Labuschagne leads Super-experienced Vodacom Blue Bulls team against Canon Eagles
Vodacom Blue Bulls coach Nollis Marais named flanker Lappies Labuschagne as captain of the Vodacom Blue Bulls team to face Japanese outfit Canon Eagles, in Machida, Tokyo on Friday.
The starting team is packed with players who have played in the Vodacom Super Rugby tournament this year, with only former Springbok Sevens speedsters, Warrick Gelant (fullback), Jamba Ulengo(wing) and former Junior Springbok Dries Swanepoel, who have not played at that level before.
Marais included Springboks Deon Stegmann, Werner Kruger, Arno Botha, Francois Hougaard and Dean Greyling, with Bandise Maku playing off the bench.
"This is a great opportunity for us to get into the thick of things in an unfamiliar environment. We have been treated wonderfully well and I want to thank our hosts, but come Friday, we will not be treated with gloves anymore. We are expecting a tough encounter from a teampacked with quality players. This is a final test to our preparations and we need to make the most of it," Marais said.
The team is: Warrick Gelant, TravisIsmaiel, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Louis Fouché, Francois Hougaard, Arno Botha, Lappies Labuschagne (c), Deon Stegmann, Marvin Orie, Jacques du Plessis, Werner Kruger, Jaco Visagie, Dean Greyling. Replacements (from): Bandise Maku, Andrew Beerwinkel, RG Snyman, Roelof Smit, Ivan van Zyl, Tian Schoeman, Willam Small-Smith, Nqoba Mxoli, Hanro Liebenberg, Dan Kriel, Jannes Kirsten, Kefentse Mahlo.
Labuschagne lei Vodacom Blou Bulle span vol Super-ervaring teen Canon Eagles
Die Vodacom Blou Bulle-afrigter, Nollis Marais, het flank Lappies Labuschagne aangewys as die kaptein van die span wat Vrydag in Machida, Tokio teen die Canon Eagles op die veld sal draf. Die beginspan is gepak met spelers wat Vodacom Super Rugby-ervaring het, met slegs Warrick Gelant (heelagter), Jamba Ulengo (vleuel) en Dries Swanepoel (senter) wat nog nie op daardie vlak uitgedraf het nie.
Marais het die Springbokke Deon Stegmann, Werner Kruger, Arno Botha, Francois Hougaard en Dean Greyling in die beginspan en Bandise Maku op die bank gekies.
"Hierdie is 'n uitstekende én laaste geleentheid vir ons om onder vreemde omstandighede en omgewing onder druk geplaas te word. Ons is fantasties behandel en ek bedank graag ons gashere daarvoor, maar Vrydag op die veld gaan dit 'n ander storie wees. Ons verwag 'n taai wedstryd teen 'n teenstander met klomp ervare en bewese rugbyspelers. Dit is die finale toets in ons voorbereidingsfase en ons moet die meeste maak daarvan," het Marais gesê.
Die span is: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Louis Fouché, Francois Hougaard, Arno Botha, Lappies Labuschagne (k), Deon Stegmann, Marvin Orie, Jacques du Plessis, Werner Kruger, Jaco Visagie, Dean Greyling. Plaasvervangers (uit): Bandise Maku, Andrew Beerwinkel, RG Snyman, Roelof Smit, Ivan van Zyl, Tian Schoeman, Willam Small-Smith, Nqoba Mxoli, Hanro Liebenberg, Dan Kriel, Jannes Kirsten, Kefentse Mahlo

Louis Fouché???
Dean Greyling/Werner Kruger???
Wonder wat het van Juan Schoeman geword veral nou met Morne Mallet se hoeveelste besering. Het oor die naweek gekyk na 2012 o/21 wedstryde teen WP en sharks. Juan het vir Kebble laat le opsê.
Sover ek weet het Juan Schoeman in 2015 vir UP-Tuks in die Varsity Cup gespeel.
Of hy egter nog deel is van die groep, weet ek nie.
Juan Schoeman is at the sharks........
As Nolis vanjaar goed doen in CC moet hy pos aangebied word of andersins Heyneke as hy nie by Bokke gaan aanbly nie.
Rumour has it that he has not got Dries Swanepoel's signature for next year - and has to soek serious witvoetjie with him to get him to sign.......
Hougie will leave for Japan the moment he has not been included in the BOK WC squad - this Canon Eagles is the club he will play for.
What Jan will do if he is not selected for WC is also a mystery - I guess he has a Japan clause as well in his contract.And the chances for his selection is looking less likely by the day.
Sterkte aan die span.
Net 'n klein vragie, is dit 'n goeie ding om net 'n week voor die reeks begin, nog gaan staan en toer in die buiteland ?
Hoekom "fire" die Bulle nie maar ook die assistente nie en laat die nuwe coach sy eie personeel kies. Erens moet hulle geld vandaan kry om die ouens uit te koop. Daar loop so baie Bulle dat hulle sommer daardie geld kan gebruik.
Ten minste het die Bulle vir die top ouens gegaan en soos iemand vroeer gese het dat dit nogal n verrasing is dat hulle na afrigters "buite" Bloubulland gekyk het.
Is dit nog die nadraai van FL se era????
Dan weet ek ook nie of xander die regte man vir die job is om spelers te kontrakteer nie. Hoop hulle kan vir Dries vasmaak as dit nog nie gedoen is nie.
Een goeie ding wat HM wel gedoen het is om Jessie op 13 te kies. Lyk my iets wat FL nooit kon raaksien nie.
Dink net daaraan. As Vissier nie seergekry het nie, wonder ek of Jessie ooit kans sou gekry het. A.g.v. Visser se besering het Jessie Springbok geword of vat ek dit nou te ver
Die probleem is dat dis nie net die Bulle wie 'n afrigter soek noe, die Sharks, Stormers en Kings soek ook en almal jaag na Mitchell en Mallett plus 'n paar oorsese afrigters, wie nie belangstel nie, nie eens Johann van Graan stel blykbaar belang nie, hy het seker sy oog op die Bok pos uiteindelik.
Ongelukkig is SA nie vol kwaliteit afrigters met ondervinding nie, die spanne sal maar Super Rugby rofies moet aanstel en saam met hulle deur 'n leerproses gaan, soos die Leeus moes doen en nou die Cheetahs met Franco Smith
Dit is jammer dat Van Graan jr nie belangstel nie. Ek dink hy is nie te sleg nie.
Wonder of Fourie Du Preez dalk as agterlyn afrigter oorweeg word. Ek dink hy het baie kennis van die spel en het onder verskeie afrigters gespeel en dat hy sy kennis goed kan gebruik. Hy is ook n Bul in murg en been.
Sterkte Bulle.
Nolis ken al die jong spelers wat nou in die senior span gaan speel.
kort ons nog steeds n afrigter
En dit gaan nou net oor wat
ons bereid is om te doen
vir n goeie afrigter
ons kort dalk n bietjie
all black mentalliteit
Om te will wen by hook or by crook
LOL
Ek weet nie wat die bepalings was nie maar SA rugby moes gehoes het vir HM aan die Bulls. Die fout het ingesluip toe die Bulls toegelaat het dat die assistent afrigters ook saamgegaan het - Ons voorspeler afrigter en tegniese raadgewer, ons verdedigingsafrigter, ons aanvalsafrigter asook ons High Performance Manager. Dit was so goed soos selfmoord.
Die nuus oor Juan Schoeman is nie meer nuus nie - hoe gouer broer Recruiter die deur gewys word hoe beter vir Bulls rugby.
As ek moet kies tussen R500 000.00 en 'n springbok baadjie of 'n kontrak vir R 750 000.00+, gaan die springbok baadjie sleg 2de kom.
Die tyd het verander en vir ondersteuners is provinsiale rugby of bok rugby alles. Vir die spelers, afrigters en kie gaan dit oor geld en geleenthede.
Dit gaan maar so ook in die privaat sektor ook. As ek 'n bank amptenaar was en 'n x bedrag verdien het en 'n ander bank bied my dieselfde joppie aan teen baie meer as my x bedrag by die ander bank, sal ek vir seker 'n skuif oorweeg.
Rugby is lankal nie meer 'n amateur sport nie.
As geld alles is,
en spelers nie meer lojaal is nie,
en afrigters ook nie,
hoekom moet ondersteuners dit nog wees ?
Moet ons nie maar elke jaar die spanne kies wat die beste speel en hul dan ondersteun nie ?
Wonder of die lee pawiljoene dan gaan begin praat ?
Canon Eagles 3
Bulls 14
Vodacom Blue Bulls Point scorers:
Tries: Deon Stegmann, Dean Greyling
Conv: Louis Fouche: 2
Canon Eagles 3 v Vodacom Blue Bulls 14
Canon Eagles 3 v Vodacom Blue Bulls 21
Canon Eagles 3 v Vodacom Blue Bulls 31
Canon Eagles 3 v Vodacom Blue Bulls 38
Canon Eagles 3 v Vodacom Blue Bulls 43
Canon Eagles 3 v Vodacom Blue Bulls 50
Tries: Deon Stegmann, Dean Greyling, Lappies Labuschagne, Burger Odendaal (2), Hanro Liebenberg, RG Snyman, Daniel Kriel
Conv: Louis Fouche: 2. Tian Schoeman: 3