Springboks Marcel and Jan back in the mix

Springboks Marcel and Jan back in the mix

articles.comments (11)

Springboks Marcel and Jan back in the mix
Vodacom Blue Bulls coach Nollis Marais named Springbok prop Marcel van der Merwe in his starting front-row and added Springbok midfielder Jan Serfontein to his bench for Friday's Absa Currie Cup match against Toyota Free State Cheetahs at Loftus Versfeld.

Marais also has Francois Hougaard back in the starting team after the scrumhalf missed last week's win over Griquas due to personal reasons. He replaces Ivan van Zyl who moves back to the bench.

Hougaard's return is the only change in the backline, but Marais made three changes in the pack. Van der Merwe comes in for Werner Kruger, who is rested and a fit-again Roelof Smit comes in for Jannes Kirsten at flank, with the latter moving to the bench.

n the other change, Dean Greyling will be replaced Pierre Schoeman. Greyling has a knee strain and with Schoeman fit and ready to go following a long injury lay-off, Marais decided to give Greyling a break.
Under-21 regular Schoeman will make his debut in the competition, but has played for the Blue Bulls in the Vodacom Cup.

Serfontein comes in for Dan Kriel, who will return to the Under-21 team.
"Jan will certainly add some class to our backline. He is in need of game time and there is no need to rush him back, so he will contribute off the bench,” Marais said.

Vodacom Blue Bulls captain, LappiesLabuschagne, is happy to have the Springboks back in the team.
"Both Marcel and Jan were very unlucky to miss out on a World Cup spot, so we are very pleased that they are back to play for us. They will be keen to show why they should have been in the squad and that motivation will spur us on. The Cheetahs are dangerous and have their tails up, so we will need to be sharp on Friday.”

The team is: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Francois Hougaard,Arno Botha, Roelof Smit, Lappies Labuschagne (c), Marvin Orie, Jacques du Plessis, Marcel van der Merwe, Bandise Maku, Pierre Schoeman. Replacements: Jaco Visagie, Dayan van der Westhuizen, RG Snyman, Jannes Kirsten, Ivan van Zyl, Louis Fouche, Jan Serfontein.
• The Blue Bulls Company (Pty) Ltd would like to confirm that Flip van der Merwe has been released to join French club Clermont.

Marcel en Jan terug in die tuig
Die Vodacom Blou Bulle-afrigter, Nollis Marais, het Springbokstut Marcel van der Merwe in sy beginspan en Springboksenter Jan Serfontein op die plaasvervangerbank ingesluit vir sy span wat Vrydag teen die Toyota Vrystaat Cheetahs in Absa se Curriebekerkompetisie op Loftus Versfeld speel.

Marais het nog 'n Springbok, Francois Hougaard, in sy beginspan gekies nadat die skrumskakel nie verlede week beskikbaar was om teen Griekwas te speel nie.
Hy speel in die plek van Ivan van Zyl, wat weer bank toe skuif, in die enigste verandering in die agterlyn.

Voorlangs is daar drie skuiwe.

Van der Merwe begin op vaskop in die plek van Werner Kruger, wat 'n ruskans kry, ‘n fikse Roelof Smit neem weer oor by Jannes Kirsten op flank en die beseerde Dean Greyling word deur Pierre Schoeman op loskop vervang.
Greyling se knie lol en met Schoeman weer fiks na 'n kniebesering, het Marais op die gewese Junior Springbok se nommer gedruk. Schoeman maak sy debuut op Curriebekervlak, maar het reeds vir die Blou Bulle se Vodacombekerspan gespeel.

Serfontein vervang Dan Kriel, wat terugkeer na die o.21's.
"Jan gaan beslis 'n nuwe dimensie agterlangs toevoeg. Hy kort bietjie wedstrydfiksheid en aangesien daar geen rede is om hom te vinnig terug te bring nie, sal hy genoeg speeltyd van die bank af kry," het Marais verduidelik.

Kaptein Lappies Labuschagne is baie bly om die terugkerendes in die span te sien.
"Beide Jan en Marcel kon netsowel in die groep gewees het wat Engeland toe gaan, so ons is baie bly dat hulle nou vir ons speel. Hulle sal gretig wees om te wys waarom hulle in die groep moet wees en ons moet daardie energie benut. Die Vrystaat is 'n baie gevaarlike span en hulle gaan stert in die lug wees na verlede naweek.”

Die span is: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Francois Hougaard, Arno Botha, Roelof Smit, Lappies Labuschagne (k), Marvin Orie, Jacques du Plessis, Marcel van der Merwe, Bandise Maku, Pierre Schoeman. Plaasvervangers: Jaco Visagie, Dayan van der Westhuizen, RG Snyman, Jannes Kirsten, Ivan van Zyl, Louis Fouche, Jan Serfontein.
•Die Blou Bulle Maatskappy (Edms) Bpk het bevestig dat Flip van der Merwe van sy kontrak vrygestel is om by Clermont aan te sluit.

Pin It

Sep 02, 2015

(11) Springboks Marcel and Jan back in the mix

  1. gravatar Tom says:
    Great team !!! Welcome back Pierre!

    well done Chuck Nollis!!!
  2. gravatar Bullebakkies says:
    Ons kan dalk volgende jaar vir Bakkies ook betrek as mentor vir ons jong slotte.
  3. gravatar Paarlbul says:
    Span lyk al hoe beter!
    As die tegniek reg is, kan hierdie skrum goed doen. Dean/Werner kan afwissel van die bank af verder in die kompetisie.
    Dayan is ongelukkig nie opgewasse nie.

    Great Jan is terug, hoop regtig hy kom nou tot sy reg en kan nou weer wys dat De Allende nie beter as hy is nie!



  4. Die wp kan maar vir Marnitz koop. Hy is veelsydig tov 10 of 15 maar te een dimensioneel. Is baie nuuskierig om te sien wat die nuwe voorry gaan doen Vrydagaand. Selfs ou Chuck Nollis is gatvol scrumming gecoach. (Met erkenning aan Tom)

  5. gravatar nitronic says:
    Well done Nollis. Eks bly jy kies dadelik nie sommer reputasie nie. Glo ook jy kon nie wag vir Pierre om reg te wees nie.

    Jan sal sy plek moet verdien maar glo ook hy gaan. n groot Jammer dat hy gevors was om storm ram te speel. As hy sy natuurlike game kon speel was hy ook oppad England toe.
  6. gravatar Bloukaap says:
    well chosen Nollis

    Just hope our injuries up front row wise stays away. Pierre played for the u21's on Saturday. His first of the season.

    I havent been impressed with Dayan so far.

    Jan Serfontein will strenghten our defense.

    Very very happy Roelof will have another go. We need to starve the Cheetahs.

    See we are playing on Friday night. Not our best time of the day.
  7. gravatar Franscois says:
    Voel jammer vi wss maar ek dink hyt sy keuse gemaak om cheethas toe te gan ons moes hom dalk maar laat gan het al dan sou hy seker speel kans kry.... jammer om te sien flip gan nu weg al en nie currie beker kla speel maar ons moet die jong talent gebruik tot ons beskikking! Goeie span sou jan op 13 saam burger op 12 en dries op vleul in travis se plek sit dink hulle sal mekaar mooi anspoor en dries het genoeg spoed!
  8. Ek dink die Bulle moet end kry om spelers se kontrakte op te skort omdat spelers oorsee wil gaan. Dit help seker nie om iemand hier te hou as hy nie hier wil wees nie, maar dit los die Bulle in n dilemma. Flip kon nou waardevolle ervaring na die span gebring het, veral as ons die uitspeel-wedstryde haal (ek glo ons sal).

    Flip en JdP kon mekaar aflos. RG Snyman is nog nie vir my heeltemal ryp nie. Ek hoop met Marcel en Pierre sal die ewige skrum strafskoppe nou drasties afneem. Wil glo Marcel het iets by Pieter de Villiers geleer in 2 maande Ek wil graag vir Dean Greyling komplimenteer met sy algemene spel vanjaar. Jammer die skrumwerk lol so baie. Ek sien uit na Jan Serfontein se spel saam met sy ou vriend en natuurlik die nuwe patroon.

    Sterkte Bulle!!! Die Cheetahs sal met alles vir julle kom, maar dit weet ons.
  9. gravatar skippie says:
    Trompie se pa dis nie dat die spelers nie by die Bulle wil wees nie. Hulle kry groter geleenthede en wys my wie nie dit sal aangryp nie. Veral as jy weet jys gelukkig as jy 10 jaar voluit jou beroep kan beoefen. Gun elke ou sy kans man. Go boytjies. Sterkte. Gee als. Laat die bal die werk doen.
  10. gravatar johannes says:
    Albei Flip en Hougie het "escape" klousules in hulle kontrakte dat as hulle nie die Bok span maak, hulle kan oorsee gaan speel. So ek verwag dat Hougie ook binnekort gaan waai tot met Super 15
  11. gravatar Bloukaap says:
    ek sien iemand gebruik al weer my naam ydelik....

    Op die foto hierbo sak Jono Ross op nr 6 vir die Bulle. Ek is soooooooo bly dis verby.

    Sterkte vir more aand manne. Dit gaan close enetjie wees. Tuis games is moetwen games.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *