Serfontein, Greyling back for Vodacom Blue Bulls

articles.comments (15)

Serfontein, Greyling back for Vodacom Blue Bulls
Jan Serfontein will start at inside centre for the Vodacom Blue Bulls when they take on the Xerox Golden Lions in an Absa Currie Cup match at Loftus Versfeld on Saturday.
Serfontein earns a first start in the competition and teams up with Dries Swanepoel in the midfield, swopping places with Burger Odendaal, who moves to the bench.
Prop Dean Greyling is also fit again following a knee strain and he slots back into the starting line-up, replacing Pierre Schoeman, who swings back into Under-21 action. It will be Greyling’s 50th appearance for the Vodacom Blue Bulls in the Absa Currie Cup competition.
Another player returning is Werner Kruger, who will play off the bench and replaces Dayan van der Westhuizen, with theyoung prop also moving back to the Vodacom Blue Bulls Under-21’s.
In the third change to the squad that fronted up against the Toyota Free State last weekend, Deon Stegmann returns from a cheekbone injury in place of Jannes Kirsten.
“We have a massive challenge this weekend. The Lions have played great rugby for a while now and is not top of the log for nothing. We are building nicely as the season progresses and we are starting to find our feet and each other, but we are far from the finished product. It will mean that we will have to be at our very best to stay in this one,” Vodacom Blue Bulls coach Nollis Marais said.
Vodacom Blue Bulls captain Lappies Labuschagne said the team are keen to play in this match.
“We have the intensity of a derby match, but also the knowledge that we are playing the team on form in the competition. These types of matches are the ones that test character and we will have toshow we have what it takes. “
The team is: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Dries Swanepoel, Jan Serfontein, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Francois Hougaard, Arno Botha, Lappies Labuschagne (c), Roelof Smit, Marvin Orie, Jacques du Plessis, Marcel van der Merwe, Bandise Maku, Dean Greyling. Replacements: Jaco Visagie, Werner Kruger, RG Snyman, Deon Stegmann, Ivan van Zyl, Louis Fouché, BurgerOdendaal.
Notes:
•Tian Schoeman is the leading points’ scorer in the competition with 86 points (one try, 15 conversions and 17 penalties. Golden Lions ace Marnitz Boshoff is second with 74.
•Jamba Ulengo is the leading try scorer in the competition (six) alongside Golden Lions flanker Kwagga Smith.
•Dean Greyling will play his 50th match for the Vodacom Blue Bulls in the Absa Currie Cup competition.

Serfontein, Greyling terug in tuig vir Vodacom Blou Bulle
Jan Serfontein sal Saterdag vir die Vodacom Blou Bulle op binnesenter uitdraf as die span die Xerox Goue Leeus in ‘n Absa Curriebekerwedstryd op Loftus Versfeld pak.
Serfontein begin vir die eerste keer in vanjaar se kompetisie, nadat hy verlede week teen die Toyota Vrystaat van die plaasvervangerbank gespeel het.
Hy ruil plekke met Burger Odendaal, wat nou as troefspeler ingespan word.
Stut Dean Greyling is terug in die voorry nadat ‘n kniebesering hom uit die laaste wedstryd gehou het. Greyling maak sy 50ste verskyning vir die Vodacom Blou Bulle in die Absa Curriebekerkompetisie en speel in die plek van Pierre Schoeman, wat terugskuif na die Vodacom Blou Bulle Onder-21 span.
Dieselfde gebeur met Dayan van der Weshuizen, wat weer vir die junior span uitdraf, terwyl Werner Kruger terugkeer as derde stut. Kruger het verlede week gerus.
‘n Derde skuif voorlangs is Deon Stegmann wat terugkeer na sy wangbeenbesering. Stegmann sal van die plaasvervangerbank kom en vervang Jannes Kirsten.
Die Vodacom Blou Bulle se afrigter, Nollis Marais, is deeglik bewus van die kwaai taak wat op sy span wag.
“Hierdie gaan ‘n groot uitdaging wees. Die Leeus speel al ‘n geruime tyd uitstekende rugby en is nie verniet bo-aan die punteleer nie. Ons, daarenteen, begin nou eers mekaar vind en is nog ver van die finale produk. Dit gaan dus noodwendig beteken dat ons op ons absolute beste sal moet wees om mededingend te wees.”
Die kantman en kaptein, Lappies Labuschagne, glo sy span is reg vir die fel stryd.
“Ons het die intensiteit van die plaaslike derby wat ons sal aanspoor, maar ook die wete dat ons die vormspan in die kompetisie pak, sal verseker die beste uit ons bring. Hierdie wedstryde toets karakter en ons sal hope daarvan moet hê om die Leeus hok te slaan.”
Die span is: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Dries Swanepoel, Jan Serfontein, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Francois Hougaard, Arno Botha, Lappies Labuschagne (k), Roelof Smit, Marvin Orie, Jacques du Plessis, Marcel van der Merwe, Bandise Maku, Dean Greyling. Plaasvervangers: Jaco Visagie, Werner Kruger, RG Snyman, Deon Stegmann, Ivan van Zyl, Louis Fouché, Burger Odendaal.
Notas:
•Tian Schoeman is tans die voorste puntemaker in die reeks, met 86 punte (een drie, 15 doelskoppe en 17 strafdoele). Die Goue Leeus se Marnitz Boshoff is tweede op die lys met 74 punte.
•Jamba Ulengo is saam met die Goue Leeus se Kwagga Smith die voorste driedrukker in die reeks met ses.
•Dean Greyling speel in sy 50ste wedstryd vir die Vodacom Blou Bulle in die Absa Curriebekerkompetisie.

Pin It

Sep 10, 2015

(15) Serfontein, Greyling back for Vodacom Blue Bulls

  1. gravatar Anton says:
    Man ek hou van die span. dink nie ons kan 'n betterspan op die veld sit nie.
    Sal julle Saterdag verseker sien op Loftus. Hoop net daar kom baie mense om die een te kom kyk.
    Go Bulle.
  2. gravatar tom says:
    Kom Dean , bewys n punt met jou 50 ste game ! want al die druk gaan op jul wees daar voor !

    Go bulle !!!!!


    Golden Lions:

    15. Andries Coetzee, 14. Ruan Combrinck, 13. Stokkies Hanekom, 12. Howard Mnisi, 11. Courtnall Skosan, 10. Marnitz Boshoff, 9. Ross Cronje, 8. Fabian Booysen, 7. Stephan de Witt, 6. Jaco Kriel (captain), 5. Franco Mostert, 4. Martin Muller, 3. Ruan Dreyer, 2. Robbie Coetzee, 1. Jacques van Rooyen

    Substitutes: 16. Malcolm Marx, 17. Julian Redelinghuys, 18. MB Lusaseni, 19. Kwagga Smith, 20. Jaco van der Walt, 21. Rohan Janse van Rensburg, 22. Sampie Mastriet
  3. gravatar Paarlbul says:
    Reg om die jong voorrye af te skuif na o/21. Pierre is toekoms maar het onlangs eers weer begin speel. Dayan kan dalk seerkry teen Lions se loskoppe.
    Dean MOET net besef hy is die ou man voor en sal sy kant in die skrum moet bring.
    Great om Jan en Dries langs mekaar te sien.
    As die Bulle met selfde intensiteit as teen die WP speel GAAN hulle wen!
  4. gravatar Isak Venter says:
    Kom Bul-ondersteuners, nou moet ons opruk Loftus toe, ons kan nie dat daar meer Leeus ondersteuners as Blou ondersteuners is nie.
  5. gravatar Loftus says:
    Nou ja... ons kan maar net hoop (soos die afgelope 3 jaar al) dat Dean in die laaste paar dae leer skrum het. Anders begin ons met n 12 punt agterstand in hierdie game. Sug...
  6. gravatar bluebull says:
    Great to see Jan.Serfontein.back.with his old school almamater.

    Dean will have his work cut out. That lions frontrow as well as their bench replacements are very very good.

    I think.we are even at the locks department. In loosies we are better.

    Half back pairs are even steven. I expected Akkies to choose Boshoff for this game.

    Bulls have the better centres as well as back up.

    Back three:The Bulls have not really been.tested under the high ball,.and with Boshoff at pivot this might just be their strategy. If it works for them, they are in with a good chance.

    So, my prediction is: Lions will play more tactically through Boshoff with pressure on the front rowers and back three.

    Bulls will.be.looking to kill at the breakdowns and get those backs on the move.

    Home game might just count in our Bulls favour.
  7. My gebede is verhoor.Amen.Nuwe coach nuwe spelers wat inkoop by nuwe afrigtingspan.Ons skop nie meer balbesit onodig weg sodat ons oponente die bal kan gebruik nie en indien ons wel skop dan het dit die gewensde uitwerking.Ons dra ook die bal.Niemand lees ons meer soos n boek nie want ons dra die bal.Weer trots om ʼn Bul te wees.Hoop ons gaan so gaan en kom wen volgende week die donkies op Nuweland.
  8. gravatar Uys says:
    Sekerlik ons beste beginspan nog wat absoluut nodig is teen die Leeus wat baie goed doen.Steeds 'n jammerte dat Warner teruggehou word. Ons verdediging en hantering gaan deurslaggewend wees.

    Go Bulle!!
  9. gravatar kabous 23 says:
    My sien van sake in die skrums. 'n stut van 1.8m gaan 'n voordeel he bo een van 1.9m met die huidige skrumreels. Die skrums kyk hoe laag hul kan skrum, en die oomblik as spelers se skouers onder hul heupe is het hul minder krag en en het die geneigtheid om nie hul belans te hou nie. Kort stutte soos Redelinghuis en Trever sal dus altyd beter vertoon in die skrums as 'n lang stutte soos Werner en Dean. Die enigste manier om egter verby dit te kom is as ons die reels verander en 'n stut toelaat om 1 knieg op die grond te plaas. Dit bring egter ander komplikasies in en reelveranderinge is nie maklik in rugby nie. In die ou dae kon skrums spoed gebruik om onstabiele skrums teen te werk. Die skrums het gebind, die bal was in en by die 8ste man se voete voordat die skrum tyd gehad het om inmekaar te sak. Deesdae moet die skrums eers 20 sekondes regop staan, en wag dat die ref die skrummie toestemming gee om die bal in te gooi. Teen daardie tyd het 'n 900kg skrum van agter af die skrum laat inmekaar sak. My opinie. Crouch, (manne gaan af), Bind (Spelers bind met stutte 1 knieg op grond), engage (volle gewig vorentoe), en skrummie kry bal in so gou as moontlik.

    Lang stutte het egter weer 'n voordeel in die lynstane en afskoppe. 'n 10cm langer stut kan sy slotte, die 10 cm skouerhoogte, plus 'n verdere 5cm armlengte ondersteun. Daardie ekstra 15cm kan die verskil maak tussen 'n goeie en slegte lynstaan. Dieselfde geld om afskoppe te ontvang. Die bulle het die laaste paar jaar met dean en Werner die opsie gekies om met langer stutte te speel, waar transvaal en wp die opsie met korter stutte gekies het. Die bulle se lynstane en afskoppe was by ver beter as die van wp en die leeus, waar ons weer swakker skrum sukses gehad het.

    Ek dink 3 super rugby trofees het bewys watter opsie die beter een was. Ander spanne het egter begin teenvoeters kry vir veral die afskoppe, terwyl strenger toepassing en verandering in skrumreels daardie aspek van die bulle begin bloodle het. Die bulle het stadiger aangepas, en ons familie atmosfeer sit ook baie keer druk op loyaliteit, selfs as dit tekortkomings begin bloodle. Maar ek dink die bulle is op die regte pad.

    Ek sien die bulle gaan die superrugby afrigtingspos adverteer. Wat ek tot dusver gesien het hoop ek maar Nollis se CV is ook op die hopie, en hopelik baie hoog op. Sal ook nie omgee as Nick Mallet, Roedolph Straeuli, Robert du Preez Fourie du Preez of Pote Human se CV,s op die hopie le nie. Asb net nie ex bok afrigter Pieter de villiers, Ex leeu afrigter John Mitchelle of 'n regstellende aksie projek nie.
  10. gravatar Bullebakkies says:
    Ek is net bang al Nolis se goeie werk gaan ongedaan gemaak word met n ander S15 coach.

    Hou Nolis vir Superrugby, hy doen baie goeie werk met die jong spelers. Straeuli moet asb BAIE VER wegbly!!!!!!

    Nolis het baie goeie span gekies, glo ons gaan leeus net net klop!! Kookwater senters!!
  11. gravatar Cornelius says:
    Ek hoop die Bulle gaan hardloop rugby speel en nie skop en jaag rugby, want al die spanne weet as ons skop dan verloor ons
    So bulle asb speel hul van die veld af
    Sterkte ons staan agter julle
  12. gravatar Bloyboy says:
    Ai, hoe lekker om Cornelius se laaste paragraaf te lees, wanneer laas het ons so positief kon voel voor n groot game? Ons glo beslis weer in ons span en ons staan beslis sterk agter ons manne in Blou. Sterkte MY BOYS!! Ons weet julle kan, fokus, step up en julle gaan hulle van die veld af speel!!
  13. gravatar charl says:
    Man dit is mos nou lekker om te hoor en sien die bul ondersteuners gee goeie kometaar en is positief. Kyk ek se nie dit gaan maklik wees nie,maar ons kan en gaan. Go bulle.
  14. gravatar Oom Koos says:
    Sjoe, ou Nollis het in so n kort tydjie so n groot verandering terweeggebring dat hy verseker in die ry moet staan vas afrigter.
    Ek dink dat n afrigter se mindset baie te doen het oor hoe sy mense speel. Dit is baie duidelik te sien in hierdie "nuwe" span van ons.
    Ek was ook een van die manne wat John Mitchell voorgestel het maar ek is geneig om my woorde terug te trek. Nie Streauli, Mitchell of Mallet nie.
    As Nollis hom met die regte manne omring sal dit goed gaan. FdP kan nogal n goeie bydrae lewer ek dink. Hy het onder die bestes gespeel en hy is n Bul in murg en been. Ek dink ook dat hy en Nollis behoort goed oor die weg te kom. Gary Botha is ook alreeds daar.
    As die spelers glo in mekaar, in die wedstryd plan glo en deur vuur sal gaan vir hulle coach kan daar baie vermag word met n span. Ons is in elke posisie goed gecover, kort net daai no 4 slot wat amok kan maak. Is Jenkins dalk daai man.
    Sterkte vir more my Bul span. Weet sommer dit sal goed gaan. Hoop daar is genoeg ondersteuners in blou want ek weet sommer daar gaan n klomp Leeus supporters ook wees
  15. gravatar Chris75 says:
    Behou sommer vir Nollis as S15 coach ook!!! Go Bulle!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *