heel waarskynlik net 2 of 3 afrigters wat vir my uitstaan.

    Jimmy Stionehouse sal my eerste keuse wees met Chaka Willemse en Robert du Preez kort op sy hakke. Dan is daar nog Johan Kluyts, Naas Rossouw en Piet Allan wat ek ook sal oorweeg.
  20. gravatar Bloukaap says:
    Die Bulondersteueners is al so gefrustreerd met die manier waatop ons speel en verloor dat ons na enige oplossing sal.gryp vir hoofcoach.

    Persoonlik voel ek afrigters leer baie deur eers deur junior tot senior tot top senior vlak te groei. Gert Smal het by die Grens begin, toe WP, toe Bokke assistent, toe Ierland assisitent en nou Direkteur. Heyneke Meyer se paaie het van koshuisrugby tot tweede liga provinsiaal en uiteindelik tot Bul en Bok afrigter gegroei. Let wel, gegroei. Dit was lang proses vir hom.

    Ek is tgv oud spelers se insette, maar daar is groot verskil tussen junior. Senior en internasionale vlakke van rugby. Victor is nog nie gereed nie. As assistent ja. Die Bulle se lynstaan werk onder sy coaching bly steeds formidabel. Maar selfs Johan Ackerman moes ook eers 2 jaar onder Mitchell leer. Jy sal baie sterk persoonlikheid moet hê om saam.met groot name as assistente af te rig.

    So georaat van assistente - die Bulls sit eintlik sonder agterlyn coach en sal baie mooi moet besin hieroor. Op hierdie stadium is daar David Manuel wat saam.met Nollis beweeg het.

    Huidiglik in SA het ons oor die algemeen 'n tekort aan baie goeie afrigters vir Superrugby. Of die Bulle die geld gaan hê om iemand van oorsee af hier te kry - vra maar die WP wat gaan Plumtree hul kos, then go for it. Maar dis natuurlik die vraag - het ons die geld?

    Ek hoor baie positiewe geluide hier op die blog oor van ons klub afrigters. Dalk is dit tyd dat hierdie ouens nou promote word in ons junior strukture.

    Ek sou nie te veel skrik oor Dawie Theron se Bokkies wat verloor het nie. Ek sou eerder kyk na Theron se vermoë om die klomp jonges in eenheid saam te snoer. Tot en met die semi was die span goed op dreef. Baie min spanne gaan in elk geval sommer wen as jy by die afbreekpunte , lynstane en skrums, pakslae kry. Dawie het nou vir drie jaar sy span.na 2 finale .en 1 semi finale toe geneem. Hy was een.keer aan.die wen en 1 keer aan verloorkant.
    Sy Griekwaspanne was altyd baie kompeterend.

    Jimmy Stonehouse is gereed vir die volgende stap na Superrugby toe. Of dit die Bulle gaan wees weet ek nie, maar dit lyk of Jimmy wel 'n span.nuwe energie gee. Vincent Koch, JC Roos, Stefan Watermeyer, en Faf de Klerck se loopbane het almal weer nuwe lewe gekry onder hom. Hy is daarby charismatiese persoonlikheid ook wat spelers beslis kan vat na volgende vlak toe. Die Pumas was immers sterwend tot Jimmy weer struktuur daar kom gee het. Tand het sy span hul liga se semi finale gehaal en verloor. So Jimmy veg tussen die groter honde, hoewel hy nie die grootste is nie.

    Watter plaaslike naam ook al op die tafel gaan wees in Suid Afrika, die feit is dat verreweg die meeste coaches geen superrugby ervaring sal hê nie.

    Wat ons wel nou agterkom met die brein drain van spelers oorsee, is dat ons ook nou gaping beleef onder afrigters.

    So of ons is nou in fase waar nuwe coaches op korttermyn deur top coaches oogelei gaan word om oor te neem, of ons is in fase waar franchises gaan vasbyt en hul eie mense gaan deurbring.

    Die BBM is 'n top franchise so wanneer ons aanstel, sal ons moet gaan vir die top.


  21. gravatar Passdiebal says:
    Die probleem natuurlik is dat daar 3 Super 15 Afrigter jobs oop is.
    Stormers - Sharks en Blou Bulle.
    So daar gaan ernstig gewedywer word na goeie afrigters soos Jimmy - met groot geld.
    Hoop Xander word ver van die proses afgehou.
    Sy Morne "ek kan drie los skakels koop vir wat jy wil he" Steyn het Saterdag die Franse Top 14 vir sy klub gewen met Jono Ross.
    En met , in my opinie een van die die beste voorrye in die wereld op die oomblik, Hanke vd Merwe.
    Daai outjie het week na week Stade Francais se skrum ge anker en die spanne teen hulle het baie swaar gekry.
    Dis n voorry na wie HM moet kyk
  22. gravatar Blue Bull says:
    Interesting view from former rugby players in Matfield as a coach:

    http://m.sarugbymag.co.za/?postslug=blog/details/appointing-matfield-too-risky-2015#appointing-matfield-too-risky-2015

    In my opinion: Get the super best to develop all the Bulls coaches within two years as well as bringing a culture shift.

  23. gravatar Matador says:
    ek wil nie persoonlik raak of te veel redes gee, maar Dawie Theron is nie die antwoord. dit was deel van die Bokkies se probleem hierdie jaar.

    Liebenberg het nie uitgestaan en het 'n redelike stil toernooi gehad met bal in hand - deel daarvan is hoe Dawie hom aangewend het en sy struktuur wat hy speel. Maar sy stats was steeds elke wedstryd beste in span. Verder was dit duidelik dat hy gemerk is deur spelers en skeidsregters. Sy geelkaarte was belaglik en onregverdig. ek is positief dat hy sy bydrae kan lewer op senior vlak en Spies se skoene kan vul. Vraag is of hy al sy kontrak hernu het want dit verval hierdie jaar en daar was sprake van verskeie opsies op sy tafel.

    Die fonds van die reeks was in my oe Jason Jenkins. As die Bulle hom nie dadelik 'n goeie kontrak aanbied en vasmaak, is hul dom. Dit is die volgende Bakkies Botha.

    Daarteenoor was Galant was 'n teleurstelling. Hy was dalk sekuur onder die bal, maar het nooit iets daarmee uitgerig.

    my vermoede is die bulle speel vir tyd om bevestiging te kry of Heyneke beskikbaar gaan wees. Beter so, want my opinie is dat Matfield 'n groot fout sal wees. Niks sal verander van hierdie jaar want hy het elk geval reeds sy stempel afgedruk en Ludeke beinvloed.

    Tyd vir nuwe bloed van oorsee - no hidden agendas, no personal favourites, new way of thinking, no nonsens approach.

  24. gravatar Victoriabok says:
    > Matador
    > maar Dawie Theron is nie die antwoord. dit was deel van die Bokkies se probleem hierdie jaar

    Ek stem saam, ons moet of 'n erkende afrigter soos Heyneke, Rassie of Mitchell aanstel of ons moet 'n jong dinamiese afrigter soos Jimmy of Nico Serfointein kansgee

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *