Die Superrugby-reeks gaan vir die Bulle ’n tog wees waarin selfvertroue gekweek word en ’n lastige reputasie of twee moet sneuwel, berig Die Beeld op 19 Januarie 2016
In 'n onderhoud met Nollis Marais, hoofafrigter van die Vodacom Bulls, skryf die koerant:
Twee van die leemtes wat die Pretoriase span vanjaar wil aanpak, is die span se chroniese skrumprobleme en die Bulle se swak vertonings die laaste paar seisoene in Australasië.
“Die skrums is ’n groot fokuspunt en Gary (Botha) werk baie hard daaraan. Balie Swart gaan ons ook in Februarie weer kom help. Ons wil hierdie seisoen die slegte reputasie dat die Bulle kwesbaar is in die skrums verander,” het Marais gister hier gesê.
’n Ander doelwit is om die Bulle sielkundig sterk genoeg te kry om wedstryde Doer Onder te wen.
Die Bulle was verlede seisoen tweede op die Superrugby-puntelys toe Pierre Spies-hulle oorsee is om die Blues, die Chiefs, die Brumbies en die Rebels te pak. Die besoekers het al vier op ’n streep verloor en het uiteindelik negende geëindig.
“Ons sal dit moet regstel. Dit is iets wat die Bulle in die Heyneke Meyer-era baie goed gedoen het. Ons sal minstens drie wedstryde oorsee moet wen,” sê die afrigter.
Die Bulle kom oorsee teen die Sunwolves, die Western Force, die Brumbies, die Waratahs en die Jaguares te staan.
Volgens Marais is hy “redelik gemaklik” met wie die kern van sy beginspan gaan wees.
“Ek dink die span is so 80% gekies. Daar kan nog een of twee skuiwe wees en beserings speel natuurlik ook altyd ’n rol.”
Die Springbok-losskakel Han¬dré Pollard het intussen uit Japan teruggekeer waar hy vir die NTT Docomo Red Hurricanes gespeel het.
Jesse Kriel, Bjorn Basson en Grant Hattingh sal in die volgende paar dae ook weer saam met die Bulle oefen.
Marais sê hy is tevrede met die spelers se kondisionering.
“Presies hoe fiks die manne is, sal ons seker eers weet wanneer die seisoen begin.
“Ons mikpunt is om die spelers volhoubaar vars en skerp te hou. Dit help nie jy is superfiks wanneer die seisoen begin, maar flou teen die tweede wedstryd nie.
“Die losmakers teen die Cheetahs en die Leeus sal ’n goeie rigtingwyser in dié opsig wees.” Marais voorspel die Suid-Afrikaanse spanne sal hierdie seisoen deur die bank meer aanval.
“Ons het ’n paar aanpassings gemaak aan ons benadering (in die Curriebeker-reeks). Die uitdaging sal wees om te hou by die uitvoering op die aanval wanneer ons onder druk geplaas word.”
Nee boys, julle is agter.
Weet iemand dalk wat die situasie met Francois Hougaard is. Is hy by die 7s of die Kings of die Stormers of die Bulle?
Hougaard is nie meer in Bulls groep nie, hy gooi sy gewig voluit in by sevens.
Dean en Werner sal nie vanjaar ons eerste keuse voorrye wees nie.
I see in the media that Pollard got injured and miht bw side lined for quite some time.
Do you know anything about it?
Yes Ruggafantoo, ek stem oor die Stormers wat so baie praat. n Stille selfversekering is vir my beter as n klomp grootmonde.
Ag wat , miskien het hulle rede om grootmond te wees. Ons sal maar moet sien hoe hul seisoen verloop. Miskien loop hulle oor van selfvertroue met PSdT en Etsebeth as hulle slotte.
Ons manne moet regkom. Ons kan nie die seisoen met n paar beseerdes in sleutel posisies begin nie
Sterkte Bloues en mag dit n fantastiese jaar vir julle as spelers wees en ook vir ons as supporters
Gelant
Jumbo
jessie
jan
obi
pollard
paige
arno
lappies
rorlof
nicolas
Orie
marcel
adriaan
Trevor
Callie
lizo
bholi
stegman
piet
brummer
dries
odendaal
Basson nie Obi
Hattingh bo Nicholaas
Steggies bo Roelof (hul kan roteer)
RG bo Orie
Bholi speel nie vir ons nie.
Voorspel hy gaan volgende RWC hul kaptein wees!
Hoop net ons jong slotte kom die mas op! Stormers het verseker as beter vaste vyf as ons, maar ek glo ons loosies en agterlyn is beter as hulle s'n.
Ek wil net weet waar Ruan Steenkamp en Burger Odendal is?Sien geen name van ons groep spelers nie.?Hoekom?
Ruan Steenkamp has been named captain of Tukkies. He will be brought into the CC side once the Varsity Cup is finished, But if the Bulls would encounter serious depth problems at 6 , Ruan will definitely make his debut at Super rugby level. Stegman is out for 9 weeks and Roelof Smit is still recovering from wrist operation.
As for Odendaal, I see his training fully with the Bulls top back line. He will ge on the bench, at least. But Nollis decided to give youngsters a chance that will most probably play in the CC side.