Waratahs too strong for Vodacom Bulls

articles.comments (57)

The Waratahs defeated the Vodacom Bulls 31-8 in Sydney on Saturday.

The Waratahs extended their unbeaten run in the Vodacom Super Rugby competition to four matches by beating the Vodacom Bulls 31-8 at Allianz Stadium in Sydney.
The loss is the Bulls second on tour so they return to South Africa with two losses and a bonus point win over the Western Force.
The result moves the Waratahs to the top of the Australian Conference with the Brumbies in second.

Next week the Bulls return to South Africa as they host the Stormers next weekend in Pretoria.
Scorers
Waratahs: Tries – N.Phipps 2, D.Mumm. Pen – B.Foley. Con – B.Foley 4
Bulls: Tries -D.Swanepoel. Pen -T.Schoeman

More to follow...

Pin It

May 14, 2016

(57) Waratahs too strong for Vodacom Bulls

  1. gravatar Vis says:
    HAHHAHAHHAHHAHHAHA

    Blou trille word verwoes deur nog 'n swak aussie span. Ek het julle mos gese julle gaan 1 uit 3 wen.

    Rudy Page is bok kwaliteit.

  2. gravatar Vis says:
    Ou Nollis het 'n 7 jaar plan soos Frans Ludeke gehad het.

    Hahahahhahha
  3. gravatar nitronic says:
    Pateties.

    2de helfte lyk almal moeg en onfiks

    Paige en Van Zyl maak die game stadig saam met Strauss. Dikgat teletubbie is nog n speler wat sy beste rugby speel by ander unies.

    Ulengo is nie n regterveleuel nie

    Jesse hardloop elke keer skuins banggat

    Basson is nog silwer skoon na 80min. Banggat

    Hopelik behou SP sy plek al speler wat kyk of hy iets uit niks kan maak en kry dit reg partykeer

    Kom ons hoop die stormers kry ons jammer en hou die scoreline klein volgende week.

  4. gravatar Myler7 says:
    Nie Tahs wat te sterk was nie maar osse wat te onnosel is. Tahs maal game binnig en harfloop ons deurmekaar. Ons sukkel ure om bsl te speel en gee ztahs genoeg tud om in plek te kom.

    Tweedens swak spankeuses. Geen skrummies nie en speel Serfontein en Swanepoel op senter en Kriel op heelagter.

    Derdens is Bul rugby diep in die Kak want bestuur en afrigting is power. Cb span se afrigtet openlik erken hy is wp ondersteuner en mens kan sy opinie sien in die bulle se vertoning vanjaar.

    Bulls het meer afrigtets en suppory staff ad spelers en streds geen breinkrag nie.

    Begin bo regruk en ernstige Bulle ondersteuners moet dit nou afdwing met ons beursies en support. Weerhou dit tot verandring plaasvind.

    Laastens wil ek dit net weer duidelik stel om te verloor teen beter span is nie n skande nie maar die tipe gemors wat bulls tans rugby noem is skande.
  5. gravatar Myler7 says:
    Jammer vir die spelling maar soos hulle se boetie is die bliksem in omdat idiote van my eens trotse unie en span n grap maak met kak bestuur kak afrigting kak span keuses en hier sluit keuse van spelers koop in
  6. gravatar Blouland says:
    Het gister se game van Montpieller gekyk, al die saffas was skitterend. Veral Bismark en Willemse was wêreldgehalte. Dink nie Willemse sal ooit weer terugkom nie, kry te veel geld, kry goeie afrigting en volgende jaar gaan sy span vir die Europese Cup.

    AC sal mal in sy kop wees as hy nie vir Bismark, Willemse en Frans Steyn in sy bokgroep kies nie. Selfs Spies lyk baie beter.

    En so ploeter ons voort met nog 'n sukkel seisoen en die enigste goeie nuus is dat ons nou met Boland en Pumas rugby bande het. Wat beteken dit, nog meer regstellende aksies en spankeuses ?

    Stem 100 persent saam met Poliesman, die beste spelers moet gekies word, gee nie om watter kleur nie, anders is dit rassisme.

    Wakker skud BBRU !
  7. gravatar Bullterrier says:
    Baie geluk Nollis.. Jy en jou useless afrigters saam met jou en die cc afrigter met die naweek se uitslae.. Ha ha ha ha.. Waar is al die Arno Botha haters nou?Julle mannne het gekook.. Jannes het ek persoonlik gesien word 2 keer omgehardloop...en verder niks gemaak nie. Hanro is heeltemal te lomp en stadig... Lappies 4 strafskoppe afgestaan. Ekt fisies getel... Paige is nie eers goed genoeg vir die B spanne by ander unies nie..Jannes Kirsten en Basson pony tailes???? Van wanne af lyk ons so? Maar ja geluk Nollis en Kie.. Soos ek gese het. Jys n regte clown en bo jou vuurmaakplek. Cc span in is n regstellende aksie span.. Hoop hulle besef nou wat gebeuer as jy politiek en rugby meng... Ons dae is getel.. Ons b span is moer swak.. Ons A span het n swak afrigtingspan en al. Ons spelers worry te veel oor hulle hare ens...Bulle se dae is getel. Kry asb nuwe afrigters.. . Nuwe hulp afrigters.. Nuwe scout want ons sin kan nie talent raaksien nie..Dis al dankie.
  8. gravatar Muzi says:
    Dries Swanepoel is the best @13 the Bulls.....imagine what he could do with Francois Venter at the Cheetahs....underrated by the Nollis Marais.
  9. gravatar Bullterrier says:
    @Bulls Supporter... Jy klink soos n ou wat netnie daarvan hou as ons name noem nie. Klink of jy iemand ken in daai span. Ek en Nitronic is gewone supporters.. Ons verskil ook. Maar ons mag name noem. En dis nie n geheim nie bulls is swak.. Baie swak.. . Kyk na die score. So hou op persoonlik dink aan wieookal jy in die span het.. As jy saam met Vis stem is daar fout met jou. Dan beteken dit ons mag gladnie name noem nie. Maar hy mag maar elke dag ons supporters slegse.. Gaan vir jou oor die name en is vir jou persoonlik. In daai geval los dan die blog. Jy gaan altyd kwaad raak.
  10. gravatar Bloukaap says:
    Nou ja. Baie bly hierdie Ausie toer is nou verby. Nollis sal nou weet hoe moeilik dit is om oorsee te wen. Ons het later nog 1 oorsese game teen Jaguares in Arg. So ver het ons uit 4 oorsese games 2 gewen en 2 sleg verloor.

    Myns insiens het die Bulle se pak na rustyd slae gekry. Ons het weer eeneen begin speel sonder goeie ondersteuning by afbreekpunte. Ons verdediging het me tye begin slaplê. Ek was verbaas dat ons skrums gehou het.

    Die refs aan daardie kant vd oseaan mis aanslane en onkantlyne maar blaas ons daarvoor. Superrugby moet gebruik maak van noordelike halfrond skeidsregters.

    Weereens moeilike game wat wag teen Stormers wat vanoggend bitter gelukkig was om te draw. As ons die Stormers wil klop, sal dit nou moet wees.

    Groetnis bloggers, moeilike pad wat wag op ons span. Gaan support hulle oor die vlgde 2 naweke op Loftus hul gaan dit nodig kry!

  11. gravatar nitronic says:
    Bulls supporter are you happy with the loss, actually hiding that we got? Are you happy that the type of rugby we played in the 2nd half will bring us into finals? Or are we going to hear the same excuses we heard the past 6years. Is it just another tour match?

    Wakker skrik.
  12. gravatar nitronic says:
    Bull terrier gaan met jou saam stem ons loosies was swak uiters swak. Ek glo nie Arno sou veel verskil gemaak het nie.

    Paige gaan ek eers niks oor se nie. Selfde met Basson.

  13. Bullterrier,
    My last comments on this. It is you who leave yourself open to comments from Vis so be prepared to take it on the chin. Then, I have no personal interest in any player in Australia. In fact on the aspect of the loosies that you have been going on about endlessly, I think the best loose forward stayed behind in South Africa. You just have to watch the second half of the CC game against EP.

    Nitronic, nice reply, much nicer than your previous post. No, I am not at all happy with the loss.
  14. gravatar Blue Bull says:
    Not a good second half display by the Bulls. We did not pitch up after the break and Adriaan Strauss de moer in facial expression says enough. There is no need to defend this bad perfomance Bulls Supporter. We were just poor in the 2nd half and gave up. Nollis is quite honest about us not being on par, and that doesnt make him a bad Bulls supporter just because he is honest. The Frans Ludeke cliche was normally "there is a lot we take from this game. We did this and that right and should keep on doing it better."


    Anyway, I did not bet on us to win this one too, (although I hoped for a different outcome). But I do think we will pitch up against the Stormers. We will have to get numbers at the break downs and need to finish the opportunities that we create. If we want to have a realistic chance od reaching the play offs then we need to beat the Stormers at Loftus. I get the feeling that the play off pressure is impacting on the team.

    Our biggest drawbacks is 9 and 10. Rudi Paige's options is not doing us good and ou Piet us nit much better either.


  15. gravatar Blouland says:
    Ja, ons grootste probleem is die ongelukkig die skakelpaar, kan nie die game lees en span op voorvoet kry nie. Die bietjie balbesit wat ons wel kry, word dan weggeskop, geen planne nie, geen aanval nie, net skop weg en hoop die ander span maak 'n fout.

    As ons net so bietjie rugby gespeel het met meer guts en slimheid, en ons kon bonuspunte kon kry in die 2 verlore, dan was ons net 1 punt agter Stormers. Ons het daardie kans ook weggegooi.

    Brumbies en Tahs was maar so-so, en ons het hul weer laat goed lyk en terug in die wedloop geplaas.

    Stormers was swak vandag en speel al swakker elke naweek, maar wag, maar die nak passiewe Bulle op Loftus gaan hul veldtog weer op koers plaas, hou die spasie dop.

    Ek sien 'n herhaling van die eerste rondte, ons hardloop die hele veld vol behalwe oor die doellyn, en dan 2de helfte sak ons uit.

    Ek is bevrees daar gaan meer Stormer ondersteuners op Loftus wees komende Saterdag, as Bulle ondersteuners. En dit is nie die ondersteuners se skuld nie, maar die soort rugby wat opgedis word wat nie skares trek nie.
  16. gravatar Bullterrier says:
    @Bulls supporter.. Confirmed then. You know a loosie in the cc team. And sorry. Ha ha.. But no player in that cc team is good enough for super rugby at this stage..
  17. gravatar Realis says:
    Aag ou nitronic, jy bly maar 'n Vis.

    Die seevierende spanne van 2007, (Wen 9 verloor 4), 2009 en 2010 (10 - 3) het ook rugby wedstryde verloor. Party kere teen spanne soos die Western Force op Loftus.
    Sharks 17–3 Bulls
    Bulls 27–30 Western Force
    Crusaders 32–10 Bulls
    Hurricanes 17–9 Bulls
    Brumbies 32–31 Bulls
    Dit met legendariese spelers soos, Johan Roets, Akona Ndungane, JP Nel, Wynand Olivier, Bryan Habana, Derick Hougaard, Fourie du Preez, Pierre Spies, Pedrie Wannenburg, Victor Matfield, Bakkies Botha, Danie Rossouw, Gary Botha en Gurthro Steenkamp

    Daar is ook finale gewen met spelers soos Rayno Gerber, Jaco Engels, Danie Thiart, Derick Kuün, Heinie Adams, Jaco Pretorius, Dewald Potgieter, Deon Stegmann, Burton Francis, Marius Delport, Gerhard van den Heever, Jacques-Louis Potgieter, Bandise Maku en Bees Roux. En afrigters soos Frans Ludeke en Heyneke Meyer.

    Die punt is, jou IK beroofde meester van die sleutelbord, as jy so vesrkriklik baie weet, hoekom is jy nie aangestel as die hoofafrigter van enige rugbyspan nie, wat nog van 'n Super rugby span? Week na week verwys jy na spelers/afrigters as "useless", "banggatte" en "kaksleg". Nou, ek kan jou laat weet ou vriend, dat geen rugbyspeler wat al ooit die trui van die Rugby Unie van die Noord Transvaal, Blou Bulle of Bulle aangetrek het, "useless" of "kaksleg" kon/kan wees nie. Ons het immers darem al bereik, nou wel as waar net op die rugbyveld, en nie agter 'n rekenaarskerm nie, wat JY duidelik nooit gaan bereik nie. Dink jy vir een oomblik ons Skole, Universiteite, Klub, en Provinsiale afrigters het almal afsonderlik besluit dat ons goed genoeg is vir die span, maar JY dink ons is "useless".
    Ek nooi jou graag uit om vir Marcelle van der Merwe en Arno Botha in hulle gesigte te gaan vertel hulle is "banggatte".

    Dit alles gesê, is elke ou geregtig op 'n opinie, en as die span wat jy ondersteun verloor dan raak die "fans" maar opgewonde. Voor jy jou opinie gee, het jy jouself al afgevra, wat is die politieke, finansiele, gesondheids ens ens omstandighede wat 'n Suid-Afrikaanse rugby afrigter moet deurdink voor hy 'n span kies? Dink jy vir een oomblik daai mense hou van verloor?

    Ons wil almal hê die Bulle moet elke wedstryd wen. Gaan dit gebeur, beslis nie. Gaan hulle hierdie jaar die toernooi wen, hoogswaarskynlik nie. Jou geliefde Lions met die beste speler ooit in Jaco Kriel, en die beste afrigter ooit in Ackermann (Jou opinie) gaan dit ook nie wen nie. Beteken dit dat Bjorn Basson of Hanru Liebenberg nie tot die beste van sy vermoëns op 'n gegewe dag speel nie? Ek sal stry dat ek nie een rugbyspeler ken wat al ooit op die veld getree het wat nie wou wen nie.
    Wêreldwyd gaan spanne deur siklusse, Liverpool het laas die Engelse Premier Liga in 1990 oorwin en hulle het dit al 18 keer gewen in die verlede. Die Chicago Bears het laas die Super Bowl in 1985 gewen. Maak dit al hulle spelers van toe tot nou "useless", "banggatte" en "kaksleg"?

    Nou sal jy vra wat is die oplossing? Wel as ek of jy of die ander bloggers weet, dan moet ons aansoek doen vir die posisie nê!! Reg nou is dit Nollis Marais se beurt en as hy dit nie reg kry tot die bevrdiging van die leierskorps nie, dan word hy afgedank, of hoe?
    My voorstel is, kry 'n lewe weg van sosiale media af, kry bietjie son, lees 'n Bybel, swem in koue water, kry miskien 'n vrou en kinders wat jou kan besig hou en as jy nog kan sien/staan na jou gesprekke met al die "banggatte" dan kyk jy of jy iewers 'n verskil kan maak in die samelewing want om spelers/afrigters name te noem is nie dit nie.

    Laastens, gaan dit nie help om my nou aan te val of te beledig nie, ek gaan jou nie terug antwoord nie. Gaan dink liewers oor wat ek getik het en besluit of daar 'n lig aangaan iewers.
  18. Realis,

    Thank you.
  19. gravatar nitronic says:
    Ag ou realis nog een wat gelukkig is met ons spel. En ja as n speler n banggat is op die dag dan is hy en ek sal so se.

    Jy klink maar soos iemand wie se mamma op jou kop sit.

    Snaaks dat jy nie kommentaar lewer op n weeklikse basis nie. Of laat mamma dit nie toe nie?

    Gooed gaan mooi loop. As my kommentaar julle pla is dit julle probleem
  20. gravatar nitronic says:
    Snaaks jy se realis dat jy nie gaan terug antwoord nie. Isbjy nou dan self n banggat
  21. gravatar nitronic says:
    Net nog n ding. In sport is hy so goed soos jou laaste game use it dont use it....... dis n plesier

    Of wag jy lewe nog in die glorie jare van 2007 2009 en 2010.
  22. gravatar Ou Snoekkop says:
    Sjoe Realis, nou het jy darem vir ou Nitronic goed gese. Hehe
  23. gravatar Johannes says:
    Na die Stormers se in die laaste sekonde drie teen die magtige Sunwolves wonder mens hoeveel slegter kan mens speel! Weer het die Leeus na die enigste span gelyk wat goed gelyk het - in die stortende reen.
    SA rugby met of sonder transformasie is in sy maai in.

  24. gravatar Divan says:
    Hahahahaha haai shame kyk nou net vir Realis lewer geen kommentaar die jaar nie maar wil nitronic aanvat en raak dan persoonlik ook. Argumenteer met die man oor rugby sonder om persoonlik te raak.

    Realis haal die balk uit jou eie oog voor jy die splint in ander se oe sien.

    Fyi ek se ook dis van bang wees dat Jesse skuins hardloop en Basson nie werk soek nie.

    Bull supporter did you call your dad (realis) to come and help
  25. gravatar Paarlbul says:
    Al wat ek hoop is dat Nollis geleer het, want die spelers het gewys hulle kan n ander game speel.
    Die Yes ticks van die toer
    1 Skrums het baie verbeter. Hoop net hulle hou v Trevor op vaskop, sodat hy kan leer baie beter as Werner
    2 Verdediging hulle het baie getackle laaste 2 games
    Die No ticks eintlik net 1 waarom die laaste 2 games teruggaan na die Frans gameplan. Nollis jy het gewen met jou nuwe game en JY VERLOOR met Frans se gameplan. Geen spasie is aangeval, suppott en offloads missing!!
    WAAROM?
    Die CB afrigter moet onmiddelik gefire word, hy f-k als op.
  26. Agrobul says:
    Goeie more mede bloggers

    Ek moet bieg en se ek het die afgelope 2 wedstryde ook spelers sleg gese en gevloek en nog erger my familie kry ook maar my slegte kant vir n paar ure na n game, maar more kyk ek weer na die week wat voorle ! Wat ek probeer se ,is dat ons almal mense is met verskillende maniere van situasies hanteer in die lewe. Ek se nie iemand is reg as hy vuur spoeg en/of meer negatiewe/positiewe dinge te se as sy span verloor nie,maar wat wel waar is ,is dat die meeste van ons (selfs vis) passievol is oor Bulls rugby!
    Van ons vloek, van ons se sleg, van ons debateer, van ons bly stil, van ons beledig ens ens! Die feit is ,is dat niks en niemand wat gister en voor dit gebeur het kan verander nie. Wat ons wel kan doen is om te probeer konstruktiewe opinies en raad op die blog te post wat opbouend is teenoor mekaar,spelers,afrigters en bestuur!
    Ek stem saam dat ons cc span swak vaar,maar imo is dit onervare afrigting. Oor gekleurde spelers kan ons baie praat,maar onthou al die ander cc spanne moet met dieselfde kwotas speel!
    Politiek gaan deel bly van ons sport. Niks sal dit verander nie,want dis die enigste manier waar die politici n mens kan manupileer(neem vc as voorbeeld). Ek voel net jammer vir die gekleurde spelers wat dit verdien om gekies te word ook getel word as transformasie. Wat eintlik nou gebeur is dat spelers soos Habana en kie wat in begin spanne hoort nooit kan se dat hulle elke keer dit oor verdienste gekry het(in SA) nie! Hulle is deel van politieke vergrype!
    Nog n faktor is dat die swak rand ons van die meeste van ons beste spelers beroof! S A rugby/ meeste spansporte sal nie sommer weer n faktor wees in die wereld nie a.g.v. politiek en geld!
    Individuele sporte soos gholf,tennis,swem,boks ens ens kan minimaal beinvloed word deur politieke kragspelle,maar dis waar ons ons kampioene gaan kry! Niemand kan vir n Gholfer se jy mag nie deelneem anders boikot ons jou nie!
    Dan speel hy net onder n ander land se vaandel en siedaar probleem opgelos en SA verloor nog n sportster en soveel meer respek by sy mense en mense regoor die wereld!
    Wat die Bulls aanbetref. Absolute tragiese poging deur meeste van die betrokke mense. Spelers,afrigters en skeidregter het almal n swak dag gehad!
    Ek kan nie sien dat ons enigsins impak gaan maak vir die res vd seisoen nie! Hoop ek word verkeerd bewys,maar Ek dink die volgende 2 wedstryde gaan ons finaal breek!
  27. gravatar Rian Malan says:
    Realis,lyk my jy is tevrede dat die Bulle so voortploeter veral die CC span,dan moet jy jou kop laat lees want jy is siek.Skuif vir Jessie heelagter toe,gooi vir Ulengo uit hy is bang,kan nie tackle nie en kan nie n hoe bal vang nie,bring Dries Swanepoel in,verban vir Paige uit alle rugby uit.Lappies is by verre in my oe ons beste voorspeler.Met die manne se ponie tails lyk hulle en speel soos n klomp moffies.Fire die useless swak,geen kennis CC afrigter en Ger wessels as President --wat se jy want n mens hoor nooit van jou nie.Buurman van zyl ,Syd Kingsley en Fritz Eloff draai in hulle grafte om as hulle weet van die disgrace
  28. gravatar Ou Snoekkop says:
    Rian ek dink nie Realis is tevrede dat die Bulle so voortploeter nie. Ek dink net hy is moeg vir Nitronic wat spelers slegse. Dit is nie van gister af wat Nitronic hom skuldig maak daaraan nie. Daar is begaafde spelers wat hy regtig afkraak. Elke ou het sy gunsteling spelers maar om te se dat Arno Botha n banggat is, is mos verregaande. As hy se dat Paige swak is kan ek met hom saamstem want hy IS swak.
    Rian ek stem egter 100% saam met jou ander menings behalwe jou eerste sin. Ek kan self nie glo dat die eens magtige Noord Transvaal / Blou Bulle dit kan toelaat wat nou daar aangaan nie.
    Kom ons hoop erens gaan ligte aan en daar word daadwerklik opgetree om ons weer op die ergte pad te kry. Om voort te ploeter met die CC coach gaan ons unie niog baie skade berokken.
  29. gravatar Observer says:
    Elkeen is seker geregtig op sy OPINIE. Dit maak dit nie die waarheid. Ek lees hoe van julle die lostrio kritiseer. Dan lees ek in vandag se Rapport "Daar was soet en suur. Die spel van die Bulle se lostrio was 'n ligpunt. Veral die 20-jarige Liebenberg het duikslag na duikslag gemaak en sy fisieke teenwoordigheid was enorm." So weet die sport joernalis niks van rugby, het hy 'n ander game gekyk of hoekom sou dit sy mening wees?
  30. gravatar Loftus says:
    Ons mis vir Gelant en Pollard en ons pak kort enforcers. Ons groot probleem is dat ons nie n generaal het op10 of 9 wat ons game kan direct nie.
    Paige se game is 1 dimensioneel en ek verwag meer van n "Springbok" skrumskakel. Hy pass basies maar net die bal en probeer boxkicks. Hy breek nooit die lyn met breekslae om die rucks nie. Seker omdat hy altyd te laat by die rucks aankom.
  31. gravatar Blue Bull says:
    Wont help to kuk out the supporters - the team need to get that trophee cupboard full again. Loftus is alarmingly empty. I am very worried that supporters are not filling our stadium. The Bulls cannot financially afford another bad season. If Realis wants to be a realist, he needs to open his eyes to what is happening on the seats.

    So we can punish Nitronic for his negativity till the cows come home, but the fact is the Bulls supporters were used to finals for 10 years. There is no NZ sides playing here, and no one can choose their best side because of transfromation and the Euro. The Currie Cup is a total mock up and this has been going on since 2011.

  32. gravatar Wes says:
    Die Lions se span speel nou al 3 jaar of langer saam maar het 7 uit 10 westryde gewen. Anders gesien, 3 uit 10 verloor.
    Die Stomers het 6 uit tien gewen of 4 uit tien verloor. Die Sharks het 6 uit 11 gewen of 3 uit 11 verloor.. Die Bulls met hul jong span van wie verskeie hul eerste Super toer gedoen het en met hul "swak" bestuur en afrigters het 6 uit 10 gewen en 3 uit 10 verloor.
    Die ander 3 genoemde spanne se ondersteuners is met hul tuis wedstryde daar om hul span moreel te steun en aan te vuur maar waar is die Bulle se ondersteuners. Die Bulle het skynbaar die swakste ondersteuners van almal. Selfs die Kings doen baie beter.
    Kom ondersteun Saterdag jou span teen die Stomers en gee hierdie jong span die nodige aanmoediging
  33. gravatar Blou Kaap says:
    Ek lees dat die Bulle Saterdag asem ophou oor Strauss.

    Nollis moes hom gerus het teen Waratahs. Om hom te speel teen die Stormers met knie besering - en almal wat draf en fietsry sal weet knie beserings is altyd onderliggend en belemmer jou prestasie vermoe - kan ons baie duur te staan kom.

    Anyway, welkom terug aan die boytjies en Saterdag het julle minstens 'n vol stadion, al gaan 60% vd mense Stormers wees.

    Die mense wat die swak ondersteuning op Loftus kritiseer is reg. Ek gaan kyk alttd die Bulle hier op Nuweland al is ek id minderheid. Daar is geen rede hoekom Bul ondersteuners nie Loftus toe kan gaan nie.
  34. gravatar nitronic says:
    ou snoekkop besin jy liewers met jouself oor hoe die stormers gelykop gespeel het met die swakste span die wolves.

    Loftus stem heeltemal saam met jou ons problem le by 9 en 10. Dit is mos ooglopend dat Paige daar is vir politieke redes.

    Ons gaan ons game moet verbeter die Stormers was pateties teen die Wolves maar ons moet nie laat dit ons benadering vberander nie. Hulle wen ons nou sedert 2011. Manne moet hulle koppe reg kry
  35. gravatar kabous 23 says:
    In blou land hoop ons vir die beste. Ons hoop Fourie word betrek om ons skrummies te kom afrig. Ons hoop ons skrums raak beter, ons hoop Pollard herstel gou van sy besering, ons hoop ons afrigter kies die beste spelers, ons hoop ons spelers is lus vir speel. ons hoop ons speel ;n goeie wedstrydplan, ons hoop ons wen 'n beker.

    Wanneer gaan die bulle desperaat word en selfversekerd. Wanneer gaan ons afrigters hul werk doen. Wanneer gaan die kultuur by blou land verbeter.

    Ons moet bo begin en terugwerk. Miskien by Barend self.

    Op die ander trand, ons het 20 jaar gehad om goeie spelers van kleur te ontwikkel. as ons nie 'n goeie skrummie het nie is dit ons eie skuld en ons moet maar pa staan daarvoor. Ek ry steeds elke week verby platelandse swart skole wat nie rugby geriewe het nie. Myne verander steelds hul rugby velde na sokker velde toe. Dis nie genoeg vir Waterkloof, Affies en FHO en die ander skole om gedwing te word on spelers van die wes kaap af in te voer nie. Mamelodi kort 1 of 2 goeie klubs. en laer skole in mamelodi en swart gebiede kort geriewe en afrigting. Die bulle se geldelike problem begin by die rondgooi van geld om swart spelers te lok, gratis kaartjies weg te gee vir swart mense op die pawiljoene, rugby klinieke in swart gebiede, pleks van rugby onwikkeling en 'n rugby kultuur.

    Miskien is ons ondersteuners ook skuldig. Hoeveel van ons met goeie rugby kennis doen moeite on betrokke te wees by afrigting van skole. Hoeveel doen diens as skeindsregters sonder betaling, hoeveel van ons soek net resultate sonder om die knie te buig.

    Rugby in SA is siek, maar dis nie Fakile se skuld nie. Ons moet die vinger na onsself toe wys.
  36. gravatar cr says:
    Ag Kabous 23 gaan praat jou politieke kwota snert op 'n ander plek. As daar vir die skole geriewe gegee word, dan brand hulle dit net af. Los kwotas en Fakile se kwota gemors uit Rugby. Jy is reg Rugby in SA is siek en op 'n afdraande pad met al die kwota's. Kyk maar net hoe presteer die Bulle se CC span. Pateties en alles agv die kwotas!
  37. gravatar Blouland says:
    Die groot teleurstelling en mislukking is,

    Of 'n NZ span nou 80 of 20 persent balbesit kry,
    of hul nou voor oorheers of nie,
    meestal speel hul of probeer hul ten minste ordentlike bal in hand rugby speel. Die gevolg is, kyk na die superlog. Kyk ook hoe het die Leeus goed teruggekom, en dit nogal in reenweer.

    Nou is die vraag, hoekom kon ons span nie eers net probeer het om met min balbesit dieselfde te doen nie? Dit het die laaste 2 weke nie eers gelyk if hul 'n drie kan druk of besef hoe belangrik is verloor bonuspunte nie.

    Waar is die trots, passie en intensiteit?

    Hoekom die min balbesit ook doelloos wegskop, hoekom nie eers probeer om in laaste 2 games bal in hand te speel nie?

    So wie se besluit was dit om terug te val na die uitgediende Ludeke tipe skop die bal weg rugby, die afrigters of die spelers, of beide?

    Ek herhaal weereens, natuurlik moet ons as ondersteuners die nuwe afrigters en nuwe span 'n kans gee, maar is dit regtig te veel gevra dat hulle, of dit nou net met 20 persent balbesit is, bietjie rugby probeer speel?

    Of moet ek 'n klomp geld betaal om Saterdag te gaan kyk hoe ons skakelpaar die bal elke 2de keer in Kolbe en kie se keelgatte afskop en hul weer na kampioene laat lyk op Loftus van alle plekke?

    Nee wat lofsangers, dit is een ding om geduldig te wees met ons jongspan en afrigters AS hul werklik probeer om nuwe opwindende rugby te speel, wen OF verloor!

    Maar is dit billik van julle om te verwag dat ons moet opdaag om te kyk hoe ons met swak uitgediende wedstrydeplanne teen onsself speel en verloor.

    We are our own worst enemy!

    Natuurlik stem ek saam dat ons nie afrigters en spelers moet beledig nie, maar daar is duidelik plek vir 'n goeie harde duidelike uit... om vir die spelers en afrigters te verstaan dat as jy daardie Blou trui aantrek jy met passie en durf RUGBY sal speel, nie dryfings nie.

    Sterkte vir Saterdag, ek kan maar net hoop my span daag op om RUGBY te speel, maar ek is ook 'n realis: niks die afgelope 2 weke het ons gewys dat ons omgedraai het nie, ons het 2 tree vorentoe gegee die seisoen, en nou weer 5 terug na die ou wedstryd plan.

    Teen sterker spanne eat iok maar swak is, val ons heeltemal uit die bus.

    En daar is nou nog 2 busse wst ons wil tref, eintlik 3 as jy Jaquares oorsee insluit.
  38. gravatar Bulperd says:
    Weet nie wat gaan die Blou bull bestuur doen nie maar ons gaan nie die Stormers of Leeus wen nie en dan is daar nog die kans dat ons op die weg game teen die Argentyne ook kan verloor in tussen is Lotus leeg en amper geen inkomste vir die unie van daai kant af nie
  39. gravatar Anton says:
    Ek dink die Bulle se grootprobleem le by 9 en 10 . As Nollis nou nog nie kan sien Paige is nikswerd nie dan moet dit seker 'n kwota speler wees.kan geen ander rede sien hoekom hy da is nie.
    ons was oor die jare gewoond om die beate 9 in die land te he en jou sit ons met die gemors wat dink hy is Fourie.
    Piet maak ook vir my die game stadig maar is verseker better as Paige.
  40. gravatar Bloukaap says:
    Kabous die probleem is dat , en dis maar hoe ek redeneer, dat die ontwikkeling van rugbystrukture nie viir die voete van frnanchises gele moet word nie maar voor Sarvu self en eintlik voor die minister van Sport. Pleks dat hy en sy soustrein minder atlete segeld vwrkwis op duur oorsese trips, en die geld in struktuurontwikkeling aanwend.

    Die Bulle kan dan talentvolle kinders wat andersins nie raakgesien word nie in rugbyakademie verdetr ontwikkel. Nie alle verhale gaan suksesvol wees nie.

    Huidglik staan sake so: As Paarl Boishaai 400 kleurling seuns het speel 300 rugby. As Grey en Affies 400 swart kinders het, speel 10 rugby. Die Bulle se onlangse vennootskappe met Boland en doe Pumas, en moontlik Grens, is myns insiens aggressiewe poging om rugby te transformeer. Dis goedkoper om scouts te huur en dan seuns te kontrakteer as om energie en strukture in skole in plek te stel waar rugby die nr. 7 sport prioriteit gaan wees.

    Nou kuk en kerm al die transformasie beheptes, maar niemand sien weer raak dat Grey se sokkkerspan 9 swart seuns en 1 Griek in het nie.

    Transformasie beteken ongelukkig 3 dinge: 1) jy moet kinders forseer om sport te beoefen wat hulle nie wil nie en 2) jy kyk rugby deur die bril van 'n smartieboks: sjoe daar druk die kleurling ou 'n drie, jislaaik kyk hoe spring die wit ou. 3) ons verloor talent Europa toe agv rasbehepte SA.



  41. gravatar Blouland says:
    Leeus gaan nommer 1 eindig en Stomers 2 in Afrika log.

    Derde plek is tussen Bulle en Sharks vir uitspeelrondtes.

    Sharks na 11 = 30 logpunte

    Bulle na 10 = 28 punte

    Sharks speel nog Kings (5) Lions (1) Cheetahs (5) Sunwolwes (5) = nog 16 logpunte = totaal: 46

    Wat die Bulle betref, gaan ek optimisties wees:

    Stormers (1) Lions (0 of is daar iets minder as 0?) Sunwolwes (5) Jacquares (4) Cheetahs (4) = 14 punte = totaal: 42

    So, Bulle sal basies 4 uit 5 moet wen om te kwalifiseer vir uitspeelrondte, dus ook een van die volgende 2 games teen alle verwagtinge in.

    Rug teen die muur deur eie toedoen. Ons moes een van die laaste 2 gewen het, of ten minste 2 verloor bonuspunte gekry het.

    Dink dit sal regtig beter wees dat Sharks deurgaan, hulle het nou meer ervaring om teen NZ spanne te speel en het nie te sleg gedoen nie.

    Die laaste ding wat hierdie jong Bulspan nou nodig het is om in 'n semigame in NZ 70 punte af te staan.
  42. So teleurgesteld soos ek was saterdag moet ek erken dat die tahs m.i. op 'n hengse opwaartse kurwe is. Dis nie sommer 'n hierjy spannetjie nie. Phipps Foley Folau Hooper Skelton. Dis 'n goeie span met baie ervaring wat net stadig uit die blokke was.

    As die ref beter brille gehad het was die telling verseker nie so groot nie alhoewel ons geensins verdien het om te verloor nie. Hierdie span het 'n week of wat gelede die stormers op nuweland gewen. Weliswaar teen 14 man maar nog steeds.

    So als is nie so vreeslik doom en gloom nie.

    Die werklike toets kom oor die volgende twee weke in my opinie. En onthou die stormers is 'n baie gesettelde span.

    Die sjaarks dalk nie heeltemal so nie maar met die uitsondering van 9 is hulle agterlyn uiters gevaarlik en is daai pak forwards massief.

    Daai games gaan vir ons regtig se waar ons staan in SA Rugby.

    Wat skokkend en total onaanvaarbaar is is die CC span se verloor. Iemand se op die vorige draad ons CC coach se openlik hy is 'n wp ondersteuners. Hoe de %$$%# kan die BBRU sulke situasie laat ontstaan of erger nog dit verduur???

    Hy gaan mos nie 'n blou moer omgee hoe die span presteer nie en hoe de moer motiveer jy 'n bloubulspan as jopu hart by die wp is???

    Onaanvaarbaar. Kry iemand wat bloubloed in murg en been het. Anders kon oons netsowel die joppie vir gert small of carel du plessis gegee het. Nee o blixem. Johan Ackerman het wel jarred vir die sjaarks gespeel maar nog nooit een word gese van dat hy eintlik 'n sjaarks supporter is nie. Hy is nou 'n leeu deur en deur en dit wys in sy verhouding met die spelers.
  43. gravatar Ou Snoekkop says:
    @Nitonic. Wil jou eintlik nie antwoord nie want jy wil alweer slegse. Lyk my dit is in jou gene. Ek is nie n wp/stormer supporter nie.
    @Kabous23. Jy is reg. Fourie moet on middelik betrek word maar ek twyfel of dit sal gebeur. Die huidige coaches sal maar aangaan en dink seker hulle het nie hulp van buite af nie. Wens Fourie wil nog die seisoen die Bulle op die veld uitgehelp het. As jy sy een hand en voet aanmekaar vasbind is hy nog steeds beter as Paige en Van Zyl. Oor die res van jou politieke post kan ek maar net lag. POLITIEK HOORT NIE IN SPORT NIE EN KLAAR. Ek wens ou Nitronic wil se dat ons rugby grootbase "banggatte" is maar dit is mos net sekere Bulle wat banggatte is.
    Hier is maar n handjievol ondersteuners wat hul mening gee, reg of verkeerd. Ek dink nie Barend en kie steur hulle wat hier gese word nie. Wonder of hy nog ooit die posts lees .
    WELLDONE LIONS. Om n NZ span in die reen so te klop wil gedoen wees.
  44. Sorry wou eintlik se dat ons geensins verdien het om te wen nie.
  45. gravatar Matador says:
    voorstel : koop vir Cheslin Kolbe en maak hom 'n skrummie
  46. gravatar nitronic says:
    Nee wat snoek ek gaan nou beslis nie mede blogger sleg se nie. Hulle kan mos nie redeneer sonder om persoonlik te raak nie. Snoek gaan lees bietjie ou posts die probleem le by top bestuur en dit was al lankal genoem.

    Maar soos jy se Barend gaan mos nou nie omgee wat hier gese word nie.

    Die eerste factor wat meestal unies prioriteit gaan maak is maar transformasie en politiek.
  47. gravatar Liverbull says:
    Ons rugby in Blou Bul land gaan deur n baie slegte periode.

    Tuks kwalifiseer nie vir eindstryd in Varsity beker nie, Monument slag Waterkloof af 37-7, Currie Beker span word gedril naweek na naweek en ons "Super" rugby span is nou nie so Super soos ons almal dit wou gehad het nie.

    Blou Bul ondersteuners moet saamstaan, ons sal deur hierdie moelike periode kom. Kan wragtig waar nie slegter nie, al sien ek n moelike stryd teen die Stormers en Leeus oor die volgende twee weke.

    Hou die Blou kant bo :-)
  48. gravatar Blouland says:
    Liverbull, ja jong, 'n mens se lewer gaan dit nie hou met die swak rugby wat tans in Pta gespeel word nie.

    Selfs ou Jimmy is skoon doodstil, weet nie meer wat om te sê of vir ons te speel nie.

    Maer jare duur voort, ons is nou al in ons 6de jaar met geen bekers nie. As ons so aangaan kan ons die kruger miljoene na ons trofeekas skuif, baie veilig daar.

    Maar ek bly 'n Bul!
  49. gravatar kabous 23 says:
    Ek vermoed 'n paar verrassings in die bok spanaankondiging. van dit is

    Trever Njakane op vasskop
    Bongi Mbonambi en chillyboy ralapela op Haker
    Oupa Mahoje, Gian Mtyandi en Marvin Orie op slot.
    Kolisie en Carr op lostrio
    Paige op 9
    Rule en Sergeal Pieterson op vluels
    Kolby op 15
    mapoe en JP Pieterson op senter.

    Dit natuurlik saam met Elton op 10, Mvovu op 11, Beast op losskop , de Allende en Habana vir ervaring.

    En net om kwotas reg te kry moet 'n paar wit spelers ook gekies word, so miskien vir Pietr sd Toit, Frans malerbe, Francois louw en dalk Jaco kriel as 'n nuwe fonds.

    Beast kan sommer die kapteinskap vat aangesien hy so goed daar doen vir die sharks en omdat hy murg en been Suid Afrikaans is en 'n goeie voorbeeld stel vir plaaslikke spelers.

    AC het ook 'n goeie record vir sy aanvallende spel (WP het altyd onder hoop oop rugby gesepeel en baie drie gedruk), en ons gaan defnitief opwindende hardloop rugby sien. Jong spelers gaan ook goeie ontwikkeling kry danksy ons afrigting span se lang geskiedenis in skole, intervarsity en klub rugby vlak.

    Om rugby na miljoene minder bevoorregte mense toe uit te bring is ek ook seker spesiale vergunning gaan gemaak word vir 'n advertensie vir Castle milk stout of carling black label trots gratis op die bors aan te bring. en natuurlik die ANC logo op die linker broek pyp. Ook bygesy 50 % van alle losies in stadions moet aan swart bemagtiging groepe verhuur word en seisoen kaartjies moet ook verteenwoordigend wees van die bevolking van daardie area. Kaartjie verkope vir wedstryde moet ook volgends bemagtiging riglyne verkoop word om seker te maak daar is nie te veel mense van spesifieke groepe in die stadions nie.

    Ek vermoed ook natuurlik nog 2 sa spanne in die superrugby finaal, die Leeus en stromers, en kan sien dat die kings tenminste in die boonste helfde van die SA log gaan eindig.
    Ons gaan ook die 3 nasie toernooi hierdie jaar wen en 'n grand slop op on jaareind toer in Europa bereik. tesame daarmee gaan ons ook 'n klomp van hierdie jaar se o/20 span sien senior nasionale kleure verwerf. Die bok logo gaan met die protea vervang word nkosi sikelele gaan die stem gedeelte gaan uit die nasionale lied verwyder word.

    Watter opvindende rugby jaar le nog vir ons voor.
  50. gravatar Ou Snoekkop says:
    Lekker span daar Kabous. Jy moet net vir Ludeke die busbestuurder maak, Heynecke bagasie meester en Tony Ehrenreich die kopdokter, dan het AC n wen kombinasie. lol
  51. gravatar Bloukaap says:
    Manne ek maak vandag 'n potjie. dit gaan my afgelope naweek beter maak. kry maar iets weg vd rugby en politiek af.

    Ek moet darem se, die Stormers het ook maa rhu name gat gemaak teen die broertjies van Japan. Hulle beleef tans 'n insinking veral in die tweede helfde, so so goed soos hul was in die eerste 5 games, hulle kan nou geklop word op Loftus. Maklik gaan dit nie wees nie.

    Ons bulle het baie goed gelyk id eerste helfde maa rons moes punte gevat het toe die kanse daar was. ons kon paar driee gedruk het as ons net die blerrie bal behou het...

    wag die pot roep

  52. gravatar franscois says:
    Ek sien in vandag se koerant praat hulle van kolbe wat 9 moet speel. Ek persoonlik dink sp op 10 is ons antwoord
  53. gravatar Dylan says:
    @Franscois kan SP losskakel speel?
    Want as hy kan dink ek ook hy sal goed vaar
  54. gravatar franscois says:
    So ver ek dit het kan hy ooral in die agterlyn speel en ek weet hy kan pale toe skop ook so met gelant terug moet hy ook bly so of los hom op 15 en skyf gelant vleul toe of skuif hom op 10 almal se jessie moet 15 speel hy is i ytstekende senter as julle mooi kyk was hy die beste speler in die agterlyn laas naweek gewees.
  55. gravatar Mark says:
    Kerels ons praat en praat en praat en niemand luister nie. Ons ondersteuners word net vir mekaar kwaad terwyl ons almal eintlik by Barend se kantoor saam moet gaan Toi-Toi!!! Veral nou dat Politiek ook nog 'n moerse rol speel!! Toe die Bulle nie eers meer Borge gehad het, het ons hul ondersteun, maak nie saak of ons verskillende spelers kies of verskillende karre ry nie ons is lief vir die BLOU Bulle van NOORD TRANSVAAL!!!! Kyk die Alternatiewe Truie wat hul elke jaar opdis??? Swak tot pateties?? Kyk die Franse se 7's trui van die afgelope naweek? Ligblou&Donkerblou;&Rooi;, presies ons kleure net in ander formaat sal mos beter werk?? En ons sal Darem dink dis ons span? In pienk, cammo of swart lyk hul nie eers soos Bulle nie? Lyk net of SA Rugbyspelers net daar is vir die geld? Weet nie want niemand is meer eerlik nie?
  56. gravatar Dylan says:
    @Franscois ek weet ook nie hoekom almal moun oor Jesse op senter nie hy speel vir my goed daar, op die media lees ek dat hulle sê dat ons middeveld warm en koud blaas maar ek stem nie saam nie, Jesse en veral Jan het baie verbeter.
    Ek sou vir Tian drop en SP op losskakel probeer met Brummer as reserwe, en Gelant op heelagter speel.
    Almal sê Brummer speel so swak maar ons moet hom nie met bv. Pollard meet nie, Brummer is volgens my strate beter as Tian
  57. gravatar Roepman says:
    Manne ek is op die oomblik in Europa en sien nie baie rugby nie, maar lees wel al die verslae. Ek hou ook nie daarvan as spelers persoonlik beledig word nie, maar ek verstaan dat ondersteuners moedeloos raak en dan reageer op die dag se gebeure. Ek dink al daardie spelers is goeie sleplers, mmar as 'n groep saam is daar net te veel leemtes en ervaring. Ons het mos nou al in November verlede jaar geweet dinge gaan vir ons verkeerd loop in alle opsigte. Mens het nie baie breins nodig om dit te voorspel het nie.
    Ons weet mos almal ons groot probleem lê op slot en die skakelpaar, veral nadat Pollard beseer is. Hierdie jong slotte is almal baie goeie spelers, maar hulle moes meestal as reserwes en rotasie spelers gebruik gewees het. Hulle word nou gebreek, want hulle kan dood eenvoudig nie wedstryd na wedstryd in so 'n kompetisie kompeteer nie. Dis onmoontlik.
    Persoonlik dink ek ons het die beste groep losvoorspelers in die SA konferensie, maar hulle word ingetrek om die skrums te versterk. Ons is te lig voorlangs (weereens die slotte problem), nou moet die loosies te vas speel en kom nie vining genoeg by die afbreekpunte uit nie. EN DIT skep weer probleme na die skakelpaar en die res van die agterlyn. Sorry, maar dis die kern van die probleem wat spelers en spankeuse aanbetref. En ek voel jammer vir die slotte, ek dink een een is hulle 'n groot belegging vir die toekoms, Snyman en Jenkins doen baie meer as wat op die stadium van hulle verwag kan word. Maar het julle al gedink hoe sou hulle ontwikkel het as Jaques du Plessis en Paul Willemse nog daar was. En dit is die groot probleem van BlouBul rugby. Die bestuur se krampagtige pogings om die unie finansieel te laat oorleef.
    In die 90's is die helfte van die unie vir 'n appel en 'n ui aan SAIL verkoop, wat nou nog die unie finansieel melk. Na SAIL hulle deel van die wins gevat het, bly nie veel oor om spelers te kontrakteer nie. Dis 'n bekende feit dat die Bloubul unie swak betalers is, sterre kry nie meer as gewone spelers nie. Hoekom dink julle loop al die jong opkomende talent, dink maar aan CJ Stander, Jaques Dup, Willemse, ensomeer. Hulle loop vir meer geld, sommer baie meer. En die Bulle het nie meer geld om die ouens te behou nie. En dan die siekste van al die siek stories (finansiële bestuur oorwegings): Om een senior speller se geld te vat (sê maar R2 mijoen) kan ons mos 4 junior kinder spelers koop. Gaan kyk maar hoe wemel die jong talent by Loftus, daar is baie. Ander unies beskerm hul senior manne, die Bulle gebruik hulle as uitvoer produkte om 'n paar rand in te kry, of tog net asb minder geld hoof uit te gee.
    Bloubul Rugby het aantreklik vir jong spelers geword om in te kom, maklik span te kry, vining naam te maak, en sodoende 'n lekker kontrak oop te speel op ander plek soos in Europa. Een ding moet julle weet, as 'n speler BlouBul op sy CV kan sit, verhoog dit sy markwaarde. Weet nie hoe lank dit nog so gaan wees nie, maar dit geld nog op die oomblik.

    Kort-om, ek is bevrees, ons gaan nie gou 'n verbetering sien nie. Miskien goed so, miskien verkoop SAIL weer hul belegging, hopenlik kan die bulle dan weer eendag van onder af die leer klim.

    Maar tog ook nie. Kwotas gaan dit keer, die bulle gee reeds boedel oor in die verband. Kyk maar na die ganse bestuur en afrigtingspan, en die omvangryke geloof en bewondering in die minister van sport se ideale. Pawiljoene sal leeg bly, so ook die geldkas. Maar dit sal ook oorspoel na die ander unies. ook hier is die bulle die pasaangeers, nie net op die rugby veld nie.

    Mooi loop my geliefde bloubul vriende

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *