Youthful look to Vodacom Blue Bulls for Currie Cup opener

Youthful look to Vodacom Blue Bulls for Currie Cup opener

articles.comments (16)

Youthful look to Vodacom Blue Bulls for Currie Cup opener
Vodacom Blue Bulls coach Nollis Marais opted for a youthful squad for his Absa Currie Cup coaching debut on Saturday, when the Vodacom Blue Bulls take on Toyota Free State Cheetahs in Bloemfontein.
He also named former Free State flanker, Lappies Labuschagne, as captain for the season opener. It will be the flanker’s first match with the Barberton daisy on the chest, although he has played for the hosts 44 times before he moved to Pretoria.
The squad is packed with players who represented the Junior Springboks in recent years, while some seasoned Springboks add the needed degree of experience.
Making Absa Currie Cup debuts in the backline for the Vodacom Blue Bulls are Warrick Gelant and Travis Ismaiel, with Hanro Liebenberg, Marvin Orie and Jaco Visagie also running out as Vodacom Blue Bulls Currie Cup players for the first time on Saturday. Amongst the replacements, Nqoba Mxoli, RG Snyman, Ivan van Zyl and Dries Swanepoel will all make a first Currie Cup appearance, should they be called upon.
Prop Werner Kruger will play in his 98th match in the competition.
“We have a good blend of youth and experience and I hope we can find the right mix in our playing style to add to that,” Marais said.
“I am positive that we can mix it up in our approach, and with a changed mindset we will carry the ball a bit more and use it in a positive way, but you don’t change things overnight, so I am comfortable in the knowledge that we have a good back-up plan too.”
The coach will be in charge in the Absa Currie Cup for the first time, as will his counterpart, Franco Smith.
“We will both be nervous, no doubt, but it will be a positive nervous as we are keen to get this on the road. I am not too worried about the critics, it is those who support us that I am very keen not to disappoint.”
Labuschagne warned of the challenge that the Cheetahs will pose.
“Playing the Blue Bulls is always a massive game for the home side and this time will be no different. We will have to weather the storm and make sure we focus on those things we believe will make us successful. The group believe in each other, but the only way to prove that is out there on the field.”
The Vodacom Blue Bulls team is: Warrick Gelant**, Travis Ismaiel*, William Small-Smith**, Burger Odendaal, Jamba Ulengo*, Tian Schoeman, Francois Hougaard***, Hanro Liebenberg*, Lappies Labuschagne (c), Deon Stegmann***, Marvin Orie*, Jacques du Plessis*, Werner Kruger***, Jaco Visagie*, Dean Greyling***. Replacements: Bandise Maku***, Nqoba Mxoli*, RG Snyman*, Roelof Smit*, Ivan van Zyl*, Louis Fouche, Dries Swanepoel*.
Denotes ***Springboks **Springbok Sevens *Junior Springboks


Jeugdige voorkoms vir Vodacom Blou Bulle se afskopstryd om Curriebeker.

Die Vodacom Blou Bulle het 'n span met 'n jeugdige voorkoms gekies vir Saterdag se openingswedstryd van die Absa Curriebekerseisoen.
Die span se afrigter, Nollis Marais, het Lappies Labuschagne as kaptein aangewys vir hul wedstryd teen die Toyota Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein.
Die kantman het voorheen 44 keer vir die Cheetahs in die kompetisie gespeel, maar draf Saterdag vir die eerste keer met die rooi madeliefie op die bors uit.
Die wedstrydgroep is propvol spelers wat in die onlangse verlede nog vir die Junior Springbokke uitgedraf het, maar 'n paar Springbokke verskaf ook broodnodige ervaring.
In die beginspan se agterlyn sal Warrick Gelant en Travis Ismaiel hul eerste verskyning in die land se oudste provinsiale kompetisie maak, terwyl Hanro Liebenberg, Marvin Orie en Jaco Visagie ook hul Blou Bulle-debuut in die toernooi maak.
Onder die plaasvervangers is Nqoba Mxoli, RG Snyman, Ivan van Zyl en Dries Swanepoel almal Curriebeker groentjies.
Daarenteen sal Werner Kruger in sy 98ste wedstryd op die vlak uitdraf.
“Ons het 'n goeie mengsel van jeug en ervaring en ek hoop ons kan daardie mengsel ook in die manier van speel vind," het Marais gesê.
"Ek het vertroue in ons vermoë om te kan aanpas wat ons speelstyl aanbetref. Hoewel ons 'n kopskuif moes maak oor hoe ons die bal gaan gebruik, is daar steeds genoeg ervaring om aanpassings te maak, sou omstandighede dit vereis."
Die afrigter, sal soos sy eweknie Franco Smith, sy debuut as afrigter op die vlak maak.
"Ons sal seker albei bietjie op ons senuwees wees, maar dit is 'n positiewe senuweeagtigheid, want ek is gretig om aan die gang te kom. Ek is nie te veel gepla oor kritiek nie, dit is vir my veel belangriker om seker te maak ons stel nie diegene teleur wat ons ondersteun nie."
Labuschagne ken die Cheetahs se ingesteldheid baie goed.
"Om goed te doen teen die Blou Bulle is altyd 'n baie belangrike doelwit vir enige Cheetahs span en hierdie wedstryd sal beslis nie anders wees nie. Ons sal daardie aanslag moet verwerk en seker maak ons fokus op die aspekte van die spel wat ons glo ons suksesvol sal maak. Die groep glo in mekaar, maar die enige manier om dit te bewys sal op die veld wees."
Die Vodacom Blou Bulle span is: Warrick Gelant**, Travis Ismaiel*, William Small-Smith**, Burger Odendaal, Jamba Ulengo*, Tian Schoeman, Francois Hougaard***, Hanro Liebenberg*, Lappies Labuschagne (c), Deon Stegmann***, Marvin Orie*, Jacques du Plessis*, Werner Kruger***, Jaco Visagie*, Dean Greyling***. Replacements: Bandise Maku***, Nqoba Mxoli*, RG Snyman*, Roelof Smit*, Ivan van Zyl*, Louis Fouché, Dries Swanepoel*.
Dui aan ***Springbok **Springbok Sewes *Junior Springbok

Pin It

Aug 06, 2015

(16) Youthful look to Vodacom Blue Bulls for Currie Cup opener

  1. gravatar Bullebakkies says:
    Ek hou van die span!

    Sterkte Nolis en die manne!!
  2. gravatar Jo says:
    Hou van die span behalwe Dean Greyling stasn baie strafskoppe in die scrum af. Hoop hy kry weer sy Springbok vorm terug
  3. Hou van Nollie se aanmerking dat hy eerder die mense wat die span ondersteun nie wil teleurstel nie as wat hy hom steur aan die kritici.

    Ons is vol hoop maar die gaan 'n strawwe toets vir die boikies wees. Wonder nou or die wysheid van Japan toe travel 1 week voor die kompetisie begin maar nou ja hoe dit ookal sy : GO BULLLSSS!!!!!!
  4. gravatar Honibal says:
    Geniet die wedstryd Bulle.
  5. gravatar charl says:
    Ek like die span kwaai. Go bulle.
  6. gravatar Brett Bull says:
    Hou van die span, weet iemand wat het met Dan Kriel gebeur, is hy beseer? Groot toets sal natuurlik op die veld wees. Hoop ons sien `n nuwe "gameplan".

    In Bloem sal dit altyd `n moeilike game wees, GO Bulls.
  7. gravatar nitronic says:
    Sterkte Bulle, julle is in vir n tawwe toets.
  8. gravatar jong bulle says:
    Snaaks, as Ludeke vir Greyling en Kruger gekies het sou hulle hom kruisig.

    Sien uit na die senterpaar en die agterste driehoek het spoed. Lostrio kombinasie is ook opwindend.
  9. @JONGBULLE Jy is nie verkeerd nie. Egter was hul skrumwerk onder daai spesifieke afrigtingspan power.

    Ons is regverdige fans. As Gary Botha en Nollie hulle sover kan kry om goed as 'n eenheid sewe soorte stront uit die ander span uit te skrum dan moet ons moet vir almal 'n BELLS gooi nie waar nie. Bowendien is die BULLE maar stutarmoedig. Is dit nie waar nie? So daar is nie eintlik iemand anders om te kies nie!!!! Xander gaan daar sy pak moet vat want hy het nie gesorg vir genoeg diepte in die voorry nie. Hy het geweet- net soos ons almal- dat Nyakane Strauss en Marcell waarskynlik in die WB Groep gaan wees.

    Maar eers moet ons kyk wat gebeur in die skrums. En as ons skyt in die skrums Saterdag sal jy ons hoor. Glo my. Maar kom ons gee die nuwe coaches 'n regverdige kans. Want ons is regverdige fans
  10. gravatar Uys says:
    Die Bulle is in vir 'n kwaai stryd. Sou graag vir Warner op die bank wou sien. Hy het 'n groot verskil in die Vodacom span gemaak. Sterkte Bulle!!
  11. gravatar keelvol says:
    Sterkte...bewys my verkeerd.
  12. Go Bulle ...ons sal daar wees om te ondersteun
  13. gravatar Bloukaap says:
    Jammer dat die CC net 22 spelers in game vat.

    Baie bly Dries Swanepoel is in. Maar, ek.dink ons kon doen.met meer veelsydigheid. Mahlo kan skrumskakel, vleuel en.heelagter speel. Marais Schmidt is losskakel en heelagter.

    Anyway, ek dink Nollis is honger vir sukses en.hy verdien support. Ons hey vir die eerste jeer in baie jare 'n coach wat gretig is vir die Curriebeker,

    Go Bulls.
  14. gravatar Blue Bull says:
    Nollis has done the courageous thing and chose Lappies as his captain. Nollis has kept his word that players who want fame and think reputation will make them n automatic choice, has got it all wrong.

    Go Nollis, it is not going to be easy for this team, they are still very young in some positions, but it is time the Bulls believe in themselves again with the right team culture and patiently building a winning culture again. Saturday will not be a walk in the park in Bloem for the Bulls, and the old habits of bad ball handling might still be there. But I foresee a fighting Bulls side with a lot more pride.

    We want to see Nollis do well and the Bulls off course. Good luck Boys. Hammer them.
  15. gravatar nitronic says:
    Agree Bluebull. I think we shouldn't expect miracles the first season as long as it is evident that the "old habits" is busy to fade away I will be happy. Unfortunately Nollis has got his work cut out for him due to the damage caused by FL by playing "boetie boetie" players instead of form young players.

    We are now in a situation where these youngsters will be thrown into the deep end.

    Stamp hulle bulle
  16. gravatar passdiebal says:
    Ek dink vir die eerste keer in baie jare word dier beste span gekies wat beskikbaar is en Nollis hou by sy beloftes. Daar is n baie goeie spangees in die span en ek glo ons sal dit more sien.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *