Du Plessis back for Vodacom Blue Bulls in semifinal

articles.comments (8)

Du Plessis back for Vodacom Blue Bulls in semifinal

Vodacom Blue Bulls coach Nollis Marais named Jacques du Plessis at lock for Friday night’s Absa Currie Cup semifinal match against DHL Western Province at Loftus Versfeld in Pretoria.
Du Plessis was a late withdrawal to the team that out-edged Steval Pumas 25-24 in Nelspruit last weekend, but is ready to take his regular number four spot in the team.
RG Snyman, who replaced Du Plessis for the Pumas match, moves back to the bench for his regular role as impact player, but his replacement in Nelspruit, Jason Jenkins, retains his spot on the bench.
Jenkins will take over from Ruan Steenkamp as the fourth loose forward as Marais opted for more bulk and size coming from the bench.
“This is what we trained for, to put ourselves in a position where we can win the Currie Cup,” Marais said.
“A semifinal is a difficult match. You play to win and survive, but it does not mean a trophy yet. You have to go and do it all over again a week later. But, if you lose, your season is over. We are determined not for that to happen to us.”
Vodacom Blue Bulls captain, LappiesLabuschagne, feels that the Blue Bulls proved they are good enough to win this match.
“We have won one match each in our clashes this year, but I believe we got enough out of those matches to feel that we can win. They are a very dangerous side and have some of the best runners in the country in their team. That said, we also carry some big guns in our team and that is why we are able to host this match in front of our fans. We will leave nothing out there, that is a guarantee.”
The team is: Warrick Gelant, TravisIsmaiel, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Francois Hougaard, Arno Botha, Lappies Labuschagne ©, Deon Stegmann, Marvin Orie, Jacques du Plessis, Marcel van der Merwe, Bandise Maku, Pierre Schoeman. Replacements: Corniel Els, Werner Kruger, RG Snyman, Jason Jenkins, Ivan van Zyl, Louis Fouché, William Small-Smith.

•Be part of the Bulls family and get down to Loftus for the epic semi-final of the ABSA Currie Cup between The Vodacom Blue Bulls and DHL Western Province on Friday the 16th of October 2015 at 7pm. Tickets are selling fast, get your tickets NOW from just R40 at bulls.ticketpro.co.za or at The Loftus Ticket Office.

Du Plessis terug vir Vodacom Blou Bulle halfeindstryd

Die Vodacom Blou Bulle afrigter, Nollis Marais, span die slot Jacques du Plessis in sy gebruiklike nommerviertrui in vir Vrydag se Absa Curriebekerhalfeindstryd teen die DHL Westelike Provinsie. Du Plessis het kort voor die afskop van verlede naweek se sege teen die Steval Pumas weens ongesteldheid uit die span onttrek en sy plek is deur RG Snyman ingeneem.
Met Du Plessis weer op sy pos, skuif Snyman terug na die plaasvervangerbank. Jason Jenkins, wat Snyman se plek op die bank teen die Pumas volgestaan het, bly op die bank, die keer in die plek van Ruan Steenkamp.
Volgens Marais is hierdie wedstryd die geleentheid waarvoor die span die hele seisoen al wag.
"Dit is waarvoor ons geoefen het, om onsself in 'n posisie te kan kry waar ons kan meeding om die Curriebeker te wen. 'n Halfeindwedstryd is 'n taaie. Jy moet wen en dan alles oordoen vir die eindstryd, so eintlik het jy nog niks bereik nie. Maar verloor jy, is jou seisoen verby. Die span is baie gemotiveerd dat dit nie met ons gaan gebeur nie," het Marais gesê.
Die Blou Bulle-kaptein, Lappies Labuschagne, meen sy span kan die knoop deurhak. "Ons het die WP hier geklop en daar teen hulle vasgeval, so die span weet al te goed hoe taai die wedstryd gaan wees. Die feit dat ons 'n tuisveld semi kon losspeel, beteken wel baie, want dit was 'n beloning vir ons getroue ondersteuners en 'n aanduiding dat ons heelwat dinge reg gedoen het tot nou toe. Die WP het van die gevaarlikste spelers in die land, maar ons het self 'n paar groot kanonne. Een ding is seker, ons gaan alles gee Vrydag."
Die span is: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Francois Hougaard, Arno Botha, Lappies Labuschagne (k), Deon Stegmann, Marvin Orie, Jacques du Plessis, Marcel van der Merwe, Bandise Maku, Pierre Schoeman. Plaasvervangers: Corniel Els, Werner Kruger, RG Snyman, Jason Jenkins, Ivan van Zyl, Louis Fouché, William Small-Smith.

•Wees deel van die Bulle-familie en ruk op Loftus toe vir die epiese Absa Curriebeker halfeindstryd tussen die Vodacom Blou Bulle en die DHL Westelike Provinsie. Die afskop is Vrydag 16 Oktober om 19h00. Kaartjies verkoop vinnig, so kry joune by bulls.ticketpro.co.za of die Loftus kaartjieskantoor.

Pin It

Oct 14, 2015

(8) Du Plessis back for Vodacom Blue Bulls in semifinal

  1. gravatar nitronic says:
    Nou hoekom vir Steenkamp drop? nogsteeds n goeie span.

    Go Bulls, ons soek vuurwerke, speel soos julle laaste weke speel en julle gaan pak kry.

    Ons moet die intensiteit optel.

  2. gravatar Blue Bull says:
    Must say,

    I am very surprised with the exclusion of an extra fetcher especially when WP will have Chris Cloete, who played us to pieces in CTown in the previous match.

    Only reasonable plan that I can think of is that the Bulls will move du Plessis to 7 and bring Jenkins on at 4 in the 2nd half, thus playing with two fresh lock forwards. My concern is that Jenkins has not played with Maku at all, thus it can be a risk bringing him on without any game time on this level with the hooker.

    So the thinking goes that the Bulls will carry the ball more in the 2nd half (and since Stegman is also used as a strong ball carrier) and focus on line outs - thus more of a territorial advantage to put pressure on WP.

    I really hiope we will se a much improved first half and better ball in hand passes and interplay from the Bulls.
  3. gravatar Blouland says:
    BB, die WP het nie vir Cloete gekies nie, maar ook 'n ekstra slot. So ons wil vuur met vuur beveg.

    Hoop net Steggies of Lappies kry nie seer nie, want dan gaan ons sukkel by die afbreekpunte.

    Glo RG en Jenkins gaan 'n groot impak maak.

    Sal regtig wil sien vir die toekoms dat Ruan Steenkamp ontwikkel in 'n ekstra haker/flank opsie.

    Mag die beste span wen op die dag, nie die swakste ref nie !

    Nou die Blou !
  4. gravatar Gemini says:
    WP gaan vergader met Pro om die skrum situasie te bespreek. Volgens WP het Pro hul verlede naweek telkens onnodig gestraf (Kebble). Hul wil hom oortuig dat dit die ander span is wat eintlik "skelmstreke" gebruik dan lyk hul skuldig. (volgens Die Burger) .
  5. Deon says:
    Kan iemand tog asb Pro se aandag vestig op die vuilste speler in die land Elstadh
  6. gravatar Bloukaap says:
    Ek het geen probleem met Jenkins nie, ek.weet.net die Bulle kan.nie sonder 'n.fetcher nie. As Stegman seerkry is dit tickets by die afbreekpunte vir ons.

    Ek het vandag en.gister die twee games vd Bulle vs WP in diepte bestudeer en simmer my eie leuenstoel eksperties bietjie begin bedink.

    Id eerste game was Craig Joubert die ref. Joubert gee die baldraer bietjie meer tyd om die bal te plaas en selfs vas te hou. id 2e game was Rasta Rastafarier die ref. Hy laat feitlik geen tyd toe nie. In daardie game was ons cleaning by die ruck stadiger as die WP s'n en regtig oneffektief, terwyl die WP se Chris Cloete, Kitschoff. Mbunambi en Ruan Botha ons behoorlik fisieke ore aangesit het. So die punt is jet, ons sal met ei die ref oik al is, baie vinniger en.beter miet skoonmaak sodat ons agtwrlyn soasie kan.hê vir spoed. Ons het die afhelope paar weke swaarder gekry want myns insiens was ons nie meer so effektief by die afbreekpunte nie - Marvin Orie het begin vakansie hou en du Plessis begin te dink an sy oorsese uitstappie jammer Skippie. Ook met Dean Greyling uit het ons nie baie effektief die bal oor die voordeellyn gedra nie.

    Nog 'n ding wat natuurlik uitstaan is die skrums. Ek dink nie WP skrum wettig nie, maar ek dink hulle skrum wel baie slim. Hulle kry dit reg om ons vasskop van sy voorry te isoleer. Teen die WP se game op Nuweland het ons 6 punte by skrums en 6 by afbreekpunte afgestaan. As ons die WP wil klop sal ons in hierdie afdeling die pyp moet rook. In silke tight games tel gebiedsvoordeel en.strafskoppe hou die telbord aan die rol.

  7. gravatar skippie says:
    Baie geluk Bulle julle is in die semi. Ons is verras en bly en het alle verwagting oortref. Nou moet julle jul act together kry en elke man speel met passie soos ons eerste paar games. Dan alleen kan ons die finals haal. Maak mooi Bulle. Ek sal daar op Loftus wees om jul te ondersteun. Mag die beste span wen en die regte ref opdaag.
  8. gravatar Blouland says:
    Hallo Skippie, ek bewonder jou lojaliteit vir ons span, jy is vir ons 'n goeie voorbeeld.

    So bietjie blind so nou en dan, maar wie van ons het nie 'n blinde kol of 'n blinde mol nie ?

    Solank die ref dit net nie het nie !

    Lojaliteit is nodig in hierdie tye wat ons lewe, waar mense mekaar so vinnig afskryf as 'jy nie perform' nie !

    Mag ons span ons trots maak, solank ons Bulle net alles gee op die veld EN die ref ons nie kroek nie, sal ek gelukkig wees, wen of v......... vêr wen !

    Sterkte ook aan ou Chuck Nollis, mag jy die manne inspireer en hul drome waar word met 'n roemryke oorwinning.

    Enige nuwe Chuck grappe om te deel Jimmy ?

    Bulle !

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *