Three changes to starting team against Sharks

articles.comments (16)

Three changes to Vodacom Blue Bulls starting team against Cell C Sharks

Lappies Labuschagne will on Friday play in his 50th Absa Currie Cup match when he leads the Vodacom Blue Bulls on the field in Durban for their clash against the Cell C Sharks.

The flanker reverts back to the side of the scrum due to the wrist injury to Roelof Smit (*see below), with Arno Botha, who started on the bench against DHL WP last week, back in the no8 jersey.

This is the only change to the pack made by Vodacom Blue Bulls coach, Nollis Marais, with two rotational switches in the backline made for the Durban clash.

Tian Schoeman and Jan Serfontein will start at flyhalf and centre respectively, switching places with Louis Fouché and Dries Swanepoel, who both move to the bench for this clash.

Ruan Steenkamp is on the bench for Botha, in what could be a Vodacom Blue Bulls and Absa Currie Cup debut, should the former Junior Springboks captain take to the field.

“I feel for Roelof who will miss this match, as he has played very well over the last couple of weeks,” Marais said. “That said, Arno is a Springbok and coming back to his best after a long time out of the game and I predict a strong game from him.”

Marais also tweaked his inside backs with the Sharks in mind.

“We wanted to play a particular way in Cape Town and selected a team accordingly. The same applies with this match in Durban. We need to get back into a winning rhythm again and I believe this team will be able to take us there.”

Labuschagne does not worry about his milestone too much, but is rather focused on a good team performance.

“It is nice to play 50 matches in the Absa Currie Cup. It remains one of the best competitions to be involved in, but to be honest, the team comes before that. We need to step up to the mark we left earlier in the season. We slipped off the pace in the last two weeks, so everyone is aware of the urgency and accuracy we need if we want to beat the Sharks in Durban.”

The team is: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jan Serfontein, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Francois Hougaard, Arno Botha, Lappies Labuschagne, Deon Stegmann, Marvin Orie, Jacques du Plessis, Marcel van der Merwe, Bandise Maku, Pierre Schoeman. Replacements: Jaco Visagie, Werner Kruger, RG Snyman, Ruan Steenkamp, Ivan van Zyl, Louis Fouché, Dries Swanepoel.

Notes:

•Lappies Labuschagne will play in his 50th Absa Currie Cup match, of which 42 came in the colours of the Toyota Free State Cheetahs.

•If he takes to the field, Ruan Steenkamp will make his debut for the team and in the competition.

*Roelof Smit underwent an operation yesterday to repair torn wrist ligaments and will be out for four months. Jannes Kirsten is having an operation today to repair torn ankle ligaments. He will be out for three months.

 

 Drie skuiwe in Vodacom Blou Bulle se span vir Cell C Haaie

Lappies Labuschagne draf Vrydag in sy 50ste Absa Curriebekerwedstryd op die veld as die Vodacom Blou Bulle teen die Cell C Haaie speel.

Die kantman skuif van agtsteman, waar hy verlede week teen DHL WP gespeel het, na die kant van die skrum en lei 'n beginspan met drie nuwe gesigte in Durban op die veld.

Met Roelof Smit beseer (*sien onder), skuif Labuschagne terug flank toe en dra Arno Botha die nommeragtrui op GrowthPoint Kings Park.

Botha het verlede die bank op DHL Nuweland gedeel met Tian Schoeman en Jan Serfontein, wat altwee in die beginspan opgeneem is. Hulle speel in die plek van Louis Fouché en Dries Swanepoel, wat beide as troefspelers ingespan sal word.

Die Vodacom Blou Bulle-afrigter, Nollis Marais, het ook vir Ruan Steenkamp as plaasvervanger gekies om Botha se plek te vul. Sou hy opdraf, sal dit die voormalige Junior Springbok kaptein se eerste verskyning vir die Vodacom Blou Bulle en in die Absa Curriebekerkompetisie wees.

"Ek voel jammer vir Roelof, want hy het lekker rugby gespeel die afgelope paar weke," het Marais gesê. "Dit gesê, Arno is 'n Springbok en kom nou mooi terug nadat hy lank uit rugby was. Ek verwag 'n stewige vertoning van hom Vrydagaand.

Die breier se taktiese skuiwe agterlangs is gedoen met die teenstander in gedagte. "Ons het 'n span gekies wat 'n spesifieke taak teen die WP moes uitvoer en het dieselfde benadering teen die Haaie. Ons moet vinnig terugkom in die wengewoonte en ek dink die span kan dit regkry."

Labuschagne slaan nie veel ag op die vyftigtal nie.

"Dit is lekker om 50 wedstryde te kan speel in die Curriebeker, want dit bly steeds een van die beste kompetisies wat mens kry, maar hierdie gaan oor die span en wat ons moet doen om 'n goeie vertoning te lewer. Ons moet weer die standaarde van vroeër in die seisoen bereik. Ons het die laaste twee weke pas verloor, so almal is deeglik bewus van die dringendheid en akkuraatheid wat ons in spel gaan nodig kry om 'n gedugte teenstander soos die Haaie te kan verslaan."

Die span is: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jan Serfontein, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Francois Hougaard, Arno Botha, Lappies Labuschagne (k), Deon Stegmann, Marvin Orie, Jacques du Plessis, Marcel van der Merwe, Bandise Maku, Pierre Schoeman. Plaasvervangers: Jaco Visagie, Werner Kruger, RG Snyman, Ruan Steenkamp, Ivan van Zyl, Louis Fouché, Dries Swanepoel.

Notas:

•Lappies Labuschagne draf in sy 50ste Absa Curriebekerwedstryd op die veld, met 42 daarvan in die kleure van die Toyota Vrystaat Cheetahs.

•As hy speelkans kry, sal dit Ruan Steenkamp se eerste verskyning vir die Vodacom Blou Bulle en in die Absa Curriebekerkompetisie wees.

*Roelof Smit het gister 'n operasie ondergaan om geskeurde polsgewrigligamente te heg en hy sal vir vier maande buite aksie wees.

Pin It

Sep 23, 2015

(16) Three changes to starting team against Sharks

  1. gravatar Muzi says:
    I'm happy Ruan Steenkamp will get a chance @6.....Jan Serfontein's best position is @12......Burger Odendaal doesn't like to pass also he has more speed...he should have moved to @13.....Orie has been below par he needs to pull up his socks....Kobus Marais or Joshua Stander should have replace Louis Fouche......
  2. gravatar Bloukaap says:
    Bly Tiaan is weer terug.

    Ek wonde rof die bulle nie moes eksperimenteer het met jacques du Plessis op 7 en lappies op 6 nie, sodat Steggies as impakspeler inkom id tweede helfde nie? Nicholaas van Rensburg saam met Orie of RG Snyman. Ruhan Steenkamp kan nog 021 speel as ek dit nie mis het nie, en hom hom na maande se geen-speel in te bring op hierdie vlak kan dalk net te rof wees.

    Stem Saam Marvin Orie se inklimspel het bietjie afgedaal die laaste ruk. Ditto vir Hougie. Hy en Jan sa moet begin wys hullen is goudwerd vir ons.
  3. Hennie says:
    Bly Tian is terug!! Kom wys bietjie v hierdie negatiewe mense v verlede week hoe jy eintlik kan speel. Miskien verander Muzi se siening dan ook!!!!
  4. gravatar Blouland says:
    Ook bly Tian is terug met Jan op buitesenter. Ons sal die game in die eerste 60 minute moet wen, want ek dink nie Werner, Fouche en Ruan (kom nou net terug van lang besering) gaan 'n impak ten goede maak vir die span nie.

    Hoop die manne kan vir ons wys dat die eerste 5 wenne was nie net 'n luckshot nie.

    Bulle !
  5. gravatar Blouland says:
    Wou nog bynoem - bly om te sien Nollis leer uit sy verkeerde spankeuses.

    Dieselfde kan nie van Meyer gesê word nie - kies nog steeds vir Oubaas JDV en oom Vic.


  6. gravatar Blouland says:
    ...... en oupa Schalk.
  7. gravatar Blue Bull says:
    I see Japan.lost 10-45. Was just wondering: Is the Stormers still excited about Eddie Jones?
  8. gravatar skippie says:
    Ruan is al 22. Was nou lank uot met n besering
    Waar os Jannes Kirsten dan nou. Sou ook vir JDP op 7 sit in eerste helfte. Dan miskien bietjie skommel as aubs opkom. Gaan groot Bulle. Sterkte.
  9. gravatar Morne says:
    Lekker Nollie , hou net aan om die ouens op meriette te kies .d.w.s. die manne wat die beste
    Game time stats speel byv.line brakes .running meters etc.etc.
    Ek dink al wat kort is dit lyk vir my die manne weet nie so mooi waar hulle met mekaar staan
    Hou n boks kompetiesie dit sal jou manne
    Respek vir mekaar leer en gesonde respek vir
    Hulle opponente .En jy sal my nie glo nie maar boks
    Leer jou die meeste van als self dissipliene
    Of rofstoei.
  10. gravatar jimmy says:
    Blouland… Skuus toe jy gevra het of enige iemand Heyneke Meyer haat het jy nie my hand gesien nie? Regtig? Na alles, dink ek jy kan bestempel word as ‘n eenogige Meyer fan. Vertel vir ons dat ons kan snap hoekom ons hierdie ou die voordeel van die twyfel moet gee?

    Ek vind jou post teenoor OBS nogal amusant; eintlik meer agteraf om die minste te se. Dis nie nodig om persoonlik te raak nie, gee ons asseblief nuwe feite as jy kan.


  11. gravatar Cornelius says:
    Kom Bulle ons moet die een
    Sterkte Bulle
  12. gravatar Blouland says:
    Ja ou Jimmy, gedink jy gaan een of ander tyd weer in jou fighting mode inklim.

    Wat ek bloot probeer sê het vir OBS, is dat ek geen mens haat nie, gee nie om wat hy doen nie. Ja, keur dinge baie sterk af, verskil sterk, maar nie haat nie. Ek ook baie ongelukkig oor wat HM gedoen het met die drop van die Bulle en wat nou aangaan met die Bokke, maar daar is baie belangriker dinge om oor omgekrap te raak as 'n rugbybal wat verkeerd kan hop.

    Ek trek dus terug as ek gedink ek spreek namens ons almal hier. As jy of ander wil haat en bitterbek wees, sterkte daarmee, kan nie dink dat dit 'n goeie lewe is nie. .

    Die opmerking aan OBS oor die OBS, was 'n grappie. Volgende keer sal ek vir jou 'n smiley bysit, reg so ?

    Gepraat van feite, ek dink nie jy is die een om dit aan te vra nie, want al wat jy gee is 'n paar dronkmans liedjies, ek hoor nie feite uit jou skrywes nie .....

    :-) Het jy hom Jimmy, of moet ek 'n prentjie teken ?

  13. gravatar Bloukaap says:
    Ek sien Nollis sê hy het aansoek gedoen om Super 15 Coach pos vir volgende jaar. Uit die Bulls.kamp verneem ek ook dat feitlik.niemand seker is van.hul poste vir volgende haar nie.

    Die BBM sal moet opskud, want daar is goeie personeel wat agv onsekerheid wat te lank duur ander aanbiedinge gaan vat. Wens ons kon ingelig word wie is die mense op die kortlys. Gert Smal se komminikasie met die publiek is uitstekende voorbeeld hoe om.in 21ste eeu met publiek te kommunikeer.





  14. gravatar Morne says:
    Ek stem bloukaap , die WP sit vir ons tot ore aan
    met die kies van n hoof coach lol
  15. gravatar Bloukaap says:
    Ek dink nie uncle Van Graan se sterk punt is om te peaat met die publiek.nie. Hy hou van dinamiese perskonferensies waar "geen kommentaar" hoofopskrifte sal haal.
  16. gravatar Blue Bull says:
    I see the Sharks have included Marco Wentzel and Jean Deyssel on the bench. They going for brutal physical fast start and strong physical finish in second half, by trying to carry the ball and focus on line outs through Wentzel. If I were the Bulls I would look at moving du Plesssis to 7 after half time to counter Deyssel. It worked for us in the Super rugby tournament against them.

    We will just have to have a better start tonight. It has been our achilles, apart from the scrums. Durban is not our best hunting ground, but we have beaten the Sharks there in the Super 15.

    And we need polished performances.from Hougie and Jan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *