After every season the coaching and management team takes time to assess, evaluate and improve our systems, together with our style and way of play. This has been an on-going process stretching back over a period of time, and is similar to a ‘SWOT’ analysis used in many corporate entities. We also encourage our coaches and management members to explore new ideas, while up skilling themselves and stimulating their way of thinking by meeting and sharing ideas with other entities, companies and coaches.
Assistant coaches David Manuel and Pine Pienaar did exactly that when visiting John Mitchell in Durban this week to discuss and share some ideas. John Mitchell is not employed or contracted as a consultant by the BB Co.
One of our other coaches, Hendre Marnitz is also currently travelling to the UK, Ireland and France visiting clubs to share ideas.
Weakness list must have been very long this year
maybe you should employee John Mitchell as Director of Coaching then...........
Ai...cheap labour in a different world with proper planning and no "Boetie Boetie" one could have appointed a new defensive coach.....a new CEO.....Balie Swart as scrum coach...a new skills coach presumably from NZ or Aus....John Mitchell...or Rassie Erasmus as the Director of Rugby....Dawie Theron...Matt Proudfoot..Pote Human as forwards coaches....Tim Lane.... Carlos Spencer as backline coaches......super rugby is not CC....Nollis Marais needs help.....
and there the article lost all its credibility......
Kom ek skryf vir julle die artikel oor in Afrikaans:
Ons leer elke dag. Een gaan Durban toe (en moenie dink John Mitchell is gekontrakteer as enige iets nie hoor!), en die ander een gaan Londen toe om meer te leer.
Ons gebruik 'n swot analise. En ons is net so cool soos ander maatskappye, want daar doen hulle dit ook.
Ek lees hoe die ander franchises spelers teken soos Jano Vermaak
Maar niks vir die Bulls nie
BAIE SWAK !!!
dit gaan nie gou beter word nie
Moet my mede bloggers egter gelyk gee. Ons voel asof dinge van ons weerhou word. Aan die ander kant lyk dit dalk of daar niks aangaan nie oordat daar regtig egtig niks aangaan nie!!
sien Cheetahs squad reeds aangekondig :
Justin Basson, Rayno Benjamin, Clayton Blommetjies, Tienie Burger, Willie Britz, Johan Coetzee, Luan de Bruin, Lood de Jager, Maphutha Dolo, Jacques du Toit, Joseph Dweba, Sias Ebersohn, Joubert Engelbrecht, Reinhardt Erwee, Elandre Huggett, Reniel Hugo, Niell Jordaan, Armandt Koster, Tertius Kruger, Nico Lee, Hilton Lobberts, Niel Marias, Steven Meiring, Tian Meyer, Danie Mienie, Zee Mkhabela, Oupa Mohoje, Uzair Cassiem, Teunis Nieuwoudt, Gerhard Olivier, Sergeal Petersen, Boom Prinsloo, Niel Rautenbach, Raymond Rhule, Willem Serfontein, Paul Schoeman, William Small-Smith, JP Smith, BG Uys, Francois Uys, Michael van der Spuy, Maks van Dyk, Torsten van Jaarsveld, Ruan van Rensburg, Coenie van Wyk, Francois Venter, Henco Venter, Shaun Venter, Dennis Visser, Carl Wegner, Fred Zeilinga.
Ek dink die enigste manier om die all blacks in te haal is deur ons plaaslike kompetisies sterker te kry. Hopelik kies ons ook nie spelers wat oorsee rugby speel vir die bokke nie. Ek dink net soos in Australia kan daar uitsondering gemaak word vir Wereld beker, maar die res van die tyd moet ons net plaaslikke spelers vir die bokke kies.
Wat regstellende aksie betref, diink ek daar moet 'n klemverskuiwing na skole vlak wees. ek dink ook nie die kwota sisteem werk nie. Ek dink elke superrugby franchise moet 6 laerskole en 6 hoerskole identifiseer in hul gebied wat nie 'n rugby program het nie. Op die francise se rekening moet hulle vir die skole 'n rugbyveld bou, die nodigste oefen gereedskap gee(soos skrummashien) paal covers en vlaggies, die unie moet kostes dra van afrigting, spelers klere en vervoer, en 'n liga moet geskep word waar hierdie skole teen mekaar speel. In jaar 1 slegs 1 span per skool, in jaar 2 ten minste 'n o/15 en senior span, en in jaar 3 'n 0/13, 0/15 en senior span. Na 3 jaar moet die skole ingelyf word by bestaande reekse en nuwe skole moet geidentifiseer word. Vir elke rand wat die francises op ontwikkeling spandeer word moet daar egter ook dieselfde hoeveelheid spandeer word op gevestigde programme, om seker te maak huidige spelers bronne word doeltreffend aangewend en alle spelers ongeag van waar hul kom kry gelyke geleenthede om te ontwikkel en hul volle potensiaal word bereik.
op 'n ander trand, volgens wikipedia was Nollis Marais kaptein van die Naka bulle gewees vanaf 1998 - 2003. Kan iemand my dalk se watter posisie het hy gespeel en wat was sy stats. Net vir interesandheid sal ek ook graag wil weet wat die ander bestuur se spelers agtergrond was. Het mnr van graan rugby gespeel, en in watter posisie. So ook die ander bestuurslede.
Miskien het van julle dalk bietjie agtergrond kennis wat jul graag wil deel.
Terloops, JP, jy het die verkeerde oom beet. Xander is Heyneke se nefie (suster se seun). Regtig! So kan jy maar deur die rugbypersoneel by Loftus gaan en ondersoek instel. Hoewel hulle nie almal familie is nie, sal die Heyneke Meyer-konneksie iewers gevind word. Blinde jolaliteit aan al sy maatjies... en toe loop hy Bokke toe. Nou sit ons met die gebakte pere!
Dis tyd vir SKOONMAAK, mnr. Gert Wessels!! Julle het 'n verantwoordelikheid teenoor die ondersteuners en die borge. Het julle nie julle les die afgelope twee seisoen met die leë paviljoene geleer nie?
ha ha ha !!!!!!!
ha ha ha !!!!!!!
Gee ons enige nuus, al is dit slegte nuus !
What worries me is that The Bulls conditioning coach is already at Orlando Pirates after his contract has not been renewed and the squad normally starts training in November. thet3 is no indication of a new conditioning coach.
Kabous23, the starting squads are normally very big, but it will be reduced to 32 by the end of January. It includes a lot of juniors who train with the seniors.
As uitvoerende hoof behoort u tog die blog elke dag te lees Mnr. Van Graan. Al wat ek vra is dat u sal erkenning gee aan die griewe wat hier gelig is. Ek verwag nie regtig oplossings soos 2 minute noodles nie, net dat ons hier kan sien dat u nog steeds die broek dra op Loftus. Ek dink nie dis te veel gevra nie, selfs al moes my woordkeuses u sekerlik bietjie opgekrap het?
Op die einde van die dag gaan dit eintlik net oor die Bulle.
WDF wil n Bloubul coach oorsee ontvang "too share ideas"!!!
UK Ireland and France nogal. Dis net weer soos die Regering, n paid holiday vir een van die boeties.
SWOT analiese gedoen - mooi man.
S = swak stupid
W= wens, weer probeer,
O= onnosel onkundig, ONS
T= toe-oë, toemaar, terug kyk,
En in my Kristal bal sien ek HM as Direkteur van Rugby vir die volgende 4 jaar want so seker as parra manel dra gaan SARU hom blaas.
ons moet maar beeld , news24 lees want die klomp wys net wat se gemors vir ons wag in 2016 !!!!!!!
Nou wonder ek wie gaan seisoen kaartjies koop of wag hul ... rekeninge en verkoops afdeling hardloop mooi!!!!!
Dankie Barend hoop jy val vining van jou troon af !!!
Alle aanduidings is hier dat die BBM opgehou het kommunikeet want die BBM se visie het gestol en die Maatskappy is stuck. Ons ondersteuners het dit lankal op die veld begin sien en die bestuur het gedink hulle kan ons flous met nagemaakte melkkos.
Die Unie het uit geld gehardloop en kan nie meer top spelers behou nie. Te lang vasklou aan die Pierre Spiese en V Matfields het die kultuur van hierargie geskep en ons het die huidge CC kampioene se voederbron geword. I.s het gesien iets is fout ttoe senior manne se salarisse halveer is en oor die muur spelers vd Kings ingevoer is. onder die fla sousie van Xander dat dit exciting new signings gaan wees. Dieslefde Xander wat sy bek toegehou het toe Jac Engelbrecht twee jaar kater aan die media uitlek dit was die grootste fout van sy lewe. Die span het onder presteer en die geldkaste het leeggeloop. Geen.bekers, lee stadion en geen geld.
Mnr die CEO, jy is nie baie lief on jou gesig id publiek te wys nie. maar jy sal moet opstaan en praat.
Ons is bekommerd en kan agterkom iets is nie pluis nie. Stemme uit die binnekring sê dis nie meer lekker om by die Bulls te werk nie. Dit gebeur onder jou leierskap. Jy is so toe soos 'n klip. SARU se rugbybaas. Die Sharks en die Stormers, asook die Leeus praat en skryf, maar jy is stom.
Jou CC coach het jou basvelle gered, ons wil nou sien dat jy behoorlike strukture rondom hom gaan skep wat hom gaan help.
Op die oomblik lees ons van verliese id pers en.jy hou jou mond.
Wat ons nog meer bekommer, is dat die junior afrigter lyk of hy vir die wolwe gegooi gaan word.
Praat. Gesels en reik 'n verklaring uit.
Hulle spesifiseer nie wat hul gaan doen of waar nie.
Ek stem ook saam dat die BBRU se komunikasie is skokkend.
Op 'n ander noot wie dink julle moet ons kaptein wees volgende jaar?
Ek sou Strauss kaptein maak en Lappies onder kaptein
Ek lees net elektroniese netwerk 24 weergawe. Het nog geen amptelike nuus hier gesien nie.
Ek dink Adriaan Strauss sal kapteinskap oorneem met Lappies as adjudant. Ek dink Lappies het goed gedoen vanjaar.
Wat my verstom is dat die Pumas (Die Middelburg/Witbank/Nelspruit weergawe) reeds vrooer die week aangekondig het dat hulle 13 NUWE spelers gekontrakteer het vir volgende jaar se Curriebeker insluitend Chris Cloete en Nardus vd Walt. Nou ja toegegee dit is nie die beste spelers in die wereld nie, maar magtig ons het nog nie eens een nuwe speler gekontrakteer (sorry behalwe nou Nic De Jager wat vir Saracens se wynspan gespeel het) en die Superrugby begin oor 3 maande. Die Pumas gaan f ol doen vir 3 maande en dan bietjie Vodacom cup speel. Almal kry nuwe spelers en dan is dit nog ouens wat die Euro verruil vir Rande soos JC Janse van Rensburg. Wat de F gaan by die Bulle aan? Die NZders' kondig sommer in die week waarin hulle die wereldbeker verower hulle volledige groepe aan.
Nollis Marais dui aan dat ons slotte kort, maar Robert Kruger van Lions/Leopards faam teken in die week vir die Sharks waar hy gaan meeding met Stephan Lewies, David McDuling, Etienne Oosthuizen en selfs Jacques Potgieter. So hy liewers die kans vat dat hy nie speelkans kry nie, maar sal maar gaan en uithaal en wys.
Die slim ouens het altyd laat bleik dat dit nie noodwendig die afrigter of die spelers is wat toernooie wen nie, maar die strukture wat om hulle gebou is wat dit toelaat!!
Ons ondersteuners is baie bekommerd oor wat aangaan by ons geliefde span soos weerspieel word in die kommentaar hierbo. Wil U nie asb. vir ons terugvoer gee oor kontraktering, nuwe aankope, Unie se Visie / Misie (het dit verander?), strukture by ons geliefde span, spelers groep van ons Super Span, afrigter spanne vir die VC, CC en Super Span...ens. Ons is uiters pasievolle ondersteuners en wil graag net die beste he vir ons geliefde span, ons sal met niks minder as die beste tevrede wees nie. Ongelukkig is ons kas die jaar leeg. Wat 'n tragedie. Ons weet die bestuur is onder druk maar kommunikeer net asb. met ons ook, dit is immers ons wat 'n groot gedeelte van julle salarisse betaal en ons kan dit nie vat dat ons geliefde span so ten gronde gaan nie. Of dit lyk so!
Vriendelikke Groete
CR
Die bestuur moet na vore kom en vir ons vertel wat hulle beplan, anders word en is ons al reeds n bespotting van die Bulle soos dit nou aangaan sal dit nog lank vat voor ons weer n beker wen, maar ons moet maar positief bly en sal sien hoe ons vaar met die eerste super wedstryd 27 Februarie teen Stormers
Ek sien ook dat Reniel Hugo en Dennis Visser by die Cheetahs se groep ingesuit is. Kom hulle nie uit ons kraal nie
Dan sien ek ook dat die Cheetahs die vasskop stut van Namibie geteken het. Hoekom slap ons mense. Is vasskop nie n probleem by die Bulle nie
Almal spog met aanwinste behalwe ons. Nee ek lieg nou lekker. Ons het n paar aanwinste gekry maar dit is nie spelers nie. Afrigters wat ek nie weet waar hulle gaan afrig nie, ek dink daar is ook iets van die Luiperde af soos deur Marisa uitgewys. Marisa goeie skrywe hierbo
Wonder of daar n paar nuwe pom pom girls ook gaan wees. hehe
So niemand het idee in watter hoedanigheid Leonard en kie aangestel is nie.
Ek weet ook nie hoekom is conditioning span van luiperds aangestel nie - ons huidige span het poste by Orlando Pirates losgeslaan nadat die Bulle nie eens teen Junie vanjaar enige aanduiing wou gee van kontrakverlengings nie. Ek reken as wit manne by ons vooorste sokkerspan aanstellings kry is hulle seker nie te bad nie.
Pote Human sal (ook soos elders beweer en en nie hierso nie, dankie Batend v Graan) die 021's afrig, so ek weet nie wat gaan gebeur met Hendre Maritz nie.
Weeteens jammer dat die CEO so #&% kommunikeer..
Marais will be in charge after a successful Absa Currie Cup campaign that led the young Bulls side to the semifinals of the competition, but will get some experienced help in his campaign next year as the Bulls look to manage their young brigade well as they continue to build after several player exoduses.
For starters, the Bulls are set to announce Anton Leonard, former Springbok and former Bulls captain as their new Super Rugby forwards coach after he had spent a few years in George assisting the SWD Eagles.
Leonard began his coaching career with Outeniqua Hoërskool before coaching the juniors at the SWD Eagles and was the assistant coach to Bevin Fortuin over the past season for the Eagles before deciding to head back to Pretoria.
Fortuin has also resigned from his position as the Eagles coach and will now become the Bulls under-21 backline coach, as the junior structures have also been revamped to contain several new coaching appointments.
Pote Human, who has coached almost everywhere, will be back at the Bulls as the under-21 coach next season after previously coaching the Bulls in the Currie Cup, and Tuks in the Varsity Cup with a stint in Japan in between.
The moves come after the Blue Bulls juniors disappointed during the past season, with many of the under-21s playing in the senior side and the age-group side missing out on the semifinals of the competition for the first time in years.
The under-19 side reached the final, only to be pipped by the EP Kings under-19 side to the title but it seems that the Bulls decided for change in their coaching structures.
They have now recruited former Pukke and Leopards forwards coach Jaco Pienaar as the new under-19 coach.
Pienaar, who previously achieved a lot of success with the Leopards under-19 team as well and played a big part alongside Robert du Preez as the Pukke’s forward coach, will get an opportunity to work with some of the best juniors in the country and is highly rated as an up and coming coach.
The Super Rugby side has already resumed training for the upcoming season, which will start in February next year
So die head coaching team lyk dan so:
Nollis hoofafrigter, met Leonard voorspelerafrigter en David Manuel as agterspelerafrigter, Pine as verdedigingsafrigter en Gary Botha as skrumafrigter (?)
O'21's is Pote Human die hoofafrigter met Bevin Fortuin as agterspelerafrigter
0'19's Jaco Pienaar die afrigter.
Twee goed is duidelik:
- Die Bulle is ernstig oor transformasie ook in die coaching management staff (Saru se teiken vir 2019 is 50%)
- Met beide Fortuin en Manuel in ons geledere, is die Bulle ook ernstig om vanaf junior strukture dieselfde patroon te vestig.
HGeld vir top notch internasionale afrigters is daar nie. Die Bulle het gegaan waarmee hul bekend is, en wat hul sak pas. Dit kan of back fire of dit kan, soos in die geval by die Leeus, nuwe vuur in die kultuur in blaas - met jong afrigters wat almal honger is vir sukses en van die staanspoor af dinge anders doen.
hoekom in Beeld lees ?
ai toggie ....