One change for Vodacom Bulls
Vodacom Bulls coach Nollis Marais named an unchanged pack to play the Rebels on Saturday at Loftus Versfeld in the first home game for the team in the 2016 Vodacom Super Rugby tournament, but an injury to Jesse Kriel will see Burger Odendaal start in the midfield. Odendaal will start at inside centre and Jan Serfontein at outside centre.
This enforced change will also see Dries Swanepoel moves onto the bench as a replacement for Odendaal and could run on in his first match at this level.
The home side suffered their first defeat of the competition at DHL Newlands last weekend, but Marais is more than happy to give the same squad a second bite at the cherry.
"I said last week that I back our squad and although we let ourselves and our supporters down last weekend, I am confident that we can turn things around. We performed poorly in some areas of our game and paid the price. I am confident that we can turn that around and deliver a much better result in our first home match of the season," Marais said.
"We are under pressure to deliver on the expectations from our loyal fans and the Rebels will certainly not make it any easier for us. They showed against the Force last weekend that they can win tough matches away from home and play for 80 minutes. They edged us last year, so will travel here with a lot of confidence. In fact, I think they are the favourites for this."
The coach was adamant that his troops will be better this week.
"We know we can do much better. We worked hard this week and those small niggles were sorted out. We will need better possession and it is an area we will focus on."
The Vodacom Bulls captain, Adriaan Strauss, was pretty pleased that lock Grant Hattingh will play in his 50th match in Super Rugby.
"Grant really played well last weekend. He has been a real stalwart for the team in the last couple of seasons and I am pretty pleased that he can achieve his 50 match milestone in front of his home crowd at Loftus. That said, a real team effort will be needed to beat the Rebels. They are a very difficult team to play against as they play intelligent rugby and vary their game well. It is difficult to pin them down."
The team (with Super Rugby caps) is: Warrick Gelant (1), Travis Ismaiel (7), Jan Serfontein (37), Burger Odendaal (11), Bjorn Basson (87), Francois Brummer (6), Rudy Paige (22), Arno Botha (34), Jannes Kirsten (1), Nic de Jager (1), Grant Hattingh (49), RG Snyman (1), Marcel van der Merwe (34), Adriaan Strauss (119, c), Trevor Nyakane (59). Replacements: Jaco Visagie (4), Lizo Gqoboka (1), Hencus van Wyk (2), Jason Jenkins (1), Roelof Smit (4), Piet van Zyl (55), Tian Schoeman (8), Dries Swanepoel (0).
Notes:
•Grant Hattingh will play in his 50th Vodacom Super Rugby match. He made his debut for the Emirates Lions in 2012 and played in 9 matches for the team.
Odendaal begin vir Vodacom Bulls span
Die Vodacom Bulls-afrigter, Nollis Marais, het 'n onverandere groep gekies om Saterdag teen die Rebels op Loftus Versfeld te speel, met slegs Jesse Kriel wat weens 'n besering nie weer Saterdag in aksie sal wees nie. Hy word deur Burger Odendaal vervang, met Dries Swanepoel wat op die bank inskuif vir 'n moontlike debuut op die vlak. Odendaal speel binnesenter en Jan Serfontein op 13.
Dit sal die Vodacom Bulls se eerste tuiswedstryd van die 2016 Vodacom Super Rugby seisoen wees, nadat hy verlede week teen die DHL Stormers op Nuweland afgeskop het.
Marais het gese hy gun sy span 'n tweede kans.
"Ek het verlede week aangedui ek ondersteun hierdie groep spelers en ons weet ons het nie net onsself nie, maar ook ons ondersteuners teleurgestel verlede naweek. Ek is egter seker ons kan sake regstel teen die Rebels en 'n veel beter resultaat kry," het Marais gesê..
"Ons is onder druk om in ons eerste tuiswedstryd 'n goeie vertoning te lewer, maar mens leef vir sulke uitdagings.
Die Rebels gaan dit nie makliker maak nie, want hulle het pas 'n goeie wen weg van die huis oor die Force gehad en ons verlede jaar in Melbourne geklop. Ek dink selfs hulle is gunstelinge vir die wedstryd."
Die Vodacom Bulls kaptein, Adriaan Strauss, was verheug dat spanmaat Grant Hattingh die mylpaal van 50 Super wedstryde bereik.
Hattingh het nege keer vir die Emirates Lions in sy debuutjaar in 2012 gespeel en daarna die res vir die span van Loftus Versfeld.
"Grant was baie goed verlede naweek en dit is altyd lekker om sulke wedstryde op Loftus te kan speel, so ek is bly vir hom. Dit gaan 'n taaie wees, want die Rebels is stert in die lug. Hulle is boonop 'n span wat slim rugby speel."
Die span (met Super Rugby wedstryde) is: Warrick Gelant (1), Travis Ismaiel (7), Jan Serfontein (37), Burger Odendaal (11), Bjorn Basson (87), Francois Brummer (6), Rudy Paige (22), Arno Botha (34), Jannes Kirsten (1), Nic de Jager (1), Grant Hattingh (49), RG Snyman (1), Marcel van der Merwe (34), Adriaan Strauss (119, c), Trevor Nyakane (59). Plaasvervangers: Jaco Visagie (4), Lizo Gqoboka (1), Hencus van Wyk (2), Jason Jenkins (1), Roelof Smit (4), Piet van Zyl (55), Tian Schoeman (8), Dries Swanepoel (0).
Notas:
•Grant Hattingh speel in sy 50ste wedstryd in die kompetisie. Nege daarvan was in 2012 vir die Emirates Lions, vir wie hy sy debuut gemaak het.
Maar soos ek gese ek gee die benefit of the doubt. Perform nie en kry kritiek.
Ludeke het dit vir 4 jaar probeer en nie gewerk nie.
Ismael, Basson, De Jager, 2 reserwe stutte was nerens in die game nie. Kirsten ook te stadig vir flank.
Brummer het ok gedoen, maar ek sien geen aanvallende opsies by hom nie, Tian moes daar gewees het.
Sien die Rebels het ook klomp beserings, so as ons nie hierdie een op Loftus kan wen nie, is ons behoorlik in die knyp.
Ulengo was ons top driedrukker in CB, soek heeltyd werk, vang beter as Ismael, maar hy word nie gekies nie ?
Maku moet ook bo Adriaan speel.
Waarom nou SP Marais. Kan hy los skakel speel. Ons het oor as genoeg ander kwaliteit agterspelers.
Wat van SLOTTE EN STUTTE mr Zander.
Mooi loop
In my eerlike opinie is die volharding met Kirsten op 7 'n fout en Piet van Zyl (wie al baie kanse gehad het) 'n yslike blaps.Ivan van Zyl sal ons nie in die steek laat nie - sy hande is goed. Die reserwe voorry van die Bulle is glad, geensins op dreef nie. Ek sou liewer reken Kirsten moet slot toe skuif as 'n enforcer. Hencus van Wyk was voor die tyd deur die coach beskryf as die regte man - en die res is geskiedenis. Total oorskat.
Dan - ek weet regtig nie hoekom het ons nou vir SP Marais nader getrek nie. Wat op aarde wil Xander doen met nog 'n agterspeler? Ulengo, Mahlo, Luther Obi, Jade Stiglingh - beide Basson en Jesse kan heelagter posisies dek. Ons het 'n ervare slot en vasskop nodig wat dinge kan anker in die tweede helfde. Fetcher sal reg wees as almal met beserings herstel het - maar dit was Saterdag al vir my duidelik dat de Jager te lig is vir harde kontak by afbreekpunte.
xander vertel ons asb. hoekom wil Lood nie vir die Bulle speel nie?
Ons probleem lê eerder op 6! Daar is nie balans nie, want ons het geen spesialis baljagter. Ek sien Zander het alweer die bal laat val... Marnus Schoeman is op pad Japan toe. Hy wou graag Super Rugby speel en hy het glo selfs met die Kings onderhandel. Seker een van die mees onderskatte flanke in Suid-Afrika. Hy kon nou goud werd gewees het vir die Bulls!
Go Bulls.
Na so n groot verloor sou ek dink dat daar ten minste een of twee veranderinge sou wees. Nollis het seker vertroue in die ouens wat hy kies so ons moet hulle ondersteun. Om na een verloor groot veranderinge te maak is seker ook nie reg nie.
Ek sou egter vir Ulengo of Obi daar wou sien. Dan sou ek ook vir Roelof as baljagter gekies het en vir Pierre Schoeman op die bank.
Mahlo word as vleuel aangewend maar hy kan ook skrumskakel speel. Is hy nie dalk n beter opsie as Piet nie.
Gelant (Kriel as hy reg was)
Ulengo
Jan
Burger
Basson (Gelant as Kriel op heelagter was)
Tiaan
Paige (sal hom nog 'n kans gee)
Hanro (lyk my Nollis wil niks weet van Ulengo en Hanro nie?)
Arno
Smit
RG
Hattingh
Marcel
Strauss
Schoeman
Reserwes: Trevor Visagie Werner (dit is erg, maar selfs Werner is beter as Hencus!) Jenkins Janse Ivan Brummer Dries
Hhhahahahahahaaahahha (soos jy maak)
Die Bulle gaan Saterdag Ludeke 101 skop-die-bal-in-die-lug-in-en-hoop-vir-die-beste tipe rugby speel.
Ai, ai, ai.
Mag ek heeltemal verkeerd wees, maar ek kan nie sien hoe dit anders gaan wees nie.
Het groot hoop gehad vir Nollis, maar ook die feit dat hy Brummer van buite laat haal het, en hom bo Tiaan gekies het, het hy groot blaps gemaak. Daarmee het hy TIaan se selfvertroue ook 'n groot knak gegee.
Tian moes dadelik begin het, toe Pollard uit is. Nou het hy klaar vir hom gesê jy is nie goed genoeg om te begin nie, en sit ons met Brummer vir die hele seisoen om te begin, met geen aanvallende opsies nie.
So die koeie is net nie clueless op die veld nie maar ook tydens oefening. Twee koeie hardloop in mekaar vas Kriel is een van hulle
hahahahahahahahahahah
Ek merk dat heelwat van jou posts 'n seksuele ondertoon het en dat jy bloggers uittart. Jy is dus reeds besig om die blogreels te oortree. Hier het reeds 'n hele paar mense vir jou gevra om te stop. Dis nie moeilik om vas te stel wie jy is nie.
Beskou hierdie dus as jou laaste waarskuwing voordat ek jou aanmeld en verdere stappe gaan neem:Verwyder jouself hierso of staak jou snedige opmerkings en gesels rugby.
My aanbeveling, jou keuse.
Hahhahahahahahaha
BlouKaap ek gaan maar voort met stappe sodat ons van vis ontslae kan raak! En Stormers is tops ook, hulle is duidelik net hier om moeilikheid te maak.
Of wag, ek doen dit sommer. Totsiens vissie.
Klomp ongemanierde varke. Genade....
Kings Groete
Vis
Handre Pollard
Grant Hattingh
Roelof Smit
Jesse Kriel
3 of the 4 played rugby in Japan. I reckon Jesse's was juat a realle freak accident, but I also have my doubts about too much rugby?
Die wedstryd satedag behoort egter anders te wees. My verstand se vir my ons behoort amper gelyk te wees. As ons egter ons deel doen en in massas optrek loftus toe, Dan gee dit vir ons 'n 7 punt tuiswedstyd voorsprong .
As die skare dus opdaag, voorspel ek die bulle met 7. As die pawiljoene leeg is, is dit egter baie gelyk. Die bulle se bank is egter baie dun en onervare, so ek sal nie 'n laaste minuut skop deur die rebels weggooi nie. Hoop egter daar is ten minste 20000 mense op loftus en ons het nie nodig om ons te bekommer oor 'n laaste minuut skop nie.
'n paar verandering in die span wat ek graag sou wou sien. Piet begin en Paige as impak. Spoed op 6 met Roelof. Ulengo in Ismael se plek op vluel.
As gevolg van soortgelyke kommentare begin verlede jaar waar die afrigter en spelers aanhoudend sleggesê en beledig is en die bloggers onder mekaar ook uiters beledigend was, het ek hierdie blad gladnie besoek deur die jaar nie. Toe wonder ek, miskien gaan dit nou beter en kan ons weer behoorlik rugby gesels soos 'n klompie jaar gelede, heelaas toe nie.
Die vlak van kommentaar vanaf enkele deelnemers is werklik swakker as swak. Julle weet wie julle is, wil julle nie maar die blog verlaat nie, die Bulle het nie sulke ondersteuners nodig nie.
Natuurlik is dit nie lekker nie om te sien tot watter vlak die Bulle se rugby gedaal het, en het die eerste wedstryd nie regtig baie belofte ingehou nie, maar om na een wedstryd alweer die afrigter en sommige van die spelers te beledig en af te wil skryf is net nie reg nie. Onthou maar net altyd, hoe sou ek en jy gevaar het indien ons die afrigter was. Enige bewyse??
Daar het al baie beter spanne as hierdie onervare klomp selfs onder die beste afrigters, ook maar lelik op Nuweland verloor, net soos wat vele ander spanne ook sleg op Loftus verloor het.
Dit bly steeds ons span en konstruktiewe kommentaar sal altyd lekker wees om te lees en as dinge nie lekker loop nie, natuurlik kan mens daaroor redeneer, maar asb net sonder al die venyn en beledigings.
I have been a visitor to this blog for some months and have noticed with increasing disappointment how the quality of the content has deteriorated. I can understand that supporters are passionate and vent their frustrations when results are poor and the future looks dismal, but we also have to understand that the Blue Bulls website is a public domain visited by fans such as youngsters of school-going age and older, aspirant young blue bulls, players in the Academy, and even those young players that have stepped up into Super Rugby. I am sure many of us remember how, as young rugby supporters, we hungered for any possible news about our heroes, reading news articles, watching every game, looking to get their autographs. The questions we need to ask ourselves are: What are we achieving with this negativity we are broadcasting? Who is it aimed at? How does it affect those youngsters when they read about their heroes being openly lambasted?
People are entitled to post aspects they perceive to be warranted, but as for some of the derogatory statements and crude language being published there can never be any excuse. What kind of supporter are you if you stoop to this lowest of levels, and what is your message to visitors to this site and to those young supporters?
Please, let’s think before we post our blogs, criticize in gentlemanly fashion and compliment where compliment is due.
Finally, to those that have reacted to the seemingly unwanted interference from an ex Bulls supporter, I would advise not to rise to the bait. There is after all the old saying: “If you lie down with dogs, you get up with fleas”.
Best wishes for Saturday, let’s get behind and support our team!!
Nee kyk, so jannie jammergat houding het ek lanklaas gesien.
Met Brummer as losskakel maak dit nie saak hoeveel talent in die res v.d.agterlyn is nie....hulle gaan nie enige bal sien nie. Ten minste val Schoeman die voordeellyn aan. Nollis, as jy hier lees, jy maak n GROOT flater.
Ons het tans na my mening die volgende probleem areas:
1. reserwe voorry
2. slotte te lig
3. lostrio nie vinnig genoeg nie
4. skakelpaar kan nie game stuur nie
5. senter kombinasie is nog nie gevestig nie
6. vleuels soek nie werk nie.
So dit lyk nie te goed nie. Nollis het besluit om hierdie probleme nie aan te spreek deur spanveranderings nie. Ek hoop regtig hy is reg en ek verkeerd.
Maar onthou ook, die Rebels is nou ook nie die beste van spanne nie, en ons speel tuis. So al wen ons hom, gaan die groot toets wees as ons teen die topspanne speel.
As ons kan groot en goed wen teen Rebels, met bal in hand rugby, sal dit opmaak vir laasweek. Anders lê daar swaar tye voor.
Nie pessimisties nie, maar 'n realistiese Bul, vir altyd !
O ja, Xander, het jy al vir Marnus gebel voor hy Japan toe gaan, maak hom 'n aanbod !
Sterkte vir Saterdag Bulls en my bloed bly Blou.
die stomers is maar ook geroes of van stryk af. Maar die 2de helfte het hulle reg gekom en ons ore aangesit........Maar laat ons sien of die span kan regkom met hulle tekorte.....
Moet ons nou stilsit en bokkerall sê. My vrou wat bittermin van rugby weet en ook nie belanstel nie, sie ons kort stutte en slotte. Voeg daarby n losskakel. Loftus is reg, Schoeman val die voordeel lyn aan, maar dis al wat hy doen, almal weet hy gaan val. En hy hou nie van verdedig nie. Ek
Maad dis nog niks. Daai over rated Galant en Ismael - hullesoek nie werk nie en hou nie van omdraai.
Ook lyk my die bulle het n gelofte afgelê om vreeslik vinnig te transformeer. Kyk maar bestuur en spelers, ook sommer neiging tot kapteinskap.
Die uitdagings is net te groot.
Nollis moet pasop Stormers gaan vir jong Liebenberg opraap voor hy weet wat aangaan.
http://www.notey.com/@rugbyworld_unofficial/external/8111278/super-rugby-eight-players-to-watch.html
ironies, spelers wat deur oorsese media geidentifiseer word as talent om dop te hou, haal nie eens ons span.
Ek deel jul bekommernis.
Ek het al gewonder of die spiere wat so in die gims gepomp word nie misjkien deel van die probleem is nie. Baie jare gelede was daar 'n liggaamsbouer, Tromp van Diggeling, wat die gesegde gehad het iets soos Spiere van gehalte word nie noodwendig gesien nie. Ons het daardie jare deur die motorbande wat teen pale vasgesit was deur moes storm, met blou kolle en kneuse tot gevolg, maar ek dink ons het beter spiere gebou as die hedendaagse gim spiere. Ek wonder maar net of daardie oefeninge nie nader aan die kontak situasies was om die spiere in te oefen nie..
Hopelik gaan Nolis en ons meer wys word hierdie naweek, is hy op die regte spoor, of gaan ons weer dieselfde paadjie loop as verlede seisoen. Hy moet sekerlik vertroue in sy span wys om hulle ook te motiveer, en kan nie sommer net 'n speller drop nie, behalwe as die ou aanhoudend swak vertoon.
Een problem natuurlik is die reserwes wat moet instaan en nie die mas opkom nie, en duidelik nie op Superrugby vlak kan presteer nie, almal het mos maar 'n "plafon" van prestasie. Hoe gemaak om die "swak" reserwe te vervang as daar nie eintlik beter is nie. Solank dit net betyds opgetel en daaraan gewerk word.
Intussen hou ons duim vas vir Saterdag om 'n behoorlike wen af te trek met goeie spel wat minstens lyk asof daar 'n plan is.